Boer sterf ná plaasaanval op Machadodorp

Dries (70) en Mariaan Schoeman (68) (Foto: Verskaf)

Dries Schoeman (70), wat op 21 Junie 2017 ernstig beseer is tydens ʼn aanval op ʼn plaas in Machadodorp, Mpumalanga, is Sondag oorlede.

Maroela Media het vroeër berig Dries en sy vrou Mariaan (68) is omstreeks 16:00 buite hul huis oorval en met staaldraad vasgebind en aangerand voor hulle beroof is.

Veronica Schoeman, die egpaar se skoondogter, het aan Maroela Media bevestig hulle het Sondagoggend omstreeks 05:30 die nuus ontvang dat Dries aan sy beserings beswyk het. Hy was sedert die aanval nog steeds in die hospitaal.

Mariaan is intussen weer in die hospitaal opgeneem en sy het bloeding op die brein. “Sy mompel en kan nie met ons praat nie. Sy het baie seergekry,” het Veronica verduidelik.

“My skoonpa sou nie ʼn vlieg skade gedoen het nie. Dit was regtig onnodig vir die aanvallers om hulle só seer te maak. Nou is hy deel van die misdaadstatistiek. Ons glo die gereg sal sy gang loop en dat die aanklag nou in ʼn moordklag verander sal word.”

“Ons as familie wil baie dankie sê vir elke persoon wat ons ken, en die wat ons nie ken nie, se boodskappe en gebede. Ons waardeer dit,” het Veronica bygevoeg. Sy en haar man is tans op pad na die hospitaal om die tragiese nuus met Mariaan te deel.

Dries laat sy vrou, sy seuns en hul vroue Pieter en Veronica en Basie en Rita, en nege kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het in daardie stadium aan Maroela Media gesê een verdagte is die Vrydag ná die aanval in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op talle gesteelde goedere, waaronder twee stowe, twee yskaste, ʼn stofsuier, houtwerkgereedskap en ʼn waentjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Erick ·

Kom ons praat tennis en rugby mense. Of kom ons sê goed soos, ‘Dis so onnodig.’ Laat ons net nie opstaan, saamstaan en vasstaan nie.

Mielie ·

Daar behoort n ondersoek span te wees wat plaasmoorde ondersoek. Maar ons weet juis hoekom nie. In my opinie het plaasmoorde baie te doen met die politiek in ons land en ek glo dis nie net die rooispan wat agter dit sit nie.

CHRISTA ·

Mielie, jy hoor nie eers EEN woord oor die nuus aangaande plaasmoorde nie – nie eers RSG se nuusberigte maak melding van die plaasmoorde wat daagliks voorkom nie!!!

Klaargepraat ·

Ek sal met graagte n bydrae elke maand om n spesiale ondersoek span se salaris te betaal wat net op plaasmoorde werk. Daar ia baie gewese/afgetrede polisie ondersoekbeamptes wat die werk 1000 keer beter as ons huidige polisiekorps sal kan doen. Agriforum hoe lyk dit? ‘n Volledige span wat die ondersoeke reg doen dat die saak nie in die hof uitgegooi kan word oor opgemorste ondersoek werk nie. Doen sommer die opsporing ook en kry die vuilgoed agter tralies!

Petro ·

My innige simpatie my hart gaan uit na julle dit maak my woedend om elke liewe dag te sien hoe ons boere vermoor word en die slapgat regering doen net mooi niks daaraan nie

A ·

Dit raak darem nou erg. Steel stowe, yskaste ens. Hulle is pleinweg te sleg om te werk vir wat hulle soek nou gaan vat hulle dit by witmense wat daarvoor gewerk het.

Marieta ·

Elke dag hoor mens van n taxi of busongeluk, maar soos julle tereg se, niks oor plaasmoorde nie!

Katryn ·

Regering is te slapgattig om iets te doen! Hulle baat daarby! RSG en al die ander uitsaaiers in die land is te bang om iets daaroor te se! Want hulle lisensies kan gekanseleer word!

liza ·

O ek is so verskriklik jammer vir julle groot hartseer. Rus sag oom. Ek bid die tannie alles sterkte toe. Waar sy veronderstel was om haar skemer jare saam met haar jeug liefde saam te bring,moet sy deur hier pyn en leiding gaan. Ek is so so jammer,maar weet julle sal weer ontmoet.Sterkte aan die familie en God se genade.Mag julle krag en wysheid kry om julle deur te dra.

Swartkat ·

Een verdagte is in hegtenis geneem, hoop die klag gaan moord wees, polisie kla mos boere aan van moord as hulle hulself verdedig , maar die polisie beteken niks om mense te beveilig nie.

Marius ·

….. en die belastingbetaler moet weereens sorg dat die moordenaars lekker kos en vernuut mediese sorg vir die res van hulle lewens ontvang.

Chris Ws ·

Ons innige simpatie met die oom se familie.As sy famielie nie nougeset die verrigtinge van die saak volg nie gaan dit stilletjies onder die mat ingevee word.Ons hele regstelsel is vrot van binne.

R Eaton ·

Ja. Ons volkie is soos n trop impalas. Een word geskiet en die trop spartel. Maar oor twee ure wei almal maar weer in dieselfde plek en als is vergete.

Nico ·

En die aanvalle en moorde hou net aan en aan en aan !!!!Wanneer gaan die Regering begin wakker word ??? Boere is ons brood op die tafel mnr die Regeerder.

Marius Strydom ·

Die regering gaan nie wakker word nie ons sal maar n plan moet maak. As jy vir die regering wag gaan jy die res van jou lewe wag en moontlik ook n statestiek word

Deon ·

R Eaton….ons volkie is soos n trop impalas…. Stem saam met jou stelling, die Impalas egter n klein minderheid in erg oorbevolkte “Ha-ina” wereld. En die n realiteit. Is soos om voor n Tsunami te gaan staan en dink jy gaan ongedeerd anderkant uitkom. Ons is &%#@….. en vir die Impalas wat verder staan en wei, “reality check” …. , as ons nou dink dit gaan rof…dink hoe gaan dit lyk oor n 5 of n 10 jaar van nou. Ek sidder om te weet watse erfenis, nalatingskap daar vir die kinders gaan wees.

Domvraag ·

Hoekom wys die media nie ook die gesigte van die moordenaars nie.

Tina du Toit ·

Waar gaan dit stop. Dit gaan heeltemal te erg. Ons begin al hoe meer mik na `n bedreigde spesie. Al ons simpatie. Sterkte.

Andre ·

En die liberaliste se “oplossing” vir die plaasmoorde is …….?????? Kan ons van julle hoor!????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.