Boer sterf ná plaasaanval

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Andre van Gruening, ‘n boer van die Vrystaat, wat vroeër die maand op sy plaas naby Reitz aangeval en geskiet is, is in die hospitaal oorlede.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê Van Gruening is Vrydag in die Dihlabeng-hospitaal oorlede.

Van Gruening (47) is op 6 Julie op sy plaas Daniëlsrus deur drie mans aangeval. Die mans het op Van Gruening losgebrand en hy het teruggevuur.

Van Gruening is in die maag en regterelmboog geskiet. Hy het een van sy aanvallers, Emmanuel Sibiya, geskiet. Sibiya is later op die toneel dood verklaar.

Mophiring sê nog ‘n verdagte is kort na die aanval deur die polisie in Petsana naby Reitz in hegtenis geneem.

Mophiring sê die verdagte sal na verwagting op 5 Augustus in die Reitz-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en moord. Die polisie soek steeds na die derde verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.