Boer sterf; twee aanvallers doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer en twee mans wat hom aangeval het is Saterdag naby Leeudoringstad in Noordwes dood.

“Drie mans het die middag omstreeks 14:00 op die plaas Droëkraal twee werknemers, ʼn man en ʼn vrou, oorval en hulle in die huis vasgebind,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê. “Die boer is ʼn paar minute later doodgeskiet toe hy opgedaag het.”

Die drie mans het die boer se liggaam in sy motor se kattebak geplaas en gevlug.

Die twee werknemers kon hulself loswikkel en het ʼn paniekknoppie gedruk om boere op naburige plase in kennis te stel. Die werkers kon die boer se voertuig beskryf waarmee die verdagtes gevlug het.

“Die gemeenskap het die verdagtes agternagesit en daar was ʼn skietery ongeveer 30 km van die plaas af op die pad na Makwassie. Twee van die rowers is op die toneel dood en ʼn derde persoon is in hegtenis geneem,” het Mokgwabone bygevoeg. “Die polisie het beslag gelê op vier vuurwapens.

Die 24-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy sal na verwagting binnekort in die periodiese landdroshof in Leeudoringstad verskyn.

Mokgwabone sê volgens ʼn voorlopige ondersoek is die 24-jarige al in 2012 in hegtenis geneem vir huisbraak, maar hy is toe vrygespreek. Sy twee medepligtiges is destyds 15 jaar tronkstraf opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Gawie Botha ·

Is daar nog iemand in die media wat rerig belangstel in die kommentaar op “Plaas moorde met aanvalle”,,,,aangesien dit minder belangrikker blyk te wees as die “Oscar Pistorius se “Strafbare-manslag” geding,en a as hy net “hoes”,,,dan nies die nuusmedia!

Drieks ·

Kan iemand ons moed gee vir Suid Afrika???. Hartseer, pyn en ‘n leé gevoel van waar is die leiers.

G Eloff ·

II Kor 1:7 ” En ons hoop vir julle is vas, omdat ons weet dat net soos julle deelgenote is aan die lyding, so ook aan die troos.” As ek se lees Psalm 121 , sal jy seker se maar hoekom ..Hulle voer net hul opdrag uit . n Goeie tyd om God’ te soek , nie n leier nie , definitief nie . Maar ons soek n koning wat ons kan sien , I Samuel 8:6″ Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons ‘n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid. 8:7 Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.”

Luke ·

Yes gov let these people free so they can continue to murder and do as they want, but I asure you if it is a white man doing this then he will be locked up forever and the key thrown away. As you say,,, all is fair in love and war…..

Dave ·

Marisa.., jy doen wonderlike werk. Indien jy nie terugvoering kry hier, versprei daardie stink adres verder asseblief. …………… en nòu? Nou het jy dit verwyder? Of het die redaksie dit gedoen? Indien die redaksie dit verwyder het, plaas dit weer asseblief. Indien jý dit gedoen het (wat uiters onwaarskynlik is) plaas dit elders. … Indien die redaksie dit gedoen het, rapporteer húlle daarvoor!

Henriette ·

Die redaksie Waarom wil ek ook weet is Marisa se kommentaar verwyder van jul blad. Daai verwysing blad wat sy geplaas het is is baie kommer wekkend.

Marisa Vosloo ·

Dave, jammer oor die verwydering van die link, maar ek het nogal gedink dit sal nie toegelaat word nie weens die beleid van Maroela om nie daardie tipe ding hier toe te laat nie. Nietemin, iewers moet iemand kennis neem van hierdie hoogs ontstellende werk wat aangaan agter mense se rue.Ek het gisteraand (Tokyotyd) dit te sien gekry, en ek was so geskok dat ek net gevoel het iewers moet ek mense waarsku.
Aan Maroela se redakteur wil ek verskoning vra vir die oortreding van julle reels. Help net om die regte mense daardie link te laat kry asseblief.

Sune van Heerden ·

Dagsê Marisa, Dave en Henriette

Baie dankie vir julle kommentaar.

Ons het die kommentaar met die aktiewe skakel na die Facebook-profiel verwyder, aangesien ons beleid is om nie skakels wat sulke sensitiewe inligting bevat sigbaar te los voor ons die geleentheid gehad het om self ondersoek in te stel nie. Soos gewoonlik het ons ook in hierdie geval dadelik ondersoek ingestel.

Die betrokke persoon het wel kommentaar op Facebook gepubliseer wat as haatspraak geklassifiseer kan word, het, maar die Facebook-plasings is intussen reeds verwyder. Ons sal die verwikkelinge hieroor dophou.

Ons hoop julle kuier lekker verder!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Wynand vd Westhuizen ·

Tragies as die boer jou neef is wat jy jare laas gesien het.Jammer neef altyd te besig elkeen altyd besig met die wereldse belange persoonlike dinge.
Ek gee my simpatie vir almal wat lei met sy heengaan.
Ek bid vir vertoosting mag almal betaal vir hulle dade!!

Ina Huppatz (nee Botes) ·

Ja, dis my liewe neef wat sy lewe verloor het. Ek sit in Australiee en is baie hartseer oor al die moorde in Suid Afrika maar besef dat die hele wereld in ‘n gemors is. Al wat ons kan doen is bid vir mekaar en vir vrede in die wereld. My simpatie vir my ander niggies en nefies in die familie wat al so uitgedun is oor die jare. Baie liefde vir julle an ek dink aan julle. Vir die res van die wereld – vergeet kwade gevoelens, wees lief vir mekaar – mens weet nooit wanneer dit te laat is om vir mekaar te se jy is lief vir hom of haar!

Gerhard Bezuidenhout ·

Tragies en die slagting gaan net voort . Hoera vir die manne wat hulle agterna gesit het en twee in die stof laat byt het .Wonder wat die ander barbaar gaan oorkom .

Anon ·

Link? waaroor gaan dit ? ek wil ook weet ! Dit klink na nuus .

Driekie ·

Hoekom word hierdie berig oor die boer se moord nie ook internasionaal versprei nie? Die sokkerspeler se moord is hoofnuus in Australië. Wat my nog meer onstig is dat daar R150 000 beloning is vir inligting ivm die moord. Duidelik is plaasmoorde onbelangrik geen beloning vir inligting ivm die plaasmoord nie.

Driekie ·

2 dood een gevang in die geval natuurlik, maar wat van die ander plaasmoorde?

Satie ·

Tim Du Plessis was vinnig vanoggend op Dagbreek om die moord op die boer met die sokkerspeler te vergelyk. Hy vra egter nie hoeveel sokkerspelers in vergelyking met boere word elke week vermoor nie. So hartseer dat die hoofstroom media so polities korrek moet wees en nie altyd objektief dink nie.

Theresa ·

Ek stem saam met Gawie. Ek moet liewers ophou koerant lees en nuus kyk. Dit sal ons “normale” mense heeltemal gek maak want om so omring te wees deur idiote wat aan stuur van sake is, is meer as net kommer wekkend.

willie olivier ·

Die wiel gaan nog eendag draai! Die dag wanneer hierdie ANC regering besef hulle het nie meer genieg kos om hulle mense te voer nie want al die plaasboere is of dood of weg! En daar gaan ook nie geld in die staatskas oor wees nie as gevolg van BEE en stelery en korrupsie. Met die gevolg hulle sal nie genoeg geld he om al die duur invoerkos te betaal nie. Dis wanneer anargie gaan losbars! N’ honger mens is is n’ gevaarlike mens! Hulle gaan onder mekaar begin baklei vir die bietjie kos wat nog in die winkels is! Dan gaan die regering vra” waar is ons boere?” Dit sal dan te laat wees want al die boere het dan getrek of oorsee of na ons buurlande soos Namibie en Botswana waar hulle hul mense beskerm!

hannelie ·

My innige simpatie met die familie. Ja moorde is algemeen in Suid-Afrika, ons boere word nie meer beskerm nie. Hoop hierdie berig verskyn oorsee sodat hul kan sien wat in ons land aangaan. Dat daar niks verkeerd is om net te moor nie.

Hannes ·

Willie, moenie so naiief wees nie. Die ANC sal nooit hulle foute erken nie. Die dag as daar nie genoeg kos is nie verwag hulle van die res van die wereld om te help. Kyk maar wat gebeur in ander Afrika lande. Mugabe het witmense as rassiste uit die land weggejaag. Sy mense kry nou swaarder as voorheen, maar dit pla hom niks.

Petrus Swanepoel ·

Ons is een huisgesin en het al die volgende misdaad ervaar, huiswerker steel my vrou se juwele, jong man probeer my vrou se beursie gryp in dorp, 3 mans stap sommer net in ons huis in (1991), my Golf bakkie word by die huis gesteel, huisbraak1, huisbraak 2, grypdief by robot, steel motorfiets valhelm by werk.

Ten spyte daarvan dat ons omvattende versekering het was die uitbetalings klein in vergelyking met werklike waarde. En van die polisie se kant af is nie een van die sake opgelos.

Anon ·

Point to ponder : Hy mag jou doodmaak , jy’ mag net nie se jy haat hom nie . Daar is 40 plus miljoen staandemag lede , en hulle is honger .

Phillip Kruger ·

Hoekom word hierdie lafhartige plaasmoord nie deur die nasionale nuus media internasionaal aan die wêreld verkondig nie. Dit is duidelik dat geen langtermyn straf enige uitwerking op moorde en ander geweld misdade het nie. Ek het saam met Johan Van Rensburg in die polisiemag gedien. Die Provinsiale Polisie Kommisaris het onlangs in die media gesê dat misdaad onder beheer is en duidelik weet sy nie waar van sy praat nie. En dit is met leed wyse dat hy op so n barbaarse wyse met sy lewe moes boet. My innige simpatie aan sy kinders en familie.

ewalt ·

tragies oor die doodskiet van die sokker speller groot ophef gemaak van dit end die skiet van die anc lid by die atm tot n persveklaring van die minister van poliesie maar nie veel gese van nog n plaasboer war vermoor is nie baie geluk aan die plaasboere en nog 2 moorderaars vir altyd uit die samelewing verwyder het

jaap le roux ·

Amper twee jaar terug het di een wat gevang is en 3 ander my en my ma kom aanval.op ons geskiet.n week tevore was hulle by my buurman.di oom wat di huis oppas(buurman was bietjie weg)is erg aangerand.hulle kon hom nie met forensies by enige van di twee plekke plaas ni.nou is hy weer by waar hulle my ander buurman vermoor.twee weke gelede het ons werker ewn aand gebel en laat weet da is swartes met gewere.di polisie heti moeite gedoen om te ondersoek nie.ek hoop net di keer kom hy nie weee weg nie.hy is n slinkse een.is ook op parool uit nes di twee wat dood is.leer hulle ni uit hulle foute ni.ek glo ni.toe di polisie vir hom vra is hy ni bang ek skiet hom dood ni was sy antw.dis of hy of ek.shocking.oom Johan.ons gaan oom mis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.