Boer sterf tydens Heilbron-plaasaanval

Petrus Steyn (Foto: Bok van Aswegen/Facebook)

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ʼn saak van moord en roof ná ʼn boer op ʼn plaas in die Heilbron-distrik vermoor is.

“Petrus Steyn (51) is vanoggend omstreeks 06:30 op die plaas Holfontein deur een van die plaaswerkers dood aangetref buite ʼn pakkamer,” sê brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie. “Mev. Steyn het vroeër die plaaswerker gebel en gevra om na die boer te gaan soek, omdat sy hom nie in die hande kan kry nie.”

Daar was voetspore in die rigting van die plaashuis. Die vuurwapenkluis is met ʼn slypmasjien oopgesny. Alle voertuie was ook steeds op die plaas met hul sleutels.

Steyn se rewolwer is vermoedelik uit sy besit gesteel. Hy het kopbeserings opgedoen ná hy met ʼn skerp voorwerp aangeval is.

“Een van die plaaswerkers het gesê hy het mnr. Steyn laas gesien toe hy Woensdagaand van ʼn ander plaas af teruggekeer het. Dit is die laaste keer wat hy hom lewend gesien het.”

Boere in die omgewing is gemobiliseer as deel van ʼn plan om die verdagtes aan te tree.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus, het gesê die party betuig sy diepe medelye met die naasbestaandes.

“Die oorledene, mnr. Petrus Steyn, was ʼn staatmaker in sy gemeenskap en was onder meer voorsitter van die Laer Volkskool in Heidelberg se beheerraad. Hy is gisteraand op sy plaas Holfontein, naby Heilbron, deur vermoedelik drie persone aangeval en wreed aangerand terwyl hy tussen die huis en die stoorkamer beweeg het.”

Van Niekerk sê die groter tragedie van ʼn plaasaanval soos hierdie is gewoonlik die gesin en gemeenskap wat diep geraak word. In Steyn se geval is drie kinders, Tiané, Claudine en Paul, sonder ʼn pa gelaat. Hy laat ook sy eggenote, Annette, agter.

“Die VF Plus is besorg daaroor dat die boeregemeenskap moedeloos begin raak aangesien daar geen daadwerklike pogings van die regering se kant is om ʼn oplossing vir die onophoudelike stroom plaasaanvalle en moorde te vind nie. Boere is toenemend op hulself en die landbougemeenskap om hulle aangewese om aanvalle af te weer.”

Die VF Plus spreek die hoop uit dat Steyn se aanvallers ten alle koste en so gou as moontlik vasgetrek sal word en die swaarste moontlike strawwe opgelê sal word. Die VF Plus bly by sy standpunt dat boere binne die raamwerk van die wet hul lewe ten alle koste self moet beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Miskruier ·

Wag tot die koskaste leeg word dan sal mense besef wat n boer beteken.

Jannie van Niekerk ·

Die EFF, ANC, BLF en BLM met hulle hebalde vuiste is kliphard aan die werk met hulle plaasmoorde en aanvalle om paniek te saai. Ek wed jou die Pres gaan vanaand geen melding maak of simpatie uitspreek soos wanneer dit een van “our people ” is wat vermoor is nie.

Persheks Adri ·

Cele, hoeveel nog voor julle iets ernstig gaan doen? Nóg bloed op jou hande!!! Ons sal onsself beskerm, want werklik julle moes NOOIT die kommando’s ontbind het nie!

Thys ·

Adri, hy is nie gepla hoeveel boere of blankes vermoor word nie, hy is soos sy baas net gepla oor “our people”

Persheks Adri ·

Stem 100% saam met jou Thys! Useless verby om die minste te sê. Hy sal nie 1 dag op ons vlak sonder sy swaar gewapende wagte lewe nie!

Christine ·

Hulle gaan niks doen omtrent die plaasmoorde nie, want hulle beplan dit. Dis deel van die onteieningsproses.

Surfer ·

Dit moes ons lankal begin doen het, niemand gaan jou verdedig nie, net jyself. Hoe, paraat & bewapen.

Carina ·

Gemors van die aarde.Onskuldige kinders is nou sonder ‘n pa.

Oosterman ·

Die res van ons familie sal hulle bystaan die bes ons kan, maar dit sal nooit kan opmaak vir ‘n afwesige pa nie. Almal probeer steeds die skok verwerk, en dit sal lang jare wees voor ons werklik terug kan keer na normaal, indien dit ooit moontlik is.

Oom Petrus is die tweede man in die familie om in die laaste 4 jaar vermoor te word.

minniemuis ·

Sjoe dis erg…sterkte en my innige simpatie Oosterman

Joe Olivier ·

Baie sterkte aan die familie wat ‘n geliefde verloor het aan die hand van ‘n gewetenlose moordenaar.

JohanR ·

As daar ‘n boer elke dag in SA gedood is is die 365 boere ‘n jaar. Saam met daai boer is miskien 200 familie lede of werkers op die plaas in die aanval gedood. As daar 9 werkers en hulle families op die plaas werk en staat maak op ‘n salarisis, seker 50 mense wat nie meer ‘n werk of ‘n salaris skielik eendag nie meer het nie. Ek is jammer ek is nie ‘n boer nie, en is seker die stastiek is baie verkeerd, maar nerens anders in die wereld sal ‘n regering nie alles doen, en alle manne krag die veld instuur om hierdie moorde stop te sit nie. DIT IS NET DIE ANC REGERING WAT NIKS DOEN NIE!

Christine ·

Die ANC en hul trawante sit agter die plaasmoorde, dis hoekom hulle ‘n blinde oog en ‘n dowe oor gooi. Dis al van 1994 een van hul doelwitte. Die boere is aan hulself oorgelaat.

Kokerboom ·

Die trane vloei oor SA as ‘n gedoemde land onder ‘n gewetenlose ANC

Marcello ·

Sterkte aan sy familie en vriende, elke keer as ek lees van ‘n plaasaanval hoor/lees klop my hart in my keel. Dit is so onnodig.

Oosterman ·

Baie dankie vir jou welwense. Ons almal ly nog aan skok ná die nuus.

Oosterman ·

Dit byt diep in my hart om my oom so te verloor. Die is die tweede van my skoon families wat in die laaste paar jaar vermoor is. My ander oom is ongeveer 4 jaar gelede in Pretoria geskiet en ook gelos om uit te bloei, en dit vir sy fiets en selfoon.

Ons almal mis Oom Petrus en Oom Cecil baie. So word die familie een vir een van sy lede beroof.

JAN ·

WANNEER gaan die boere / landbou-unies iets daadwerkliks begin doen?? Weerhou julle produkte van die mark vir twee of drie weke ELKE keer as nog ‘n boer vermoor word of weerhou almal jul belasting. Blokkeer ALLE hoofroetes landwyd vir ‘n week lank met julle implimente ipv ‘n straatjie in Senekal. Kom net met ‘n wekbare plan vorendag my magtag man. Lyk of vandag se boere nie meer ‘n plan kan of wil maak nie. Ruk die land tot stilstand ipv praat praat praat. Dis die enigste manier wat die verfoeilike ANC gaan luister. Julle het ongelooflike mag mits julle kan saamstaan. Niemand gaan dit namens julle doen nie.

Jack ·

Ek kan dit nie meer vat nie. Dis verby vir die land en sy beskaafde inwoners.

Karina ·

As ‘n polisieman/vrou geskiet/vermoor word, spring ou hoed op en af. Maar as ‘n boer vermoor word, geen woord nie. Die ouens wat gevang word, is net gou gou op ‘n minimale bedrag op borgtog vry. Wat ‘n klug

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.