Boer tereggestel; seun na Jhb-hospitaal gevlieg

Eddie Hills en Marizanè du Plessis. Foto: Facebook

Pieter Hills (56) is op teregstellingswyse doodgeskiet en sy seun, Eddie (26), is in die nek geskiet nadat hulle in hul plaashuis in die omgewing van Hennenman in die Vrystaat aangeval is.

Eddie het glo op die aanval afgekom toe hy by die huis op hul plaas Zwartpan aangekom het. Daar is aanvanklik berig dat Eddie met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek is, maar dit blyk nou dat hy in die nek geskiet is. Hy is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Welkom opgeneem.

Volgens Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, is Eddie intussen met ʼn lugambulans na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.

Marizanè du Plessis, Eddie se vriendin, het op Facebook gesê hy veg om sy lewe. “Al wat ek vra uit die diepte van my hart, bid en bid asseblief soveel as moontlik vir sy veiligheid. Ek, my familie sowel as syne sal dit ongelooflik waardeer.”

Pieter is op die toneel dood verklaar nadat hy op teregstellingswyse geskiet is. “Die brutaliteit van hierdie aanval wys weereens daarop dat plaasaanvalle nie gewone misdadigheid is nie. Politieke leiers wat gereeld boere demoniseer, moet verantwoordelik gehou word vir die haat wat hulle teen die landbougemeenskap aanwakker,” het Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, in reaksie op die plaasmoord gesê.

“Hierdie wrede plaasmoord binne etlike ure ná die EFF se parlementêre mosie dat boere hul werkers sleg behandel, is nie blote toeval nie. Die EFF maak onverantwoordelike en populistiese uitsprake in ʼn poging om relevant te bly. Stellings deur hul parlementslede, soos ‘We are coming for your farms’, blaas rassehaat in landelike gebiede aan.”

ʼn Werker van die gesin het Vrydag omstreeks 05:00 op die pa en seun in die plaashuis afgekom nadat die boer se vrou, Antoinette, haar gebel en gevra het om ondersoek in te stel. Sy was nie tuis ten tyde van die aanval nie en kon hulle nie in die hande kry nie waarna sy die werker genader het.

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die werker het met familie van die slagoffers kontak gemaak waarna die polisie na die plaas ontbied is. Daar word vermoed dat een of twee vuurwapens in die aanval gesteel is. Dit is nie in dié stadium duidelik hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was en hoe hulle van die toneel gevlug het nie.

Dit is minstens die derde plaasmoord in net meer as ʼn maand in dié provinsie.

“Die hoë voorkoms van plaasaanvalle en die wreedheid wat daarmee gepaardgaan, dui op haat en hou gewis verband met onverantwoordelike uitsprake deur leiers van partye, soos die ANC en EFF,” sê Van Niekerk.

Die ANC kan volgens hom nie die veiligheidsvakuum in die Vrystaatse landelike gebiede daadwerklik aanpak nie en die landbougemeenskap het alle vertroue in die regering verloor om boere te beskerm.

“Die landbougemeenskap het genoeg gehad van wrede aanvalle op plase en ʼn regering wat nie daarin slaag om hulle te beskerm nie. Die regering se versuim om plaasaanvalle en plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar, wys dat die ANC nie die kwessie van plaasaanvalle wil aanraak nie.”

Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer, het die plaas Vrydag besoek. Volgens Van Niekerk was sy party in gesprek met Mashinini. “Sy besoek is egter te min te laat. Die VF Plus sal aanhou om daarop aan te dring dat plaasaanvalle en -moorde in landelike gebiede tot prioriteitsmisdaad verklaar word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

dis sooo onnodig, sterkte aan die familie
ons kan glad nie staat maak op “ons” re -gering- nie
mense, veral boere moet meer paraat wees

Anel

Wat nou gaan gebeur is dat boere vreemdelinge eers gaan skiet en dan vra wst siek hulle daar. Sal hulle 100% ondersteun. En nog steeds sê ramaparra niks. Maar hulle reageer baie vinnig as een van hulle selfs net selfmoord pleeg. Maar die word ook nie as terrorisme gesien nie. Ek wonder wat dit is? Baie sterkte aan die 2 families.

Stefan

Ek het eintlik geen woorde, wees paraat mense, dis eintlik oorlogstoestande hierdie.
Van die politieke partye moedig dit dan aan met hul ‘kill de boer’ dis nou presies wat hulle doen.

Werner

Dit is so duidelik soos daglig dat die grap van n regering nie die aanvalle kan keer nie.Ons boere Sal nou regtig hierdie soos die oorlog wat dit is moet hanteer.As jy van jou huis af weggaan sorg dat jou wapen in jou hand is sodra jy van die teerpad afdraai .En verwag maar die ergste as jy by jou huis kom .As jy hom klaar deur gegaan het dan kan jy ontspan.

Porseleintjie

Net God kan ons help.