Boer uit meer as R200 000 bedrieg

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Paul Marc Sonnekus (37) het Maandag in die Bethlehem-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

Sonnekus word daarvan beskuldig dat hy tussen April 2018 en Augustus 2018, toe hy as ʼn plaaswerker aangestel is, sy werkgewer se rekening gebruik het om goedere op verskeie geleenthede aan te skaf sonder die boer se toestemming, het kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

“Die werkgewer was nie bewus van onwettige aktiwiteit op sy rekening nie en hy het ʼn verlies van sowat R213 500 gely. Die saak is by die polisie aangemeld en die saak is by die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad in Bethlehem ingedien vir verdere ondersoek.

“Sonnekus het op 25 Februarie 2021 ʼn dagvaarding ontvang om op 12 April 2021 in die hof te versky. Hy het versuim om daardie dag in die hof te verskyn en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik. Hy is op 12 Julie 2021 in hegtenis geneem en het dadelik in die hof verskyn.”

Die saak is tot 29 Julie uitgestel. Hy is vrygelaat op borgtog van R5 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Vraag no.1 hoe kan die Boer vir Maande nie weet wat
Aangaan op sy rekening nie.??
Vraag no.2. Die ou het hom nid gesteur aan Hofverskyning nie..masr hy word borg toegestaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.