Boer van Malalane vermoor

plaas sproeier

Argieffoto: Reint Dykema

Riaan van den Berg, ʼn suikerrietboer van Malalane in Mpumalanga, is Vrydagoggend dood in sy huis aangetref.

Brig. Selvy Mohlala, ʼn woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê Van Den Berg, in sy vroeë 40’s, se huishulp het op sy liggaam afgekom waarna sy sy beste vriend ontbied het. “Die saak is omstreeks 08:30 by die polisie aangemeld. Ons vermoed hy is Donderdagaand in sy huis oorval en vermoor,” het Mohlala gesê.

Van Den Berg se liggaam is glo op sy rusbank aangetref. Hy was met toue vasgebind, en daar was ook ʼn tou om sy nek. “Ons vermoed hy is verwurg, maar ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.”

Volgens Mohlala word Van Den Berg se bakkie, ʼn platskermtelevisie, selfoon, hoëtroustel en tuimeldroeër uit die huis vermis. Hy het alleen op die plaas gebly. “Daar was geen ooggetuies nie, so ons weet nie hoeveel aanvallers in die saak betrokke was nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak.

Daan Erasmus, ʼn lid van die gemeenskapsgroep Malalane Against Crime, het gesê die hele gemeenskap is gemobiliseer om op die uitkyk vir Van Den Berg se bakkie te wees. Dit is ʼn wit 2L Nissan Hard Body met registrasienommer DFB 735 MP. Mense wat die bakkie gewaar kan Crime Stop by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Belinda ·

Begin die ondersoek maar soos gewoonlik by die werkers……………….

Trevor ·

Belinda ek stem saam met jou. Dan weet hulle ook nog die man woon alleen. Mens voel soms net magteloos.

Cindy ·

Ek wil net weet waar is Malalane, want ek weet net van Malelane by die Kruger hek….

Henk ·

Hi Cindy, Malelane is die dorpie net buite die Malelane-hek van die Kruger.

Gabby ·

Cindy, ek vermoed dis maar ‘n spel-oorsig. Dit is MaLElane en nie MaLAlane nie.

Irene ·

Dorpie was vroeer Malelane maar met die naam veranderinge in Suid- Afrika moes Malelane ook deurloop en het ons nuwe regering die naam verander na Malalane.

Torrie ·

Daar MOET ń manier gebind word om genoeg druk op die regering te plaas om ons mense op Plase en kleinhoewes te beveilig. Dit kan nie so aangaan nie. Dis absoluut verregaande. Dit MAG NIR SO AANHOU NIE! !

Torrie ·

Daar moet ń manier gevind word om genoeg druk op die regering te plaas om ons mense op Plase en kleinhoewes te beveilig. Dis absoluut verregaande hoe ons mense uitgemoor word. Dit breek my hart elke keer as ek hoor van nog ń moord en nog ń moord. Asseblief iemand staan op en neem eliding in die saak!

Gabby ·

Die regering sal niks doen om die veiligheid van boere te verseker nie. Dis jammer om te sê, maar as daar soveel swart boere vermoor word soos wat tans die geval is onder wit boere, sal hulle ‘n poging dalk aanwend. Andersins leef hulle gerieflik en houtgerus in hul luukse huise met lyfwagte en al.

Irene ·

Maak nie saak of spelling reg of verkeerd is nie – nog ‘n boer is vermoor.

Gabby ·

Dankie vir die reghelp wat betref die naamsverandering. Heeltemal reg, NOG ‘n boer is vermoor en dit voel of mens se hande afgekap is.

Chris ·

Ai dit is so tragies! Al wat vrugte sal afwerp is die herinstelling van die kommando-stelsel maar die regering sal dit nooit toelaat nie.Is dit nie dalk dat die regering met so ‘n stap bang is om mense weer te bewapen nie?

Peter Says ·

Almal skree tans vir die behoud van die renoster, ek is ook n diereliefhebber, daar word miljoene in die beskermings program gestort. Maak dit sin ???

Pierre ·

‘n Defnitiewe NEE. Ten einde die renoster te beskerm, moet die Boer beskerm word. Dit maak mos meer sin.

Gerty Bekker ·

Dit is tyd dat ons begin saamstaan en ook begin klippe gooi , bande aan die brand steek en paaie versper… ons moet so chaos veroorsaak dat die media kom en dit verfilm en die wereld daar buite kan sien wat hier aangaan..email en praat om braaivleis vure help lankal nie meer nie… Dit gaan nie oor ras nie maar oor reg en verkeerd.

andre' ·

Die huidige Administrasie stel nie werklik belang in die behoud van die boere (wit of swart) nie,
want in Landbou is daar vir die amptenare nie so baie geld vir korrupsie en om te steel soos bv in Mynbou en Grondhervorming nie!

hartseer ·

My hart gaan uit na al die plaasboere wat so uit geroei word se fammielies. Dis vir my onmeslik dat sofeel plaasboere vermoor word. En nogsteeds word daar niks aan gedoen nie. Ons as mense vra net bring doodstraf trug. Dit sal meskien help om die varke wat ons nasie so uitroei te wys n lew kanie net so weg geneem word nie en dat hy hard gestraf sal word weer eens bewys dat ons land in sy m@@r in is. Hoop dat eendag die doodstraf sal trug bring en dit hier sal bly. Dit sali verlore boere en gesine se hartseer verminder nie en ook nie trug bring nie. Maar gereg geskep sal word teen oor daai moordenaars wat niks gevoel het vir n ander man.kind of vrou se lewe het nie

Peter Charls ·

Geluk en dankie aan Polisie. 4 mense gearresteer en van die goedere in hulle besit gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.