Boer van Pta met graaf doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer in sy vroeë 60’s is vermoedelik Dinsdagaand op sy plaas in Bon Accord, noord van Pretoria, vermoor. Hy is met ʼn graaf doodgeslaan.

Johan Coetzee se dogter het glo sy liggaam in ʼn buitegebou op die plaas aangetref.

Volgens Will du Toit, ʼn jare lange vriend van Coetzee, is ʼn kluis op die plaas met ʼn slypmasjien oopgebreek en Coetzee se paspoort, ander dokumente en ʼn vuurwapen vermoedelik gesteel. ʼn Onbekende hoeveelheid geld word ook vermis.

Die eienaar van ʼn troeteldierwinkel het glo Dinsdag duiwe by Coetzee kom afhaal en hom kontant betaal, het Du Toit gesê. “Geld het dus hande verwissel daar en ek weet nie of die werkers dit dalk gesien het nie. Ek sê nie die werkers was by die moord betrokke nie, maar dit is moontlik dat iemand kon gesien het Coetzee het kontant by hom gehad.”

Du Toit het aan Maroela Media gesê hy het Coetzee Sondag vir die laaste keer gesien toe laasgenoemde by hom op sy plaas buite Rustenburg gekuier het. “Hy het ʼn paar duiwe by my kom haal, maar gesê hy het sommer net ʼn verskoning gesoek om bietjie by my te kuier. Ons het heerlik gelag en gesels.”

Volgens Du Toit was Coetzee bekend vir sy groot liefde vir diere en het ook met skape en eksotiese apies geboer. “Hy het altyd vir my gesê hy is so lief vir sy diere, hy leef en werk net vir hulle. Hy het gesê as hy ooit iets moet oorkom, moet ek en Chris sy duiwe gaan haal sodat hulle nie in die verkeerde hande beland nie. Hy was so trots op hulle. Hy was ʼn pragtige mens. Niks was ooit te veel moeite as hy iets vir sy vriende moes doen. Ek en my vrou treur.”

Lt.Kol. Katlego Mokgale, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê ‘n saak van moord is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

anet ·

Dit is so verskriklik hartseer en traumaties om te hoor as ‘n persoon so seergemaak en vermoor word. As daar iemand is wat vir my kan antwoord asseblief. Hoekom word iemand doodgemaak as hy klaar beroof is?. Hoekom kan die moordenaar(s) nie net STEEL en VAT wat hulle wil he nie. STEEL en kry jou ry!!!!. Nee nou moet hulle jou eers skiet,verkrag of doodslaan.

Troos, krag en sterkte aan sy vriende en familie

Niel ·

Sinneloos, vermoor vir ‘n paar rand! Lewe is niks werd in SA

rochelle ·

R.I.P oom johan. Ons het by jou gehuur so paar jaar terug en jy was sowaar n goeie mens.

boer ·

Rus in vrede oom, nog n boer van ons weg geneem deur barbare. Hoeveel is dit nou al vir hierdie jaar?

Die wiel draai en hoor my, ons moeilikheid is baie nader as wat ons dink. Die hele land val uitmekaar. Dis amper ons tyd om die bordjies te verhang, vir die hartseer wat “hulle” ons gekos het

Graham ·

Alle moordenaars en verkragters moet voor die voet gehang word. Hier sal natuurlik nou weer n paar pienkes wees wat sê die doodstraf is nie n afskrik middel nie – dit is egter n debat vir n ander keer. As jy moor of verkrag, “hang them high”. Ten minste is hy uit die gemeenskap verwyder.

Riette Atkins ·

Hallo julle. Ek is Johann Coetzee se dogter wat op sy lyk afgekom het. Will du Toit jy moet asb jou feite reg kry voor klomp onsin gepubliseer word. Niemand het enige van ons drie dogters gekontak om feite te kry nie. En sommer net mense se woorde aanvaar as die waarheid as niemand van hulle eers op die toneel was nie. Bitter teleurgesteld. Dis genoeg om ons pa af te staan aan die dood op so wreede manier dan nog die onware feite op die media te plaas. In wie se verkeerde hande gaan my pa se duiwe nou eintlink beland? Riette

gerhard ·

Hi, Riette. Eerstens: BAIE sterkte vir julle! Jy sal nooit besef hoe ons dit saam met julle voel nie. Ek dink dis belangrik dat jy die feite hier weergee sodat ons dit ken. Statisties is dit baie belangrik om die korrekte inligting te hê. Voorspoed vir julle!

Sune van Heerden ·

Dagsê Riette, Daleen en Jacques

Ons is baie jammer om van jul verlies te hoor. Mariné Jacobs sal persoonlik per e-pos met julle in verbinding tree in die verband. Dis vir ons baie belangrik om seker te maak dat ons die regte feite publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Daleen Lubbe ·

Ek is Daleen, Johann Coetzee se oudste dogter. Ek wil net se dat julle die feite eers moet reg kry voordat julle enige iets publiseer.

Jacques Griesel ·

Maroela Media julle moes julle feite reggekry het voordat julle so iets gepubliseer het. Ek weet nie wie julle informant is nie maar die tipe kommentaar ontstel die familie. Die wereld moet bewus wees van alle plaas moorde maar inkorrekte informasie kan ‘n terug slag veroorsaak.

Elna Kupke ·

Riette, ek verstaan julle is ontsteld maar ek is seker Will du Toit was nog self geskok en het nie mooi besef dat dit wat jul pa kwytgeraak het eers met familie bespreek moes word nie. As hul jarelange vriende was moet julle hom teen die tyd ken en ek is seker dit was nie moedswillig gedoen nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.