Boer vas oor ‘gesteelde’ koperdraad

'n Polisiebeampte by die koperdraad wat op die plaas gevind is. Foto: SAPD

‘n Polisiebeampte by die koperdraad wat op die plaas gevind is. Foto: SAPD

ʼn Noord-Kaapse boer is in hegtenis geneem nadat gesteelde koperdraad op sy plaas, 50km buite Kimberley, gevind is.

Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die 41-jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat gesteelde koperdraad op die plaas geberg word.

“Gedurende die ondersoek is ses sakke vol koperdraad op die plaas gevind, wat altesaam 197kg weeg. Die geraamde waarde daarvan is R13 000. Die sakke is in ʼn stoorkamer weggesteek,” het Tawana gesê.

Die boer is aangekla van die besit van gesteelde goedere en het Woensdag in die Kimberley-landdroshof verskyn. Tawana het gesê die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en die verdagte is steeds in aanhouding.

Hy kon nie onmiddellik die naam van die boer bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Tammy ·

Hoe verklaar jy dit: As jy moor kry jy borg maar as jy steel bly jy in aanhouding? Ons het n komplekse stelsel ne.

Jef ·

Die boer is in hegtenis geneem en is nog steeds in aanhouding omdat daar nog verdere ondersoek moet plaats vind i.v.m koper diefstal.
Moordenaars vermoor plaasboere word dan in hegtenis geneem (as hulle hom kan vang) en word vervolgens borgtog toegeken terwyl daar nog verdere ondersoek moet plaats vind.
Omgekeerde wereld ek verstaan nie meer nie.

Cherokee ·

As dit ‘n plakker of poskantoorwerker was en nie ‘n boer nie, sou julle dit steeds bevraagteken het? Boer beteken natuurlik nie noodwendig wit nie maar wel waarskynlik wit.

Wat-ek-lees ·

Cherokee, ek reken dat “in aanhouding” beteken wit.

Joann ·

Dis n boer daarom is hy in aanhouding. Was dit anders dan was hul al weer besig om te steel.

gatiep ·

Dis seker die orige tel draad wat nog op sy plaas was na die ander afgesteel was.
By my is die tel draad afgesteel tot by my grond en ek het al twee jaar terug gevra telom moet hulle ander draad kom afhaal tot nou toe niks. Was al self lus om dit af te haal want ek is bang die skelms kom op my grond en haal ander af.

Oom Kalahari ·

Ongelukkige plaaswerkers het dit daar in die stoor geplant om die boer te na te kom (moeilikheid te plaas) en die polisie verwittig hul het ‘n vermoede, maar wel geweet dit is daar. Hierdie boer is “ge-frame”

Schalk ·

Dit raak nou belaglik!! Die volgende ding wat ons lees is” Boer vas oor hy boer”

Grap ·

Ek wonder net hoe hulle gaan bewys dat dit gesteel is en waar dit gesteel is,pleks hulle nie hulle IK verklap nie en eerder hulle tyd gebruik om proaktief op te tree en sodoende misdade te bekamp.

Uys ·

Heel te veel vrae.
Hoekom krap die plaas werker tussen die boer se goed.
Nou is die vrou en kinders sagte teikens terwyl hy aangehou word.
Hy is nie vlug risoko nie hoekom hom aanhou.

André Marais ·

Die stories wat met die woord Boer begin is regtig al so holrug gery – maak mos nie saak of dit ‘n Boer (van enige ras / vel-kleur) is nie – om vadersnaam wat het dit nou regtig met die berig uit te waai.
Ek self het sakke vol koper draad op My Perseel wat NIE Weg-ge-STEEK is is soos die berig sê nie maar op ‘n Veilige plek gebêre word juis sodat die mense met die lang vingers dit nie kan vat (steel) nie en so terloops dit is af-val draad wat Ek in rolle aankoop al vir 37 Jaar en die stukkies wat afgesny word maak Ek self al vir 37 Jaar skoon en bêre (berg) dit – kom Ons sê maar vir My ou-dag of vir eendag op ‘n reëndag.
En so lewe Ons in ‘n land waar Ons in Ons eie Huise ook Ons waardevolle goed in ‘n Kluis of op die solder moet wegsteek vir die skêlms.
Ek gaan ook seker aangekla word omdat Ek My goed in ‘n kluis wegsteek of dalk nie wie weet want Ek is mos nie ‘n Boer nie . . . . . . . . . Ek voel so Jammer vir die Boere in Ons Land en Glo en Vertrou dat hierdie Boer se weggesteekte Fonds (die koperdraad) sal voete kry daar waar dit NOU geberg word en daar dan mos geen Bewys-Stukke gaan wees nie.
Sterkte en alle voorspoed vir Jou Mnr. die Boer.

Paul ·

Pasop net, André. Hulle het dit onwettig gemaak om “gebrande koperdraad” te besit. Met ander woorde, as die plastiek insulering van die draad afgebrand is, dan is dit ‘n misdaad om dit te besit. As die draag nog die plastiek of ander insulering op het, is dit OK.

André Marais ·

Paul Baie Dankie vir die “gebrande” deel daarvan – Ek het dit nie geweet nie maar vir My was dit al die Jare die idee dat gebrande Koper-Draad baie minder of dalk niks werd is nie dus het Ek nog al die jare die Plastiek om die Koper Draad verwyder (gestrip) deur dit met ‘n handemaakte V vormige stuk plaat skoon te stroop en werk so maklik – sal nie in meer detail ingaan nie want dan gee Ons die skêlms ook dan weer inligting. O ja en Ek het dit to vandag toe nog nooit geweeg nie al wou My 2 seun dit al telke male doen weier Ek – hoop dit is dalk My Lotto of die Skip wat Ek so na uitsien eendag. Groete.

John ·

Sjoe, wat ‘n land. Ons het nie kopermyne nie, maar voer koper uit!

Paul ·

Die ouens wat hy die massiewe kopermyn by Phalaborwa werk, sal verbaas wees om te hoor dat daar nie kopermyne in Suid-Afrika is nie…

So-ook die mense wat by die goudmyne en platinummyne werk waar koper ‘n newe-produk is. Anglo American Platinum het byvoorbeeld verlede jaar byna 17 000 ton koper geproduseer (bladsy 8 in Amplats se jaarverslag).

Leeukop ·

Paul, Dankie vir die interessante info. Ek verstaan wel John se goei punt, so ook is ons n groot uitvoerder van gesteelde karre, fone, tablette en vele meer.

E ·

Wie se draad is dit? en hoekom moet die boer in aanhouding bly as daar nog nie verseker feite oor die eienaar van die koper is nie?

Nics ·

As dit gesteel is is dit gesteel en klaar. Diefstal bly diefstal. Dis vi rhom om te bewys dis gesteel al dan nie of dan vir die aanklaers. Oor die res soos die boer se aanhouding al dan nie spreek ek my liefs nie uit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.