Boer vas vir moord nadat hy ‘dief’ doodskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer van Koster in Noordwes is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man doodgeskiet het wat hy van diefstal verdink het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 16:00 op die Rustenburg-Koster pad ʼn paar kilometer van die boer se plaas af gebeur.

Volgens Ramaloko het ’n 35-jarige man op sy fiets in die pad gery toe die boer hom van die fiets af gepluk het. Die boer het hom beveel om ʼn sak wat hy by hom gehad het te oorhandig sodat hy dit kan deursoek. Daar is glo vroeër by die boer se huis ingebreek en die diewe het met ʼn paar items gevlug.

Die boer het ʼn noodhulpkissie, ʼn kussing, ʼn pet en ʼn paar skoene in die sak gekry wat hy beweer uit sy huis gesteel is. ʼn Rusie het tussen die twee mans ontstaan en die boer het die man na bewering twee keer geskiet. Hy is op die toneel dood.

“Die polisie is na die toneel ontbied en die boer is in hegtenis geneem,” het Ramaloko gesê. “Die boer se vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur.”

Die boer sal Maandag in die Koster-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Sy naam kan nie bekend gemaak word totdat hy verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Pragtig daar beskerm Azania se wette weer die skurke. Arme boer moet seker maar net terug sit en kyk hoe al sy goed weg gedra word en hy en sy gesin nog n kans staan om vermoor ook te word. Hou n bietjie die storie dop. Die hoogte punt sal wees dat die boer die rower geskiet het en nie die rower wat die goed gesteel het en n plaas aanval probeer deurvoer nie.

Bleskop ·

Wag vir dit…….
Wag vir dit………..

Opskrifte is oppad wat gaan lees “Rasistiese aanval op plaaswerker veroorsaak dood”

martin ·

So wat jy wil se is. Of die swart man skuldeg was of nie moes die boer hom vankant gemaak het? Ja. Dis hoe ons land gaan regkom ne? Deur verre regses soos jy?

CB ·

Martin mense soos jy maak my siek. Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie. Leef jy in n grot?????? Kom ek se jou gou wat daar gebeur het, die boer het sy goed gekry, hom gekonfronteer en n argument het ontstaan, skelm mnr het op die aanval geraak, daar was n baklei en die boer het homself verdedig. PUNT. Jy aan die anderkant sal nie in so situasie beland nie, want jys te slapgat om op te staan vir jou reg. Jy sou dit net gelos het, want jys bang, soos die meeste van jou soort.

Gerhardt ·

CB , my vermoede is ook dat hier self verdediging ter sprake was!

Lisa ·

En jy was daar CB, dat jy aan ons kan verduidelik wat daar gebeur het? Ek hoop vir die boer se part dit was selfverdediging. Wie dit gaan bewys weet nugter alleen.

Kaspaas ·

Ou Martin die wiel draai maar die hamster is weg. Maak oop jou oe

CB ·

En JA!!!!!!!!!!!!!!!! Martin, dis al hoe die land gaan regkom, die goed wat so roof en dood maak moet uitgeroei word. Wat as daai boer en sy familie by die huis was gedurende die roof, dan sou hulle heelmoontlik vandag dood gewees het, die boer wat JOU kos voorsien sou dood gewees het. Sou jy dan daardie skelm gaan vra het om jou kos te produseer?????????????? So dis reg, roei die skelms uit!!!!!!!!!!!

Stanley ·

Die boer, die boer, die boer, hoekom nie net ‘n man nie?

Martin ·

So vooraf beplande moord is vir jou ok? Wow……… Skoene, n kussing, n pet en n noodhulpkassie vir n lewe?

Andre ·

Meeste wit mense word vermoor vir selfone of selfs nog minder, so wat is jou punt nou eintlik??

Jeanie ·

Martin, woon jy in dieselfde land as ons? Sien jy nie wat om ons aangaan nie.

Arie Plaasboer ·

Martin,
Vele mense is al vir roof van MINDER as dit summier doodgeskiet. Sommiges omdat hulle getuie was van die oorspronklike misdaad, wat ook doodslag kon ingesluit het.
Wat is dus die prys van `n lewe, meer in besonder die van `n misdadiger/moordenaar? Is dit dan sodanig meer werd as die van die oorspronklike slagoffer? Ek vra maar net. Gaan dink gerus hieroor na en bespiegel of die “boer” nie dalk by `n potensieel dodelike aanval tydens die konfrontasie, terwyl hy doeltreffebereid was, uit gewone selfverdediging opgetree het nie.

Monique ·

Ek stem saam met Martin, moord regverdig nie die paar items wat gesteel is nie.

Die boer moes dalk die polisie ontbied het sodat die dief ondervra kon word en op die regte wyse vervolg kon word.

En nou gaan ‘n paar van die paniekerige “boere” antwoord met “die polisie sou die man net laat gaan het”… Moenie julle self ook blind hou vir wat in ons land aangaan nie. Mense word wel vervolg, maar daar word gekies om selektief te lees.

Elizabeth ·

An eye for an eye makes the whole world blind. Ek verstaan nie hoekom julle almal s kwaad raak vir Martin nie, hy is die enigste een hier wat ‘n bietjie menslikheid wys. Niemand het die reg om iemand dood te maak nie. Maak nie saak hoeveel van jou vriende of familie doodgemaak is vir “minder” as dit nie, as jy die sneller trek is jy net so sleg soos die ander.

Boer ·

Ja hy moes hom geskiet het, die wat so roof en moor moet reggehelp word. Dis al hoe die land sal regkom. As die boer by die huis was gedurende die roof dan was hy heel moontlik doodgemaak. Dan was die boer wat JOU voer nie meer daar nie, nog n boer minder wat kos produseer. Sou jy dan vir mnr skelm gevra het om vir jou kossies te plant????? Daardie boer het deur sy aksies meer gedoen om die land reg te ruk as wat jy en jou slapgat maniere ooit sal doen.

mienkie barker ·

Ons boere leef elke dag met vrees, opgewerk wat met al die boere gebeur, neem hom glad nie kwalik dat hy geskiet het nie.

Oscar ·

Klink soos ‘n 2de episode van Oscar. Wonder of dit ook op televisie gaan wees?

Arie Plaasboer ·

Oscar,
ek dink jou kommentaar hier is hier onvanpas en pas nie in by Maroela Media se kommentaarbeleid nie. Hulle moes eintlik self hierdie tik op die vingers toegepas het

Johan1 ·

Ja maroela. Dit is okay om van n Boer te praat. Maar as dit die swartes is dan mag julle nie ras gebruik nie.

·

Ek verstaan ook nie meer die boere van vandag nie; nou skiet hy die skelm NET twee keer. Ai tog!

Winston ·

Die boer moes net seker gemaak het dat hy van sy eiendomreg ontneem is van die goedere wat hy by die verdagte gevind het. Daarna die polisie gebel het en die SAPD sou die verdagte arresteer het, voor die hof gebring het en sou hy tronk toe gestuur word en indien hy skuldig bevind was, sy straf moes uitdien sonder dat hy n keuse het of hy wil werk. Dit was in die verlede. NIE MEER NIE. JAMMER
Hierdie is n voorval wat gebeur het as gevolg van die wanorde in die land en is die direkte oorsaak van n patetiese regering. SOEK DIE OORSAAK EN MOENIE NET KYK NA DIE GEVOLGE NIE!

Ouboet ·

Net die boer sal weet presies wat gebeur het, daar is soos ek kan aflei geen getuienis nie. Was hy mal van woede, of was dit self-verdediging? VADER weet en die boer se dag voor die REGTER STOEL sal kom.

Piet Snot ·

Die kommentaar hierbo maak ‘n goeie saak vir die afskaf vd voorreg om kommentaar te kan lewer.

Grotrot ·

Martin kom ons wag tot jy of iemand in jou familie deel van die statistiek word dan kyk ons watse deuntjie jy gaan sing….ek het nêrens gelees die sogenaamde slagoffer is swart of dat die boer wit is…..eish

Genis ·

Ons leef in gevaarlike tye en onder ‘n vyandige regering. Ek gaan nie raaiskote waag oor die Boer se drastiese optrede nie, maar omdat dit ‘n Boer was sal dit aan die groot klok gehang word. ‘n Baie ongelukkige voorval inderdaad.

Susan ·

Ons moet maak soos die ander en almal saam betoog voor hof en wys ons staan agter di man. Of dit wit blou of pers is ons is moeg vir skelm mense. Ons blankes daal self al laer en besteel hul mense. Vir my part moet ons saam staan en elke keer as iemand skelm is n vinger af sny dat mens hul kan uit ken.

Susan ·

As ons maar net kan saam staan maar nou verraai ons liewer mekaar. Dis tyd om saam te staan en minder te praat. Wat gaan jy doen om n verskil te maak.?

Susan ·

Wit groen bruin swart pers maak nie saak wat jou kleur is nie ad jy skelm is moey n hand af gekap word sodat jy op n afstand raak gesien kan word. Ons blankes besteel mekaar net so. Almal is moeg vir dit glo my di man was reeds op breekpunt en moedeloos, as jy nog nie besteel is nie kan jy ni saam praat nie. Dit breek die boer. As jy vir jouself werk word jy soveel meer besteel . Party steel groot die res doen dit aanhoudend. So min wat jy kan vertrou. Almal wat hul pad reguit loop en hard werk is keelvol wit swart of bruin. Raporteer jy jou werkers kry hy sy unie en net so kom hy da uit want hy het reeds sy huiswerk gedoen want asjy aan werk dink is hy besig om ander planne te maak vir geld en werk is nie deel van sy planne nie. As jy slaap na n harde dag se werk le hy sy planne verder en uit werk. Dis so hartseer

Suzie ·

Daar het ‘n struweling ontstaan en die Boer het uit noodverweer geskiet. Die Boer het ook self die polisie ontbied. Watse soort beriggewing is die Maroela? Nie eers die ANC se berig laat die Boer so sleg lyk soos julle s’n nie!!!

danie ·

Word die nou getel as n plaas moord, of net n moord op n plaas. Die beste van alles is die regs idiologie, en die links idiologie het die selfde doelwit, om mekar uit te moor. En dit word goed gepraat om die braaivleis vuur, selfs na kerk met n koppie tee. Nee wat ek sukkel om die verskil te sien tussen julle.

Dan ·

Suzie hoe kry jy dit reg om so logies te wees op Maroela Media, sonder dat hulle jou delete.Ek het al n paar keer n blote onskuldige opinie gelug, dan word dit deur die een of andere afgeskiet, hoe werk dit? Is die moet en moenies so eenparig dan.

Karooklong ·

Die ware feite sal in die hof uitkom. Indien dit selfverdediging was dan sal daar gronde wees om onskuld te bewys. Indien die gebruik van die vuurwapen ingevolge die Strafproseswet onregmatig was sal daar ongelukkig probleme vir die Boer wees. Die voordeel is natuurlik dat sleg die boer nou kan se wat daar gebeur het. Die Woord se dat die waarheid vrymaak.

Gerhard ·

Maroela die boer is nie “vas” soos julle berig nie.

Geen hof het hom nog beskuldig gevind nie.
Hy sal ‘n goeie prokureur kry wat sal bewys dat die skelm hom aangeval het en hy himself net verdedig het.
Die “dooie” kan gelukkig nie getuig nie en alhoewel ek ‘n lang uitgerekte saak sien kom (gedryf natuurlik deur rasisme) sal die boer sy onskuld kan bewys.

Chris Ras. ·

Genoeg was genoeg gewees. Ons het ook regte. Daar gan n dag kom wat ons self n besluit sal moet maak…… Dis hy of jy!!!!!!

Thea Gerber ·

Ja Martin as hy die polisie laasweek ontbied het, sou hulle volgende week opgedaag het. Elke man vir homself. Niemand behalwe jyself kan jou besittings of jou lewe beskerm nie. Die polisie daag gewoonlik net betyds om vir die koerantfotos te poseer nadat ons boere besteel is of vermoor is.

amelia ·

daar is seker al baie by die boer gesteel Hoekom het die skelm nie net die goed terug gegee nie noodhulp kissie op fiets what n joke of is geval sy makers het ook opgedaag en toe boer skiet vlug die res lafaards

Tascha ·

Sjoe ek stem saam die omstandighede kon baie anders gewees het as die boer maar die SAPD gekry het om die dief te konfronteer, maar dan sien ek ook hoe slap en rugraatloos ons beskermingsdiens geword het en mens moet wonder waar die lyntjie getrek word. Beskerm jy jouself is jy verkeerd en ‘n hartelose moordenaar wat niks beter is as die skurk self nie, beskerm jy jouself nie word jy maar net nog ‘n syfer van die algehele statistiek so persies wat moet mens nou eintlik doen? Ek wonder maar net…

Nicky ·

Ek kom self van daardie omgewing en glo my die regte boere is keelvol, daar is ‘n vlaag van inbrake, en vee/wild diefstal. Mens kan soveel vat dan is genoeg nou genoeg. As ons nie self verantwoordelikheid neem vir ons, ons eiendom en kuddes nie, glo my niemand anders gaan nie.

Bleskop ·

Nicky,

Ek stem volkome saam met julle.
Boere weet nie meer watter kant toe nie, hulle kan dit amper nie meer buite hulle huise maak nie, an wanneer hulle hulle self wil beskerm en goed terugneem wat gesteel is en die vuil eiers wil oorgee aan die polisie, word hulle aangeval en mag jy nie jouself bekerm nie.

Mense regte word geheel en al te ver gevat in die arme land van ons – waar gaan dit eindig.

Wes Kaap moet afstig van die res van SA…..

Nicky ·

Bleskop, glo my moedeloos is nie die regte woord nie maar ander tale word nie hier toegelaat nie, maar ons opgee, nooooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.