Boer vergiftig glo ander se beeste

Foto: Pixabay

Ondersoek word ingestel nadat ʼn boer van die Oos-Kaap daarvan beskuldig is dat hy ander boere se beeste vergiftig het.

Xolile Nqatha, LUR vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, het dié week die Adelaide-omgewing besoek nadat boere beweer het hul beeste, waarvan sommige dragtig is, word deur ʼn boer wat naby die Lingelethu- informele nedersetting woon vergiftig.

Nqatha het sy skok uitgespreek oor die bewerings van wreedheid teenoor diere en mense. “Hierdie beeste is ʼn bron van inkomste vir families.” Veeartse het intussen monsters geneem en die voorlopige uitslae van die toetse dui daarop dat die beeste moontlik vergiftig is.

“Ons departement sal saam met die boere en die polisie werk om die oortreder of oortreders aan die pen te laat ry.”

Volgens Nqatha is ʼn saak van dieremishandeling aanhangig gemaak en word ondersoek.

Een van die boere, Mphithizeli Mhono, beweer vyf van sy beeste is vergiftig en twee word vermis. Hy het gesê die boer het glo al voorheen hul beeste met ʼn windbuks geskiet.

“Ons harte is stukkend want van die beeste was dragtig.” Mhono beweer ook daar is ʼn opening na die boer se plaas en dit is hoe hulle beeste daar beland. Hy meen die opening word met opset oopgelos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ella ·

Kan ons ASSEBLIEF n definisie kry van n boer?
Ek het alreeds gese elke ou wat op n lappie grond sit is nie boer en elke lappie grond is nie n plaas.
Arresteer en vonnis hom. Dalk kan hy in die tronk (!!!) leer van respek vir ander se goed, grond en diere.
Julle maak regte, egte boere verdag en ons het dit nie nounodig nie.
Ordentlike navraag, navorsing en verifieering van feite is noodsaaklik voor n berig geplaas word.

Freud ·

En wat as die boer nou volgens jou beskrywing ‘n regte egte boer is? Wat gaan jy dan se?

Boerin ·

Ella, daar is geen respek vir die boer se grond nie!!! Hulle beeste kan maar net daar weinig en alles vertrap. Vra my, ek sukkel so met bokke! Hulle knip die drade,dan sê hulle dis jou drade wat stukkend is. Jy kan net nie voorbly met regmaak nie!!

Ben ·

Beeste kan ook vergiftig word deur giftige plante wat in die veld groei. Dit is nie noodwendige ‘n Boer wat die daad gedoen het nie. Hier in Suid Afrika, veral die ANC ministers, oordeel mense voordat hulle die ware feite het. Dit is die gedrag van ‘n dwaas en dieselfde maat wat hy gebruik om ander mense te oordeel sal hy mee geroordeel word. Die skrywer van die artikel sit sy eie menings by – nie aanvaarbaar.

Wolhaar ·

Almeer wolhaarstories oor boere gaan die rondte begin doen om grondgryp te probeer regverdig, maar hulle sal ons nie intimideer nie en ons sal vas staan vir die waarheid en regverdigheid.

JdB ·

Maroela sal waarskynlik weer nie my kommentaar plaas nie, maar in elk geval:
In ‘n soortgelyke News24 artikel word melding gemaak van ‘n heining wat nou deur die Dept van Landbou herstel gaan word. Volgens daardie artikel wil dit voorkom of die “boer” die diere op sy eie grond van kant gemaak het, en blyk dit of die vergiftiging ‘n reaksie op volgehoue roofbeweiding was.

Vermeendes ·

In die winter waar boere hulle diere moet voer is dit gebruiklik om voergraad urium saam met die droë voer te gee, dit help om die droë voer te verteer, wat baie keer gebeur, die voer saam die urium reen net dan kom die beeste en suip daai urium water, dit is dan groot gif vir n dier.

Hou jou beeste op jou grond, hulle is geen boere nie andaers sou hulle van hierdie gevare geweet het.
Die boer het nie julle beeste vergiftig nie, hierdie regstellinde boere van SA moet eerder aangekla word vir diere mishandeling omdat hulle nie na hulle diere omsien nie.

Kobus ·

In ons omgewing word die heining soms geknip sodat die “kleinboer” se beeste op die boer se grond kan wei. Klagtes by die SAPD en Dept v Landbou val op dowe ore. Word die beeste geskut, dreig die kleinboere met brandstigting. Mens kan die boer se frustrasie verstaan maar om die diere te vergiftig is onaanvaarbaar. Daar lê ń uitdagende tyd vir boere voor. Hulle sal beheerst en geduldig moet optree.

Gerrit ·

Geen ware boer sal so iets doen nie want die aarde en diere is deel van sy bestaan maar………..die gemaakte boere wat als verniet kry…wel dis n ander storie

jankoos ·

Ek veroordeel dit heeltemal maar wat moet die boere doen om gehoor te word,die haat en diskriminasie van die regering en sy volgelinge maak vryheid vir almal n onmoontlike taak

Swart Piet ·

Hierdie storie klink aangeplak. Se vir my die beeste het gevrek van giftig plante in die veld, selfs ureum wat nat gereen het ja of selfs die uiters vuil water om die nedersettings ja, maar hoe voer jy n bees gif, hou jy dit voor sy bek of wat. Waars die staats veeartse, het hulle ortopsies op die karkasse gedoen. Hierdie storie klink net vir my na n klomp wat nou weer moeilikheid soek.

christa ·

as die skuldige person uit gewys word, moet die dierebeskermings vereenihing verhoed dat die persoon ooit weer ‘n dier mag besit. Maak nie saak watter kleur hy is nie. Om diere te gebruik vir wraak is laakbaar.

Sarel ·

Ai maar ons het darem mense wat vir elke probleem n oplossing het, hoop hulle erf of koop n plaas langs n kommunale woongebied of plakkerskamp of die verkeerde opkomende boer. Ek sal graag wil sien hoe diesulkes winsgewend kan boer en al hul verpligtinge nakom .
As jy nie kennis het van die oorlewings bestaan van so n boer nie, moet nie jou mond uitspoel nie. Jy kry van nerens hulp nie, skut die vee en daar word diefstal sake teen jou geopen selfs al het jy die polisie vooraf in kennis gestel.
Weet jy hoe lyk sommige van hierdie beeste, hulle is beter af dood as lewend, of stel jy voor die boer verkoop sy kudde sodat die vee van buite weiding kan he? Draadheinings en pale en hangers verdwyn eenvoudig en moet malesondertal vervang word, met watse geld?
Natuurlik is dit n baie ongesonde situasie en indien dit die waarheid is baie hartseer.
Kan die wat so veroordelend is asb vir ons die oplossing van die probleem gee.
Moet nie dink julle in die stede gaan vir altyd hierdie probleme vryspring nie, maklik om n mening te he as jy nie self in n situasie verkeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.