Boer verloor duisende in slenter

krediet-kredietkaarte-geld-bank

Foto: Stevepb/Pixabay.com

ʼn 64-jarige boer van Bethlehem is ʼn groot bedrag geld kwyt nadat hy deur ʼn man wat hom as ʼn polisiebeampte voorgedoen het met ʼn slenter gevang is.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer het ʼn telefoonoproep ontvang van ʼn onbekende man wat hom as ʼn kaptein in die veediefstaleenheid van die polisie voorgedoen het.

“Hy het belowe om die boer se vee wat as gesteel aangemeld is aan hom terug te besorg op die voorwaarde dat geld in ʼn rekening inbetaal word. Ná hy die geld betaal het, het die boer nooit weer van die man gehoor nie,” het Mohobeleli gesê.

Genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van Bethlehem, het boere gewaarsku om nie in dieselfde strik te trap nie. “Hulle moet waaksaam wees, veral dié tyd van die jaar. ʼn Polisiebeampte sal onder geen omstandighede geld vra vir dienste wat gelewer word nie,” het Tsotetsi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Pop ·

Ek is totaal verstom dat n mes gevang kan word met so storie.

Hansie slim ·

Dis baie dom om ‘n polisieman te betaal. Dis dieselfde as om vir Mogabi te betaal om jou beeste terug te kry. In elk geval, dis sy beeste, hoekom betaal?. Al was daar koste om die beeste terug te kry, betaal na die tyd!

Lientjie ·

En die boere is al so ‘n maand of 2 hieroor gewaarsku, maar hoor is min!

Kan maklik gevang word ·

Julle moet nthou dis SA die. Net miskien was dit dalk meer soos n “bribe” gewees van die boer se kant om die polisie beampte te oortuig om sy werk te doen en dan meer spesiale aandag aan sy saak te gee..

Leon ·

Om in vandag se tye, mense te vertrou met sulke stories, jammer, maar nie regtig simpatie van my kant af nie.

Eish ·

Ja, so is ons almal besig om te sneuwel.
Voor die een of ander euwel.

HD ·

Carte Blanche het juis Sondagaand ‘n insetsel hieroor gehad. Verstaan nie hoe mens dink jy moet geld betaal om jou eie vee terug te kry nie…?

Piet ·

Hoe is dit moontlik dat sulke slenters gepleeg kan word? Die FICA wetgewing maak dit moontlik om onmiddellik die skelm te identifiseer en te arresteer! Sy ID en adres is op rekord by die bank waar hy sy rekening geopen het.

Piet Pompies ·

Die wetgewing bepaal dat die eienaar binne 30 dae sy simkart moet RICA. Van die netwerk voorsieners aktiveer nie jou simkaart voordat die RICA gedoen is, ander netwerke gee die koper van die nuwe simkaart onmiddelike gebruik en dan die 30 dae vir registrasie. Hierdie 30 dae is voldoende om die soort misdaad te pleeg.

Kiepie ·

Piet Pompies wat het simkaarte en bankrekenige met mekaar te doen? Jy word onmiddelik ge-FICA wanneer jy ‘n bankrekening open en wat Piet sê is dat die skelm dus opgespoor behoord te kan word deur die bank waar die rekening geopen is te kontak. Niks met selfone en RICA te doen nie.

susan ·

Geen medikasie vir dom mense. Lientjie moenie veralgemeen nie asb.

Genieve ·

Van wanneer af moet jy polisie betaal wat hulle werk doen asb mense wees op jule hoede.

Kobus ·

Jy kan simkaarte wat klaar ge rica is koop by spaza winkels. dit word op ander mense se name en adresse ge rica . Die polisie gaan dan na onskuldige mense se huise toe.

jy betaal n pensionaris om geld in sy bank rekening te ontvang.

Elizabeth ·

soos my pa altyd sê: “as jy wil dom wees, moet jy sukkel”…

SjN ·

Inside information, met huidige wetgewing is die rekening houer opspoorbaar, SAPD lede is betrokke.

John ·

Dis beslis nie die hele storie nie… Ons boere moet ophou om engeltjies te speel…

Ian Smith ·

As ek tussen die lyne lees beteken dit dat die boer en andere dalk al voorheen dienste ontvang het van korrupte polisie?

Suzie ·

O….. en hy se geen polisieman sal geld aanvaar vir “dienste gelewer nie?”

Kolver Kruger ·

Julle slimkoppe is baie vining om die slagoffer te veroordeel, sonder dat julle die hele storie eens weet.
Die boer is bedrieg, of hy nou naief opgetree het of nie. Skaam julle om die boer te veroordeel terwyl die booswig rondstap.
Ek sou graag julle reaksie wil sien as ‘n dreigende polisieman jou stop… Julle is mos slim, so julle sal teenstand bied wat jou dalk in die tronk vir die naweek kan beland. Dan kan jy al jou slim stories vir jou (60+ per tronksel) mede gevangenes gaan vertel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.