Boer verloor lewe in nóg ʼn plaasaanval

Kallie Schoonraad (Foto: Facebook)

ʼn Boer van Rustenburg in Noordwes het dié naweek sy lewe in nóg ʼn plaasaanval verloor – die derde sterfte in ʼn plaasaanval binne net 24 uur.

Sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die Rustenburg-polisie, sê dié aanval het Saterdagaand omstreeks 20:00 plaasgevind, net enkele ure voordat ʼn ander boer in die Hartbeespoort-omgewing ook sy lewe verloor het. Vroeër dieselfde dag is Jeffrey Zetler, eienaar van die Mooiberge-aarbeiplaas op Stellenbosch, ook op sy plaas vermoor.

Mokgadi sê ʼn 47-jarige man, geïdentifiseer as Kallie Schoonraad, het gereageer nadat een van sy kinders buite die huis om hulp geskree het. Vyf verdagtes was glo reeds op die erf en het die pa doodgeskiet toe hy buite die huis ondersoek ingestel het.

Volgens hom het die vyf verdagtes die huis binnegestorm, dit geplunder en huishoudelike items soos ʼn televisiestel en selfone gesteel. Die verdagtes het tydens dié proses die man se vrou en sy drie kinders aangerand voordat hulle met die oorledene se wit Toyota Fortuner op die vlug geslaan het.

Schoonraad laat sy vrou, Malindie (39), en kinders, Carel (11), Karli (10) en Daniel (5) agter.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

Snowball ·

Nog ‘n bloedige naweek in SA. Nog families met hartseer en verlies en trauma. Mens wil ten Hemele skree!

Tart ons ·

Kom ons begin met n grootskaalse veldtog om elke land in die wereld te vra om ons regering aan te spreek en hulle te herinner aan menseregte van minderhede.

Andrea ·

My hart bloei v ons almal. My innige simpatie aan al die familielede.

Jacques ·

Dit is baie jammer om hierdie dinge te lees , sterkte aan die familie . My vraag is egter net , wat sal die mense maak as dit hulle familie is of hulle mense is waar daar ongewenste elemente by hulle huis inkom en net begin dood maak en martel ????? Die regering is meer gepla oor ander lande se sake as die dringende sake in ons eie land . Bring die doodstraf terug groot aub , want so kan dit nie aangaan nie .

Esther Strydom ·

Ek is VERSKRIKLIK negatief en beneuk oor die DRIE PA’s wat die naweek vermoor is! As ‘n ANC politikus verloor word, word talle ekstra polisie vrygestel om die moordenaars te soek, maar daar word NIKS aan die blanke en plaasmoorde gedoen nie!!!! Wat word van ons in hierdie siek siek land???

Paul ·

Drie boere op verskillende plase in een naweek! Dit moet verseker ‘n rekord wees. Wanneer besef die regering en sekere rubriek skrywers genoeg is genoeg. Maar nee, hulle sal eerder mense soos Ernst Roets se artikels en syfers verdag maak.

Wynand ·

Hoekom bly ons belasting betaal aan n regering wat faal daarin om ons boere te beskerm maar ook plaasaanvalle aanvuur met hulle gesprekke op TV en in die Parlament. Ek betaal baie eerder daardie belasting geld aan veiligheid vir ons gemeenskap as vir korrupsie in die regering. 28% van die land se inkomste kom uit landbou uit….dit is geld wat ons mense wat aangeval word aan die regering betaal….? My innige simpatie aan die familie van hierdie mense.

Andre ·

Die dinge moet stop,mense kyk asb op you tube na Brandwag tegnologie of op facebook onder Brandwag tegnologie,my medelye en simpatie met die familie ons dra julle op.

Iemand doen eindelik iets ·

Die Brandwagstelsel lyk na ‘n baie goeie idee. Dankie vir die bewusmaking daarvan.

Jj ·

Lyk na goeie begin maar sal moet meer proaktief wees om plaas aanvalle te keer voor dit gebeer en boere en elke afrikaaner gaan moet maar hulle wapen lesensies kry en leer om vuurwapen te gebruik

Ernst Nolte ·

Kallie was 47. Kyk gerus op sy FB blad, so n pragtige gesin, hardverskeurend!!

Cyril Blackburn ·

Dagsê Ernst
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die foutiewe inligting – die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

lardus ·

Kallie was n ware friend sterkte aan sy gesin en famielie.Hy sal beslis gemis word.

Deloris ·

Here, help asb hierdie land van ons.
Hou U hand van genade oor almal en vou ons toe met U liefdevolle beskerming. Amen?

Johann ·

Lees ek reg ?
Het hulle die knders ook gemartel.
Die nuus oorsee moet hierdie dinge weet !!!

Nika ·

Johann

As jy bietjie gaan ondersoek doen, sal jy geskok wees oor wat hulle met wit kinders doen by so plaas aanval.

Louis ·

Mense dit is tragies en nou genoeg. Ons hoef nie so te leef nie asb gaan registreer julle self by usaf.org.za vir lidmaatskap vir onafhanklikheid.

Andrea ·

Louis, ons moet mense aanmoedig om te registreer. Min mense weet hiervan!!

Snip Joburg ·

En waar is ons DA leiers. Hoor nooit n woorde van hulle oor Di kwessie Ni. Nog n Donker naweek wat verby is.

TinRSA ·

Dan vra vriende on hoekom ons wil emigreer? Ons is albei in die middel sestigs maar gaan nou wortels op trek en ander plek toe verskuif. Gaan die somers en die vrugte mis maar het gelukkig nie juis familie wat hier vit ons hou nie. Hierdie dinge raak nou aan ‘n mens se siel. Simpatie met die gesin, familie en vriende

Nellie ·

Waarna toe gaan julle, want dit raak al moeiliker om te gaan.

Elize ·

Louis, nie seker waaroor usaf.org gaan nie. Is daar dan nie al klaar so n plek nie. Gedog die blankes wat wil, kan nou Orania toe vlug. Vergeet die buiteland wat nou moet sien wat hier aangaan. Dit is juis hulle en die druk, sport boikots ens ens wat hul op SA gesit het wat ons in die pyn en hartseer gedompel het. Nou sit almal agteroor en kyk wat gebeur, want ek hoor van GEEN buitelandse druk wat op hierdie regering gesit word nie. I rest my case.

Jj ·

Ja ek dink ons as afrikaaners moet ophou elke ou sy eie ding doen en eerder saam staan. Orania bestaan al klaar as groei punt vir onafhanklike volkstaat ons moet meer mense kry om orania te ondersteun en mense help om soentoe te verhuis. Mense kan oorsee vlug maar dan verloor ons ons kultuur en identiteid in vreemde land. Met 3 miljoen afrikaaners het ons klaar meer getalle as 100 lande in die wereld ons kan ons eie staat stig as ons net wil saam staan

Koos de Meyer. ·

Klein kinders sonder ‘n pa. Wat gaan die regering doen as ons die reg in eie hande begin neem en ook maar elke dag moor vir die ander landsburgers. So siek as wat kan kom. 3 moorde op een dag. Dit maak ‘n mens om maklik in ‘n dier te verander en dan gaan daar verwoesting wees. Die arme vrou en daardie kindertjies. Hoe hartseer. My hart as ‘n oupa gaan uit na hulle.

Al ·

Ek het nie woorde nie, ek kry net ñ koue koelbloedige gevoel oor my – HAAT en VERGELDING, wat teen my Christelike beginsels indruis.

Frik ·

Kan ons nie ons eie nuus netwerk begin wat di voor valle lewdig op “live TV “uitsaai in Engels dan kan die res van die wereld dit sien

Koos ·

Die wêreld voel vere hiervoor. Wanneer gaan mense dit insien?

cool ·

Dit is die beste idee wat ek al gehoor het, mense asb, die wat diw kennis hjet om so iets te doen, ons mense nodig julle…
God help ons

Onafhanklikheidsverklaring ·

Mag n groep boere aansoek doen om hulle plase as n onafhanklike land te verklaar? Wat is die prosedure?

bert ·

“Stem ja!” het hulle gesê…Nie oppad nie maar reeds daar, nog ‘n Afrika mislukking. Waarom het ons gedink dit kan anders wees?

Dafer ·

@Bert Ek was daar! Ek het nie na politisie geluister nie, maar vir myself besluit dat ‘n barmhartige besluit geneem moes word. Dis gedoen. Ons is nou aangewese om die besluit te verander, want dit werk nie. Dit is nou bewys! Moet nooit dink dat die vorige geslag se politieke besluite noodwendig tot jou voordeel gaan werk nie! Dit is nou ons probleem! Ons moet dit oplos. Grens en tjank op Maroela gaan ons nerens bring nie!!

Eish ·

Ons vertrou die landbou organisasies soos Agri SA gebeurlikheidsplanne in plek het.

Al wat gaan werk ·

Self beskikkinggesprekke is al wat nou op die onderhandelingstafel behoort te wees.

Werner ·

Illustreer die sisteem asb aan boerevereenigings. Verder, daar is twee spesifieke idees wat kan werk. Een is bewegingsensor wat peppersprei oor indringer spry, en die ander is halsband vir honde wat eienaar verwittig as die hond vergiftig of dood is. As iemand dit kan ontwikkel sal dit baie lewens kan red.

Wonder ·

Hoe Martel jy 5 jarige? Wie we pa pas vermoor is……..net gewonder…..?????

G Nel ·

Nóg News24 nóg eNCA het die naweek enige nuus berigte oor die naweke se 3 boere moorde nie. Kan Maroela asseblief hul joernaliste opdrag gee om sulke berigte onmiddelik in Engels te vertaal en dit outomaties op ‘n Engelstalige webwerf met die naam “Genocide of white farmers in South Africa” te publiseer. Boere moet onmiddelik hule eie sekuriteit verhoog. Boere kan eenvoudig nie meer op plase woon as hulle nie ordentlike veigheidsmeganismes in plek het, by plaaslike veiligheids organisasies ingeskakel is nie en goeie verbindings met die plaaskike boere gemeenskap het nie. Miskien moet boere ook koëlvaste klere begin dra – maak dit jul alledaagse uniform menere. Ek hoop Afriforum en ander organisasies begin weer landwyd protesaksies loods en verskerp hulle internasionale veldtog om die wereld bewus te maak van hierdie gruweldade.

Santa ·

Maar hulle plaas liberale artikels en berigte wat foutvind met plaasmoord-statistieke, en ander stories wat hoogs uitgesproke is teen Afrikaners en boere. Hulle gooi mense in die tronk wat rassisties praat, maar intussen blaas plaasmoordenaars rassisme aan met ‘n vurige vlam uit die hel. Besef wat jy doen en besluit, verslaggewer!

Talente ·

Die Here verwag van ons om meer te doen as om net te bid, daarom het hy vir ons vele talente gegee.

Christiaan ·

Ek self is n getroude pa met 3 jong kinders. My hart bloei vir al die mense wat to sinloos vermoor word! Ek is n gelowige mens wat deesdae worstel met baie vrae. Versoening sal eers kan geskied wanneer die regering al die moorde sien vir wat dit is en ernstig n plan maak om dit hok te slaan. Dit is bitter moeilk om deesdae positief te wees in hierdie pragtige land van ons. God asb wees ons genadig. Apartheid was verkeerd, maar ons het nooit ingevaar in die nedersettings en die swart mense by hul duisende vermoor soos hulle deesdae doen met ons nie.

Stèfan ·

Ons innige simpatie aan al die slagoffers se families. Ons dra julle op en vra dat a God julle sal dra in hierdie tyd. Mag Hy ons help sodat geregtigheid kan geskied en orde herstel kan word. Aan almal wat vra oor nuus berigte na die buiteland… Daar word werk daarvan gemaak. Ons het egter elkeen ‘n stem en moet dit laat hoor.

Polonie ·

Dankie FW!! Voorwaar n MEESTERSTUK wat jy vir ons nagelaat het. Ek het nie woorde om JOU en jou medepligtiges genoeg te bedank vir die uiters deurdagte voorspoedige NUWE SUID AFRIKA wat julle vir ons onderhandel en nagelaat het nie. Wat n pragtige gesig en nalatenskap !!! Sommer baie trots om deel hiervan te wees. Hoop julle slaap lekker. Jou ewige ETTER!!!!

Eish ·

Dat ek nou teen wil en dank die listeriose kommentaar moet ondersteun, is n feit soos n koei!

Danie ·

Mense kom ek vra gou dink julle die regerings oorsee worry oor ons in want as hulle het sou hulle mos al ingegreip het SA….of stel dit so net Australia het in opstand gekom en toe het ons regering dit ook toe probeer smeer…..Aan elke boer in hierdie land wat kos op ons tafels sit haal ek my hoed af,ek bid vir julle as H2A werker wat nou in Amerika boer is dit hartseer om die nuus te lees ons land is van melk en heuning nie ń mooier plek as SA nie net jammer die kriminele kom met alles weg in my oë is daar nie iets soos mense regte nie glad nie bring die dood straf terug vir wit en swart wat die wet oortree dit werk tog in Botswana ……

LHS ·

Ek kan eenvoudig nie glo wat ek lees nie. Is daar regtig mense wat dink dat enige iemand sal onderhandel om n onafhanklike stuk grond af te staan en dit nog aan Jan van Riebeeck se nalatenskap ? Die meeste regerings van buitelandse lande weet lankal presies wat hier aangaan maar sal nie n woord rep of n vinger veroer nie, hoekom sal hulle? In lande waar daar olie of een of ander, ander verskuilde agenda is sal sekere van die groot moondhede in n mate inmeng, maar in Afrika, nie maklik nie.

Antoinette ·

Sjoe, hierdie aanval was bitter naby aan ons. Maak my vreeslik onrustig. My innige simpatie en meegevoel aan die familie.

Mense, wat gaan ons doen?!! Ons beveilig ons huise, neem deel aan buurt/plaaswagte maar steeds gebeur hierdie dinge. Ek voel MAGTELOOS.

Dinge ruk nou handuit, IEWERS moet iets drasties gebeur, en ons kan dit nie een-een doen nie, ons moet saamstaan. Of is daar geen werklike oplossing….?

Kobus Van Wyk ·

Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor U,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit U woord om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag U wil geskied..
Amen”

Ons mense bloei,
ons kinders word vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap. Kom ons draai na ons Almagtige vir leiding.

annie ·

Dankie Kobus, ek kan baie sê, maar dit kom alles terug na jou gebed. God help dié wat al hul swaarkry in sy Hande sit. Gaan asb voort om vir ons te bid, ook vir die wat nie deel van ons wil wees wat ons voor God Almagtig verootmoedig nie. Ek wil almal wat God en Christus se vergifnis glo, hierby insluit.

AH ·

Amen!!
Dit breek my hart elke keer dat ek sulke berigte lees, veral die deel wat lees: ” geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie…………… So Bitter om te sien hoe ons pragtige land en sy mense ten gronde gaan………..

ABC ·

Dis verskriklik. My innige simpatie met al die families….. Hulle val aan in groepe van vyf…. Hoe kan een man homself en sy gesin verdedig of beskerm teen vyf aanvallers? Hulle word nie gevang of in hegtenis geneen nie…..Daar is nie meer plek in die tronke nie… Die regering het nie genoeg geld om almal te akkommodeer en te voed nie… Dis n bose kringloop…

Marinuz ·

Dit is tragies. Wat meer tragies is, is dat die wetgehoorsame burger of blanke of Afrikaner meer ingesteld is oor die rugby. Een jaar van sport boikotte en die probleem is opgelos. Boiket een bank en die probleem is opgelos. Daar is seker net so tien jaar oor om iets te dien. Dan is dit te laat. Beplan nou vir jou kinders se toekoms in die buiteland. Kry jou plan B en C in orde. Wees bereid om alles op te gee om hulle uit te kry. Hulle gaan jou andersins moet agterlaat om ‘n toekoms te hê. As jy nou kan trek, gaan saam met hulle. Dankie vir die instansies wat doen wat hulle kan. Hoeveel hoop is daar nog? En geloof? Of is dit net genade wat nou oorbly?

Casper Labuschagne ·

Die rugbygod wat bokant alle ander gode deur die Afrikaner geëer moet word. Ek is omring deur mense wat glo dat daar geen probleme bestaan nie omdat hulle laas naweek heerlik rugby gekyk, gebraai en gekuier het.

En dan is daar diegene wat glo dat net geloof ons sal red – ek ontken dit nie, maar asseblief gaan dan na die buiteland en bid vir ons daarso want die witmense wat in Afrika biddend op hul knieë met pangas doodgekap is, is legio.

Miskien is hulle tog reg en is ek maar net negatief – tog wonder ek hoekom alles wat gebeur en waarvan ek lees saamval met my negatiewe siening.

Salome Malherbe ·

Dankie Kobus vir jou mooi gebed. Weet dat net soos Daniel van ouds ook ons voor God se troon vir ons volk moet en màg intree. Ons weet…. Die oorlog is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose demoniese satansgeeste in die hemelruim wat die kinders van die Lig haat. Wee jou as jy n instrument van haat en vernietiging word wat onskuldiges martel en moor.
Wees verseker geliefdes die oorlog teen die bose wòrd beveg deur gebed. Ons staan saam voor God met stukkende harte ons God lééf. Hy hoor en sien en weet. Moet nie moed verloie nie.

Tom ·

Ek onthou nog goed die boerebesetting in Pretoria paar dekades terug. Tyd vir optrede?

Dirk Huisamen ·

Drie pragtige kindertjies wat nou sonder ñ pa moet groot word. Oudste seuntjie speel in my oudste seuntjie se rugby span. Kallie was by elke wedstryd, langs die oefen veld om sy seuntjie te ondersteun. Was baie baie geheg aan sy 3 kinders. N hegte familie man gewees. My hart bloei vir sy vrou en kinders, maar ek is terselfde tyd net mooi gatvol.

Snip Joburg ·

Waar is ons DA leiers. Hoor Niks van hulle Ni. Almal dieselfde. Ons het n Donker naweek agter Di rug en families wat n week met verkiesing begin. Ons almal voel daardi verlies van julle en mag God julle sterk maak Om dit the Kan hanteer.

Amelia ·

Rus in vrede neef. Al wat ek wil se is dat geen verskoning voor God geldig is nie. Jy mag nie sondig en se maaaaar God daarom en daarom het ek dit of dat gedoen nie. Diegene wat hom vermoor het…………jul rekenskap sal gedoen word. Almal moet sterf al is jy n moordenaar en wat gaan jou antwoord teenoor God wees. Ja maar as daar nie eens op n tyd rasisme was nie sou ek nie gemoor het nie….

George ·

Ek vra dat ons Blankes begin bid, draai terug na die Here en staan saam, dis iets wat ons moet leer. As ons die Here in ons haarte het en saam staan, sal die Here ons dra uit hierdie gemors. En stads mense moet ook begin sensitief wees tenoor hierdie situasie, positief bly help nie ons arme boere. Staan Saam en vertrou in die Here!!!

Jj ·

Amen ons as afrikaaners gaan weer noet terug draai na God en saam moet staan vir oorlewing

Ina ·

Stem saam. My volk, kom ons dien God van harte. Hy praat met ons. Deut 28!

Johan ·

En dan kla ons president dat “sekere mense” buiteland toe hardloop en “vals boodskappe” oordra.

Mnr die President – skrik wakker.

honourable member ·

Dis maar n indirekte manier om grond te vat. Boere se lewens is niks meer werd in hierdie siek land nie. Die regereing gee nie n vlenter om vir al hierdie sinnelose moorde nie want dit maak dit net soveel makliker vir hulle om die grond uit te deel. Dis hartseer wat in hierdie land gebeur nie.

Reguit ·

Dit is die toekoms wat vir wit kinders in SA wag. Daarom emigreer mense.

Morne ·

Dankie Cyril dat jy die pot aan die kook hou!!!!
Wonder net hoe lank gaan die paddas nog kook voor hulle spring!

Ben ·

Hulle het reeds in die psige van mense ingeklim. Tree jy ‘n breukdeel van ‘n sekonde te vroeg op, wag die ysterhekke van ‘n tronksel op jou. Tree jy ‘n oomblik te laat op, wag die lykshuis op jou. Dag en nag moet jy op jou hoede wees. Jaar in en jaar uit. Iewers gaan iets breek.

M ·

Dis n tragedie. Die aanval het 8uur in die aand gebeur na een van die kinders buite geskreeu het…. Ek dink die hele gesin moet paraat wees en nie daardie tyd van di aand buite wees nie. Dit lyk my dat plaaswerkers betrek moet word by “”intelligensie”” op plase. Hulle verloor ook hulle inkomste as die boer vermoor word! Dalk moet daar n beloningstelsel wees vir die persoon wat verdagte mense in di omgewing sien, of as daar navraag gedoen word oor die boer se roetine, en dit word betyds aan die boer gerapporteer!! Daar moet verseker eers vooraf deur die boewe navorsing gedoen word voor hul op n plek toeslaan. Baie sterkte aan al die families.

AMMIE ·

Ek kan aflei dat ons almal paniekerig raak , want ons weet nie wie is volgende nie. Ons gaan gedwing word om aan die staat se mediese fonds te behoort, ons eiendomme gaan van ons af weg gevat word. Ons het geen toekoms meer in die land nie. Ons moet nou wakker skrik en positief iets doen omtrent ons situasie in ons pragtige land. Asseblief kan almal nie vir VF – plus stem sodat hulle meer stemme het in die volgende verkiesing ! Ek sien Pieter Groenewald praat reeds van gebied vir ons blankes soos Orania waar ons, ons kinders en ouers, familie en vriende veilig sal wees en ons ons Afrikaner volks se beginsels in vrede kan uitleef. Ons kan bid ja……….wat ons almal reeds doen, maar ons moet ook drasties besluite begin neem, want so kan dit nie aangaan nie. Genoeg is genoeg!!

Willie ·

Hulle sal groot ondersteuning kry sodra hulle begin met planne om vir ons eie onafhanklike land. Dit is die punt waar blankes gaan begin saamstaan en ‘n mooi nuwe toekoms aanbreek. As hulle dit nie doen nie gaan ons almal moet vlug.

BOLANDER ·

GENOEG IS GENOEG. AFRIFORUM, EK BETAAL ELKE MAAND GELD IN VIR JULLE. WAAR IS JULLE. HELP HELP HELP!!!!!!!!!!!!!!! DIT IS MENSE SE LEWENS WAT NET SO WEG GEVAT WORD !!!!!!!!!!!!!!!!!!DOEN IETS IN VADERS NAAM!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Waarheen ·

Waarheen gaan ons almal kan vlug wanneer Malema se oorlog gaan uitbreek?

Boerseun ·

Ek vra met seer in my hart hoe kan Agri-SA , en met dit dus hulle kastige duisende lede, ondersteuners en liberale media aanhengers, plaasmoorde ontken en wil afmaak as n gewone misdaad? Dit sê wel iets van hulle lede.

Stef ·

Dit is vreeslik wat in hierdie land gebeur. ‘n Mens se lewe is nie ‘n sent werd nie. Ek wens my omstandighede was ook so dat ek en my gesin ook uit die eens mooie land kan vlug, maar ongelukkig is dit nie so nie.
Die DA sal ook nooit weer my stem kry nie – hulle is ook meer blaf as byt,
My gebede is met almal wat hulle geliefdes al verloor het en nog gaan verloor.

Ina ·

Stem saam. My volk, kom ons dien God van harte. Hy praat met ons. Deut 28!

Troepie ·

Eerder Esegiël 7. Vergelyk dit met wat nou in die land gebeur.

werner ·

Sedert 1991 groei orania stadig maar seker. Jy kan ook help sonder om dadelik te verhuis. Jy kan uitvind waar orania is, dit besoek, lid wod van die orania beweging, n belegger word in die groeifonds, eiendom koop saam met ander, belasting aftrekbare skenkings maak om blankes wat daar met niks opdaag te help met behuising. Ek doen hierdie dinge sedert 1998 en help so om n toekoms te bou vir my gesin en ander afrikaners ook terwyl ek nog kan Gaan kyk en besluit vir jouself hoe jy kan help om ons eie stad te bou. Eie grond, eie instellings en eie Arbeid is nodig om ons geloof in dade om te sit.

Anoniem ·

Ag man praat nonsens op n ander plek. Het vir jare geld betaal vir kamstige rooi grond en waar is dit. Oranie se behuising is vrek duur en geen werk. Gee my werk en ek trek more soontoe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.