Boer vermoor, vrou met panga aangeval

Lees ook: Groot Marico-plaasmoord: Kleinkind was ook in huis

Argieffoto

Argieffoto

‘n 59-jarige boer van Groot Marico in Noordwes is vermoor en sy 54-jarige vrou met ‘n panga aangeval tydens ‘n plaasaanval Sondagoggend.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê drie verdagtes het die egpaar se huis deur ‘n badkamervenster binnegekom. Die verdagtes is na die egpaar se slaapkamer waar hulle die boer doodgeskiet het en sy vrou met ‘n panga teen haar voorkop gekap het. Die boer is op die toneel dood terwyl sy vrou na ‘n nabygeleë hospital vervoer is vir behandeling. Sy is reeds ontslaan.

Ngubane sê die verdagte het met R260 000, ‘n skootrekenaar, ‘n 9mm-pistool en die boer se wit Mazda-dubbelkajuitbakkie gevlug. Die bakkie is later ‘n paar kilometer van die plaas af gevind. Die verdagtes is steeds soek en die polisie ondersoek ‘n saak van moord, poging tot moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nic du Plooy ·

Ons wette is pro-misdadiger. Jy word absoluut verbied om teenoor ‘n inbreker op te tree of betreder op te tree, terwyl hulle aan geen wet gehoor gee nie. Jy kan alleenlik optree op die laaste nippertjie voordat jou lewe geneem word. Dis die rede vir die epidemie van huisrooftogte. Daarby is duisende wapens van huiseienaars gekonfiskeer deur die regering se veldtog om huiseienaars te ontwapen wat dit huisroof makliker maak vir misdadigers. Ons het strenger wetgewing en die doodstraf nodig om eerbied vir lewe af te dwing in hierdie wettelose land van ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.