Boer vind vrou dood langs motor

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die polisie stel tans ondersoek in nadat ’n boer sy vrou Maandagoggend dood langs haar voertuig op hul plaas in Smithfield in die Vrystaat gevind het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die boer is glo omstreeks 07:30 uit die plaashuis om na nabygeleë krale te gaan.

Sy vrou het glo vir hom gesê dat sy eers die wasgoed gaan klaarmaak waarna sy dorp toe gaan.

Toe die boer omstreeks 11:30 na die plaashuis teruggekeer het, het hy sy vrou langs haar motor op die grond aangetref. Die motor was langs die huis geparkeer.

“Die huis was gesluit en die voertuig se sleutels en die huissleutels is by haar gevind waar sy op haar maag op die grond gelê het.”

Volgens Makhele word die oorsaak van haar dood nog ondersoek. Sy het ’n wond teen haar agterkop gehad, maar dit is nog nie duidelik wat die wond veroorsaak het nie.

Die polisie se ondersoekspan is tans op die toneel.

“Dit is nog te vroeg in die ondersoek om te kan sê wat presies gebeur het. Intussen gaan die ondersoek voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johannes Andreas ·

Klink baie verdag. Wie anders was nog op die werf?

Loveleh ·

Sterkte aan die familie. Die dood laat n wond wat niemand kan heel.

Phillip ·

Ek hoop die boer kan wys dat hy by die kraal was en dit glo waardig kan wees

Anoniem ·

Ai, die doem profete. Sterkte aan die familie. Eers wanneer die oorledene se man in hegtenis geneem word, kan julle opinies begin lug. En sover het die speurders en forensiese personeel niks gesê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.