Boer voor bedlêende vrou met kierie aangerand

Argieffoto

Die Hartbeespoort-polisie in Noordwes ondersoek ʼn plaasaanval waartydens Allan Fanner (68) voor sy sieklike en bedlêende vrou met ʼn kierie aangerand is. Fanner boer met beeste en groenrissies in Hartbeesfontein.

Romano van der Spuy, voorsitter van die Hartbeespoort-gemeenskapspolisiëringsforum, het Saterdag aan Maroela Media gesê twee aanvallers, wat met ʼn stok en kombuismes gewapen was, het Vrydag omstreeks 07:00 toegang tot Fanner se plaas verkry en hom buite die huis ingewag.

“Hy is die oggend uit die kombuis uit om vullissakke in die motorhuis, wat aan die huis grens, te gaan haal. Toe hy die motorhuisdeur oopmaak, het die twee aanvallers hom oorval,” het Van der Spuy gesê.

Die aanvallers het Fanner in die huis in gedwing en in die slaapkamer aan die bed se poot, waar sy vrou gelê het, vasgebind.

“Die verdagtes het aangedring op geld en vuurwapens en hom met ʼn kierie aangerand. Die boer het vir hulle gesê hy het nie geld en vuurwapens nie, waarna hulle sy huis geplunder het op soek na waardevolle besittings.”

Fanner kon intussen daarin slaag om ʼn paniekknoppie te druk en Oostermoed Beskermingsdienste het dadelik gereageer.

Die aanvallers het met drie selfone en twee skootrekenaars te voet van die toneel gevlug. Hulle het een van die selfone by die plaas se elektriese heining laat val toe die veiligheidsmaatskappy daar opdaag. Die verdagtes het daarna in die berge in verdwyn.

Volgens Fanner het die twee verdagtes Engels gepraat, maar hy vermoed hulle is buitelanders.

“Die man is onder meer op sy kop geslaan met die kierie. Die verdagtes het die vrou uitgelos, want hulle kon sien sy siek. Gelukkig is hulle nie vermoor of het ernstig seergekry nie,” het Van der Spuy gesê.

Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Dit is die tweede aanval in ʼn week op ʼn plaas in Noordwes.

Kallie Schoonraad (47) is verlede Saterdagaand op sy wildplaas naby Rustenburg doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig Schoonraad, sy vrou, Malindi (39), haar pa en die egpaar se drie jong kinders, Carel (11), Karli (10) en Daniel (5), is omstreeks 20:00 oorval. Schoonraad het glo gereageer nadat een van sy kinders buite die huis om hulp geskree het. Vyf verdagtes was reeds op die erf en het Schoonraad doodgeskiet toe hy buite die huis ondersoek ingestel het. Die verdagtes het die huis binnegestorm, dit geplunder en huishoudelike items soos ʼn televisiestel en selfone gesteel en met sy bakkie op vlug geslaan.

Schoonraad se bakkie is Dinsdag verlate in Mosambiek opgespoor. Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Susan ·

Skokkend hoe ons aangeval word en niemand se n woord ni. Hoekom betoog ons ook ni??

D V ·

Reël die betoging en almal is daar. Ons moet ‘n oplosing probeer verky en dit stop.

jankoos ·

Ek is seker die meerderheid aanvalle is swart op wit maar niemand sê iets …hoekom?

André ·

Nog ‘n plaasaanval. Dit sal seker nooit stop nie. Baie sterkte oom Allen, aan u en u vrou.

Susan de winnaar ·

Skokkend oor hoe ons vermoor word en niemand se iets daaroor ni. Ons is sitting ducks waarom betoog ons ook ni

Tokkolos ·

Phil Bakkie is seer sekerlik tot daar gery En susan Gaan jy opdaag by die toitoi

Tokkolos ·

Phil Bakkie is seer sekerlik tot daar gery En susan Gaan jy opdaag by die toitoi?

Elize ·

Net so Susan…ek het gstr aand kommentaar gelewer, maar dit is nie geplaas nie…ek was seker te rof…ek sê kry tyres, klippe ens ens en doen presies wat hulle doen…eks nou net mooi siek en sat vir die gemors waarin ons land gedompel word…ek mag dalk 63jaar oud wees, maar ek sal die voortou neem…ek weet nie hoekom ons net sit en toekyk hoe hulle ons uitmoor en alles vernietig wat ons ons lewe lank voor gewerk het nie…op die stadium wil ek ook als afbrand en SA dan vir hulle gee…kyk of hulle hom sal kan opbou…nie in 200jaar nie.

Siek en sat ·

Jammer mnr Fanner, ek wil net noem, al word hierdie misdadigers wat jou huis geplunder het en jou aangerand het gevang, sal hulle net OM VERSKONING MOET VRA DAN IS ALLES WEER REG.

D V ·

Reël die betoging en almal is daar. Ons moet ‘n oplosing probeer verky en dit stop.

Koos de Meyer. ·

Andrew ek stem saam. Die land het in elk geval in anargie verval. Wat gaan hulle doen as ons maak soos die wit wolf gemaak het.

Koos de Meyer. ·

Wat ek nie verstaan is dat die veiligheids maatskappy so gou daar, was maar die boosdoeners het in die berge in gevlug.

Koos ·

Die veiligheidswagte kan seker nie berge klim nie? Of wou nie berge versit nie? Of dalk net hulle oë opgeslaan en gewonder waar hulp vandaan sal kom.

IK ·

Buitelanders? My verstand sê dat hulle bergelanders is anders sou hulle nie in die berge gaan skuiling soek.

Siener van Melbourne ·

Die ANC het tydens apartheid ‘n kultuur van anargie onder sy mense gekweek en aangemoedig. Hierdie kultuur het uiteindelik posgevat en is vandag die norm, nie net onder die mense nie maar ook onder die leiers. Hierdie is sigbaar in die onvermoë van leiers om te regeer en te bestuur. Suid Afrika het nou sowat 3 aaneenlopende generasies van anargiste en ‘n vierde generasie op pad. Oppertuiste kan dit sien en gebruik die geleentheid om hul optrede te regverdig maar onder die vaandel van rassisme (of soos ons dit ken, vorig benadeelde aktivisme). Leer maar by Zim se geskiedenis, dit sal nooit ophou nie.

Hanna Hoekom ·

Lafaards! Twee verswakte oumense. Wanneer word die streep getrek? Hoe lank nog voor ons die reg in eie hande begin neem? Ek dink ons land is op n mespunt: something’s gotta give!

jean ·

Geen streep getrek….die satan en sy demone is los in hierdie land en wêreld ……roep ons nog God se Naam aan en dien ons Hom nog soos wat Hy vra?……ek twyfel…ons pluk die wrang vrugte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.