Boer voor bedlêende vrou met kierie aangerand

Argieffoto

Die Hartbeespoort-polisie in Noordwes ondersoek ʼn plaasaanval waartydens Allan Fanner (68) voor sy sieklike en bedlêende vrou met ʼn kierie aangerand is. Fanner boer met beeste en groenrissies in Hartbeesfontein.

Romano van der Spuy, voorsitter van die Hartbeespoort-gemeenskapspolisiëringsforum, het Saterdag aan Maroela Media gesê twee aanvallers, wat met ʼn stok en kombuismes gewapen was, het Vrydag omstreeks 07:00 toegang tot Fanner se plaas verkry en hom buite die huis ingewag.

“Hy is die oggend uit die kombuis uit om vullissakke in die motorhuis, wat aan die huis grens, te gaan haal. Toe hy die motorhuisdeur oopmaak, het die twee aanvallers hom oorval,” het Van der Spuy gesê.

Die aanvallers het Fanner in die huis in gedwing en in die slaapkamer aan die bed se poot, waar sy vrou gelê het, vasgebind.

“Die verdagtes het aangedring op geld en vuurwapens en hom met ʼn kierie aangerand. Die boer het vir hulle gesê hy het nie geld en vuurwapens nie, waarna hulle sy huis geplunder het op soek na waardevolle besittings.”

Fanner kon intussen daarin slaag om ʼn paniekknoppie te druk en Oostermoed Beskermingsdienste het dadelik gereageer.

Die aanvallers het met drie selfone en twee skootrekenaars te voet van die toneel gevlug. Hulle het een van die selfone by die plaas se elektriese heining laat val toe die veiligheidsmaatskappy daar opdaag. Die verdagtes het daarna in die berge in verdwyn.

Volgens Fanner het die twee verdagtes Engels gepraat, maar hy vermoed hulle is buitelanders.

“Die man is onder meer op sy kop geslaan met die kierie. Die verdagtes het die vrou uitgelos, want hulle kon sien sy siek. Gelukkig is hulle nie vermoor of het ernstig seergekry nie,” het Van der Spuy gesê.

Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Dit is die tweede aanval in ʼn week op ʼn plaas in Noordwes.

Kallie Schoonraad (47) is verlede Saterdagaand op sy wildplaas naby Rustenburg doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig Schoonraad, sy vrou, Malindi (39), haar pa en die egpaar se drie jong kinders, Carel (11), Karli (10) en Daniel (5), is omstreeks 20:00 oorval. Schoonraad het glo gereageer nadat een van sy kinders buite die huis om hulp geskree het. Vyf verdagtes was reeds op die erf en het Schoonraad doodgeskiet toe hy buite die huis ondersoek ingestel het. Die verdagtes het die huis binnegestorm, dit geplunder en huishoudelike items soos ʼn televisiestel en selfone gesteel en met sy bakkie op vlug geslaan.

Schoonraad se bakkie is Dinsdag verlate in Mosambiek opgespoor. Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Susan

Skokkend hoe ons aangeval word en niemand se n woord ni. Hoekom betoog ons ook ni??

André

Nog ‘n plaasaanval. Dit sal seker nooit stop nie. Baie sterkte oom Allen, aan u en u vrou.

Susan de winnaar

Skokkend oor hoe ons vermoor word en niemand se iets daaroor ni. Ons is sitting ducks waarom betoog ons ook ni

Phil

Hoe kom die bakkie oor die grens in Mosambiek in?

Elize

Net so Susan…ek het gstr aand kommentaar gelewer, maar dit is nie geplaas nie…ek was seker te rof…ek sê kry tyres, klippe ens ens en doen presies wat hulle doen…eks nou net mooi siek en sat vir die gemors waarin ons land gedompel word…ek mag dalk 63jaar oud wees, maar ek sal die voortou neem…ek weet nie hoekom ons net sit en toekyk hoe hulle ons uitmoor en alles vernietig wat ons ons lewe lank voor gewerk het nie…op die stadium wil ek ook als afbrand en SA dan vir hulle gee…kyk of hulle hom sal kan opbou…nie in 200jaar… Lees meer »