Boer voor dogter doodgeskiet

Foto: Facebook.

Die polisie in Hoedspruit in Limpopo is op soek na drie verdagtes nadat ʼn boer Sondagaand in dié omgewing op sy plaas doodgeskiet is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Christo Redelinghuys (60) en sy dogter het glo omstreeks 20:30 na buite gegaan om ʼn hek te sluit. Redelinghuys en sy dogter het met hul terugkeer na die huis drie gewapende mans gewaar.

“Toe Redelinghuys vra wat hulle wil hê, het hulle hom sonder antwoord net doodgeskiet. Sy dogter het die aanval ongedeerd oorleef.” Maroela Media verneem dat Redelinghuys met mango’s geboer het.

Die motief vir die aanval is volgens Ngoepe in die stadium nog onbekend. “Ons kan ook nog nie in die stadium sê of iets tydens die voorval gesteel is nie. Die ondersoek sal dit bepaal.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting oor die voorval kan hul naaste polisiekantoor in kennis stel of 0860010111 skakel.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Chris ·

Motief is maklik . MOORD !!!! Dis mos al wa voor hulle op plase toeslaan

Liezl ·

Motief is, ALLE MANS WORD GETEIKEN. Dis weinig dat daar ‘n vrou geskiet word. Die mans is die anker, die ou wat die plaas aan die gang hou. Hulle wil families uitmekaar skeur deur die mans weg te kry. Wat bly oor, ‘n vrou in rou gedompel, wat troosting moet bied, wat sterk moet staan en dan word sy ook in die proses gebreek. Hulle kom om te roof, nie aardse goed nie, dit wat in jou hart is. Dis om mense tot waansin te dryf. Mans, wees asseblief versigtig. Kom ons bid saam dat julle elke dag beskerm sal word. Lord I pray that you will help every man to put on the Helmet of Salvation, to have a breastplate of righteousness, to have the Sword of the Spirit in the one hand and Shield of Faith in the other hand. Shot their feet with the Gospel of peace. PROTECT THEM, PLEASE!!!

Irene ·

Gaan soek die regte mense wat hierdie mense stuur om te moor dan sdl daar nie moorde wees nie die oersone wat verantwoordelik is vir hierdie moorde soek die gronde mask asb jul oe oop

HENNA ·

BITTER nuus vir ‘n nuwe week – Sterkte aan die familie wat moet deel met hierdie onsinnige moord.

Alida ·

Baie sterkte aan die familie. Dit is tragies. Ek hoop nie die lesers begin nou weer met paraatheid en “mens gaan nie uit in die aand” nie. Die rympie is afgesaag. Almal is paraat maar mens moet ook aangaan met jou lewe.

Tiger ·

Alida miskien klink dit afgesaag vir jou as mens ander aanmoedig om paraat te raak,maar kyk gerus om jou rond.Ons bly nie in feetjie land nie plus ons Almagtige Vader het ons breine gegee om te gebruik.
Ek en my man loop gewapen 24/7,gaan NIE na buite na sononder nie,is ingeskakel by ons plaaswag radio netwerk het ‘n hond BINNE ons huis en het groot spreiligte op ‘n toring wat die wereld verlig.So ja ons moedig mense aan om wakker te skrik.As jy nie deel wil wees van so iets nie is dit goed so.JY sal met daai keuse saamleef nie ons ,jou buurman of wie ookal nie.Sterkte!

Trots Afrikaans ·

Wees paraad. Dra jou wapen altyd met jou. Skiet eers, vra later. RSA het nie doodstraf nie, so beter om jou plaas uit die tronk te bestuur as uit die graf uit.

Mango ·

Tiger… hou op aanval..
Jyt inelkgeval geen idee wat op daai werf aangaan nie. Soos ek oom Christo ken was hy altyd parraad!! Jyt geen kans as iemand jou blindside en koelbloeddig skiet nie!

Cherokee ·

Mango, leer lees..reg lees. Dit was Tiger se antwoord op Alida se kommentaar en losstaande van die berig.

Michelle ·

Die motief vir die aanval is nog onbekend?? Regtig!! Almal weet dit gaan oor grond. En dat hul besig is om al ons boere uit te roei! Hoekom kan daar nie gemaak word met Zuma soos daar gemaak was met Mugabe nie!???

Denise ·

Skokkend nog n onskuldige BOER wat net sommer vemoor word en niks gan gebeur nie die skurke doen net wat hulle president sing en so is dit elke liewe dag net MOORD op ons mense????????

Annaline ·

Om elke dag sulke moorde te sien, is mos nou al voor-die-hand-liggend wat die motief is.

Ek besef dat die regte prosedures gevolg moet word(as daar nog so-iets bestaan), maar begin sommer by moord, want ‘n blinde kan dit met ‘n stok aanvoel.

Jay-Jay ·

Baie sterkte aan my neef en my tannie-hulle en die skoonfamilie met die afsterwe van Oom Christo

Margaret ·

Fanie, ek stem saam. Hy moes geweet het wat lê in die toekoms.

James ·

Is “veselperske” nie ‘n beter woord as “mango” nie?

Hoekom moet daar in al die artikels wat geskryf word oor moord, melding gemaak word van die motief?

Magda ·

James waarom moet jy altyd kritiseer? Kyk vir n slag verby die taal..

Andre Louw ·

Die realiteit is moord wat almal so geweldig raak gaan nog vir ‘n lang tyd aanhou want hierdie regering soos Robert Mugabe gee nie ‘n flenter om vir die land nie en ons ander het nie rerig ‘n plan van aksie om die regering tot verantwoording te bring nie. maar dat die wiel sal draai is nie altemit nie want die massas begin ook nou keelvol raak vir ‘n regering wat hulle heeltyd tart soos nou weer met aanstelling van Brian Molefe in die weermag wat weereens elite kader ontplooiing is. SA gaan donker tye beleef en ons moet nou tot die besef kom dat ons leefwyse van “nie ander nodig het nie” sal moet verander ! Of ons die wil het is ‘n ander storie

Lee ·

Ai dis verskriklik. Rus in Vrede oom. Sterkte aan die familie en vriende.
Iemand sit defnitief agter die plaasmoorde want net die boer word vermoor elke slag. Hulle wil seker die grond beset en met die boer uit die pad kan hulle mos die plaas net vat. Hoop hulle vang die gemors.

Johan ·

Maroela media wanneer daar nie meer sulke opskrifte in koerante verskyn van nog ‘n boer wat vermoor is kan ons ophou om te betoog teen die goed. Vrystaat Landbou unie wat mense aanmoedig om nie deel te neem aan optogte nie is seker tandloos en wonder wat is hulle bydrae om dit te voorkom.

Boerseun ·

Vrystaat Landbou het al in die vroee 1990’s in die geheim met die ANC gekonkel – onder leiding van dr. Piet Gouws. Lees gerus die IDASA Komplot deur Jaap Marais. VL verkoop die boere uit! Dit geld ook die moederliggaam, AgriSA.

marous ·

Nee! Geslagte boer hulle om deur booswigte verwoes te word! Die boere in die land moet nou saamstaan en weier om ‘n hektaar te plant.

Andre Smith ·

Dis so tragies! Ek hoop regtig die skuldiges word gou gevang! Ek het ‘n ander beskommernis in my hart. Gegewe die aantal moorde op plase… doen ons boere regtig alles in hul vermoe om hulself te beveilig? Ek sien fotos van plaas aanvalle waar jy duidelik kan sien daar is geen diefwering voor die vensters nie? Is dit nie tyd dat ons in pleks van swart klere of nuttelose sms’e eerder ‘n instansie bymekaar roep om dan ondersoek in te stel, na elke plaas se paraatheid en veiligheids uitleg nie? Ek vra maar net….

Sê maar net ·

André daar is sommiges wat als in hul vermoë doen, maar Arrogansie is die woord vir ons boere. Weier om R50,000.00 + te betaal vir hul eie veiligheid. Maar hul kan in hul ‘fancy’ motors en bakkies rondrits. Jammer, ek moes dit sê, ons boer ook, ons sekuriteit beloop al oor die R100,000.00. Ons kyk rond as ons by die huis kom. Ons sal nie uitgaan om hekke toe te maak nie. Hulle sal inkom as hulle regtig wil, ek weet dit, ongeag wat jy om jou huis het, maar al die diefwering, kameras en beams koop ‘n bietjie tyd. En maak ons gereed.

Gerda Last ·

Ek het ook ñ kind wat ñ boer is, en ek kruip my knieë deur in gebed dat hulle net veilig moet bly, maar elke boer in SA MOET!!na sy veiligheid kyk en elke oomblik van die dag paraat wees wakker wees en niemand vreemd op sy plaas toe laat nie.

Van ·

Hoeveel is genoeg om eie veligheid te verseker……………..en as die benadering teenoor geweld nie reg is nie sit die boer in die tronk. Gaan dit nie op die ou end beter wees om te gaan boer in n land waar kos produksie saak maak ipv grond bestting? Dis seker ook makliker gese as gedaan! BAIE sterkte aan al die boere, sonder julle gaan ons verseker sukkel in die toekoms.

Lena Jonk ·

Ons bid vir julle mense met die bittere diep hartseer vir vertroosting. Ons vra nederig, ons Almagtige God, om asb ons boere en ons ander volksgenote met n laer van U Almag te beskerm teen daardie demone wat in SA net moor, verdelg hulle, gee ons mense weer vryheid en vrede dat daar weer bekostigbare voedsel sal wees. Ons buig laag voor U en ons smeek vir genade asb ons Vader.

Willie ·

Genade, gaan die nie ophou nie! Kry die derde mag hieragter en dit sal ophou… Hulle moet die wat reeds gevang is, laat gesels wie gee hulle opdrag! Die polisie is nie naastenby so effektief soos die ou polisie nie…

Honde ·

Almal moet asseblief honde kry, n paar kwaaies en hulle leer om nie by vreemdes kos te vat nie.

Willie ·

Dis hoekom hulle van die ou veiligheids polisie ontslae geraak het… vir die rede dat die georganiseerde plaas moored, en maatskappy kapings kan plaasvind!

Santie ·

Hierdie is georganiseerde moord op die boere. Dit gaan oor grond en glad nie oor roof nie. Dit wat hulle kan roof is ‘n bonus. Ek hoop dié mense sien hoe leeg Zimbabwe se winkelrakke is sonder die die wit boere.

Jaco ·

Mense, mense. Waat is julle peraatheid heen? Julle weet hier is lelike dinge aan die gang, maar julle beskerm julle self nie. Ek bly in die dorp en dra elke dag van lewe my pistool aan my. Ja dis nie gerieflik nie, maar jy raak dit gou gewoond. Glo my. Kyk na jouself en jou geliefdes asb.

Bietjie bietjie ·

Johan sê boere moet minder plant …
Regtig? ?
Johan moet dalk minder ure werk
Het jy nie geweet dat boere plant om te kan lewe nie ?

Mimi ·

Ons “familie” van die Boland is so hartseer en geskok dat jy so wreed gesterf het. Ai Christo, jy was ‘n boer in hart en siel. Baie sterkte aan jou vrou en drie dogters. Ons dink aan julle met jul groot verlies en bid vir julle in hierdie hartseer tyd.

Langtoon ·

Moord en doodmaak word mos van verhoë af uitgeskree deur die leier van die EFF!! Selfs die man met die naam Jacob tel nie sy woorde nie!
Luister nou die aand na Mugabe se doodmaak en haatspraak teenoor witmense, dit is skrikwekkend dat jou hele menswees so deurdrenk kan wees met moord en boosheid!
Harare is n pragtige stad gebou deur die vorige koloniale regerings en daar het ontwikkeling gestop! Al wat bygekom het is shacks!
As leiers haat en moord aanmoedig en nog terroriste oplei met die presiese aanduiding waar aanval moet plaasvind , dan is dit n stryd teen die bose magte van satan!
Jammer oordie boer, baie jammer! So baie dinge word vernietig deur net een skoot….!!

JOHAN BESTER ·

N Predikant word gevra in n vrystaatse dorp om n biddiens vir boere te ly.
Hy praat hard met hulle MANNE BEKEER JULLE VAN JULLE VERKEERDE WEE.
WAT KRY HY NA DIE TYD AL DIE LANDCRUISERS ENS VOOR DIE KROEG.
BOERE JULLE SPEEL MET N ALMAGTIGE GOD BEKEER JULLE VAN JULLE RUGBY afgod en KROEG BESOEKE .SOEK GOD ASB MANNE.

PJC ·

Miskien moet iemand die inisiatief neem en van plaas tot plaas die boere besoek om na hulle veiligheidsmaatreëls te kyk en hulle te help om dit te verbeter. Daar is heelwat kundiges wat hiermee kan help.

Deon Meyer ·

Daar is geweldige werkloosheid in die land.
Kan daar nie dalk ‘n organisasie op die been gebring word,waar persone met militere en polisie opleiding as plaaswagte aangestel en deur die boere vergoed word nie?

Monica ·

Wilnette en dogters…sterkte. Ons in Wolseley bid vir julle.

Karen van Zyl ·

In die land mag dit maar, ai daai arme vrou, sy gaan die res van haar lewe dit onthou, hoekom dood skiet? maar as ons ‘n skewe woord sê sit ons in die tronk.

Geskok en seergemaak ·

Ek is baie jammer vir die boer en sy familie en vriende, maar vanoggend dra ek iets SWAAR op die hart en dit is die feit dat Agri SA en VLU besluit het om die 25ste se optog na die Uniegeboue te boikot. As jy nie deelneem aan iets nie BOIKOT jy dit. Ons ‘stadsjapies’ wat “niks van boerdery weet nie”, het saamgestaan op Swart Maandag, teen boeremoorde, niks anders nie, boeremoorde .. ons het die byeenkomste bygewoon en met julle gesimpatiseer en die wereld weereens bewusgemaak van die moorde spesifiek op BOERE. Hier maak ons gereed om weer ‘n optog te hou — sowaar is ander organisasies bereid om SAAM met ons te loop, en hier onttrek die boere. Boere kan nie saamstaan nie, is al ‘n ou geykte uitdrukking, maar inderdaad het die BOEREGEMEENSKAP nou vir my as stadsjapie gewys hulle stel nie belang in ons ‘opmarse’ nie. Hulle stel nie belang om hulleself te beveilig en die wereld bewus te maak van die moorde nie, want boere is spesiaal, nie stadsjapies nie. Apartheid is in 40 jaar verslaan NIE na een optog nie. Leer julle dan niks nie? Ek was nog nooit so afgesit en geskok in my eie nasie en eie mense nie. Ek sal dan maar ook nie Saterdag my veiligheid in gedrang plaas vir JOU MNR BOER nie, ek gaan maar by die huis braai agter my elektriese heinings.!

Haan ·

As alle plaasaanvalle vir n maand lank afgeweer word sal dit staak. Maar tot dusver was dit nog baie maklik (met enkele uitsonderings) vir die boerehaters om te moor, want ons mense besef nie hoe groot die teikens op hul rûe is nie.

Ek verstaan daar is boere wat werklik als in die stryd om veiligheid werp, maar daar is steeds heeltemal te veel mense (veral oumense) wat dink ons leef nog in verwoerd se SA. GAAN HAAL DAAI PISTOOL UIT DIE KLUIS en dra hom aan jou sy. Dit is jou volste reg.

Bogenoemde skrywe is nie op oom Christo gerig nie, ek weet nie wat die situasie rondom sy moord was nie, maar ek smeek alle boere en Afrikaners in hierdie land om hulself nou reg te kry. En aan diegene wat halsstarrig weier om paraat te wees: Ek hoop van harte dat die skuim nooit n draai op julle plase/eiendom sal kom maak nie

Tertia sharp ·

Ons gaan jou mis Christo. Ek het altyd gese jy is een van die boere wat nie net jou plaas sou oorgee nie jy sou liewer sterf min wetende my woorde sou waar word. Ek glo dit is hoekom jy vermoor is.jy loop nou op die strate van goud en sien God se aangesig. Habakkuk is vir SA en God Sal die godelose vernietig en die regverdiges optel. Rus in vrede my vriend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.