Boer voor hek doodgeslaan, vrou aangerand

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Oos-Kaapse boer is Woensdagaand op sy plaas buite Maclear deur vyf aanvallers doodgeslaan en sy vrou erg aangerand.

Louis van den Berg (74) en sy vrou, Veron (71), is omstreeks 18:00 op hul plaas, Rustig, ongeveer 8 km buite Maclear oorval.

Kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê vyf mans het glo ʼn werker op die plaas genader en gesê hulle wil beeste koop. Die werker, wie se naam nie onmiddellik bekend is nie, het hulle na Louis verwys wat saam met die mans na ʼn hek op die plaas gestap het.

Volgens Roelofse het die werker kort daarna gehoor hoe iemand skree en hy het uitgehardloop om ondersoek in te stel. Die vyf mans het hom oorrompel en na die plaashuis gedwing, waar hulle Veron aangerand en die kluissleutels geëis het. Hulle het Veron en die plaaswerker vasgebind en met ʼn onbekende aantal vuurwapens gevlug.

Die werker kon daarin slaag om homself los te wikkel en het die Van den Bergs se familie gebel, wat op hul beurt die polisie ontbied het.

Louis se liggaam is by die hek gevind. Hy is erg aangerand en met ʼn skerp voorwerp gesteek. Veron is na ʼn hospitaal gehaas.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Roelofse het gesê enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Nkampini by 071 481 2686 of die naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wilmien

Liewe hemel, hoeveel onskuldige mense moet nog doodgaan voor iets aan die situasie gedoen gaan word….baie sterkte aan die familie

humor

Ek lei af iemand het kennis gedra van die kluis met wapens. Moontlikheid van werker se betrokkenheid nie uitgesluit. Maar ons moet maar liewer wag en sien.

Raymond Bastone

Die klomp lafaarts dit is wat hulle is ensal bly wanneer sal dit stop magtig NeeNee sal geen skenkins aan hulle meer doen nie

Thea Gerber

Ons is ook boere. Op ons plaas woon geen werkers. Hulle pendel. As enige ongenooide persoon 6 uur in die aand by ons opdaag sal hy jammer wees. Asseblief boere: Hou op om iets vanaf jou plaas te verkoop! Of dit ‘n bees of ‘n krat tamaties is, dit is net ‘n verskoning om jou te beroof en te vermoor. Of dadelik of hulle kyk die plek uit om jou vanaand te kom aanval. Ek voel uit my hart uit jammer vir die tannie en haar familie. Ons wil so graag die goeie in ander mense sien, maar ons siek… Lees meer »

Suzette Labuschagne

Ja dis regtig so onnodig om di oumense so te vermoor. Wat kan gedoen word?