Boer voor hek doodgeslaan, vrou aangerand

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Oos-Kaapse boer is Woensdagaand op sy plaas buite Maclear deur vyf aanvallers doodgeslaan en sy vrou erg aangerand.

Louis van den Berg (74) en sy vrou, Veron (71), is omstreeks 18:00 op hul plaas, Rustig, ongeveer 8 km buite Maclear oorval.

Kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê vyf mans het glo ʼn werker op die plaas genader en gesê hulle wil beeste koop. Die werker, wie se naam nie onmiddellik bekend is nie, het hulle na Louis verwys wat saam met die mans na ʼn hek op die plaas gestap het.

Volgens Roelofse het die werker kort daarna gehoor hoe iemand skree en hy het uitgehardloop om ondersoek in te stel. Die vyf mans het hom oorrompel en na die plaashuis gedwing, waar hulle Veron aangerand en die kluissleutels geëis het. Hulle het Veron en die plaaswerker vasgebind en met ʼn onbekende aantal vuurwapens gevlug.

Die werker kon daarin slaag om homself los te wikkel en het die Van den Bergs se familie gebel, wat op hul beurt die polisie ontbied het.

Louis se liggaam is by die hek gevind. Hy is erg aangerand en met ʼn skerp voorwerp gesteek. Veron is na ʼn hospitaal gehaas.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Roelofse het gesê enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Nkampini by 071 481 2686 of die naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Wilmien ·

Liewe hemel, hoeveel onskuldige mense moet nog doodgaan voor iets aan die situasie gedoen gaan word….baie sterkte aan die familie

Riaan Putter ·

Die hoogste gesag in ons land, die Grondwet, bepaal onder ander dat almal het die reg tot lewe. Tog is dit immers ironies hoeveel lewens tot ‘n grusame einde gekom het, hoofsaaklik a.g.v. geweld, moord, ens. Dit is absoluut tragies want statistieke sal aandui dat massamoord is die orde van die dag in ons land. Ek is oortuig dat meer mense het hul lewens verloor in Suid-Afrika as in Iran en Irak tydens hul oorlog .

humor ·

Ek lei af iemand het kennis gedra van die kluis met wapens. Moontlikheid van werker se betrokkenheid nie uitgesluit. Maar ons moet maar liewer wag en sien.

MissDemeanor ·

Humor, miskien is jy reg, miskien nie. Ek dink enige iemand kan met redelike sekerheid raai dat enige boer ‘n kluis het, en miskien oom wapens.

Raymond Bastone ·

Die klomp lafaarts dit is wat hulle is ensal bly wanneer sal dit stop magtig NeeNee sal geen skenkins aan hulle meer doen nie

Thea Gerber ·

Ons is ook boere. Op ons plaas woon geen werkers. Hulle pendel. As enige ongenooide persoon 6 uur in die aand by ons opdaag sal hy jammer wees. Asseblief boere: Hou op om iets vanaf jou plaas te verkoop! Of dit ‘n bees of ‘n krat tamaties is, dit is net ‘n verskoning om jou te beroof en te vermoor. Of dadelik of hulle kyk die plek uit om jou vanaand te kom aanval. Ek voel uit my hart uit jammer vir die tannie en haar familie. Ons wil so graag die goeie in ander mense sien, maar ons siek situasie dwing ons om wantrouig en vyandig te wees teenoor alle vreemdes.

Suzette Labuschagne ·

Ja dis regtig so onnodig om di oumense so te vermoor. Wat kan gedoen word?

Ken ·

Vir diegene wat heeltyd vra “wanneer sal dit stop”……… Wel, dit sal nie. Baie mense daar buite in SA wat sal moor sonder om twee keer daaroor te dink. Begin realisties leef in die land. Vertrou GEEN vreemdeling nie, wees so paraat as wat jy kan en probeer altyd die situasie rondom jou uitkyk soveel jy kan……. Deesdae word selfs die wat nie probeer terugveg aangerand, so ek sal myself soveel moontlik reg hou om terug te veg as ek moet.

Rikku ·

Dit is ‘n Skande dat daar niks gedoen word om Plaasmoorde te stop nie.
Hierdie was twee Oumense , wat se kans het hulle teen 5 Aanvallers ?

Sputnik ·

Tragies! Ek stem 100% saam met Ken. Elke keer as so-iets berig word, word gevra: “..wanneer gaan dit eindig?” Die vraag is ‘n windjie in die stormwind – wees eerder paraat. Ek weet dit is makliker gesê as gedaan, maar beveilig jouself en jou geliefdes. Sterkte (vir ons almal).

Sputnik ·

Rikku, wat stel jy voor moet gedoen word en hoe suksesvol kan dit wees? Al ooit daaraan gedink? Die land is groot, die boere baie en die nag donker – en ‘n groot getal het geen gewete.

Oplossing ·

Sputnik, Thea Gerber se kommentaar is die oplossing. Loop ook 25 uur per dag en agt dae per week met jou vuurwapen.
Moenie die ‘engel’-gesiggies vertrou.

M'Lady ·

Niks gaan aan die situasie gedoen word nie. Hierdie moorde gaan net verder eskaleer. Die regering het nie n saak nie want dit pas so reg in hulle kraal. As al die boere vermoor is gaan hulle net stede toe skuif en daar verder hulle tereur voortsit.

Sputnik ·

Rikku, wat stel jy voor moet gedoen word en hoe suksesvol kan dit gedoen word – al daaraan gedink? Die land is groot, die boere baie en afgeleë, die nag donker en die boosdoeners in oorvloed. Wat is jou oplossing?

Lilla B ·

Die probleem is nie meer net snags nie, hulle kom bedags wanneer mense buite moet werk en voort boer. Hul lê in die gras en bespied jou daaglikse leef-patroon en slaan toe wanneer jy dit die minste verwag soos al tevore in die media oor berig is waar ‘n spul in ‘n kombi op ‘n plaas ingejaag het en begin skiet het op mense hier teen ontbyt tyd.
Al verkoop jy niks nie, kom “vra” hulle heel onskuldig of jy nie ‘n bees of iets dergliks verkoop nie om toegang te verkry tot jou eiendom. Jy behoort heeltyd oor jou skouer te kyk en die ergste te verwag, nie omdat jy in vrees wil lewe nie, maar omdat nou in ‘n stryd tot oorlewing gewikkeld is en ook elke denkbare gebeure wat kan afspeel moet ondersoek en jouself geestelik daarvoor voor te berei sodat jy reg kan optree sou dit jou beurt word want dan het jy net sekondes om reg op te tree, niemand behoort meer te dink dit sal nie met my gebeur nie. Boere moet hul plaas hekke sluit en waarskuwings borde oprig met reg van toegang voorbehou in minstens 3 tale, minstens het jy ‘n klein bietjie meer beheer dan.

De'lia Apsey ·

Ek was al betrokke by verskeie debatte waarom gee boere op plase nie blyplek aan verarmde werklose witmense nie? ek weet nie almal sal in die boer se smaak val nie maar doen keurings ‘n paar ekstra manne kan beslis die ding doen!!!!!

Sputnik ·

Daarmee stem ek saam, Oplossing. Dit lyk egter asof baie mense soos Rikku verwag ‘n oplossing moet “van buite kom” – deur die owerhede, of so-iets. In Zim se bosoorlog was daar omtrent nie ‘n plaashuis wat nie baie goed omhein was nie. Dit was deur die destydse regering gesubsidieer. Dit het darem bietjie gehelp – is beter as niks.

Oplossing ·

Volkome reg Sputnik. In die destydse Rhodesië is daar ook sandsakke voor vensters gepak en boere het elke aand in ‘n ander vertrek geslaap. Hier waar ek op hierdie oomblik sit op die dorp is ek alleen maar gewapen met my diefweringhekke gesluit.
Moenie mak raak want jy kan en sal dalkies die volgende wees.
Kry vir jou dr. Kriek vd Merwe se boekie oor plaasveiligheid, dit kan dalk jou lewe red.

MJ ·

Ek dink al die wit mense wat nie werk het nie moet op di boere se plase gaan werk en so probeer om ons boere te beveilig….want geen swart werker kan sy wergewer probeer red nie…want hulle kry ook moeilikheid…as hulle nie deel van die komplot is nie….as daar meer as een wit man op n plaas is en party is soos wagte glo ek kan iets gedoen word….en hulle moet swaar gewapen wees…ons het ook n reg om ons eiendom te beskerm….want die Oom en Tannie was sout van die aarde..Twee sagte mense wat geen mens ooit skade aan gedoen het nie

Johanna ·

Tragies. baie tragies. dit gaan nooit ophou nie – nooit. jammer vir die familie. weerlose mense wat wreed wreed aangeval is. maak my woedend. dis duidelik dat Satan hierdie land beet het!!

A.G ·

As dit nie terrorisme is nie dan weet ek nie wat jy dit noem nie. Kom in getalle van vyf en meer en val onskuldige ou mense aan op plase en klein hoewe.
Hoekom is die kommado`s ontbind en die polisie doen nie meer patrollies nie. Solank sulke magte nie sigbaar is nie sal die lafaards voort gaan om te moor en plunder. Alle sterkte aan die boere en beveilig julself ten alle tye. Moet niemand vertrou nie.

Sonja ·

“Hulle” het gesê “hulle” sal nie rus voor al die witmense uitgemoor is nie, en “hulle” is sterk oppad daarheen. Ongeag die droogte,moet S.A. nou mielies invoer,maar die groot aantal boere wat nie meer boer nie, speel beslis ook n rol. “hulle” glo “hulle” is geregtig om grond. tot my tuinboukundige sê hy wil grond hê. Stem saam, sal nooit verander, Die Here se genade en jou eie paraatheid is al wat oorbly.

Hennie ·

Dis ongelukkig die waardes en mentaliteit van die meeste mense in ons land. Hulle verstaan nie hoe dit is om ordelik te lewe nie en solank hulle kan lewe soos hulle wil, en daar niks aan gedoen word nie sal dit so voortgaan sonder hindernis. Iemand in die Parlement met verstand sal drasties moet aksie neem want hierdie scenario gaan net vererger vorentoe.

Boet ·

Bejaardes oral is teikens, nie net op plase nie. Aftreedorpies langs die kus hou nou krisisvergaderings, daar is soveel aanvalle dat verskeie dorpies CCTV kameras wil laat installeer. Wat is die oplossing? Ek weet nie! Ons is uitgelewer!

KP ·

Hierdie is terrorisme op sy beste. Kyk wat het in die tagtigs in die noorde van SWA op plase gebeur, presies dieselfde. Bewapen en beskerm jouself is al uitweg.
Ek weet nie of die wet al verander het nie, maar boere was geregtig om n outomatiese vuurwapen lisensie vir n outomaties wapen te kry.

Manie ·

Die moorde sal nie stop totdat die boere en mense wat simpatie het met hulle oopstaan en sê genoeg is nou genoeg. Kyk maar hoe was die opkoms by die unie gebou toe hulle n griefskrif oorhandig het teen plaasmoorde . Suid Afrikaners het n geneigdheid om vreeslik baie te praat en baie min self te doen. Solank hulle self net nie geraak word deur die moorde . Boere het die vermoë (maar ek dink nie die wil) om die land tot stilstand te bring. Maar nou ja hier praat ons weer

wilma ·

Govt stel nie belang om ons te beskerm ni. Vani parlementslede maak hulself ook klaar vi n plaas of twee. Waar geen wil is is gn weg

m ·

Barbaars, dis al woorde wat ek het……………………………….

Frans ·

Het julle al gewonder hoekom die regering tans ontrek van die Internasionale Kriminele hof. Dit is om volksmoord te pleeg sonder vervolging. Malema ook gesê dit is om “genocide” te pleeg.

Peet J ·

Ek bewoon ook ‘n kleinhoewe my erf om my huis is met twee meter hoë palissade omhein +- R45000.00 met ‘n motor hek. Die kraal waar my kleinvee slaap is ook met twee meter hoë palissade omhein en met lemmetjie draad. +-R25000.00 Ek het infrarooi kammeras geinstalleer met sirenes.Ek sluit ook twee plaashekke gedurende die nag.Om my huis het ek ses ligte geinstalleer wat ek gedurende die nag aanskakel.Ek het ook twee honde wat veronderstel is om my te waarsku teen inbrekers.Al my huis se vensters is dag en nag toe en al die deure het diefwering. Ek gebruik waaiers gedurende die dag en nag. Ek slaap nie in ‘n bed nie maar in ‘n uitskop stoel ek kan onmiddelik paraat wees as gevaar dreig.Ek versorg my seun wat in ‘n motorongeluk was.

Lanie ·

Lewe as of jy enige oomblik aangeval kan word. Hou op dink dit gebeur net met ander mense ! Al is Jou werkers hoe goed, of vriendelik of betroubaar… Die makste honde byt die seerste. En daarmee se Ek nie die werkers het iets te doen gehad met die aanval nie MAAR hoe het hulle geweet van die kluis. Of jy in die stad, dorp of plaas bly .. Wees elke oomblik voorbereid

Peet J ·

Amper vergeet; Ek behoort aan ‘n sekuriteits firma wat my ook R300.00 per maand kos.Die idee was om op ‘n kleinhoewe te kom bly om selfonderhoudend te wees en ook vir my kinders en kleinkinders m.a.w.die wat belangstel daarin, met tyd ‘n nessie te kom skrop maar soos dit nou gaan in die NSA is dood jou voorland.

Roxelle ·

God se oe is nie toe vir hierdie dinge ni hy sien n hoor alles. Hy sal vergeld. my hart gn uit na d familie.

Maurice Cotton ·

FW het wapen neergele.
Nazi Duitsland ook.
Japan ook.
Niemand het ND en J weer seergemaak nie.

Mariette Hammann ·

Dis die omgewing waar ek grootgeword het en was so 3 weke terug weer daar. Dit was vir my verstommend om te sien hoe weerloos baie van die ouer mense daar is. Dit is asof hulle nie kan besef hoe belangrik paraatheid is nie. Hou op om almal te vertrou, werkers ingesluit! Baie sterkte aan die familie.

Johannes Meintjes ·

Meegevoel met die afsterwes van boere en plaasaanvalle wat meedoenloos voortgaan ten spyte van berade, sogenaamde planne tot die redding van Plaaswagte, Buurtwagte en GPF inisiatiewe, en die tyd, koste en brandstof wat gemors word deur vrugtelose reaktiewe optrede. Die slotsom is dat alles rondom die bekamping van plaasmoorde tot datum in SA niks anders as onverskillige warm lug is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.