Boer voor plaashek geskiet

Boere in die omgewing het glo gehelp om die verdagte vas te trek. Foto: Verskaf

Boere in die omgewing het glo gehelp om die verdagte vas te trek. Foto: Verskaf

ʼn Boer van die Biesiesvlei-omgewing tussen Lichtenburg en Sannieshof in Noordwes is Sondagmiddag voor sy plaashek geskiet.

Frans van der Linde jr. het glo van die dorp af gekom en met sy bakkie voor die plaashek stilgehou toe die skieter hom genader het. Dit is nie duidelik wat presies gebeur het nie, maar Van der Linde is in ’n arm en been gewond.

Tarien Cooks, Van der Linde se niggie, het aan Maroela Media gesê Van der Linde het probeer terugjaag na die Biesiesvlei-polisiekantoor, maar op pad sy bewussyn verloor en deur ʼn muur gejaag. Hy het probeer uitklim en verder stap, maar langs die bakkie inmekaargesak. Volgens Cooks het ʼn groep voetgangers gesien wat gebeur en die polisie ontbied.

Frans van der Linde se voertuig nadat hy sy bewussyn verloor en deur 'n muur gejaag het. Foto: Verskaf

Frans van der Linde se voertuig nadat hy sy bewussyn verloor en deur ‘n muur gejaag het. Foto: Verskaf

“Ek is nie presies seker wat gebeur het nie, omdat die polisie nog nie met ons die voorval bevestig het nie, maar soos ek dit verstaan, het ʼn klomp boere uit die gemeenskap gereageer en gehelp om die skieter agterna te sit,” het sy gesê. Die verdagte is glo vroegaand deur boere op die Uitkykpad in die omgewing vasgetrek.

Volgens Cooks is Van der Linde intussen na ʼn hospitaal in Mafikeng oorgeplaas en Maandagoggend geopereer. Sy toestand is stabiel en hy is buite gevaar.

Cooks kon nie bewerings dat die skietery die uiteinde van ʼn loongeskil was, bevestig nie en het gesê sover haar wete strek, was die skieter nie een van Van der Linde se plaaswerkers nie. Sy het gesê Van der Linde se twee kinders was nie tuis ten tyde van die voorval nie.

Hein Steyn, voorsitter van die plaaslike boerevereniging, het aan Maroela Media gesê dat die inwoners die afgelope paar maande gereeld onder misdaad in die gebied gebuk gaan en dat die boere daarom baie paraat is wat veiligheid betref.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dat hy bewus is van ʼn skietvoorval in die omgewing, maar nie meer inligting daaroor het nie. Hy kon nie bevestig dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is nie. Maroela Media wag op kommentaar en inligting van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

DPJ ·

Teen terorisme is daar nie veel wat mens kan doen nie behalwe om voordurend peraat te wees nie.
Dit verseker ook nie mense se lewe nie.

Willie ·

Wees paraat en kry alle hulp middels in plek, om jouself te verdedig teen die elemente. Mens word gedwing om almal as potesieel diewe, moordenaar, verkargters, ents te sien. Dis n siek stand van sake, om platant mense wat positief tot die land te kontribeer so te vermoor. Al freedom wat daar is, is free for all.

Gemsbok ·

Ons is ‘n ongewilde minderheid wat daagliks daarvan beskuldig word dat ons die oorsaak van swart-Suid-Afrika se probleme is en dat ons witheid ons inherent slegte mense maak waarsonder die land ‘n beter plek sal wees. Daarmee saam maak ons onsself uiters kwesbaar deur goedkoop swart arbeid te gebruik, yl verspreid oor die hele land te woon, maar ook altyd naby aan arm swart woonbuurte te wees. Die goedkoop arbeiders leer ons huise en ons routines ken. Hulle weet wat gebuit kan word en hoe ons uitoorlê kan word tydens ‘n aanval. Ons woon te ver uitmekaar om mekaar by te staan of vir mekaar te werk, tog kan ons maklik bereik word deur rampokkers. Die uitbou van Orania is die enigste oplossing wat al bogenoemde probleme aanspreek. Verkoop jou huis of plaas terwyl jy kan en begin ‘n nuwe lewe in Orania terwyl jy en jou geliefdes nog jul lewens en gesondheid en geesteskrag besit. Maak gebruik van die internet om produkte aan die hele wêreld te lewer en word vry in Afrikaans.

Dirk Breytenbach ·

Orania is ‘n uitstekende Plan C as “Plan B” nie uitwerk nie en dit sal ook ‘n goeie belegging in gemoedsrus wees. Na onlangse uitsprake deur die president en sy handlangers na die hofuitspraak oor Nkandla sien ons uiteindelik hoe swart leiers dink oor wit landsburgers. As dit van hierdie leiers afhang het ons geen regte nie en sal ons stelselmatig uitgerangeer word en sit ons dan met niks as ons nie vroegtydig aan alternatiewe begin werk nie. Wit Afrikaners of dan Boere behoort nou te sien die skrif is aan die muur en dat ons nie vir politieke leiers kan wag om iets aan ons situasie te doen nie, ons moet self alternatiewe in werking stel.

Johannes ·

Plan B is om nog petisies te teken en na die VN te hardloop (asof hulle omgee)…

Rupert Ashford ·

Goed gese. Dinge het ongelukkig te ver agteruit in Suid-Afrika gegaan en het nou onherroeplik verander. Mense sal moet aksie neem en iets doen vir hulle kinders. Nie baie sal hulle egter hieraan steur nie.

Winston ·

Wag op kommentaar van polisie….wag en wag en wag. Terwyl payday ook ingewag word. Wees paraat en polisieër self. Dis al wat gaan werk. Sterkte vir een en elke boer.

Ansie Kotzee ·

Sterkte aan Mr van der Linde en sy famielie, bid dat ons Vader hul styf in Sy hand sal vashou in hierdie tyd.

Jan ·

Nee wat – kry jou wapens reg, oefen daarmee, en dra dit heeltyd by jou. Net so die trauma tas – tourniquets, verbande, gaas, chest seals. Niemand kies om ‘n slagoffer te word nie, maar jy besluit wel of jy ‘n harde of sagte teiken gaan wees.

Liza ·

Stem 100% saam. In die vroee 1990’s het ons boere vereniging elke Vrydagmiddag bymekeaar gekom by die skietbaan. Elke man, vrou en kind moes leer hoe om ‘n wapen te hanteer, wat om in sekere situasies te doen…. Vandag is almal te besig…… ons moet weer bymekaar kom en ons self help want niemand anders gaan dit doen nie…

Raynette ·

My problem is net dat elke aanval nou aan ‘n loonverskil gekoppel word…Dis mos nonsens! Die arme boere en hul gesinne kry ek so jammer..sterkte, ek bid vir julle!

Gideon Seal ·

Ons leef in’n land met ‘n hoe kriminele factor, die ANC regering wat die stemme het, het ongelukkig nie die vermoe om die goeie mense van hierdie land te beskerm nie. Mense leef onder permanente lewens gevaar, nie net boere nie, maar elkeen wat iets het, selfs die pensioenarisse moet ligloop as hulle hul geldjie gaan haal het. Ek moet my werkers aan die einde van die maand dorp toe vat en veilig terug bring, anders sal hulle nie die huis haal nie indien wel, sonder hulle silaris. Hulle moet die x polisie oproep en die x weermag om te help en hierdie factor mak maak, ons moet op hulle case wees, kriminele moet sidder as hulle dink aan crime, ons moet as land opstaan teen die mense, nie as velkleur nie. Hier kan oornag ‘n miljoen manskappe bymekaar gesit word as komando of reservists. Ons word beheer, want daar is niemand in beheer nie. Die steeds rasse haat maak ANC bang om boere te gebruik, kriminele vat oor en dan blameer wit weer swart en so is dit ‘n bose kringloop wat nooit einde sal kry nie. Ons moet leer saam staan, hier is miljoene goeie swart mense wie in dieselfde en erger booitjie ry, dit is ook mense wie hulp nodig het en kan bydra tot die beheer van hierdie faktor.

Theresa ·

Deesdae is elke moord/marteling/poging tot moord op ‘n boer kamstig a g v ‘n loonverskil. Ek het nog nooit van so ‘n snertspul gehoor nie. Dis tyd dat die leiers van elke party hulself baie duidelik uitspreek oor moord. Dis wat dit is. Nie hieroor of daaroor of hoekom of straataf nie. Dis moord. Mens skiet nie jou baas of die eienaar van die besigheid bloot omdat jy voel jy word ingedoen nie. Ek kan boekdele skryf oor skade wat die arme bloedjies wat op plase werk aanrig. Nee wat, as iemand wil moor, moet hul tog nie altyd ‘n ou grashalmpie gryp nie. Sies.

Hendrik ·

Die verdagte is om 18:30 op die KEEROM-pad gevang, nie op die Uitkykpad nie

Johannes Meintjes ·

Iewers dringend moet die publiek, SAPD, GPF en ander sekuriteits bewusde instansies baie beter begin saamwerk. Ons kan nie net aanhou om bloot reaktief te reageer nie nadat die skade met toenemende effek, reeds plaasgevind het nie. Die boodskap moet van grondvlak-af boontoe en na buite begin deur-suurdeeg dat die burgers paraat is, professioneel met inligting tewerk gaan en dat misdaad (tesame met swak regring en korrupsie of alle vlakke) eenvoudig glad nie meer deur die burgery geduld word nie

tamboti ·

Ja Frans dis snaaks dat die verdagte toe nie ook so trigger happy was met arrestasie nie – of is daar ‘n moontlikheid dat parate boere ‘ n verdagte na skietgeveg nog lewend vang???

Boerin ·

Die eerste foto laat my hart warm klop…….al die Boerseuns en -manne wat saamgetrek het!!! Ek kry sommer hoop en moed! Dankie aan elkeen van julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.