Boer voor vrou en seuns doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 50-jarige boer van Camperdown in KwaZulu-Natal is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens in aanval op sy plaas voor sy vrou en seuns doodgeskiet.

Shaheen Suleiman, direkteur van die private veiligheidsmaatskappy Magma Security wat deur familie versoek is om die voorval te ondersoek, het aan Maroela Media gesê die aanval het op ʼn plaas naby Umlaasweg plaasgevind.

“Sewe gewapende mans het net na middernag toegang tot die huis bekom en die boer, sy vrou en twee seuns aangehou terwyl hulle die huis geplunder het,” het Suleiman gesê.

Die boer is tydens die aanval in sy bors geskiet. Die gewonde boer kon daarin slaag om sy vuurwapen in die hande te kry en het ook skote gevuur voordat hy op die toneel dood is.

Volgens Suleiman het die verdagtes onder meer met ʼn onbekende hoeveelheid kontant en twee selfone gevlug.

Suleiman het gesê die vrou en kinders is nie tydens die aanval beseer nie, maar is erg getraumatiseerd.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn groep van sewe mans weens die moord gesoek word.

“Die Camperdown-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord,” het Naicker gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die naam van die boer is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

maggie ·

m, jy hoop wie het ‘n lisensie vir die vuurwapen? Jy praat van ‘n sy? die vrou het nie geskiet nie.

jolene ·

Dis n plaas aanval wat van die swartes en hul gewere het hul LISENSIE as jy in so situasie is wat sal doen uit loop sonder n wapen nee ek dink nie so. Se eerder dankie hul lewe en is ni nog n statistiek in ons land nie!!!!!

Grassie ·

Die ANC-leiers kan nie meer aandadigheid aan die plaasaanvalle ontken nie.
‘n Tydjie gelede het die Zoeloekoning gesê dat buitelanders moet teruggaan na waar hulle vandaan kom. Van die volgende dag af was daar hewige aanvalle en plundering op buitelanders en daar was ook moord gepleeg. Zuma en sy kornuite volg dieselfde taktiek. Hulle sê nie vir hul volgelinge om plase aan te val nie, hulle sê dat die witmense sedert Jan van Riebeeck se aankoms vir al die probleme in die land verantwoordelik is en dat hulle plase grond is wat hulle van die swartmense gesteel het. Selfs ‘n man wat net std 3 op skool geslaag het kan nie ontken dat hy bewus was van wat die reaksie op sy uitlatings sou wees nie. Dit verduidelik ook hul traagheid om plaasmoorde as prioriteitsmisdade te verklaar en drastiese beveiligingsmaatreëls te tref.
Hulle kan nie meer hul hande in onskuld was nie.

volksmoord ·

Net nog a stattestiek volgens ons regering. My mense word uitgemoor,en niks word daaraan gedoen nie

Winston ·

Met groot hartseer dat ek weereens van n moord op n boer moet lees. Ek is siek, my medeboere is siek, alle wit mense is siek om gedurig te lees van nog n moord wat verskans is as n huisroof of selfoon diefstal. Loutere onsin. Dit is etniese suiwering en deur absoluut niks te sê nie, goedgekeur deur die regering. Zuma kan nie beskuldig word nie hy het glad nie die intellek om te verstaan nie. Al wat hy verstaan is blameer Jan v Riebeeck en apartheid vir alles. Indien daar iewers n breinsel is wat dalk nog werk, ignoreer hy dit eenvouding. Hoe lank nog moet ons maar agteroor lê vir n reënboog ideaal wat nooit gaan werk nie?
Ek vra my mede boer asb raak betrokke by organisasies soos Afriforum. Ons moet n platform hê. Wat jy het gaan jy in elk geval verloor. Dis n kwessie van tyd.

CHRISTA ·

Waar is die reënboog? Daar is net donderweer en weerligstrale!!!

Berhalet Beukes ·

Malema het dit mos aangehits … Maar wag… Daar kom ‘n dag wat hulle almal gaan hardloop dat die stof staan!

SNEL ·

Lees ons net van meer moorde, of neem dit nou die laaste ruk ernstig toe. Wonder hoeveel berigte daar sal wees as elke liewe misdaad die blaaie haal.

Hartseer om te hoor julle het n pa en man so voor julle oë verloor. Baie sterkte aan die gesin.

Treurgrond ·

Ek is so so so moeg en hartseer – dit maak my hart net so so so seer, want ons mense word uitvermoor – dis asof mense elke dag verwag wie van ons mense word basies “getarget” – dis net hartseer. Baie sterkte aan die gesin. God sal by julle wees. God sien ons nasie se hartseer en pyn.

Paul ·

Ek vermoed dis dieselfde geval waaroor IOL reeds gerapporteer het, met die man se naam, want daar sal tog nie sommer twee sulke soortgelyke gevalle in Camperdown op dieselfde dag wees met 50-jarige mans wat doodgeskiet word nie.

Die man was nie ‘n boer nie. Hy het ‘n vervoerbesigheid bedryf.
Dit het nie op ‘n plaas gebeur nie, maar ‘n kleinhoewe.

En vir diegene wat aanneem dit was ‘n wit man, hy was van Indiër-afkoms…

Johannes Meintjes ·

Is AfriForum se groot en omvattende veiligheidsplan dan nog nie effektief landswys ge-implimenteer nie? Was dit maar weer die gewone fopseen aankondiging na groot en belangrike (Afrikaner) vergaderings sedert 1994?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.