Boer voor vrou, ma afgemaai

BC en Marlette Greyling. Foto: Verskaf

Daar was eers ʼn harde slag en toe storm drie mans in donker klere skielik die Greyling-egpaar se plaashuis binne en skiet die man trompop voor sy vrou en bejaarde ma dood, sonder om ʼn woord te sê.

Alhoewel die vrou, Marlette Greyling (57), haar eggenoot, BC (59), in dié aanval Dinsdagaand op hul plaas buite Sannieshof in Noordwes verloor het en self ook geskiet is, was haar woorde aan haar beste vriendin dat die voorval nie die gemeenskap moet ontstoke maak en tot haat en wraak moet lei nie.

Marlette se vriendin, Carin Visser, is self ʼn prominente figuur in die hegte gemeenskap waar sy die DA-raadslid is, asook die party se voorsitter in provinsie. Sy was een van die eerste mense wat van die aanval op haar vriende, vir wie sy al 35 jaar lank ken, te hore gekom het.

Volgens Visser het Marlette, BC en BC se ma, Magdaleen Greyling (87), omstreeks 19:30 aan tafel gesit en aandete eet terwyl hulle nuus gekyk het.

“Die weer was skaars klaar en hulle het daaroor gepraat toe hulle skielik ʼn groot slag vanuit een van die kamers hoor. Daar is later vasgestel die aanvallers het met ʼn bakkie daar opgedaag en die groot vensters in die kamer gebreek om toegang tot die huis te kry,” het Visser Woensdag aan Maroela Media gesê.

“BC het gaan ondersoek instel en was skaars in die portaal toe ʼn gewapende man hom nader en van ʼn kort afstand in die bors skiet, sonder om ʼn woord te sê. BC het dadelik op die grond neergeval. Marlette kan onthou sy het drie mans gesien. Hulle het donker klere, tekkies en klapmusse aangehad. Dit is nie duidelik of daar nog mense buite die huis gewaak het nie. Sy onthou ook een van die mans het ʼn groot sny aan sy arm opgedoen waar die venster hom vermoedelik gesny het.”

Die aanvallers het Marlette beetgekry, aangerand en aangedring op geld en die kluis se sleutels. Sy het verduidelik dat daar nie geld in die huis was nie en is in die proses ook in haar regterblad geskiet. Die koeël is by haar linkerbobuik uit en het een van haar longe skrams gemis.

“Sy moes verby BC se liggaam loop om die kluis te gaan uitwys. Intussen het tannie Magdaleen uit die vertrek gevlug en in die sitkamer onder ʼn tafel gaan wegkruip. Die verdagtes het omtrent ná ʼn halfuur in hul en Marlette se bakkie met vuurwapens en drie selfone gevlug. Gelukkig het Marlette ʼn ekstra selfoon in huis gehad wat op ‘n ander plek was waarmee sy hulp ontbied het toe hulle weg is.”

Die veiligheidstrukture is in werking gesit en ʼn veiligheidsmaatskappy was binne tien minute op die toneel. BC is op die toneel dood verklaar en Marlette is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem. Magdaleen is erg getraumatiseerd, maar ongedeerd.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê plaaswagte, buurtwagte en boere van Ventersdorp, Klerksdorp, Coligny en Lichtenburg het na die gebied gehaas en paaie afgesper in ʼn poging om die aanvallers vas te trek. Een van die bakkies is omstreeks middernag in ʼn nedersetting buite Ottosdal opgespoor, maar teen Woensdagoggend was die verdagtes steeds soek.

Volgens Visser moes die verdagtes goed vertroud gewees het met die omgewing, want hulle het van binnepaadjies gebruik gemaak om die boere te ontduik.

Visser het gesê sy het met Marlette op haar selfoon gepraat terwyl sy in die ambulans op pad was hospitaal toe. “Sy het my alles vertel wat gebeur het en hoewel sy ook erg getraumatiseerd was, was haar grootste pleidooi en versoek dat die gemeenskap nie in woede moet optree of wraak moet neem nie. BC sou dit ook nie wou gehad het nie.”

Visser verduidelik dié woorde dui op die aard van die egpaar se karakter. “Hulle is albei baie geliefd in die omgewing waar hulle al nagenoeg 36 jaar woon. BC was ʼn aktiewe boer en boer met skape, beeste en saailinge. Marlette is ’n boekhouer en doen meeste van die boere se boeke. BC was ʼn baie rustige en kalm mens en het nog nooit harde woorde of iets slegs teenoor enigeen gesê nie. Hy was ʼn man van statuur en ʼn baie goeie man, pa en oupa.”

Marlette se toestand is stabiel en sy sterk in die waakeenheid van die hospitaal aan. “In dié stadium is die trauma en verlies vir haar die ergste, maar sy word deur vriende en familie bygestaan.”

Die egpaar het drie seuns, Gerhard, hul oudste, Marius en Christo, hul jongste. Gerhard en Marius woon in Kanada en land na verwagting Donderdagaand in Suid-Afrika om hul ma by te staan. Christo woon op ʼn plaas naby sy ouers. Hulle het ook drie kleinkinders.

“Marius-hulle het onlangs ʼn dogtertjie gekry en Marlette en BC sou nog eersdaags Kanada toe vlieg om hul kleinding te gaan sien. Nou gaan die gesin mekaar onder sulke tragiese omstandighede sien,” het Visser bygevoeg.

Visser vertel die omgewing se boere is ook erg getraumatiseerd. “Ons herstel nou eers van die afgelope tyd se droogte en die gemeenskap is tot op die been oopgesny. Daar is eenvoudig net nie geld om duisende rande aan sekuriteitsopgraderings te bestee nie. Dit laat die groot vraag – wat was die rede agter die aanval? Die aanvallers het geweet wat hulle doen en moes ook weet daar is nie geld nie. Die boere hou nie geld in die huis aan nie, want daar is nie geld nie. Al wat hulle kon weet daar was, is wapens en bakkies.”

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is op soek na drie verdagtes in verband met dié voorval. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

schalk ·

Martin, . Gee jou kommentaar. Boere, bewapen julself. Jou wapen moet jy rond drae soos jou selfoon. Moenie wag dat hy eerste skiet! Jy kry dalknie n kans nie!!!

ExNam ·

Schalk, die boere is bewapen, hulle is besig om hulself te ontwapen en iemand anders te bewapen. Rowers arriveer met skroewedraaiers, koevoete en grawe en stap weg gewapen tot die tande met kluise vol vuurwapens. Is ek die enigste wapen draer wat begin bekommerd raak oor die tempo van bewapening van die kriminele element? Om Hemelsnaam, as jou vuurwapens ornamente in jou kluis is, handig die goed in of verkoop dit. Jy doen nie jou mede landsburgers ‘n guns in ‘n land waar ons reeds teen gesteelde regerings R4’s en ingesmokkelde AK’s onsself met handwapens moet verdedig nie.
En ja, dit is prakties moontlik om ‘n wapen 24/24 aan jou lyf te dra en ja as jy elke 2de naweek ‘n halfuur op ‘n taktiese skietbaan op jou plaas spandeer gaan jy jou kanse op oorlewing drasties verbeter teen grawe, koevoete en skroewedraaiers.
Die Noord Suidwes boere, boervroue en kinders het dit gedoen en oorleef teen AK’s, RPG’s en landmyne in die hande van opgeleide guerilla soldate. En dit het niks te doen met Rambo speel nie, dit gaan om oorlewing en word ‘n leefwyse.

Michael ·

Exnam ek stem saam met jou met hulle onnoselheid bewapen hulle die aanvallers wat dit moeilik maak vir die boere wat wel paraat is om hulself en hul eiendom te beskerm.

Susan ·

Maar net nog ñ moord op Boer wat die land voorsien met voedsel onder die mat gevee..Ons innige simpatie aan die familie en gesin! Ons huil saam!…

Ai ·

Verkoop die plaas en gaan Kanada toe. Ons in die Stede is magteloos en kan julle Boere nie help nie behalwe om julle in ons gebede te hou. Die van julle wat dit kan bekostig moet eerder gaan want ek kan sien dit is presies die boodskap wat hier deur die regering gegee word- Boere is nie meer welkom nie. Ons Boere word vermoor en hulle vee word wreed afgeslag. Die regering is tjoepstil. Die res van die wereld voel n veer vir die Afrikaner want die propaganda het sy werk goed gedoen.

Dit breuk mens.

janee ·

En wie gaan vir al ons mense kos maak as al die boere net weg trek

Ai ·

Dink jy ek besef dit nie? Ons moet maar kos invoer en n fortuin betaal want ons kan mos nie saamstaan en se genoeg is genoeg nie.

marous ·

Niemand wil meer op ‘n plaas bly nie. Verkoop gaan jy nie kry nie want die besetting en afname sonder vergoeding kom verseker . Verhonger en verdors kom ook verseker. Die moorde en aanvalle gaan net toeneem. Vernietig alle struktuur en verbeterings as jy moet wyk. Moet nie eers ‘n hek , stuk draad of oop boorgat los nie. Diegene wat die grondgryp aanblaas ( ja liewe DA ondersteuners , jul party leier ook ) moet maar klippe en stof eet….

Ai ·

Ek stem marous, jys reg niemand wil n plaas koop.. behalwe the Westerse en Oosterse lande wat in spanning wag om hulle kloue nog dieper in te slaan nie.

Vic ·

Adverteer oorsee. Dis goedkoop vir hulle, en hulle het nie n konsep van wat hier gebeur nie.

Thinus ·

Stem saam die wat kan gaan. Die wat reken daar moet geveg word vir die land moet leer om te tel want daai opsie het lankal gegroet. Die keuses is nou wees hardkoppig en bly maar gaan dalk onatuurlik dood of vat jou familie en begin oor.

anton ·

Ai….. ek stem saam met jou!! en Marous, jou voorstel klink na n oplossing want die Afrikaner sal nie en kannie saamstaan nie!!! Lees maar net ook sommiges se kommentaar hier op maroela, dan kan mens verstaan waarom ons tengronde sal gaan!!!

Michael ·

Ek weet nie hoekom almal so aangaan oor die kos nie die eerste klas vrugte en produkte word uitgevoer die afval produkte wat nie geskik is vir uitvoer word vir die SA mark gegee

Ettiene ·

Die res van die wêreld kan niks vir ons doen nie mense. Ons het die ‘situatie’ te lank laat loop…. ons het dit gezien kom, maar wat om te doen? ExNam is reg…bewapen jouzelf ordentlik, dra vuurwapen aan jou lef 24/24 en vorm ‘hit teams’ in jou omgewing. WhatsApp groep….of so iets.
Dit werk. Kyk na E-block watch vir ‘n goeie voorbeeld van wat kan gedoen word.
Mense in die stede, word wakker, hulde is in ons midde!!!

Elsa ·

Waar is die lriers van die land wat moet optree teen die boewe? ontwaak en maak julle oe oop…dis n skreinde skande…grnoeg is niu genoeg :”demit”

Vossie ·

Moet al ons blankes nou uitgemoor word voor hier swart regering iets gaan doen daaraan. Hoe kan mens die haat onderdruk as die blankes net eenvoudig vermoor word. Daat word absoluut niks daaraan gedoen nie
Die Here vergewe my maar ek haat die goed!

Vic ·

Wat presies laat jou dink die regering gaan iets daaraan doen?

jaco ·

daar word gesê die wit boere het die swartes se grond “gesteel”. so nou wonder ek maar net: hoeveel van die plase wat so “gesteel” is en waarvan die eienaars vermoor is, is nou al aan die aanvallers/moordenaars teruggee? Die aanvallers teiken die verkeerde mense. Solank die wet nog nie summiere onteiening en wegjaag van boere vanaf plase direk uitspel nie, gaan die plaasaanvallers niks kry na die moorde nie. teiken eerder diegene wat die wet moet verander.

M'Lady ·

Karen Visser van die DA weet nie wat die motief agter die aanval is nie? Kan ek jou inlig : dit is blanke volksmoord. DA sit julle en slaap?

Karin ·

Skokkende nuus, ons gedagtes en gebede is met Marlette, tannie Magdaleen, die seuns en hul gesinne sowel as Santie. Glo ons Heer se liefde en genade dra jul deur hierdie tyd van trauma en rou. ?

Jordaan ·

Gaan die premier nou ook toesprake hou en vir ons vertel watter ras verantwoordelik is soos by Coligny?

Tevrede ·

Ja. Ons sal tevrede toekyk hoe al die boere afgemaai word.

Maryke ·

Kan Phillip Bruwer nie al die plaasaanvalle hanteer nie? Hy skryf met deernis en dit voel of n mens dit voor jou oe sien afspeel en beleef. Dis sal soveel meer mense se oe oopmaak. Ander mediainstellings skryf net afgewaterde goed, AS hulle wel iets skryf. Doe so voort Phillip en Maroela

Johann ·

Ek voel of ek kan vloek soos nog nooit in my lewe nie, wil die satan uit sy skuilplek uit vloek

Johann ·

Johan jy hoef niw die Satan los te vloek nie. Hy en sy boosheids agente qemel hulself vol rondom ons. Die ding is…ons bedink rondom menslike gedrag, maar ons herken nie die bose geeste wat rindom ons losgelaat word deurdat hulle vestings deurspek in ZUMDIMONIA!

Leon ·

Grafopskrif op laaste Afrikaner is SA se grafsteen: Hier lê die oorskot van die laaste vermoorde Afrikaner. Hulle wou nie hê die gemeenskap moet in woede en wraak optree teen die moordenaars nie. ‘n Edele volk was hul inderdaad!

Ben Prinsloo ·

Dankie Ben, ek sien hulle is maar almal in dieselfde klas. Verder merk ek op dat die kommentare in hierdie berig lyk heel anders as die kommentare in die berig oor die 6 mans wat nou in die hof staan. Ek sukkel om egter te sien dat die wat so vinnig is om die 6 mans te oordeel hier ook al n oordeel gegee het. Darem toevallig né. Ek kry partykeer skaam om te erken dat sommige van die gepeupel ook my mede afrikaners is. Al word ek ook wat betaal, as jy wil n serp hê, WERK VIR HOM!!!!!

Sê ek ook ·

Sê ek ook. Dankie dat jy diy uitlig. Sommige is regte manteldraaiers

Jan ·

Dit is regtig hartseer. Die boere verdien dit nie, maar saam met dit gesê. Ons boere behoort mos teen die tyd te weet hulle lewe is in gevaar. Jy moet jou wapen by jou hë elke oomblik van die dag. Dis ongelukkig die lewe waarin ons leef. En skiet die ding wat kom on jou lewe te neem. En moenie die polisie daarna bel nie. Nee, grawe vooraf reeds ‘n paar gate op sekere plekke en gooi die ding daarin en maak toe. So verseker jy die ding gaan nie more ‘n ander boer dood maak nie. Niemand gaan die ding mis of soek nie.

Michelle ·

Volksmoord dit is wat dit is. Prof.Gregory Stanton het 15 jaar gelede gese dis Volksmoord, gaan kyk vanaf 1994 tot en met nou hoeveel boere vermoor is, niemand gee om nie en niemand staan saam nie. Mag hy in vrede rus en mag God help dat die familie die onnodige verlies van ‘n geliefde verwerk.

Michelle ·

The ten stages of genocide are: classification, symbolization, discrimination, dehumanization, organization, polarization, preparation, persecution, extermination, and denial. Genocide is a process that develops in ten stages that are predictable, but not inexorable.

Johan. H. ·

Boere skiet vra dan vra. Kyk daaie Parys manne.. Skielik lyk hulle dade nie meer so rof nie, Koedoes vir julle staan sterk Parys,,,Julle ysters

Anita ·

Innige simpatie met die familie! Die hele land is al teen hierdie tyd getraumatiseer en elkeen met ‘n hart stort trane oor al die wrede moorde.

Rudi ·

DIs vir my baie snaaks ,die een se ons kan nie saam staan nie ,die ander se ons moet saam staan en die ander een se trek ,kom julle agter dat nie een dieselfde woorde spreek nie ..dis van net kla dat ONS sit waar ons sit ,dis van te min doen ..begin self iets doen .

Ai ·

Ek het gese die Boere moet maar trek want ons kan nie saamstaan nie, is ek verkeerd? Jy se dan self ons kan nie eens saamstem in die kommentaar nie, nou hoe?!?!

Delien ·

“se vir die gemeenskap hulle moet nie haat of in woede optree nie??”so,dis maar OK??
Ag,bly maar le dat hulle ons vertrap en uitwis! Dit maak my siek. Dis apaties!
Ek is n Christen en diep gelowig.
Loop nie met haat nie. Maar onreg toelaat? Is dit reg?ALMAL van ons gaan so uitgewis word as ons so n houding inneem. As die Voortrekkers dit gedoen het, was ons nie een hier nie. Nee,hulle het die sanna onder die een arm gevat en die Bybel onder die ander arm.
Mense op plase- hoor iets en gaan “stel ondersoek”in- SONDER N WAPEN. Selsf in die gang NA hulle n slag in die huis gehoor het! ALMAL weet teen die tyd plase word aangeval. WAT makeer mense op plase ?
Was ek nog nie in so n situasie nie? Nee EK WAS en ek het geskiet sonder om vrae te vra en daarom leef ek en my kinders vandag. DRA JOU WAPEN IN N HOLSTER. As jy gaan ondersoek instel,doen dit met jou wapen in jou hand oorgehaal! Dra peppersproei aan jou lyf reg om te spuit. Ek is jammer ek het nie meer simpatie nie. Hierdie vuilgoed moor boere en hulle families uit want hul KAN.
Nee jammer.

Vc ·

Ja, maar die Voortrekkers was slim ook. Hulle het gesien daar’s geen salf aan te smeer nie. Toe trek hulle. Help nie om die werklikheid te ontken en te sit en wag soos uile op n kluit nie. Oorlewing – was nog altyd ons enigste redding.

Leona Pretorius ·

My innige meegevoel met die familie en vriende!

Dit is beter dat ons mekaar nie oordeel nie: ‘n Mens kan nie 100% van die tyd loop met ‘n oorgelaaide wapen in jou hand en/of pepper spray ens nie. As jy slaap en iemand breek stilletjies in en skiet jou dood … dit het met my Pa en Ma gebeur. ‘n Mens moet empatie hê ten alle tye! Dis ‘n ongelooflike verlies … ontsaglike pyn! My skoonseun is met sy geweer en al oorval – helder oordag, aangerand terwyl hy by sy besigheid werksaam was.

Ek wonder net – een swart kind is dood, en ‘n hele swart gemeenskap ruk hand uit en verwoes alles in die omgewing. Die blanke volk word stelselmatig uitgeroei, en geen haan kraai nie!

Ek weet jy is kwaad – ons almal is kwaad oor die ongeregtigheid! Maar dis nie nodig om so uit te vaar teen die boere nie! Wees eerder kwaad vir die moordenaars!

% ·

Beste Delien

Jou woorde is die hardste en hartseerste woorde wat iemand in ‘n tyd soos hierdie teenoor ‘n familie wat rou, kan uitspreek. Jou ongevoeligheid en selfvoldaanheid is soos ‘n dolk in die hart van ‘n gewonde wat reeds lê en bloei, besig om te sterf. Mooi dat jy jou gesin beskerm het en paraat was, trots op jou (en dankbaar saam met jou) – maar is dit nodig om die boer die skuldige te maak vir sy moord; in hoofletters jou minagting uit te spel vir mense wat vir ‘n oomblik in hul eie huis ontspan, aandete geniet, die weer van more bespreek na ‘n dag se harde werk? Ja, mens moet paraat wees, maar as jy elke oomblik van elke dag op hete kole sit en wag vir ‘n aanvaller, kan jy in elk geval maar ophou leef, want jy lééf nie meer nie, jy bestaan net… in vrees. Dink weer oor jou wrede, harde woorde – en vra om verskoning aan sy geliefdes wie se harte vanaand stukkend is.

En moet vanaand asseblief tog net nie met jou oë toe gaan slaap nie – onthou jy mag jou waaksaamheid NOOIT laat verslap nie, want dan is jý die skuldige, nie die moordenaar nie…

Sterkte aan die familie, mag God hulle vertroos en weer laat glo in die dag van more…

Cherokee ·

Ek hoop regter van Zyl, wat die Parysenaars verhoor, lees koerant ook.

Theresa ·

Jammer ek kan nie anders as om woedend en hatig te voel oor ‘n moord nie. Op ‘n onskuldige mens wat in sy eie blyplek doodgemaak word. Ek haat beslis sulke mense. Daar is ‘n tyd vir liefhê en ‘n tyd vir haat. Nog ‘n gesin sonder broodwinner en vaderfiguur. Nog mense wat die trauma van geweldadige inbraak, aanranding, moord en vlug met hul eiendom moet verwerk. Wat ‘n siek land. ‘n Siek land het ‘n siek regering. Die onreg in hierdie land is die ergste ooit in die geskiedenis. Want daar is nie ‘n oorlog waar mens jouself kan beskerm teen ‘n vyand nie. Nee, dis JY wat verkeerd is as jy jouself en jou eiendom verdedig. En dis HY wat wegkom met moord en gelyke misdade. Daar is nie respek vir ‘n regering wat hierdie dinge toelaat nie.

Erick ·

Iemand het ‘n paar jaar terug gesê,’ Die laaste drie Boere sal tot op die rand van ‘n afgrond gedryf word. Dan sal een bid, ‘n ander n nuwe kerk stig en die derde ‘n nuwe politieke party.’

Erick ·

Ek hoop God skakel ons weer aan en maak ons lewendig want ons is afgeskakel en gaan soos lewende dooies deur die dae.

Vryheid ·

Bitter tragies. Ons moet saam staan en mekaar ondersteun. Dit mag nie voortduur nie. Geen genade vir moordenaars.” Live by violence die by violence “

Erika ·

Op 14 Mei 2017 het ‘n berig verskyn waarin gesê is dat Sannieshof hul Eskomrekening direk aan Eskom vereffen het. As daar na ‘n motief gesoek word, sal ek eerste na die munisipaliteit en ‘n georganiseerde poging kyk om een van die aktiewe Afrikaners af te maai wat gerig was op reg en verkeerd. BC was ‘n stil, liefdevolle, Godvresende mens wat nie ‘n vlieg sou skade doen nie. Marlette was ‘n voorstaander vir reg en verkeerd, iemand wat net liefde in haar hart gehad het. Sy sou haar klere uittrek vir ander, jy sal nooit sonder iets om te eet gelaat word nie. ‘n Vrou by uitnemendheid. Sy het haar kant gebring deur haar betrokkenheid in die gemeenskap. My opinie is dat hierdie nie ‘n gewone plaasaanval was nie, maar ‘n boodskap wat die hooggeplaastes in die munisipaliteit aan die ander persone wil stuur wat probeer om wet en orde in Sannieshof in stand te hou en toe te sien dat die dorp nie van noodsaaklike dienste ontneem word deur onbekwame munisipale amptenare nie. As julle wil soek vir die moordenaars … kyk na huurlinge wat sal moor vir geld. Dit was doelbewus vooraf beplan en moes ‘n boodskap stuur. Laat hierdie aanval nie begrawe word nie, maar kyk hoër op na ‘n motief. Dis NIE op die grond nie.

Erika ·

Ek sien die mense wat die beroep van Marlette veroordeel om nie in opstand te kom nie. Ek glo nie julle het hulle geken nie. Hulle was nie mense vir geweld nie en weet ook dat om aan die skiet te raak, net dinge gaan vererger. Ek dink dis ‘n eerbare beroep op die gemeenskap en albei van hulle sou die eerbare ding gedoen het. Wie wil julle aanval? Wild en wakker begin cowboy speel omdat julle kwaad is? Ek is ook kwaad. Vandag sou ek self wou gaan deelneem aan ‘n mensejag en sonder om te skroom die sneller te trek … op die regte teiken. Nie net wild en wakker in opstand kom nie. Ons is nie barbare nie

Bertram Vosloo ·

As ons witmense te bang is om saam te staan om n poging aan te wend om die leiers in die land aan te vat en dinge in eie hande neem, dan moet ons maar oorsee se presidente vra vir bystand en hulp iemand sal help dinge kan nie so aangaan elke twee drie ure hoor mens van n moord of kaping of plaas aanval, hulle het oorlog verklaar teen die witmense moet ons wag tot dit ons beurt is ons moet petiesie optrek en vir amerika of Rusland of een van die lande wat bereid is om ons by te staan anders kom hier n slag van bloedrivier of bloed strate

Ou Boer ·

Ek het besluit om nie meer op hierdie media my opinie uit te spreek nie. Ons ou volkie ( en ek bedoel almal wat so slim is op die media) braak gal maar heellaas het enige een al daadwerklik iets gedoen. NEE. Want dit is mos ons ou volkie se probleem. Praat ,kla , skryf voor. Maar self iets doen. Nooit. Om vir boere te sê beveilig jouself val nog steets op dowe ore. Asb. Boere

Engela de Klerk ·

Ek woon in Kanada en het my ouers hierheen laat verhuis. Ek ween vir hierdie gesin, vir die kinders en kleinkinders, vir sy vrou. God help Suid-Afrika.

Jabok ·

Mag God julle daar in Kanada ook help. Die hele wêreld rafel uit, nie net Suid Afrika nie.

Johan. H. ·

Ek stem saam met wat iemand hierbo gee het. I oog vir i oog, NEEEE 50 oe vir i oog>>

Hennah ·

MM, gaan julle weer nie my kommentaar plaas nie! Een persoon word nie “afgemaai” nie. Die werkwoord geld wanneer ‘n groep of ‘n hele aantal persone (of diere) doodgemaak word. Altyd vir meervoud, nooit vir enkelvoud nie.

Jaco ·

Hennah beide jou verduideliking en die berig is korrek. As ek reg onthou is dit die 12de blanke net in Mei 2017 – maw ons word afgemaai.

Hennah ·

Jaco, ek verstaan wat jy sê maar “afgemaai” word gebruik as ‘n groep mense “gelyktydig” dood gemaak word .

Willie ·

Sterkte aan julle as familie. Kom ons vra vir Mev Visser van die DA om haar leier , en ander broederbonders of hulle ook in getalle sal optrek om hierdie moord te veroordeel, of gebeur dit net by swart sake. Lyk my die DA leiers is die wat nie by die ANC kon werk kry nie.
Befonds die oorblywende paar boere nog op plase. Agriform net vergaderings en verder ??????

Maryna Wolmarans ·

Elke plaas aanval en moord word deeglik beplan op hulle tyd, en dan uitgevoer, met die verassings element, wat vir hulle so belangrik is! Soos aan ons vroue groep gesê is binne inligting word gebruik!

popeye ·

Ek sit vanaand en lees en treur oor hierdie wanhopigheid….MAAR ek put krag uit my GOD wat my gewys het op die woorde van die Skotse Volkslied, O’ Flower of Scotland, nie omdat ek deel daarvan is nie, maar omdat my versugting daarin die teenoorgestelde is van “Oom Kosie sukkel daar in Afrika ” is! Ons is olie en water!!!!!

Jan ·

Mense die enigste opsie is om die boere te bemagtig dat hulle vroegtydig kan weet van die terroriste wat op pad is. Die boer kan dan gereed maak en die duiwels inwag. Wat dink julle hiervan?? wie is saam met my?? Ek het ‘n plan

Ai ·

Ja natuurlik, maar dalk moet jy nie jou plan hier deel nie. Kontak Afriforum want hulle het mos buurtwagte in sekere areas. Hulle sal bly wees om van enige iets te hoor wat kan help.

As jy iets hoor bewapen almal jy jou vrou en moeder selfs kids van 15 plus.Wapens moet so slim ge plaas word dat almal weet!! Asb moenie so Dom loop en Gaan KYK nie!! ·

As jy iets hoor moet julle almal jul hand op jou Wapens le wat baie slim gebere is waar net julle weet!! Bewapen gou almal Man vrou moeder kinders van 15 plus!! Gaan stel dan ondersoek in !!! Wees paraat asb ??Vuilgoed sal gou vlug as julle almal n skoot aftrek!! Luv julle xx

Marinda ·

Ek woon in die stad Sit hier by die werk Kan nie konsentreer nie NOG N BOER Hierdie is guerilla taktiek Dit word erens hoer op georganiseer Ons het intelligensienetwerk nodig hiervoor Iemand moet wakker word Hulle word hiervoor betaal Dit is n PERSOON of enkele PERSONE of n ORGANISASIE wat verantwoordelik is Boere skiet! Moenie dink dit gaan nie met jou gebeur nie Grawe gate en en moenie dat dit in onbruik verval nie

Vc ·

Kyk na die man se fb blad. Hy het so n georganiseerde groepie

Lwandle Yinjujesu

Greg ·

So bietjie perspektief. EEN swart kind is dood en ‘n hele gemeenskap ruk op en verwoes ‘n dorp. Daarenteen is amper ‘n dosyn boere die afgelope paar weke wreed vermoor en wat doen ons? NET MOOI NIKS! Ek sê dit nog altyd, ons blankes se onvermoë om saam te staan gaan en SAL ons ondergang beteken. Tragies.

Johannes Meintjes ·

Diepe meegevoel. Mens moet dan anvaar dat alle pogings tot beter Burgerlike Beveiliging of beter nasionale etiek tans nog ongeslaagd is.

Sputnik ·

Hier is meer as een keer geskryf oor “grawe gate” of “gate grawe” en dit gebruik Die probleem is dat hulle kom nie een alleen nie. Tref jy een laat die ander spaander en weet hulle dat een agtergebly en “verdwyn” het. Kort voor lank het jy snuffelhonde op jou plaas. Versigtig trap in die pietersielie!

anton ·

Sputnik….ek stem. Brand eerder en sit oorskot deur die hammermeule saam geslagte/dooie diere se gebeentes ens. en strooi in dam.

Dux ·

Veg.oorlog maak,worstel en beplanning is nie GOD se enigste metode vir christene om dinge te kry nie,ons moet kry deur te vra..daarom laat ons BID!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.