Boer, vrou en nog 8 vas ná man se dood

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Boer van Noordwes, sy vrou en nog agt mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo drie mans erg aangerand het, waarna een van die mans oorlede is.

Kapt. Paul Ramaloko, ’n woordvoerder van die polisie, het gesê die boer van Soutpanfontein naby Stella, sy vrou, vier vriende van die egpaar en vier plaaswerkers het glo Dinsdag drie mans met knopkieries aangerand en kookwater oor hulle gegooi. Die aanranding het glo oor ʼn tydperk van 11 ure gebeur.

Volgens Ramaloko het die vier plaaswerkers glo in die veld gestap toe hulle op die drie mans afgekom het. “Die plaaswerkers het die mans van veediefstal beskuldig en hulle glo na die plaas gesleep en aangerand.”

Ramaloko het gesê die plaaseienaar, wat nie toe tuis was nie, is ingelig oor die situasie. “Met sy aankoms op die plaas het hy en sy vrou glo saam met die plaaswerkers die mans aangerand.” Volgens Ramaloko het een van die slagoffers later aan sy wonde beswyk, terwyl die ander twee met ernstige beserings in ʼn hospitaal opgeneem is.

Die tien verdagtes sal binnekort in die Vryburg-landdroshof verskyn. “Die ondersoek duur voort,” het Ramaloko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Winston ·

Is hierdie n geval van opgekropte emosie?
Lyk so in n land waar geregtigheid in die hande van die bevolking gelaat word. Strafbare manslag en opgeskorte vonnisse asseblief.

Flippie ·

As die situasie andersom was, was die oortreders nog soek. Wat soek die mense in alle geval op eiendom wat nie aan hulle behoort nie. Dit is so lekker in die land dat enige een sommer sonder toestemming enige eiendom mag betree. Die polisie doen in elk geval geen vervolging mbt onwettige betreding op plase nie.

andre ·

Wens die sinnelose geweld in ons mooi land kan tot n end kom.Jammer ek weet dit is wensdenkery

marianne ·

Ons boere se vuurwapens is verwyder. Indien hulle traditionele wapen in selfverdeding gebruik is dit van pas. Jag met honde word as traditioneel en korrek beskou. Self en grinds beskerming is dood normaal en korrek.

Ben ·

My skoon ouers woon in die geweste. Die boer is ‘n opkomende swart boer wat ook gatvol is vir die diefstal.

Sumari ·

Ja Louis ek moet saam jou stem. Ek praat glad nie goed wat hulle gedoen het nie, maar ek verstaan hoekom hulle dit gedoen het. Mens kan niks en niemand vertrou nie. En daai 3 het beslis nie gekom vir werk nie.

Wendy Snyman ·

Hul hoort nie daar nie dit is tyd dat die boere hulle uitsort .Hoeveel van ons boere word daagliks vermoor en wat sou gebeur het as hul die polisie gebel het net mooi niks

Christie Joubert ·

Ek sien vanoggend die talle voorblad opskrifte van verskeie koerante, Maroela inkluis, praat van Boer maak werker dood, Farmer kills… Vir meeste on ingeligtes lyk dit asof dit een van ons Blanke Boere is wat nou weer aan gejaag het, terwyl dit heeltemal die teenoorgestelde is. WAAROM die woord boer gebruik. So onnodig. Daar word nie na ander misdadigers verwys volgens beroep nie. Hoekom is dit hier die geval??

Nic Grobler ·

Behalwe as die oorledene ‘n wit Afrikaner landbouer was, ne Christie? Ons (Boere) volk sal heeltemal goed regkom sonder jou, dankie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Kan iemand help asb vanoggend oor RSG het die nuus aanbieder ook oor hiedie storie berig .Hy het gese dit was renoster stropers wat aangkeer is en erg aangerand is Ek hoop maroela het inligting .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.