Boer, vrou en tuinwerker op plaas aangeval

Paradise Lodge. Foto: www.safarinow.com

Nog ʼn plaasaanval het Woensdag net buite Mookgopong (Naboomspruit) in Limpopo plaasgevind.

ʼn Boer, sy vrou sowel as ʼn tuinwerker is deur agt verdagtes oorrompel, vasgebind en in een van die huisies op die gasteplaas, Paradise Lodge, vasgebind.

“Dit is in dié stadium nog onduidelik of die boer die eienaar van die plaas is of nie,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê.

Hy het gesê die polisie het ʼn reusesoektog na die agt verdagtes, wat “gewapen en gevaarlik” is, van stapel gestuur.

“Die verdagtes het na bewering by Paradise Lodge net buite Mookgopong opgedaag, die boer, sy vrou en ʼn tuinwerker vasgebind en hulle in een van die huisies toegesluit,” het Ngoepe gesê.

Die verdagtes het op die vlug geslaan met rekenaars en selfone in ʼn Ford Ranger-bakkie sonder nommerplate.

Die bakkie is volgens Ngoepe nog nie opgespoor nie en daar is nog geen verdagtes in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ʼn Saak van sakeroof word ondersoek.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die verdagtes betrokke by die aanval was glo vyf mans en drie vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Penellope Jones ·

Maandag het die teenoorgestelde uitwerking meegebring as wat aanvanklik bedoel was.

Nita ·

Dis of die hell nou driedubbel los is. Die boodskap is deurgestuur na die terroriste: Slaan die Boere nou ekstra hard met mag en mening. Dankie tog dat hulle vriendelik genoeg was om nie die 3 mense te vermoor nie.

Gus Dry ·

Dit word net erger by die dag ….dit kan eenvoudig nie so aangaan nie .

James ·

Dié regering sal nooit plaasmoordenaars ter dood veroordeel nie.

Kaspaas ·

Sien die vrouens raak ook nou betrokke by die aanvalle. Maak my bitter bekommerd.

barend ·

die dood straf gaan net van toepasing wees op ons moet nievir een oomblik dink dat dit ons oplosing is nie

antjie ·

Dis hoekom en nie meer n huiswerker het nie ….mens kan niemand meer vertrou nie…

SOLLY ·

DIE VROUENS NOG ALTYD DEEL VAN ALLE AANVALLE.
ARME OU STOMPIE.
BLY BID EN GLO.
WEES PARAAT.

Jacob Britharius ·

Verlede jaar het ek ‘n skrywe gerig aan AfriForum met die versoek dat hulle kyk na die Kibbuts-stelsel vir ons boere. Daar is hoeveel mense sonder werk en nou dat die kommando-stelsel afgestel is, is dit dalk ‘n oplossing?

Kannaland ·

Ja dit sal werk. Boere wat alleen in verlate huise woon is sagte teikens. As baie mense saam b ly dan sal hulle nie meer sagte teikens wees nie.

Phillip ·

Die kruks van plaasaanvalle lê by die wat dit aanhits, van diesulkes moet n voorbeeld gemaak word met swaar straf, plaas moorde moet gepreoritiseer word

Springbok ·

Die voorstelle vir oplossings op hierdie blog is lagwekkend. Daar gaan niks van kom nie, SA is te ver oor die afgrond en niks kan dit meer keer nie. Ons loop presies dieselfde pad as Zimbabwe en is verder gevorder op daardie pad as wat mense besef. Diegene wat geld het kan die land verlaat…hulle wat dit nie kan beskostig nie gaan onder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.