Boer wat in gesig geskiet is se naam bekend

Argieffoto

Argieffoto

Die 69-jarige boer wat Maandag tydens ʼn plaasaanval naby Zeerust in Noordwes in die gesig geskiet is, se naam is bekend.

Sarel Pretorius, die veiligheidsverteenwoordiger van Agri Noordwes, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Faan van der Merwe is die tweede boer in die Zeerust-omgewing wat Maandagaand omstreeks 19:00 aangeval is. Lees meer hier oor die ander aanval.

Maroela Media het Dinsdag berig dat Van der Merwe, wat tydens die aanval alleen by sy plaashuis was, deur drie rowers by sy huis ingewag is. Die rowers het hulself aan Van Der Merwe se kos en whisky gehelp terwyl hulle gewag het.

“Hy het sy werkers huis toe gevat en was omstreeks 19:00 weer terug by die huis,” het Pretorius gesê. “Die aanvallers het hom ingewag. Dit wil voorkom of hulle deur ʼn gaasdeur toegang tot die huis verkry het.”

Van Der Merwe is glo met sy eie .22-pistool geskiet en gewond toe hy in die huis ingestap het. Hy is tussen sy een oog en oor geskiet. Hy het dadelik na sy voertuig gehardloop en self na die naaste polisiestasie gejaag, vanwaar hy na ʼn hospitaal in Rustenburg geneem is.

Van Der Merwe is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal en sou vandag ʼn operasie ondergaan om die koeël te verwyder.

Die aanvallers het sy vuurwapen gesteel. Die rowers het gereedskap, wat glo gebruik word om ‘n kluis mee oop te breek, op die toneel agtergelaat.

Lees ook:
Boer tydens plaasaanval in die gesig geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marley ·

Bid dat hierdie man die aanval sal oorleef. Mens kan in hierdie samelewing nie genoeg waaksaam wees nie, elke breukdeel van ‘n sekonde.

Drieks ·

Die 13 Maart was daar ‘n gewapende roof by Zeerust truckstop en die polisie het daar kom takeaways eet en die saak nie as dringend beskou nie. Hoekom kan ons nie die regering dagvaar vir ons skade en hospitaal en begrafnis onkostes nie. Dan sal dit mos stop.

Grassie ·

Die lys van blankes wat gedurende die afgelope vier dae deur barbare aangeval is, is skokkend. Al die slagoffers was bejaard of dames. Oorledenes is Dolf (67) en Pop(64) de Lange en Amanda Vermeulen. Met vuurwapens ernstig gewond Faan v d Merwe(69) en Retha Botha. Andersinds ernstig beseer Steve van Staden(78) Colin en Maggie Cooper (albei bo 60) . Verlede week is Theresa Buys(43) ook op ‘n plaas vermoor.
Die owerhede hou vol dit is net misdaad. Nou wonder ek – op watter stadium word die grens tussen misdadigheid en burgeroorlog oorgesteek. Is ons al by daardie punt verby, of nie? Ek glo nie juis in voorspellings en profesieë buite die Bybel nie maar ek begin nou wonder – was die ou Boereprofeet nie dalk reg nie?

Gideon Erasmus ·

Maroela media- dankie tog dat julle die erns besef van hierdie volksmoord wat besig is om plaas te vind-

SNEL ·

Hoop alles verloop vandag goed met die “ysterman” se operasie. Bid n spoedige herstel vir jou toe.
Praat gaan niks in die land verander nie. Die vyand se boeties regeer die land, so hoekom sal hul luister as ons praat. Hierdie moordenaars speel so reg in hul kraal. Hul wil mos ontslae raak van die wittes en so word dit daagliks gedoen. Ons wittes is te ordentlik om wapens op te vat en of om aan hulle te doen wat hulle aan ons doen. Suid Afrika is die gelowigste land wat ek ken. Ons lewe nader aan die Here as lande wat geen drama het nie, so om tot die Here te bekeer en te draai is nonsies. Suid Afrika se wit bevolking se oë is op die Here, maar ons wag vir hulp. Ek dink net mens raak moeg van bid en wag en bid en wag en jou Groot Beskermer is stil. Dis moeilik om so staande te bly in sulke omstandighede. Moord en misdaad sal slegs stop as ons ons wapens vat en die “game” terug speel, maar ons is nie so groot gemaak nie, en ons is n volk wat almal praat, maar ook nie kan saam staan nie, 3 sal opdaag met hul roere en die res lê in hul skuilings

Peter Says ·

Snel, geneig om saam jou te stem…Handtjies gevou, gaan nie help nie. Die Here help die wat hulself help…

Paplepel ·

SNEL Jy hou daarvan om te roer. Loop lees jou Bybel. Jy speel presies in die duisternis se hand met jou oorlogspraatjies. As jy jou vertroue in die Here plaas gaan hy jou antwoorde en oplossings gee. Dis Sy belofte.Jy moet egter die eie ek uit die vergelyking haal.
Jy huil oor die Blankes wat vermoor en aangerand word. Weet jy hoeveel van die ander volksgenote word ook beroof en vermoor? Persentasie gewys baie meer as Blankes. Die enigste wat jy van weet is die paar wat die koerante aan ons bekendstel vir sensasie. Hoeveel Blanke babas, kinders is in die laaste jaar vermoor waarvan jy weet? Hoeveel anderskleurige kinders is net in die laaste maand vermoor? Maak oop jou oë! Jy leef reeds en nog steeds onder die Here se beskermende hande. Aanvaar die Here as jou persoonlike verlosser en redder en gee jou probleme aan Hom oor. Die ma van die kind wat nou die dag doodgesleep is deur die kapers kan as ‘n voorbeeld vir ons almal dien. Sy is ‘n voorbeeld vir ons almal van wat Geloof is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.