Boer wat plaaswerker vermoor hoor oor appèl

Martin Visser. Foto: Facebook

Die boer van Lutzville wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir die moord op ʼn plaaswerker, se verlof tot appèl is toegestaan.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê regter Nathan Erasmus het Martin Visser (43) se verlof om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer Donderdag in die rondgaande hooggeregshof in Vredendal toegestaan.

Dit volg nadat Visser Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis is nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Adam Pieterse (32).

IOL berig Visser is Dinsdag daaraan skuldig bevind dat hy Pieterse in 2015 met ʼn graaf geslaan en toe agter ʼn kwadfiets aangesleep het. Pieterse is in Visser se pa se wingerde begrawe. Sy lyk is drie weke later gevind. Visser is meer as ʼn jaar later eers in hegtenis geneem.

Volgens die berig het Pieterse op ʼn buurplaas gewerk en het Visser twee van Pieterse se vriende gedwing om hom te begrawe. Die vriende het tydens die verhoor getuig dat Visser die aand van die moord by Pieterse se huis ingestorm het en hom begin aanrand het omdat hy hom glo geld geskuld het.

Visser het ʼn winkel van sy plaas af bedryf wat kos en drank op krediet verkoop het. Pieterse se twee vriende het vir Visser se pa gewerk.

Die SAUK het intussen berig Visser het Woensdag sy eie lewe probeer neem voor sy vonnisoplegging. Hy het glo sy baadjie gebruik om homself te probeer hang, maar dit het geskeur en hy het sy oor beseer. Vonnisoplegging het egter later die middag voortgegaan.

Visser is skuldig bevind aan moord en twee aanklagte van aanranding. Hy het ook twee vorige veroordelings. Visser is tot onderskeidelik drie jaar en ses maande tronkstraf gevonnis op die aanklagte van aanranding.

Die Rural and Farmworkers Development Organisation het Visser se vonnis verwelkom. Die organisasie se Billy Claasen het gesê dit is ʼn oorwinning vir plaaswerkers se regte. “Dit baan die weg dat plaaswerkers se menswaardigheid herstel kan word. My hart gaan uit na Pieterse se familie. Geen mens verdien om so te sterf nie. Dit is wreder as om ʼn dier dood te maak.

“My hart gaan ook uit na Visser se familie, maar geregtigheid moes geskied. Dit was ʼn grusame moord.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Genugtig ·

Nee o hel ou, jy kan nie so laag soos die plaasmoordenaars daal nie. Jy moet maar jou straf kry, ek glo jy gaan langer tronkstraf kry as wat dit reeds is ..

c ·

Ek wil net weet hoekom word sy gesig so mooi gewys maar as die skoen aan die ander voet is dan word hulle name en gesigte nie eers gewys of genoem nie. En die boere wat so wreed vermoor word het ook regte. Maar nietemin hy verdien wat na sy kant toe kom, sterkte vir die familie wat agterbly.

Ronel ·

Hoe ongelooflik wreed! Jy kry maar wat jy toekom, jammer vir diegene na aan jou maar so barbaars kan mens nie wees nie.

Peet Schabort ·

Ook lewenslank tronk toe vir die een wat my swaer Attie le Roux van Reitz met ‘n brandblusser doodgeslaan het en só vermink het dat familie hom nie kon sien na sy dood?? Daar was twee vorige pogings waarvan die eerste was dat hy gewurg is deur die moordenaar maar dit oorleef het en ‘n tweede waar iemand deur hom betrap is in sy woonplek waar daar tans twyfel bestaan oor wie dit was. Hierdie moordenaars behoort VIR EWIG tronk toe gestuur te word!!!!!!!

Mickey ·

Wat besiel enige persoon om so iets aan enige ander persoon te doen.

Dame ·

Ek gaan nou sekerlik gekruisig word vir dit wat ek nou wel gaan sê. Wel elke persoon wat so vinnig is omte verwys na plaasmoorde.. Hoop ek dink vandag anders. Hierdie werker is deur n BOER vermoor. Nou wat nou? Die land is siek.

Johanna ·

Ek het Martin geken as kind. Baie by my huis gekuier. Ai Martin wat het fout gegaan in jou lewe. Wat nou van jou gesin? Hoekom onthou mense nie dat woede (waaroor ook al) en handgemeen raak geen oplossing is vir enige probleme nie. Baie, baie jammer vir jou mense. Jou lewe is verby. Jy het dit regtig opgemors.

Gesiggie ·

Ja stem saam C. sy gesig word oop en bloot ge wys… wat van hulle wat soveel moord pleeg, wat ons boere uitmoor?? wat jy gedoen het Mnr Visser was regtig onnodig en die feit dat jy hom begrawe het… nee dit het nou vir jou groter probleme veroorsaak, n mens maak niemand dood. Daar is baie ander maniere om n probleem op te los. ons land raak net erger en erger.. jy moet maar lig loop want nou weet almal hoe jy lyk…

Ek het dit gesien... ·

Vir die eerste keer skryf ek onder ‘n skuilnaam…

Ek was jare in ‘n landbouverwante werk….baie, baie boere kan hulself gelukkig ag dat hulle nog nie vermoor is deur die persone wat gely het onder hulle, die boere, se onmenswaardige optredes teenoor hulle werksmense nie. So is daar ook talle gevalle in die SAP gewees…..want ek het dit gesien, die aanrandings, die vloekery, die vernederings, die slegsse ens…

Cherokee ·

Ek gaan nie met jou stry oor wat jy nou sê nie. Daar was goed en sleg in die vorige bedeling. In ‘n geheel gesien, beslis meer goed as sleg, maar dit verskoon steeds nie die sleg-gedeelte nie. Het op ‘n groot bees/gemengde boerdery plaas opgegroei. Ek weet dat hulle somtyds van plase af weggejaag is vir oortredings wat verskoon kon word.
Jy praat van twee dekades plus gelede want apartheid het lank voor 1994 gesneuwel.
Die anderkant van die muntstuk, …..dink jy dat hul optrede nou geregverdig is? Die plaaswerkers van dekades gelede, die van apartheidsjare is afgetree. ‘n Groot gedeelte van die kriminele element van nou, is gebore na 1994. Hulle het nie apartheid ervaar nie en weet niks daarvan nie. Ek gee toe dat ek nie in die Boereoorlog was nie maar nou nog nie kan inskakel met die Britte nie, want ek het op skool geleer wat daar gebeur het. Naar ons breek nie by hul huis in en skaak nie hul karre nie. As jy dit waarvan jy nou vir die eerste met ‘n masker op vertel, opweeg teen die huidige Suid Afrika, beskou jy dit as geregverdig? As jy dit op ‘n skaal sit, watter een trek die swaarste? Die woord ‘wraak’ is verkeerd. Ons wreek ons dan nie op die Engelse nie. Dit is bloot ‘n kriminele omswaai in die land.

Pier ·

Is dit nie teen mm se reels om onder meer as een skuilnaam/ naam te post nie?

Peet J ·

Wat Visser gedoen het was natuurlik verkeerd ooreenkomstig die regstelsel maar sekerlik het Pieterse weens sy wanbetalings die situasie ontlonk wat sy dood tydens ‘n argument met Visser veroorsaak het. Ek hoop daar is meriete wat in Visserr se guns gaan tel .

Stuiwer ·

Peet J, jy maak nie ‘n persoon dood omdat hy jou geld skuld nie! Dis onverskoonbaar, en ek het nie simpatie met die oortreder nie. Hy het dit op homself gebring..

Peet J ·

@Ek het dit gesien , ek neem aan dat jy ‘n baie belangrike pos beklee het om alles waar te neem wat volgens jou sienswyse verkeerd in die landbou sowel as die departement van polisie plaasgevind het , my vraag is waarom het jy dan tot datum niks aan die aangeleentheid gedoen nie , of het jy dalk onder ‘n ander skuilnaam jou kommentaar gelewer.

Ek het dit gesien... ·

Nee Peet, jou aanname is nie korrek nie aangesien jy my woorde verdraai het na ‘n totale situasie…glad nie wat ek gese het nie. Waarop jy jou aannames verder baseer dat ek niks daaraan gedoen het nie is ook verrassend. Soos jy seker ook weet of dalk aanneem, is baie mense in sulke situasies nie te vertrou nie en is rugstekery deur sogenaamde saamstemmers ook ‘n feit. Nee, ek het ook nie onder n ander skuilnaam kommentaar gelewer nie.?

Reine Waarheid ·

Sterkte aan almal wat direk geraak was en is.
Dankie Jesus U het aan die kruis gesê aan die moordenaar langs U ‘jou sonde is vergewe’..hoe GROOT IS U LIEFDE NIE, DANKIE DANKIE DANKIE.

Cherokee ·

Waar in die Bybel het jy gelees dat daar ‘n moordenaar aan ‘n kruis langs Jesus was? Verwys na ‘n Skrif asseblief. Sover my kennis strek was dit diewe.

Aartappel nr 2 ·

Peet J, jy klink asof jy van dieselfde stofasie verpak is. Die feit dat iemand jou geld skuld gee jou nie die reg om hom koelbloedig te vermoor nie. Indien jy dink dit doen, is jy niks beter as ‘n plaasmoordenaar nie.

Cherokee ·

Nou val jy Peet aan as Aartappel en môre stem met met hom saam as Pampoen. Miskien moes dit andersom gewees het. Diè ding dat julle so rondspeel met name maak dat jy nooit regtig weet met wie jy praat nie. Die sisteem behoort dit nie toe te laat nie. Jy kan nie vandag apie wil wees en môre swapie nie. Want wanneer jy iets sê wat jy nie wil verdedig nie, loop soek jy ‘n naam in die groente rak. Op daardie manier kan jy selfs jouself komplimenteer of teen jouself stry.

Skaap ·

Vat maar ‘n wilde raai hier en ek heeltemal kan verkeerd wees…
Is dit moontlik dat drank ‘n faktor was wat gelei het tot Martin se besluit om die Adam te vermoor?

1 PETRUS 5:8-9 AFR83
“Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.”

Dabo ·

Die prys van woede en agressie is verskriklik hoog. ‘n Woede uitbarsting van ‘n paar minute kan lei tot ‘n lewenslange vonnis. Ek bid dat die Here se genade oor hierdie man en al die mense wat daardeur geraak word groot sal wees. Mag hy opstaan na hierdie val. En onthou: Moenie neersien op iemand wat geval het nie. . . . Miskien het God jou die val gespaar, omdat Hy geweet het jy sal nie weer opstaan nie.

Dabo ·

Die prys van woede en agressie is verskriklik hoog . ‘n Woede-uitbarsting van ‘n paar minute kan lei tot ‘n lewenslange vonnis. Ek bid dat die Here se genade oor hierdie man en sy mense wat daardeur geraak word groot sal wees. Mag hy opstaan na hierdie val.
En onthou: Moenie neersien op iemand wat geval het nie. . . . . Miskien het God jou die val gespaar, omdat Hy geweet het jy sal nie weer opstaan nie.

Niklaas ·

Die reg het sy verloop geneem. Heeltemal korrek. Die moord was koelbloedig en die straf is juis. Geen simpatie vir Martin Visser.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.