Boer weer in hof oor ‘geweld teenoor swartes’

hof-hamer

Argieffoto.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie (Sanco) het geëis dat ʼn boer van Bronkhorstspruit, wat in hegtenis geneem is nadat hy na bewering geweld teenoor swart mense op Facebook aangehits het, nie op borgtog vrygelaat word nie.

Leon du Plessis, wat in polisieaanhouding is sedert hy drie weke gelede in hegtenis geneem is, sal Dinsdag weer in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Du Plessis se borgtogverhoor is voorheen uitgestel omdat hy ʼn Afrikaanse tolk teenwoordig wou hê.

Du Plessis het glo vroeg in Februarie ʼn prentjie op Facebook geplaas van die silhoeët van ʼn man wat ʼn haelgeweer vashou met ʼn bloedspoor agter hom en die woorde, “Die boere is gatvol”. Hy staan tereg op aanklagte van aanhitsing tot geweld en misdaad, die besit van ploftoestelle, die onwettige besit van ammunisie en die besit van vuurwapens wat nie in ʼn kluis toegesluit is nie.

Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, het gesê die polisie het glo ʼn klopjag op Du Plessis se huis gedoen waartydens daar onder meer 1 300 koeëls gevind is.

Mahlangu het die mense geloof wat die owerhede in kennis gestel het van Du Plessis se inskrywings op Facebook. “Die wenk [aan die owerhede] bevestig dat nie alle wit mense, en spesifiek Afrikaners, rassiste is nie. Die meerderheid mense verwelkom versoening, nasiebou en sosiale samehorigheid,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Michael ·

Hier bewys ek nou weer my stelling omdat dit nou ‘n wit persoon is wat swart mense te na gekom het word ras en kleur gebruik maar die vorige berig is so vaag ek kan geen sin maak daarvan wees konsekwent

Sune van Heerden ·

Dagsê Michael

Die identiteit van die verdagte en slagoffer is in hierdie geval reeds bekend gemaak en die ondersoek het ook al ver gevorder, daarom kan Maroela Media in hierdie geval meer inligting bekend maak. Ons publiseer inligting soos dit aan ons beskikbaar gemaak word.

Ek het ook reageer op kommentaar wat jy op die vorige berig gelewer het om aan te dui dat ons wel die inligting bekend sal maak sodra dit beskikbaar is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Pieter ·

Maar die duisende ander wat boere uitmoor loop los in die strate rond net om nog meer geweld te pleeg!

Acca ·

Ek stem saam dat hy gearresteer word,maar hoekom word die swart mense wat ook moord op blanke mense aanhits nie ook dadelik arresteer met dieselfde entoesiasme as wat dit hier gedoen word nie. Is dit nie bietjie rassisties nie ??

sannie ·

Nou vra ek jou met trane in my navy blue eyes…. Wat is rasisties daaraan om te se dat die boere gatvol is? Mis ek erens iets? Wat as hulle erger dinge oor ons skryf en se? Wat van vryheid van spraak? Klink of dit net eensydig is.

Dirk T ·

Wonderlike regstelsel. Dit kan gebruik word om een groep te bevoordeel en ‘n ander groep swaar te straf.

DewaldS ·

Ja – en met die samewerking van die media (selfs die gratis weergawe) word dit ‘n magtige wapen om ‘n minderheid te vernietig.

Veraaiers ·

Veraaiers. Net soos Oom FW. Die berig verwys duidelik dat dit wit mense is wat die polisie laat weet het, miskien dalk nog sy eie vriend. Miskien gaan hy/sy n suigstokkie by die polisie kry. Dit was hy juffrou. Dit was hy?net soos n klas een kind.

Charlotta ·

Wys net weereens die blanke bevolking kan nie saam staan nie. Sal self’s hul eie broer of pa verraai.

Betoging ·

Ek verstaan nie hoekom die boer altyd in die spervuur is nie was dit ‘n swart boere gewees sou die opskrif so gewees het?????

SWART BOER IN HOF
(Oor geweld teen wit mense)

Gironki ·

Ek sal graag wil weet waarom Malema dan nie in hegtenis geneem is na sy uitsprake van “Kill the Boer, kill the farmer” nie. Is dit nie dan ook aanhitsing tot geweld teenoor blanke Afrikaners nie?

Soo gesê ·

Gironki, dit is presies wat ek wou gesê het tot ek by jou kommentaar gekom hie,jy slaan die spyker op die kop!

vierkleur ·

Ek verstaan nie, die man word toe gesluit vir n prent of sy facebook blad,
en persone wat in detail beskryf hoe wittes vermoor moet word op hulle facebook blaaie, word niks mee gedoen nie?

Dit is g’n wonder die mense raak g@tvol nie

Flippie ·

Drie weke in aanhouding? Dit is onkonstisioneel. Die polisie, NVG en magistrate moet onmiddelik aangekla word vir samrswering teen ‘n persoon net omdat hy wit is.

Hierdie rasse diskriminasie in die ergste graad.

Dan ·

Daar word openlik gediskremineer op die blankes, en niemand verroer n vinger om n einde daaraan te doen nie. die howe moet kennis neem hiervan, en die regte ding doen.

Koos ·

die opskrif van die artikel meld ” vir geweld teen swartes” , maar nêrens in die artikel is daar enige stawende inligting dat die boer geweld teen spesifiek “swartes” aanhits nie. n silhoeët met ‘n haelgeweer en ‘n bloedkol. hoe word dit verbind met swartes?

Sune van Heerden ·

Dagsê Koos

Die “geweld teen swartes” is spesifiek in aanhalingstekens in die opskrif geplaas omdat die beskuldigde nog nie hieraan skuldig bevind is nie, maar hy staan wel onder andere tereg op aanklag van aanhitsing tot geweld en misdaad. Of die beskuldigde wel skuldig is aan “geweld teen swartes” sal die hof moet bepaal.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hector Jooste ·

Wat van Zuma en Malema wat sê “Kill the Boer! Kill the Farmer!”. Waarom word hulle nie gearresteer nie?

Jan maak n Plan ·

As die vet marionet en sy groot mond rooi kepsie seuntjie sing, “kill the boer” en “mishine wham” dan is dit okay. Al waaraan hierdie arme ou dalk skuldig is, is die die besit van ploftoestelle en te veel rondtes. Dis weereens duidelik ons is op die dieselfde hoofweg wat Zimbabwe is.

CHRISTA ·

Ek het lankal gesê die ANC is so goed met naamsveranderings, hulle kan maar ook ons land se naam verander na Zimbabwe Extention!!!

Trots Afrikaans ·

Nou ja, Afriforum, ek stel voor julle kla Malemma by daai polisie stasie aan saam met die studente met die haatskrif op hul t-hemde.

DewaldS ·

Hahaha – ons was mos al daar? Regter Lamont het toe mos uitgehaal en gewys, maar ja – die res van die storie van Afriforum se kant af is nie so lekker om oor te vertel nie…

Anel ·

Wat van die student met die t-hemp”kill all whites”. Die man het net ‘n prent geteken! Wie sê hy het iemand dood gemaak? As hy ‘n boer is kan dit na ‘n plaag diere op sy plaas verwys. Hoekom tot die gevolgtrekking kom dat hy “iemand” vermoor het. My opinie.

Ilse ·

Die nie blankes mag dan goed op FB post en dreig maar ons as blankes mag nie. Hulle mag sê en maak net wat hulle wil maar ons blankes mag nie. Nou wat dan van die res van ons blankes wat goed post op FB? Kom haal ons ook dan en sluit ons ook toe. Hy het dan nie eers iemand dood gemaak of niks? Die land en sy reg stelsel gaanmy verstand tebowe. Maar alles val vandag in die guns van die nie blanke. Hy mag sommer in jou erf kom en jy mag hom niks maak nie. GATVOL VERBY!!!!!!!!!!!!!!!

Raadop ·

Wanneer het ons genoeg slae gekry? Gaan dit ooit eindig? Ek glo almal is gatvol vir die omgekeerde rasisme. Hulle sê wat hulle wil en doen wat hulle en kom niks oor nie!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Wats fout

Ons kan nie enige kommentaar van jou opspoor wat ons goedgekeur of afgekeur het nie. Het jy dit dalk onder ‘n ander e-posadres gelewer?
Kontak ons gerus by [email protected] met die e-posadres wat jy gebruik het om kommentaar te lewer, dan kan ons verder ondersoek instel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet J ·

Die woorde “die boere is gatvol” kan op verskillende maniere vertolk word waarom word die persoon nou van “aanhitsing en geweld” aangekla. Die eis van Sanco dat borgtog geweier moet word op grond van geweld teenoor swartes op facebook is belaglik. Die besit van ploftoestelle en onwettige ammunisie is niks snaaks nie want ‘n mens moet paraat wees veral in die NSA. Om jou vuurwapen in ‘n kluis toe te sluit is so goed jy teken jou doodvonnis want die kriminele loop oop en bloot met hulle wapens rond. Ek dink ons is almal gatvol vir geweld.

CHRISTA ·

Watter klag gaan hulle dan teen ons polisie lê wat so hulle vuurwapens “verloor”? Hy het NIE EERS sy vuurwapens verloor nie!!!

Aster ·

Boer in hof oor “geweld teenoor swartes”…kom aan! Watse geweld??? Kan ons boere dan nie opstaan teen die aanhoudende geweld wat teen ons gepleeg word nie? Of is dit niks? Ons staan juis op om onsself te beskerm. Alles word altyd van die een kant gesien maar nooit van die ander kant nie.

johan brits ·

Die juis jy mag nie opstaan nie jy sit en wag dat jou beurt kom.

Nog nie daar nie ·

Regtig….. wat n grap. Die weegskaal van die regstelsel, kantel net een kant toe. Wat is enigsins verkeerd met die uitlating??

JaNee ·

Mense, dis krities belangrik dat enige persoon meer as 2 keer dink vóór hul enige iets polities of rasisties “post ” op sosiale media platforms soos FB ofTwitter ens. Hoeveel het al hul werk verloor en is krimineel aangekla en van hul moet wegkruip om nie dagvaardigings beteken te kry nie?

Hannie ·

Wit is deesdae n vloek woord, dalk moet ek ook my gesig swart verf om nie deel van diie wit mense moord statistiek te word nie,

007 ·

Sukkel om n tolk te kry? Niemand kan meer Afrikaans verstaan nie

Theuns ·

Het ek reg gelees? Leon du Plessis se borgtogverhoor is uitgestel omdat hy ‘n Afrikaanse tolk teenwoordig wou he? Hy is al drie weke in die tronk! Word daar nou teen hom gediskrimineer omdat hy Afrikaans en Wit is. Is die Landros wit of swart? Kan hynie aandring op ‘n Afrikaanse wit landros nie siende dat hulle nie vir hom ‘n tolk kan verskaf nie? Hoe lank moet hy nog sonder sy Basiese Regte aangehou word? Afriforum waar is julle? Help hier asseblief!!1
Boere Groete
Theuns

Moeggepraat ·

Die eensydigheid in optrede is om van te braak! Swartes kan se net wat hulle wil: t-shirts dra met slagspreuke wat moord teenoor wittes aanhits, posts op sosiale media maak wat moord teen wittes aanpor, maar met hulle gebeur niks??!!! Jacob Zuma verwys telke male oor die naweek na wit mense se uitlatings wat kastig rassisme bevat, maar noem niks oor die swartes nie? Standard Bank se ekonoom het bedank nadat sy uitlating volgens my nie eers naastenby rassities was nie. Intussen moor hulle ons uit. Die (wil ek nou amper vloek) swartes is besig om ons te tart en uit te lok soos wat mens nie kan dink nie! Reenboognasie my (O)!

Flippie ·

Maroela hou ons ophoogtevan die saak en die Parys saak. Indien die ouens skuldig bevind word, is ons wittes se dae in SA betel. Tensy ons werklike weerstand teen die tipe van behandeling bied.

Ek is so ‘n ruk terug deur dieselfde Magistraat as wat die Parys saak nou doen, verhoor. Die aanklagte teen my was absoluut gefabriseer en het getuies wat bewys gelewer het. Hy het hom eenvoudig nie aan die wittes se getuienis gesteur nie en die en selektief die swart getuies se leuns en teenstrydighede my skuldig bevind. SONDER VERLOF TOT APPÉL. Hy is bekend daar voor dat hy altyd wittes skuldig bevind aan misdaad. Sy dienste as voorsittende beamptes by swart aanklaers is gesag as die asngeklasgde wit is.

In die proses het die polisie my enigste wapen gekonfiskeer en weier nou om hom terug te gee.

Dit raak nou werklik problematies om in Suid Afrika te bly as jy blank is laat staan nog Afrikaner/Boer te wees.

Moeggepraat ·

As ek dinge so kyk is ons dae reeds getel. Die Afrikaner se diplomatiese opsies raak al hoe minder. Hierdie aanval teen die wit Afrikaner is baie goed beplan en is nie daarop gemik om ons eensklaps uit te roei nie, maar eerder op ‘n stadige wyse van die aardbol uit te vee met ‘n langtermyn plan. Merk my woorde, as daar nie iets daadwerklik gebeur nie, sal die Afrikaner oor ‘n 200 jaar slegs ‘n vae herinnering wees. Vraag is, wat doen mens?

leon ·

Wat van Al die swart mense op Facebook wat wil he dat wit mense uitgroei moet word. Ons lees nie van dat hulle in die hof verskyn nie. Eensydigheid sal dit altyd wees

m ·

Maar as hulle dit teenoor wittes doen dan is daar niks fout mee nie, dan praat hulle van Vryheid van spraak…..

Louise ·

“Geweld teenoor swartes”
Ja ne, wat kan mens se wat n impak op mense sal he, op mens wat MOET verstaan.
Want die KOERANTE kan NUUS versprei op inligting wat hulle kry.
Maar wat van BIETJIE by die FEITE hou, praat van wat SIN maak en wat reg is.
In plaas van om moet n ding ophol te herdloop sonder enige feite maar net op hoor se.
Weet hierde KOERANTe die slim mense waste impak so onbenilge artikels op mense het.

Moeggepraat ·

Wat is fout met die feite? “Geweld teenoor swartes” is ‘n aanhaling en die berig is heeltemal korrek. Dit is heeltemal reg dat die berig ‘n impak moet he, sodat die skille dalk van jou oe kan afval. As mens die titel en berig reg lees, sien ek niks verkeerd daarmee nie.

Michael ·

Sunè
Baie dankie vir die terugvoering,ek het begin om vertroue in julle te verloor ek aanvaar dit so en vra dat julle net julle mandaat nakom om nie partydig te wees nie en die feite reg deur te gee.
Baie dankie

tweetie ·

Hulle is besonders bang vir die handjievol blankes wat oor is, hulle grootste vrees is dat die ‘boere’ sal saamstaan en begin baklei vir hulle regte, dit is hoekom enige klein rokie sommer met geweld geblus word….genugtig ons is reeds ontwapen. Wat se bedreiging hou enige van ons in.

Eric van Zyl ·

Nou wat van al die swartes wat teen wit mense geweld uitspreuk op facebook?? Wat van die swartes wat onwettig gewere besit en boere vermoor?

Eric van Zyl ·

Wat van die swartes wat geweld teenoor wit mense op facebook uitspreuk? Wat van die swartes wat onwettige gewere besit en boere op hulle plase vermoor? Ons boere is al gatvol!

Kaspaas ·

Maar ” kill whites” is vryheid van spraak wys net dat slegs wittes rassisties is volgens die regering

pop ·

Moenie die witmens wat langs jou woon eers vertrou nie. Vir minder as n pot lensiesop sal jy verraai word.

Karma ·

‘n Prentjie (silhoeët) van ‘n persoon met ‘n haelgeweer in die hand en ‘n bloedspoor agter hom … en die opmerking “Die Boere is Gatvol” – dit is rassisme en aanhitsing van geweld? Maar Malema en die vele ander se “Kill the Boer, kill the farmer” en daardie WITS-student(e) wat “All Whites must be Killed” e.d.m. op die universiteitsgeboue en hul T-hemde uitbasuin het, aan hulle word niks gedoen nie????????????

vierkleur ·

kyk bietjie op youtube wat gebeur as n “sirkus” leeu , genoeg gehad het ,om met n sweep of stok geslaante word. Die regering is besig om die blanke volk te slaan en slaan en slaan en slaan……..met daai sweep. Dan eendag, besluit die leeu, dit is nou genoeg, en al die “anger” begin net te veel te raak om in toom te hou., en na die tyd is almal verbaas, en wonder hoekom die leeu dit gedoen het??????? Hierdie “leeu” se gedult is op sy einde.

Gideon ·

lagwekkend!!! Dit is nou regtig so snaaks!! Dit is soos wat ek nou eendag gedoen het by ons Munisipale kantoor toe die mense nie weet hoe om hulle werk te doen nie!!! Toe bars ek uit van die lag, en sê vir die mense weet julle, julle is vir my so snaaks, want ek werk nie eers hier nie, maar weet wat om te doen, julle werk hier en weet nie eens hoe om die werk te doen nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.