Boer weer in hof wat glo teen werker se huis vasry

Argieffoto

Frik Muller van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap moet Dinsdag weer in die hof verskyn nadat hy glo opsetlik teen ʼn plaaswerker se huis vasgery het.

Sers. Kappi Kapp, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Muller moet Dinsdag weer in die Mosselbaai-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklag van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Muller het Donderdag in die hof verskyn en bly in aanhouding tot Dinsdag.

Maroela Media het vroeër berig Muller het verlede Sondag met ʼn trekker teen die muur van Hylton Levendal se huis vasgery. Levendal is glo al in Desember afgedank, maar het geweier om pad te gee van die plaas af. ʼn Onderonsie het tussen Levendal en Muller ontstaan wat daartoe gelei het dat die boer glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

“Die huis is nie platgery of omgery nie, net die muur is getref. Daar het na bewering van die bakstene van die muur op die werker beland en hy is gering beseer,” het kapt. Malcolm Pojie vroeër aan Maroela Media gesê.

Muller is die Sondagmiddag in hegtenis geneem.

Lede van die gemeenskap het Donderdag buite die hof betoog en versoek dat Muller se aansoek om borgtog afgekeur moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Dieselbul ·

Waarom word so n groot storie gemaak van die ding . Wat van ons mense wat daagliks aangeval of vermoor word .

Anderkant ·

Nou wonder ek… sou die huis van die werker op die boer se grond geleë wees en die boer die titelakte vir die grond het… hoe kan die huis aan die werker behoort? Kan jy van saakbeskadiging aangekla word wanneer jy jou eie eiendom beskadig? Tensy die werker natuurlik sy Titelakte van “sy” huis kan lewer…

Cherokee ·

En waarom is die ‘werker’ dan nie van betreding aangekla nie want hy was onwettig daar.

snoefie ·

alweer die gemeenskaplede! as hulle nie loop en breek en brand nie, dan EIS hulle buite howe terwyl die KINDERS op hulleself aangewys is vir sorg! vir beskerming! vir kos!

Gerrit ·

Dit is of was nooit sy huis gewees nie dit is die plaaseienaar se grond en gebou die werker is afgedank en wou nie die eienaar se eiendom verlaat nie, ek weet mm werk streng volgens die perskode en gebruik dit om die polities korek te wees maar gee asb die feite soos dit is .Die boer is gearesteer omrede dit n feit is dat daar in suid afrika gediskrimineer word deur diskriminerende wette en optrede van organisasies soos bv die polisie wat die mag het om dit te doen.

O aarde ·

Let wel. Dis NIE die werker se huis nie, dis die boer se huis. Die sogenaamde werker se “huis” staan op die boer se eiendom, en die werker woon in die huis as deel van sy werksvoorwaardes as werker op die plaas.

Duitser ·

Die polisie misbruik hulle magte en die howe doen mee aan die totale aanslag en onderdrukking van wit suid afrikaners die boer moes nooit gearesteer gewees het nie ,n skare sak toe op n plaas in eshowe brand en breek alles af op n plaas waar hulle nie toestemming het om te betree nie en hoeveel arresteer die “polisie” ??????? NIEMAND

Leahim ·

Ek kan duidelik sien hoe die wit minderheid geteroriseer word deur die regering maar die manier wat die meerderheid van gebruik gemaak het om apartheid te beveg is nog helder in my geheue en soos cr gesê het pasop, Gen de Wet het n oormag pak slae gegee met sy guerilla taktiek en groot welslae daarmee gehad

Johanna Botha ·

Die boer is onskuldig alvorens hy nie skuldig bevind is deur n hof ! ! En dis waar …dis die boer se huis waarin die werker bly wat moeilikheid maak !

Vermeendes ·

Kom ons kyk hoe lank dit gaan neem voor die EFF op die plaas opdaag en die boer verwilder word. Hierdie is n saak wat baie vyn dopgehou moet word. Met n geval soos hierdie kan die inleiding wees tot Zim.

Kay ·

Hoe kry jy n afgedankte werker van Jou grond af ..Nou word dit Boer vervolg ..wat nog !!! Die wereld is omgekeer ..

Wonder maar net ·

Die boer word aangekla. Die werker wat nie meer daar werk nie is mos nou n onregmatige huis besetter. Hoekom word die wors nie aan albei kante aangekla nie. Ek glo dat d boer uit radeloosheid opgetree het en die gewese werker hom gedryf het aksie. Wil gaan sien watter klag aanhangig gemaak word teen die gewese werker. Ek hoop as hy nie n titel akte het nie behoort hy seker n huurkontrak te he anders is hy n rower. As hy sy werk na wense gedoen het sou hy dalk nog daar gewerk het. Kom ons kyk of d gewese werker aangekla gaan word. Dit is net verstommend hoe die aksie verdraai word tot poging tot moord.

Oom Kalahari ·

Hier is nou weereens ‘n duidelike bewys hoe die boer geviktimiseer word. Al die oordrewende klagte wat teen die boer geplaas word en hy bly in aanhouding. Malema loop steeds buite rond na al sy uitsprake en werklike aanvalle weens uitsprake en waar is die betalende toy-toy groepe nou. As die werker nie aan vereistes van boer voldoen nie glo ek dit is sekerlik sy reg om werker se diens op te skort na alle betalings regverdig gedoen is. Nou moet die boer aansoek doen vir uisettings bevel en vele geldelike prosedures volg terwyl hy en sy familie oop is vir skade sowel as aanvalle. Waarom was die suksesvolle Kommando’s ontbind om juis anargie met swak diens teweeg te bring vir aanvalle. Hierdie optrede is polities gedrewe teen die boer en baie onregverdig wat toegeskryf kan word as vervolgings waansin teenoor minderheidsgroepe.

Christi ·

Hulle het een aanklag uitgelos…die ‘verdagte’ is wit.
Hierdie is regtig belaglik.

Siek en sat ·

Is die PLAASWERKER se huis op sy EIE GROND, OF OP DIE BOER SE GROND.? So hys afgedank. Wil nie padgee nie. SY huis op SY grond of boer se eiendom. ? Wel boer jys seker blank. Dan verstaan ek waarom jy in aanhouding is. Laat dit nou net andersom was was dit n heel ander storie. So moeg vir al die du bele standaarde in SA regstelsel.

Petro van Wyk ·

Dit is nie die WERKER SE HUIS NIE! Dis die BOER se EIE eiendom… Die ‘werker’ was ONREGMATIG daar… Hy moes LANKAL getrek het??? Wat is fout met hierdie regstelsel, of sal ek se onregstelsel van Suid Afrika???

Petro van Wyk ·

Die plaaswerker, wat nie meer daar gewerk het nie, is gering beseer, MAAR n saak van poging tot moord word teen die boer ondersoek en hy is aanhouding??? Verdomp!!! Wanner gaan die boere wakker skrik en loop en hulle heil op n ander plek soek? Dit help nie jy hou vas aan n plaas ter wille van jou geboortereg of erfporsie nie…

Alida ·

En as al die boere nou opgee wat gaan jy eet? Seker uit die supermark uit. Ha ha. Die boer het vir die man blyplek gegee terwyl hy in sy diens was. Die werker is afgedank en moes die huis ontruim het nou noem hy dit sommer sy huis. Belaglik.

Boet Fasie ·

Die boer het sy EIE huis beskadig, die man was in elk geval onwettig in die boer se eiendom. Sal graag wil weet watter reg die gewese werknemer gehad het op die boer se perseel , klink meer of werker die huis onwegtig beset het.

SjN ·

Wetgewing beskerm die krimineel dmv mense regte. Hy moes by afdanking al weg gewees het.

MAGGIE ·

Hy was onwettig op die boer se grond en die huis en grond is die boer s’n so hy het sy eie eiendom beskadig. As hy hom regtig iets wou aandoen kon hy die HELE huis plat gery het maar hy het nie. Shame, een van die bakstene het seker op die werker se toon geval en nou is dit sommer “poging tot moord” terwyl as ons aangeval word is dit net “huisroof”
Dubbele standaarde – om van siek te word!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.