Boer wil Eskom dagvaar ná duisende kuikens vrek

Meer as 40 000 kuikens het Dinsdagoggend weens kragtoevoerprobleme op Herman Du Preez se plaas in Lichtenburg gevrek. (Foto: Verskaf)

ʼn Topbesproeiing-en-hoenderboer van Lichtenburg in Noordwes wil Eskom hof toe sleep nadat meer as 40 000 kuikens Dinsdagoggend weens kragtoevoerprobleme in een van die hoenderhuise op sy plaas gevrek het.

Herman du Preez, Noordwes se jong boer van die jaar, het Woensdag aan Maroela Media gesê dat hy gevolglik tussen R1,5 miljoen en R2 miljoen skade gely het. Die kuikens was maar 17 dae oud en moes op 31 dae geslag word. Hy bespreek tans die aangeleentheid met sy prokureur.

Du Preez verduidelik dat die ventilasiesisteem in een van sy hoenderhokke afgeskakel het omdat daar nie genoeg kragtoevoer deurkom nie. Boonop het die kragopwekkers nie ingeskop toe die ventilasiesisteem afgeskakel het nie, aangesien daar wel kragtoevoer in die lyn was – dit was net nie genoeg nie.

Boere in die omgewing ervaar sedert 14 Desember groot uitdagings met kragtoevoer nadat ʼn transformator op die Coligny-Putfontein-lyn onklaar geraak en boere dae lank sonder krag gelaat het. Eskom het dié plase eers op een alternatiewe kraglyn en toe weer op ʼn ander een, die Makokskraal-Opraaplyn, geplaas.

Die spanning in hierdie lyne is egter onvoldoende en daar is nie genoeg krag vir al die plase op dié lyn nie.

“Ons hardloop gewoonlik op so 380 volt en daar was maar 186 volt in daai lyn. Ons spilpunte loop nie op hierdie druk nie en ons kan nie voer maak nie, ons kan ook nie besproei nie.

“Daar is nou te veel plase op een lyn, en ons kry net nie genoeg krag nie.”

Meer as 40 000 kuikens het Dinsdagoggend weens kragtoevoerprobleme op Herman Du Preez se plaas in Lichtenburg gevrek. (Foto: Verskaf)

Du Preez sê die probleem het verreikende gevolge vir sy hele boerdery en dat hulle die probleme al herhaaldelik onder Eskom se aandag gebring het.

Die boere het Agri Noordwes ook versoek om betrokke te raak en dié organisasie het samesprekings met Eskom gevoer, wat op sy beurt onderneem het om die oorspronklike C-P-lyn te herstel.

Dit het egter nie gebeur nie.

Du Preez sê sy hy bedryf ʼn intensiewe boerdery wat geweldig afhanklik is van krag – en dat hy, nes ander boere in die omgewing, ook nie meer kan byhou met die dieselverbruik wat nodig is om kragopwekkers te laat werk nie.

Benewens die onlangse kragprobleme knou beurtkrag Du Preez se boerdery in die algemeen.

Hy verduidelik dat hulle ʼn paar boere in die gebied is wat hoenders aan slagpale in die omgewing verskaf en dat hulle 140 000 hoenders ʼn dag slag. Beurtkrag belemmer egter die hele produksie omdat hulle nie genoeg verkoeling kan bied nie. Die hoenders word boonop groter en kan later nie meer gevoer word nie omdat die meule weens onvoldoende kragvoorsiening stilstaan.

“Dis ʼn gesukkel om die hoenders te slag. En nou word hulle ouer in die hokke, en ons sukkel om vir hulle kos te gee. Die kragprobleme beïnvloed alles, alles op die plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Marius ·

@ Marius – Hoe ironies is dit nie , 28 jaar terug was eskom die beste krag opwekker ter wereld en 15 jaar later totale verval agv swak tot geen bestuur en korrupsie. Our poeple kan nie eers n taxi bestuur nie , wat nog te se van n land en alles wat daarmee saam gaan.

Hennie ·

Hierdie swart KOMMUNISTIESE regering is bly dat wit boere so sukkel… Kan hulle nie gelukkige maak nie… Intussen verloor dieselfde swart regering miljoene aan belasting inkomste en die werklooosheid syfer styg tog te mooi!

annie ·

Wat ‘n hartseer gesig! Mantashe & kie mag nooit ooit weer eiers of hoendervleis eet nie!

TruthDealer ·

Ek hoop die boer het versekering? Maar ja dis dalk hoogtyd dat besighede Eskom begin dagvaar vir sulke groot verliese. Of dit gaan vrugte afwerp, weet ek nie. Eskom sukkel al klaar om net aan die gang te bly. Wat nog van gewone mense wie se elektriese ware gedurig breek weens beurtkrag? Dis erg genoeg want baie huishoudings kan nie eens bekostig om die produk te vervang nie, vergeet maar van prokureurskoste. Groot besighede het dalk n kans. Maar dan het Eskom nog n verskoning: “Die hofsake lê ons lam so nou kan ons net 2 ure elektrisiteit per dag voorsien. Dis die mense wat ons dagvaar, se skuld.”

Vonny ·

Die hele wèreld moet sien hoe die Boere asook ons as klein alleen eienaars…

ASOOK die hele Suid Afrika gebuk gaan onder GROOT verliese..!!!!!!!

Anna-marie ·

Die wêreld sal hulle nie steur daaraan nie. Hulle het genoeg moeilikheid van hul eie.

Alta ·

Ek dink al ons boere in hierdie land moet begin eise instel vir verliese en groot bedrae wat betaal moet word vir kragopwekkers!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

“Imagine” as die boere begin kos weerhou uit protes teenoor hierdie onbevoegde, korrupte regering. Ek dink dis vinnig oppad. Die regering maak en breek mos soos hulle lus het met oënskynlik geen nagevolge nie!

Ditsim ·

Hulle gaan eers wakker word as die klomp winkel toegaan en sien die rakke is leeg. Dan sal hulle eers aan die boer dink.

Truman Burbank ·

Dink jy hulle kry hulle kos by PnP of Checkers? hehe

Elma ·

nee wat, hulle sal nie verstaan dat die lee rakke hulle eie toedoen is nie. Hulle sal bloot die winkel afbrand.

Jolanda ·

Versekeraars bied nie meer dekking aan vir beurtkrag-verliese nie. Hoop hy is suksesvol wanneer hy dagvaar.

Eugene ·

Pragtig. Dagvaar ramaphosa ook, want Hy is te lafhartig om op te tree. Ek het n’ Ander woord vir ramaphosa, sal liewers still Bly.

Blikkantien ·

Miskien as die KFC begin opdroog, sal iemand hieraan aandag begin skenk.

Wondermaarnet ·

Dan sal die polisiediens ook meer effektief wees. Minder KFC = hopelik meer polisie teenwoordigheid waar dit nodig is.

Pietie ·

Ek hoop die boer kry iets uit gerig. Dis net een te veel. Die arme man, my hart bloei vir hom.

Riaan ·

Dit is moeilik om te besef wat die impak van beurtkrag is op uiteenlopende besighiedsaktiwiteite waneer mens nie daarby betrokke is nie.
Die een ding wat ek besef is dat Eskom se inkomste negatief geraak word en vererger met elke vlak van hoer beurtkrag.

Jaco ·

Uiteindelik sal onteiening sonder vergoeding verspot maklik wees. Boere gaan eenvoudig hulle plase net so los en dit vrywillig weggee en sê “alles raak net te moeilik en te duur. Ons kan nie meer nie”

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…..en dan tree hongersnood in want hulle is nie instaat om te produseer nie!

Hasie ·

Ry hul tot in Daantjie se kallerhok. Die hooggeplaastes ry met luukse voertuie, het luukse leefstyl en kry als verniet ….nee wat hul moet terugkom aarde toe.

Niel ·

Verkoop daai hoenders aan KFC. Hul hoenderstukkies word by die dag al hoe kleiner.

Miskruier ·

Ons het gister ook vir ure sonder loadshedding net een Fase krag gekry. Die skade aan pompe, besproeing en ander kan n hongersnood in ons land te weeg bring.

whatever ·

Hul wil eerder grond gee vir iemand wat 2 koeie aanhou, 10 hoenders en ‘n donkie, want dit is mos our people en dit is vooruitgang.
Sterkte ou maat. Jou stryd is nog lank nie klaar nie.

Lillian ·

Slaan my dronk…. Ons voedsel voorsieners moet eens gladnie geraak word deur beurt krag nie!!!!!!

piet ·

So die lewensduur van ‘n slaghoender is ‘n maand. Ai, dis darem ook vreeslik…

Yolandie ·

Ek voel vd boere verskriklik jammer. Wat ‘n verlies is dit net nie…….en op die ou einde van die dag – waar gaan dit begin probleme veroorsaak. Die produsering van al ons produkte in ons winkels. Ons gaan dit meer en meer begin voel. Dit gaan net erger raak. Want die regering het geen begeerte om Eskom te red nie, want dit is hulle “money pit”.

Renier ·

Jong boer van die jaar,maar die ventilasie het nie n monitor alarm op nie. Hou op blameer en kry jou huis in orde. moes lankal daai tonnel van sonkrag af laat werk. die hoender boere met tonnels maak genoeg geld vir dit.

vuurvliegie ·

Stem 100% saam dat die boer agterlosig. Dis die boer se verantwoordelikheid om sy eie instandhouding te doen op sy eie toerusting

skurweberg ·

Neem asb die SPCA saam met julle. Die plaas met die varke insident het die verskil gemaak.

Samuel ·

As hierdie nie kriminele optrede van Eskom en die regering is nie, wat is?

MARELIZE ·

“Ja, Boet, dis nou maar tamaties en slaaiblare – KFC en Nando’s moes toemaak agv hoendertekorte. Mmmm … blameer die mag se gewigsverlies maar op Eskom…” ????????

TO ·

Ek sou so dink ja, hoog tyd dat die useless eskom en regering uithaal en wys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.