Boerboel jaag inbreker die swembad in

Jess, die boerboel (Foto verskaf aan Maroela Media)

ʼn Vermeende inbreker het Sondagaand sy moses teëgekom toe ʼn boerboel hom skielik aan die anderkant van ʼn heining ingewag het.

Jody Gabrielsen van Ifafi in Hartbeespoort, Noordwes, het aan Maroela Media gesê ʼn inbreker het Sondagaand omstreeks middernag oor sy heining geklim. “Die heining is ongeveer 2.4 meter hoog en daar is ook penne bo-op. Die inbreker moes met die oorklimmery die klokkie getref het, en Jess het dadelik reageer.”

Jess is die gesin se agtjarige boerboel.

Jody was nog besig om televisie te kyk en het gaan ondersoek instel waarom die hond so tekere gaan buite. Die inbreker het in daardie stadium die yskoue swembad aangedurf om van Jess weg te kom en die boerboel het op die rand bly staan. “Sy het begin bedaar toe ek buite kom, en toe ek haar roep, het die man besluit om sy kans te waag en te vlug. Hy wou oor die bure se heining klim, maar my buurman het ʼn paar pitbulls, so hy het sommer dadelik omgedraai. Hy het waarskynlik gedink ek en Jess is die beter opsie.”

Jody verduidelik hy kon die man voorkeer terwyl sy vrou die polisie, buurtwag en PWV Security gekontak het. Clive Fisher van die sekuriteitsmaatskappy het sommer vinnig opgedaag met die buurtwag kort op sy hakke en die man is in hegtenis geneem.

Die verdagte word aangekla van oortreding en die besit van inbraaktoerusting.

Jess is al van ʼn babahondjie deel van die gesin en het saam met Jody se seun grootgeword. “Sy is die dogter in ons gesin!” het Jody geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Honde ·

As jy nie in n veilige veiligheidsoord bly nie, skaf baie kwaai honde aan, dit werk

Carel Wilken ·

Vrede met rumpsteak! ‘n Hele biltong en ‘n skaapboudbeen sal meer gepas wees

Ander Annie ·

Jess, jou mooiste honde kind. Jy moet sommer baie bederf word. Xxxxxx

Nikita ·

Hehehe….askies kon nie help om te lag nie. Dis nou n honnekind om op trots te wees. Baie mooi Jess. Mooi…..mooi!!❤

Danie ·

Mooi so Jess ek het ook n boela en n sasha my honnekinders. Ta sal maar moet keer en hardloop

Charl ·

Pragtig Jess kom aan laat ons las vir n groot bederf!!!!!! Ek gee R 200?????????

Noujatoe ·

Waaroor die breinfloute?
Nerens in die rubriek suggereer dit dat ‘Jess’ die inbreker n swemles gegee het nie?
Alle eer aan die huiseienaar.

Wilma ·

Jess jou dierbare hondekind. Oe ek sou graag wou sien hu di robbies by die pittbulls my favourite ras moes ingaan. Oelala. Dit sou sports wees neh

MK ·

Mooi so honne. Give that dog a Bell’s :-) Daai hond kort ‘n bederf elke aand en die inbreker ‘n sel.

Mabel ·

Hou haar in die huis. Bang hulle vergif haar. Honde is goeie ore vernaam langs jou bed. So bly sy julle van groot skade gered.

AmY ·

Mooi do Jess. Daai ‘kuiergas’ het het nie gekom vir koffie en koekies nie.

anoniem21 ·

Ek kon nie help om te lag nie, Jess het die mooiste gesiggie, hoe kan sy kwaai wees. Well done girl! :D

kas ·

Weereens was dit ‘n boerboel wat die ding gedoen het.Moet nie laat daai gesiggie jou mislei nie.My ou Rommel het ook so ‘n vroom gesiggie gehad maar tog was hy baie kwaai.Pa se seun.Jaco ja man ek is nie bewus van enige saak in ons regsgeskiedenis waar ‘n hond die beskuldigde was nie,die eienaar van die hond wel.

cynthia ·

So trots op daai hond as ek naby was het ek vir haar biltong en steak gebring, Sy verdien dit. Geluk meisiekind jy is n ster.

Nettie ·

Skote Petoors, Jess!!!

Dit is nou ‘n “bully” – met goeie rede!!!!!!!! Ek hoop haar ‘ouers’ het vir haar sommer ‘n 500g ontbeende rump steak by Spur bestel en gegee die volgende oggend!

Jess vedien 'n steak ·

Hey Jess! Jy is ‘n gorgeous honde meisiekind. Kyk dan nou net na daai gesig! pure Moeder se liefde. Nettie ek saam. Haar mense ouers moet haar Spur toe vat en vir haar ‘n lekker dik steak bestel.

Ben ·

Sy het mooi geweet Jody het hom nie genooi vir n bier en n braai nie! Hoop nie hulle laat haar in die koue nag buite slaap nie.

Alida ·

Dit is eintlik baie snaaks en kon nie help om die humor daarin te sien nie. Bly die skelm is aangekeer en baie trots op die hond.

Karools ·

Jaco ek ongelukkig mosterd na die maal maar wonder ek nou ook oor die rassisme storie hond dan nou wit van kleur. Jess jy kan maar enige iets eet wat vleis aanbetref maar moenie dat hulle jou Bells gee nie dan hardloop jy dalk teen die ruit vas. Ag jy is pratig Jess. Ek bly weens omstandighede in ‘n kompleks en daar mag mens nie honde aanhou nie. Wel ‘n kat. Moet se ek dink my kat se ma en rondgeloop. Sy kom as jy haar roep. En as ek in middae by huis kom wag sy by die deur vir my. As iemand aan die deur klop dan staan haar hare op haar rug regop soos ‘n Rifrug sin.

Sandra ·

Ja nee kyk, dis nou ‘n hondekind om op trots te wees. Mooi so Jess, ek hoop jy het ‘n lekker steak gekry om dankie te se, want die inbreker se besoek kon erger gewees het as ons so kyk na die nuus.

Zuzu ·

Hi Maroela,

Net daarop wys dat die sekuriteitsmaatskappy PWV (victor) is… en nie WCC ssos in die berig nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Zuzu

Dis inderdaad ons fout – dankie dat jy laat weet het!
Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.