Boere bekommerd oor vuurwapenamnestie

(Foto: SAPD)

Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), die landbounetwerk vir familieboere, verwelkom die amnestie vir vuurwapeneienaars, veral diegene wie se hernuwingsaansoeke in dikwels chaotiese toestande in SAPD-stasies vertraag is of weggeraak het. Hulle twyfel egter in die polisie se vermoë om dit sinvol te bestuur.

“Die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) kan tans nie die normale vloei van hernuwingsaansoeke hanteer nie, en Bheki Cele, minister van polisie, het dit onlangs erken. Die reuse-agterstande is deels hieraan toe te skryf,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Hy sê daar heers groot kommer oor die SAPD se vermoë om die amnestie oor die volgende ses maande sinvol te bestuur.

“Daar is ’n geraamde een miljoen wettige vuurwapens waarvan hernuwingsaansoeke vertraag is en Saai is ook bekommerd oor die huidige eienaarskapstatus van daardie wapens op die SVR.”

Hy sê die SAPD is intens bewus daarvan dat wettige vuurwapens nie die probleem in Suid-Afrika is nie; “tog sloer die SAPD nou reeds jare om ’n oplossing vir die hernuwingsagterstand van vuurwapenlisensies te vind. In die 2005- én die 2010-amnestietydperk is weinig onwettige vuurwapens ingehandig.”

Familieboere is egter bekommerd dat laat aansoeke teen hulle gebruik mag word in die vuurwapenbevoegdheidstoets, en Saai wil die minister se onderneming daaroor bekom.

Twee aspekte van Cele se aankondiging in die Staatskoerant stem Saai tot kommer. Die SAPD het ’n swak baanrekord wat vuurwapenbeheer betref en het duisende van hul eie vuurwapens oor die afgelope paar jaar verloor.

“Teen Augustus 2019 het Cele aangekondig dat daar reeds meer as 500 wapens uit polisiebeamptes se hande weggeraak het. Die reëling dat wapens waarvoor lisensieaansoeke ingedien word by polisiestasies ingehandig moet word, laat familieboere bekommerd dat dit, bloot op grond van statistieke, die onveiligste plek daarvoor kan wees,” sê De Jager.

“Boonop is daar geen aanduiding van hoe lank die wapen uit die eienaar se besit sal wees nie, en gegewe die tragiese syfers rakende plaasaanvalle en -moorde en die rol wat parate vuurwapenhantering in selfbeveiliging op plase speel, is familieboere baie skepties oor die sin daarvan om hul wapens onbepaald in te handig.”

’n Deurslaggewende hofsaak oor vuurwapenlisensies wat die Vuurwapeneienaarsvereniging van Suid-Afrika (Gosa) teen die minister aanhangig gemaak het, word eers in Julie ná die einde van die amnestietydperk aangehoor.

Saai hoop om dringend saam met netwerkvennote met Cele te beraadslaag oor hierdie en ander besorgdhede. Saai het reeds ’n databank ontwikkel waarheen vuurwapeneienaars wat om amnestie aansoek gedoen het hul besonderhede kan stuur om later opgevolg te word. Stuur jou naam per WhatsApp na Saai by 066 071 6094 om tot die databank gevoeg te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Karin ·

Nie seker hoe werk die vuurwapen amnestie besigheid nie – nognie daarmee te doene gehad nie, maar as so vuurwapen by die polisie ingehandig word, moet die persoon wat die vuurwapen ontvang se volle besonderhede op die bewysstuk ingevul word. Indien daardie vuurwapen “verlore” raak, soos genoem, van vanaf Augustus wat sowat 500 vuurwapens uit die polisiekantore “verlore” geraak het, dan moet daai polisiebeampte volle verantwoordelikheid daarvoor neem en ‘n hofsaak moet teen hom/haar gongestel word. Die straf vir so daad moet tronkstraf en boete oplegging wees – dalk sal hulle dan meer verantwoordelik raak. Inteendeel, ek glo nie ons mense sal sommer ‘n vuurwapen inhandig nie….nie nou meer nie!!!

Burger ·

Boere moet hulle nie laat mislei nie. Hulle sal wapens wat hulle inhandig, nooit weer sien nie.

As eienaars nog steeds ‘n lisensie het vanuit die vorige wet, nl ‘n groen kaartjie, lisensie geplak in ‘ n groen of blou ID boek of selfs ‘n magistraatsbrief uit ‘n nog ouer bedeling behoort hulle moes wettig te wees, al het hul sg “wit lisensie” verval.

Die toedrag van sake is agv die Prinsloo hofuitspraak van 2009. Onthou: “GROEN IS GOUD”.

Vir die wat meer wil weet oor “GROEN IS GOUD” sluit aan by GOSA.

Ons huidige tronkbevolking is omtrent 160 000 gevangenes. Waar gaan die polisie en Gun Free South Africa al die sg “onwettige” eienaars toesluit?

Het die polisie en hul base by Gun Free South Africa al sommetjies gaan maak oor die hulpbronne wat nodig sal wees om soveel mense te vervolg? Of sal Gun Free South Africa se finansierder pa staan vir die finansiële implikasies?

As almal saamstaan en vir die persoon in die Mafia uitrusting die middelvinger wys sal hy en Gun Free South Africa moet swig voor burgerlike ongehoorsaamheid.

Grysburger ·

GROEN IS GOUD

Onthou al het jou wit lisensie verval is jy nog wettig in besit as jy ‘n lisensie gekry het ingevolge die vorige wetgewing.

Cherokee ·

PietS, watse kwalifikasies het Cele om so aantuiging te maak? En waar het jy gelees dat hy so sê? Moet jou nie daaraan steur nie.

Sarrl ·

Net ‘n manier om die wetsgehoorsame meer weerloos te maak.

JohanR ·

As dit soe kom dat daar geen ander uitweg is as om ‘n wapen of wapens in te handig nie dan sit die loop in ‘n vice, en buig hom lekker. As dit soe is dat wapens in alle geval gaan vernietig word, dan het jy nou die halfte van die polisie se werk gedoen?

Anti Da ·

My wit lisensie se hernuwing (10 jaar ) se hernuwing was dit nie eers op hulle sisteem nie. Maar ek was 10 jaar terug uitgeruik daarmee. Met moeite en rondhardloop is dit reg gestel. Dankie tog die Polisieman by stasie wat daarmee werk ken ek. Daar is groot gemors met hulle system.

Spoor ·

Daar was nie ń probleem vantevore nie. Todat geldgierigheid oorgeneem het. Hoekom die proses herhaal as daar reeds ń lisensie uitgereik is.

daniel ·

Boere en enigiemand wat hul wapen àan die politic gaan oorhandig sal skuldig wees aan vrywillige volksmoord.
Dit is bloot n manier om die wittes se mag nog verder te verswak, en hulle oorgawe te verseker.

Boer ·

Jy kan tog nie jou vuurwapen wat jy nodig het om jou self en jou mense mee tebeskerm gaan in gee en dan wee aansoek doen vir die vuurwapen nie …hoe dom is die ou … as jy daai vuurwapen wettig bekom het en net moet hernu dan maak dit nie sin dat jy hom moet in gee na jy al voorheen hom toe gestaan is vir jou verdediging

Dom goed die

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.