Boere en polisie trek renosterstropers vas

Argieffoto: SAPD

Twee verdagtes, albei 35 jaar oud, sal vandag in die Ganyesa-landdroshof in Noordwes verskyn op ʼn klag van renosterstropery.

Die verdagtes is in hegtenis geneem danksy samewerking tussen die polisie en boere in die omgewing nadat ʼn renoster Vrydag geskiet en onthoring is in ʼn wildreservaat naby die grens met Botswana.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn omvattende soektog is na die verdagtes van stapel gestuur deur die polisie se honde-eenheid, misdaadintelligensie, die provinsiale opsporingseenheid en boere van die omgewing.

“Die twee verdagtes wat steeds binne die reservaat was, het die polisie gewaar en op hulle losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en een verdagte is gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling,” het Makau gesê.

Volgens inligting tot die polisie se beskikking het twee ander verdagtes van die toneel gevlug en is een Saterdag in Mokopong vasgetrek. “Die ander een is Sondag in die Morokweng-nedersetting vasgetrek,” het Makau gesê.

Daar is beslag gelê op ʼn onwettige vuurwapen, ʼn voertuig en albei renosterhorings. Die derde verdagte is nog onder polisiebewaking in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nenna ·

Dit lyk vir my of die verskillende eenhede,soos die honde-eenheid, misdaad-intelligensie, die polisiemag, die boere en hulle plaaswerkers al nouer begin saamwerk om misdaad hok te slaan. met baie goeie resultate. Ek lees ook al hoe meer van veediefstal waar die diewe gevang word. Doe so voort.

Nenna ·

Dit lyk vir my of die verskillende eenhede,soos die honde-eenheid, misdaad-intelligensie, die polisiemag, die boere en hulle plaaswerkers al nouer begin saamwerk om misdaad hok te slaan. met baie goeie resultate. Ek lees ook al hoe meer van veediefstal waar die diewe gevang word. Doe so voort.

Scalla ·

Goed gedoen almal wat gehelp het, wat my dwars in die krop steek is dat die gewonde verdagte gehaas word na die hospitaal vir mediese behandeling, wat van die renosters se pyn en leiding, die skelm het te veel regte.

Lollie ·

Scalla ek stem saam met jou. Wat ek graag wil weet is wie betaal vir daardie mediese behandeling? Ek kan jou ook wed hy kry die BESTE mediese behandeling!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.