Boere gaan nie sommerso hensop oor wapens

(Argieffoto: SA Polisie)

Die landbouorganisasie Saai sê uit terugvoer van boere is dit duidelik dat hulle nie goedsmoeds gaan toelaat dat hulle ontwapen word nie.

Daar was die afgelope ruk groot openbare woede oor voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenwet wat “selfverdediging” as rede vir ʼn vuurwapenlisensie sal skrap. Nog beperkings op die wet sal ook ʼn uitwerking op die private veiligheidsbedryf, asook op jag en sportskiet hê.

Derduisende mense het reeds ʼn petisie teen die voorgestelde wysigings onderteken en in sommige kringe is die konsepvoorstelle as “onverantwoordelik en irrasioneel” bestempel.

Saai het vandeesweek begin met ʼn openbare veldtog genaamd #StillNoGun om druk op die polisie te plaas om sy jarelange agterstande in aansoeke vir nuwe vuurwapens, amnestie en hernuwings van bestaande vuurwapens uit te wis en die wapens aan hul regmatige eienaars terug te besorg.

Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê die polisie het reeds duisende wapens ingeneem om ballistiese toetse daarop te doen. Volgens hom kon die polisie tot dusver nie sê hoe hy byvoorbeeld ʼn ballistiese toets op ʼn haelgeweer doen nie. De Jager sê boere is veral skepties oor die polisie se kapasiteit om dit te doen en die wapens behoorlik te stoor.

“Teen ’n gemiddeld van ’n plaasaanval elke tweede dag en ’n plaasmoord elke vyfde dag oor die afgelope 25 jaar, bevind Suid-Afrika se boere hulle in onveilige omstandighede wat in elke opsig aan die definisie van ’n lae-intensiteit burgeroorlog voldoen,” sê De Jager.

Hy sê uit gesprekke met ambassades, besoekende parlementslede uit Europa, buitelandse joernaliste en digitale vergaderings met landbou-unies elders in die wêreld, blyk dit dat talle mense “frons oor die bisarre ontwapening van boere in die amnestieproses”.

Volgens De Jager is dit veral by plattelandse polisiestasies in stelsels waar daar “geen kapasiteit, geen kundigheid, geen plan en geen wil is nie”, waar boere bekommerd is dat hulle hul vuurwapens nie weer gaan terugkry nie.

Lede van die parlementêre komitee oor polisie het verlede maand ʼn oorsigbesoek gebring om hulle te vergewis van die agterstande met die verwerking van veral DNS-monsters en vuurwapenaansoeke nadat daar die afgelope paar maande enorme kritiek oor die hantering van albei was.

Die gemors by die polisie se sentrale vuurwapenregister het ook reeds tot ʼn agterstand van sowat 250 000 aansoeke gelei.

De Jager sê te midde van hierdie omstandighede wil die polisie selfverdediging nou boonop as motivering vir die besit van ʼn vuurwapen skrap.

“Elke akademiese studie oor die onderwerp oor die afgelope twee en ’n half dekades, alle navorsing deur institute, universiteite en selfs van die staat self, sowel as AfriForum se omvattende data oor plaasaanvalle en plaasmoorde, is dit eens dat ’n plaasgesin se vermoë om ’n plaasaanval te oorleef allereers gegrond is op hulle gereedheid om terug te skiet en deur selfverdediging tyd te koop vir die buurtwag en dalk die polisie om op die toneel op te daag.

“Buiten dat die ANC se optrede op ’n etiese en morele vlak geen sin maak nie, lê dit ’n posisionering wat die wêreld gevrees het, bloot” sê De Jager.

Saai gaan nou met ander organisasies saamwerk wat ook veldtogte van stapel stuur om wetsgehoorsame burgers se regte te beskerm.

Die organisasie wil Suid-Afrikaners, diegene in die buiteland, asook ambassades, buitelandse regerings en internasionale agentskappe by sy veldtog betrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Werner ·

Die regering gaan nou met n skok agtergekom hoe onbevoeg hulle veiligheids magte werklik is.

Ovelia ·

Moenie moeilikheid maak as hul aan die leeu se neushare gekrap word nie. Kry eerstens die onwettige vuurwapens dan praat ons weer

Pieter ·

Oor my dooie ligaam gaan julle brein dood anc nie my wettige vuurwapen vat nie. Ons blankes wil nie standpunt in neem nie. Doen julle self n guns en gaan lees weer wat het gebeur met piet retief en die slag van bloed rivier.

Johan ·

Hierdie is alles net ‘n strategie van die regering om boere te probeer ontwapen sodat daar minder weetstand is sodra plase begin onteien word. Niks met wapenbeheer vir sekuriteit te doen nie. Die tydlyn loop perfek saam…

Con ·

Ons mag onder geen omstandighede toelaat dat ons ontwapen word nie. Dit sal die laaste strooi wees wat die kameel se rug breek en hulle sal ‘n vry hand hê om met ons te maak net wat hulle wil.

annie ·

As alle bevindinge soos hierbo vermeld tot ‘n slotsom gevoer word, is dit nie die onbekwaamheid van die ANC-regering en staatsentiteite wat landsburgers moet beveilig, waar die pes broei nie, maar in die gruwelike ideologie wat alles omhels en aanvoor/-vuuur met ‘n slinkse plan vir die vernietiging van die bestaande samelewing/ekonomie, eie rasse ingesluit, vir die daarstelling van ‘n bizarre wèreld waarin ‘n mafia-tipe dog-eat-dog boewery gedy. Venezuela sal na ‘n kinderpiekniek daarteenoor lyk.

Ian ·

Hierdie is ooglopend en sommer blatant van die anc gedryf deur daai minister…. Hy bad en slaap seker ook met sy hoed. As hulle my wapens wil moet hulle dit terug koop ek het dit wettig bekom hulle het besluit om die speelveld te verander.

gatgogga ·

Stem nie saam nie. Basta met terugkoop. Ons moet gewapen bly.

Persheks Adri ·

Hulle gaan dit nie kan doen nie nog minder kan hulle na ons kyk en ons beskerm. Ons moet dit baklei almal van ons, want hierdie gaan regtig oorlog veroorsaak deur hulle onbevoegdheid!!! Doen julle werk en los ons uit dis wettig in ons besit nie soos die kriminele se wapens nie pffft

Mallie ·

Se net bietjie vir my, ons word nou ontwapen en mag ons self nie verdedig nie, wie gaan my en my gesin verdedig. Doe polisie wat hulle eie mense na n geskil skiet en daarna selfmoord pleeg.

twaalfboor ·

250 000 aansoeke teen R150/aansoek = R37. 5 mil rand wat in SAPS se hande is.

Willem ·

Moenie net konsentreer op wapens vir selfverdediging nie. Die hele wet op beheer van vuurwapens is ‘n gemors. Hoe moet ‘n mens ladings ontwikkel vir jou gewere as jy nie mag herlaai nie? Dit is duidelik dat hierdie Marxistiese regering nié sy eie burgers vertrou nie – hulle kan nie die kriminele bendes ontwapen nie en mou skeer hulle sommer almal oor dieselfde kam. Watter reg het ‘n regering om reëls en regulasies uit te vaardig wat hy nié kan adminstreer nie? Hoekom moet ek weens die onvermoeë van die amptenary maande wag om my eiendom in besit te neem? Die hele lisensiestelsel vir wapens is omslagtig en onprakties. Noe lê daar 250,000 aansoeke in hope en die minister met die hoed probeer die probleem met ‘n nuwe wet weg te toor. Sy voet man – hy loop op die strande rond met gewapende geleide maar ek mag nie my vuurwapens in vrede geniet nie!

Persheks Adri ·

Dis ‘n helse kop seer die en soos jy sê ons doen lading ontwikkelings. Ons moet hulle fisies looi met feite en statistieke. Hulle sal niks van my kry nie!

Jakes ·

Geen regering ter wereld sal my van my regte ontneem om myself en my familie te beskerm nie, veral hierdie skobbejakke wat ons regeer.

gatgogga ·

Gaan nie “goedsmoeds” wapens inhandig nie, volgens Theo de Jager.
Hoe klink dit dan vir my jy het al klaar ingegee? Se eerder, gaan “glad nie” wapens oorgee nie, man.

Petrus Johannes ·

Dit kan en sal ons nie toelaat want dan stap ons mense self slagpale toe.Wil die stupid cele oorlog he Hy loop met 12 lyfwagte om hom dan kan n wurm groot bek he

DIABLO ·

Hierdie Boer het nuus vir die anc. Waag dit om aan my wapens te raak. Mense, ons moet begin saamstaan.

John ·

Dit is tyd om van Bheki Cele ontslae te raak en vat sommer die hele ANC en EFF saam…..

Danie ·

Wel ek het ongelukkig slegte nuus vir jou.
Saamstaan gaan witmense niks help teen hierdie regering en sy breindood ministers nie.
Ons sal wel saamstaan ja of ten minste saamsit.
In die tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.