Boere gemaan oor veiligheid dié Kerstyd

(Argieffoto)

Die landbouorganisasies TLU SA en Agri SA het gesamentlik ʼn beroep op die boerderygemeenskap gedoen om dié Kerstyd hul vlakke van paraatheid en veiligheid te verhoog.

“Die naderende feestyd bied geleenthede aan misdadigers om toe te slaan op niksvermoedende mense. Dit is daarom noodsaaklik dat die boerderygemeenskap hul paraatheid opskerp en voortdurend waaksaam sal wees,” het die organisasies gesê.

Hulle het ʼn dringende beroep op die polisie gedoen om in die beplanning vir die feestyd ʼn verskerpte poging aan te wend om die landbougemeenskap te beskerm deur verhoogde sigbare polisiëring en misdaadvoorkomingsoperasies.

Die organisasies het vanjaar altesaam 53 plaasmoorde aangeteken in vergelyking met 54 verlede jaar. Vanjaar is 383 plaasaanvalle aangeteken, teenoor 394 in 2018. Die organisasies sê hoewel hierdie syfers afgeneem het, is dit wel aanduidend van die misdaadrisiko’s waaraan boere en werkers daagliks blootgestel word.

Agri SA en TLU SA se veiligheidstrukture is ten gunste van die vestiging van ʼn landelike beveiligingskoördineringsforum om samewerking en eenheid oor landelike veiligheid binne die hersiene landelike beveiligingstrategie te bevorder. Die forum sal ook ʼn rol speel in die koördinering van ʼn eenvormige standpunt en/of beleid oor landelike veiligheid en samewerking tot op grondvlak bevorder.

Die organisasies sê omdat veediefstal die grootste misdaadbedreiging vir veeboere is, sal die veediefstalvoorkomingsforum deel van die veiligheidskoördineringsforum wees.

Hulle het boere gemaan om sover moontlik die verkoop van plaasprodukte direk van die plaas te vermy. Nie net kan dit die verspreiding van bek-en-klouseer bevorder nie, dit het ook al die lewe van talle boere gekos.

Maroela Media het verlede week berig ʼn boer van Wolmaransstad in Noordwes is vermoor en sy vrou aangerand toe boewe wat hulle as veekopers voorgedoen het, hulle op hul plaas oorrompel het. In nog ʼn voorval is ʼn boer van Clocolan in die Oos-Vrystaat ernstig aangerand – óók deur aanvallers wat hulle as veekopers voorgedoen het.

Die organisasies waarsku dat veediefstal in dié tyd moontlik kan toeneem en sê dat boere behoorlike beheer moet uitoefen oor wie toegang tot hul plase het. Hulle vra onder meer ook dat grondeienaars betrokke raak by georganiseerde landboustrukture en plaaswagte.

“Geen beskermingsmaatreëls is ʼn waarborg dat ʼn plaasaanval of misdaad nie sal plaasvind nie, maar dit kan ʼn aanval vertraag of bemoeilik en inwoners die geleentheid gee om alarm te maak,” het die organisasie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Werner ·

Hoe kan hulle nou al van n afname praat die jaar is nog nie verby nie dink ons gaan laas jaar se aanvalle oortref

Karin ·

Hierdie geld nie net vir ons boere nie, maar vir almal !!! Wanneer jy buite in die tuin loop, dorp toe gaan, in ‘n ry staan by ‘n supermark se betaalpunt, oppad na jou voertuig toe stap, self al bestuur jy – oral moet ons op ons hoede wees vir moontlike gevare. Ek weet dis vreeslik om so te lewe, maar dis vir ons eie veiligheid en die van ons mense. Moenie dink dat ‘n aanval nooit teen jou geloots sal word nie – dis dwaas !!! Solank jy asemhaal – is die moontlikheid daar. Moet ook nie met oogklappe bestuur nie – kyk uit vir jou mede volksgenote. Help mekaar waar julle kan – of dit kos, saamry geleenthede, hulp met iets by die huis, pap wiel langs die pad….help mekaar. Onthou….dit jy in nood gewees het !!!

M ·

So boere en al ons gewone plattelandse mense, dra maar jul wapens aan jul, nou moet ons nog oor ons skouer loer oor kersfees, belaglik

TLC ·

Elke Boer moet loop saam sy roer
Wees paraat en so ook elkeen wat wit is
Dis oorlog

Johanna Botha ·

Boere wees net asb altyd op julle hoede en hanteer alles as verdag !

Niklaas ·

Ek en my gesinslede bly voortdurend paraat. Al is daar kollegas , vriende en bure wat dink ek is effe gek en baie paranoïs en oordrewe agterdogtig , is ek en my gesin nog nooit aangeval of oorrompel nie. Maar bygesê , ek woon in dorp en nie op n plaas nie. Sekere dinge op plotte en plase kan ongelukkig nie vermy word nie. Misdadigers is altyd net te slim vir woorde en weet gou waar is die plaasmense se swak plekke en roetine wat gevolg moet word.

Pieter ·

Wanneer gaan ons boere maak soos die boere van duitsland ons wil maar net nie luister nie

Chris ·

Ons moet ordentlike veiligheids heinings om die plase sit . Koop goeie honde , klein en groot . Hou op om jou hekke agter jou nie toe te maak nie . Ek sê nie almal nie Maar ons is baie slap wanneer ons by ons eie veiligheid kom . Kan jou gesin wapens hanteer Is jou wapens in jou kluis toegesluit ,of is dit binne jou bereik . Jy kan nie te paranoias wees nie . Wie inkom in jou erf is nie daar om kos te kom vra nie . Hulle gaan vir jou en jou familie baie seermaak .
Word wakker en verdedig jou huis / plaas .

Scalla ·

Almal moet gemaan word oor veiligheid aangesien die regering nie wetgewing kan toepas nie, alle fondse wat spandeer word tov veiligheid en toerusting moet aftrekbaar wees van belasting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.