Boere gewaarsku teen EFF, ‘arbeidsinspekteurs’ wat plase betree

(Foto: EFF/ Twitter)

Boere word gewaarsku teen lede van die EFF en sogenaamde arbeidsinspekteurs wat plase betree en amok wil saai met die doel om na bewering meer stemme te verwerf.

TLU SA sê hy het verneem van verskeie voorvalle waar lede van die EFF se sogenaamde “labour desks” en mense wat hulself as arbeidsinspekteurs voorgedoen het só toegang tot plase en plaaswerkers gekry het.

Drickus Botha, streeksbestuurder van TLU SA se Noordstreek, sê die EFF maak verskillende dreigemente gevolg deur protesoptogte waarin memorandums van eise aan plaaseienaars oorhandig word. “Dié eise is meestal onredelik, ongegrond en met geen wetgewing wat dit ondersteun nie. Die boere word dan gedreig om aan die eise te voldoen of ʼn tweede besoek van die party te wagte te wees.”

Daar was glo al voorvalle in Groblersdal, Tolwe en Naboomspruit in Limpopo waar aanranding plaasgevind en werkers uiteindelik ontslaan is.

“Ons ervaar dat werkers tot so ’n mate mislei word dat hulle nie meer ware arbeidkwessies na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) of aangewese departemente verwys nie, maar slegs na die EFF luister.

“Die EFF kan nie veel meer doen as om beloftes te maak oor wat tydens die verkiesing gaan gebeur nie.”

TLU SA doen nou ’n beroep op boere om paraat te wees en beveel aan dat plaaseienaars die volgende stappe neem om hulleself te beskerm: Hou hekke gesluit en maak seker daar is ʼn bord waarop duidelik aangedui word dat die grond privaat is en oortreders vervolg sal word – die bord moet in meer as een taal wees; sluit by ʼn plaaslike veiligheidstruktuur aan; kry ’n gebeurlikheidsplan gereed; steun op ervare onderhandelaars om met betreders te praat; beplan saam met die plaaslike polisie hoe en wanneer om op te tree en steek kers op by kundiges oor wette met betrekking tot openbare byeenkomste en betreding. Geen personeelrekords mag sonder ʼn lasbrief of aan enigiemand sonder die nodige identifikasie gewys word nie.

Die South African Parastatal and Institutions Union (Saptu) veroordeel intussen die optrede van diegene wat agter hierdie sogenaamde “labour desks” skuil in ’n poging om meer stemme in die komende verkiesing te verwerf.

“Politieke partye kan nie deur middel van die Grondwet bevoegdhede verkry om by die werkplek in te meng nie aangesien dit nie deel vorm van die amptelike strukture van arbeid nie en hulle nie die pligte nakom wat deur die Wet op Arbeidsverhoudinge aan vakbonde voorgeskryf word nie. Die EFF maak baie geraas, maar hulle het geen mag in hierdie verband nie,” sê adv. Ben van der Walt, hoofsekretaris van Saptu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Misky ·

Hierdie ouens hou eenvoudig net nie op nie!!!! Saai amok en krap waar dit nie jeuk nie. Kla die party aan van terrorisme en kry klaar!!!!

Plaaskind ·

Ek stem saam, ek kan nie dink hoe hulle toe gelaat word as politieke party nie.

Persheks Adri ·

Ag genade wanneer word hulle toe gesluit vir al hulle wangedrag, haatspraak en aanhitsing van geweld? Ek is só moeg vir hulle pffft die hele lot van hulle!

Genis ·

Dis mos krimineel om jouself voor te gee? Le klagtes by die polisie, of mis ek iets.. Dis tyd ons vastrap hulle goed op hul neuse laat dyk…

Blikkantien ·

Net jammer dat die polisie nie noodwendig gaan dink dat dit belangrik genoeg is nie.

Debbie ·

Hulle moet altyd hul neus insteek waar dit nie hoort nie. Sodra dinge begin rustig raak dan doen die EFF iets wat net probleme veroorsaak. Malema hou van aandag op hom, wil net op die tv wees al die tyd maak nie saak wat dit ander mense kos om daar te kom nie

Adam Adriaan ·

Op my plaashek en lyn drade is daar kennisgeings wat lui ” Illegal trespasser will be shot on sight”

Pieter ·

So gaan dit as jy met die ANC en EFF terroriste wil onderhandel. As n boer die terroriste op sy plaas toe laat dan gaan die boere vir hulle self n groot probleem skep

H ·

hoekom word die terroris malema nie ge arresteer nie !! !???????

Hoekom ·

Soos die Taliban destyds Alqaida beskerm het so beskerm die ANC cartel regime die EFF terroriste

Anel ·

Kan hulle nou maar ophou met hul kinderagtighede!! Maar my! Ek mag nie vloek nie maar my, kan daar nie iets aan hierdie terroristiese narre gedoen word nie? As dit nou een van ons was, dan…. Die arme boere moet nou hulle werk los om sekere te maak die spul kom maak nie amok nie. Waar in jou lewe het jy nou al so iets gesien? Lyk my die spul het regtig nie werk nie nou hou hulle ander uit hulle werj. Ontban die rooi barrette. Genade tog. Ciryl en Cele, tree nou op teen die spul. ASSEBLIEF!!!!!

Jakes ·

Daar is gelukkig nog swartmense wat opgevoed is en n goeie IK het wat nooit vir Malema en sy boewe sal stem nie. Daar s nie pille vir domheid nie.

koos10 ·

Regtig? Moet die boere nou borde opsit om die landswette aan ‘n politieke party te verduidelik? Wat as hulle nie kan lees nie? Hoe groot moet die bord wees? In watter kleur?Laat hulle as hulle die grond betree net toe gesluit word.

Deon ·

Jy mag hulle laat arresteer as hulle jou grond betree, nie nodig vir allerhande borde en strooi nie

Tokkel ·

As die EFF nie wil hoor en die ANC regering hulle nie wil aanspreek, moet hulle maar die gevolge dra as hulle die boere se grond onwettig betree. EN die boere is nie almal wit nie Mal-emmer!!

Dup ·

Hierdie voorvalle gaan net feller raak.Intimideer en terroriseer die plaasgemeenskappe totdat hulle handdoek ingooi,hulle tasse pak en die plase se sleutels oorhandig.Die regering gaan bitter min doen om dit te stop en sal net toekyk.

Alta ·

Maar my liewe hel tog! Hul doen wat hul wil, wanneer word hul vasgevat? Daar is kennis dat hul hierdie dinge doen maar dit word nie gestop nie! Wie gee hul in die eerste plek die reg om privaat eiendom te betree en eise te stel? Dit is ook n dreigement teenoor die boer as hul se dat hul sal terugkom! Laat n boer nou net self teenoor hul optree dan word hy vervolg en gearessteer. Die klomp opstokers moet dringend vasgevat word, dink hul nou hul is die mafia ? Meeste van hul is n klomp ongeletterdes wat hul leier se opdragte uitvoer net om amok te saai.

Alta ·

Ai malema, ek hou duim vas dat jy binnekort n rolletjie losslaan in n advertensie of soapie op tv. Jy soek so verbete na aandag , dink net jy kan dit dan opneem en replay en heeldag na jou eie bakkies op tv kyk.

Mariana ·

Jip en lei nog sy seun ook op om sy voetspore te volg. Aandagvraat, kry seker te min aandag by die hus of sy meesters het groot planne vir hom

Louis ·

‘n plaas is ‘n werkplek, net soos ‘n kantoor, winkel ens. By my werkplek word nie enige politieke party toeglaat om te kom stemme werf nie. Wat is ‘n plaas nou anders???? Weier om hulle toe te laat, AMEN!!!!

Mariana ·

Plaasarbeiders moet voortydig ingelig word oor hierdie party se manier van doen. Alle politieke partye soek stemme maar nie almal gaan oor tot afpersing, intimidasie en dreigemente nie. EFF word totaal en al te veel toegelaat.

Samuel ·

Die EFF kry nie steun by die stembus nie, dus moet hulle iets doen om aandag op hulle te vestig. Ongelukkig is geweld altyd aan die orde van die dag.

Mrs H ·

Eff vat baie maklik mag in hul eie hande, en kom niks oor… keer op keer.

Jdb ·

Die dreigement van “n tweede besoek” is blatante intimidasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.