Boere hou optog oor suikerinvoere

Talle suikerrietboere het Dinsdag (26 Junie 2018) ʼn massiewe optog in Pretoria gehou. Foto: ANA

Honderde suikerrietboere het Dinsdag ʼn massiewe optog in Pretoria gehou om te versoek dat dié sukkelende sektor deur die owerhede beskerm moet word.

Die gefrustreerde boere van KwaZulu-Natal en Mpumalanga is ontevrede oor die massiewe suikerinvoere in die land. Hulle beweer maatskappye verkies dié ingevoerde suiker en dit het daartoe gelei dat plaaslike suikervervaardigers in die moeilikheid gedompel is.

Die boere het die regering versoek om hoër invoertariewe op suikerinvoere in te stel in ʼn poging om plaaslike boere van ondergang te red.

Dinsdag se optog is deur die Suid-Afrikaanse Suikervereniging en die SA Farmers Development Association (Safda) gelei.

Talle suikerrietboere het Dinsdag (26 Junie 2018) ʼn massiewe optog in Pretoria gehou. Foto: ANA

Lionel October, direkteur-generaal van die departement van handel en nywerheid, het die skare betogers toegespreek. “Eerstens wil ek sê dat ons as regering bekommerd is oor die lot van die sektor en die lyding wat tans plaasvind. Ons weet daar is op grootmaat suiker van Brasilië, Indië en die VAE ingevoer. Baie suiker het die land binnegekom en die industrie is op sy knieë. Ons weet en verstaan dit,” het October gesê.

Hy het gesê Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, en Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het reeds vergader om die kwessie te bespreek.

Talle suikerrietboere het Dinsdag (26 Junie 2018) ʼn massiewe optog in Pretoria gehou. Foto: ANA

“Ons het drie weke gelede ʼn vergadering met die ministers gehad om hierdie probleem te bespreek. Ek het ook pas met die kommissie gepraat wat kyk na die tariefaansoek en kyk hoe die industrie beter beskerm kan word.

“Ek het pas met die kommissaris gepraat en hy het gesê hulle hanteer die saak as dringend. Hy het gesê hulle sit vandag [Dinsdag] in ʼn vergadering om die impak van die aansoek op die suikerbedryf te bespreek,” het October gesê.

Suresh Naidoo, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging, het gesê die Suid-Afrikaanse suikerbedryf is tans “onder beleg” en maak ʼn direkte bydrae van meer as R15 miljard tot die land se ekonomie.

Talle suikerrietboere het Dinsdag (26 Junie 2018) ʼn massiewe optog in Pretoria gehou. Foto: ANA

“Indien hierdie invoertendens voortgaan soos dit tans is, sal drie meule moet sluit en die gevolge sal katastrofies wees – werke, ekonomiese bedrywighede en mense se lewensbestaan sal in die slag bly. In die 2017/18-seisoen het die belasting wat betaal is op meer as 500 000 ton suiker neergekom op ʼn verlies van R2,3 miljard se inkomste vir die plaaslike bedryf,” het hy gesê.

Volgens boere is die bestaande dollar-gebaseerde verwysingsprys en die veranderlike tariefformule – wat daarop gemik is om plaaslike vervaardigers te beskerm – nie meer doeltreffend nie, soos die massiewe toename in suikerinvoere duidelik aandui.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marius ·

So kruppel die staat sy eie mense om nie die boere te ondersteun as ek julle was het ek die land verlaat te veel goed om die boere onder te kry moord en nou dit.

TDW ·

Hoekom suiker invoer in die eerste plek? Mens voer iets in waarvan jy nie genoeg self kan genereer nie. Ons het nie suiker, vleis, mielies of graan nodig nie. Tog word dit gereeld ingevoer. Die boere se bedryf moet opgepas word.

Susan ·

Almal weet suiker is nie goed vir ons nie. Laat ons gebruik wat ons het, en moenie invoer nie. Ek verstaan ook nie hoekom die regering nie voor die tyd na hierdie dinge kyk en later wil kom om vure dood te slaan nie.

Henk ·

Skiet my nou maar as julle wil. Waarom is suiker so duur ? Ja , ja, produksiekoste, vervoer, die middelman, ens. . Mense, dit is eenvoudig , waarom moet gewone verbruikers wat alreeds sukkel om te oorleef , belas word met julle onvermoe om produkte goedkoper te produseer ? Ingevoerde suiker boikot ? Waarom ? Ingevoerde suiker is heelwat goedkoper as plaaslik geproduseerde suikeer en is van dieselfde gehalte.

Jongboer ·

Beste Henk. Dis n probleem van baie van ons om nie die anderkant raak te sien. Wat sou jy doen as daar afhanklikes is en hul voer ander mense in om wat ookal jy doen te vervang. Dink aan die rippel effek. Mens maak mos nie soos mens wil nie. Vir jare was die bedryf goed vir die land. Jy skakel nie net oor na ander gewasse nie. Dit vat tyd vir die oorskakeling omdat boere Arbeiders wil beskerm teen werkloosheid. Dit het n effek op ons almal . Selfs op jou.. meer werkloses. Suiker in elk geval die goedkoopste wat dit al was in jare agv die onbeheerde oormaat suiker wat ingevoer was

marous ·

department van min handel en geen nywerheid kon nie eers hulle buro vir standaarde aan die gang hou nie . Hulle kan hulle benaming verander na department van ruilhandel ….ons ruil julle duisende tonne steenkool vir twee sakke rys …..

Koos ·

Kom en se net vir ons wie het die suiker ingevoer. Dit jan nie vanself hier kom nie. Jy moet n koper, he wat dit bestel en daarvoor betaal. Vertel vir ons wie die aankopers en verspreiders van die suiker is

SUSAN ·

Dis hoe die paddas gekook word. Sodra die water warm genoeg gemaak word deur die regering sal die paddas padgee (CR). Die invoere word vir die doel gedoen.

Milla ·

Ek stem ssam jou Henk. En dan ook net dit is nie net die regering wat hier moet ingruip nie. Deesdae boer elke ou vir hom self (eintlik nog al die jare). Boere moet leer om saam te smelt, insluitende kleinskaalse suiker boere. Deur cooperatives te work kan boere die inset en produksie kostes tussen hulle verminder. Boere moet ook begin omoorsese market te identifiseer. Deur saam te smelt verlaag dit nie net die inset en produksie kostes nie, risikos word verdeel, en die international mark kan betree word (skakel kompetisie uit). TDW dit is nie te se as ons land genoeg van iets het ons nie kan invoer nie, dit help ons land met foreign exchange, wat ‘n direkte positiewe impak op ons ekonomie het. Weereens boere kan nie net op die regering staat maak nie.

Gestremde ·

Dus nie net die suierbedryf wat ten gronde gaan nie maar enige produk wat vervaardig word in Suid Afrika. Sien dag by dag hoe ondernemings bankrot verklaar word. Die land is basies in ‘n resessie en op die rand om in mekaar te stort. Werkloosheid is ook ‘n groot rede op goedkoop voedsel te voorsien. Wil nie eers praat van onwettige immigrante nie. Die probleem op die langtermyn is egter dat plaaslike vervaardigers ondergaan en dit op die langtermyn ook armoede en werkloosheid gaan vermeerder. Dus of die land in ‘n bose siklus is waar anargie gaan uitbreuk een van die dae. Aan die anderkant sal ek net graag wil weet as die blanke al die grond “onwettig” besit het om te boer, hoekom is die meerdheid van die boere op die foto dan swart. Daar gaan dringend verandering in die land moet kom, kan sommer begin by die ANC en hul verrotte statistieke en denkwyse en daarna die korrupsie en onbevoegde “grootkoppe” wat die land in die grond in bestuur. Die ANC is besig om te floreer op apartheid en my opinie is dat die blanke bevolking minder as 10% grond – en besigheid besit het op die huidige oomblik. Die ANC is besig om apartheid holrug te ry terwyl swart bemagtiging die land oorgeneem het.

Wonder ·

O genade, nou wonder ek nie meer nie, Nou sien ek als is in sy kanon in. Eers het ‘n man, wat als weet, gesê ons petrol is te goedkoop, nou is dit buitebeheer. Toe sê iemand, ons krag is die goedkoopste ter werêld, nou is dit sky high! Nou word daar gesê suiker is goedkoop? Wanneer gaan die wat dink hulle weet als sê ons is die laagbesoldigdes in die werêld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.