‘Boere Jurassic Park’ is onaanvaarbaar

Louis Botha se standbeeld by die parlement in Kaapstad. Foto: Raymond.ellis via Wikimedia Commons

Louis Botha se standbeeld by die parlement in Kaapstad. Foto: Raymond.ellis via Wikimedia Commons

Die VF Plus het Woensdag gesê hy stem nie saam met Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, se voorstel om die Afrikaner se geskiedenis en gedenkwaardighede na ʼn ‘Boere-Jurassic Park’ te skuif nie.

Pieter Mulder, leier van die party, het gesê die 20 voorstelle wat die minister vandag genoem het, kom van die raadgewende gesprek verlede Vrydag by Freedom Park in Pretoria. Die gesprekvoering was om voorstelle aan te hoor, en dit kan daarom nie as besluite beskou word nie, maar as blote aanbevelings.

Volgens hom is daar wel voorstelle genoem wat in die belang van alle partye is, soos streng polisieoptrede teen mense wat standbeelde beskadig. Hy het gesê die VF Plus sal dit steun, maar verwerp enige voorstel dat ʼn deel van die Afrikaner se geskiedenis agter slot en grendel weggebêre moet word.

Die VF Plus het vyf voorstelle in die verband aan die minister genoem, en sal ook enige voorstel vir die byvoeging van gedenktekens op meriete ondersteun, vir diegene wie in die verlede misken is indien dit geskiedkundig akkuraat is.

Die party se vyf voorstelle is:
1. Die beskadiging van standbeelde en kultuurskatte is ʼn misdaad en die polisie moet streng hierteen optree;
2. Leiers van alle kante speel ʼn belangrike rol in die goeie verhouding tussen mense en moet ʼn voorbeeld stel met hul uitsprake;
3. Suid-Afrikaners moet deeglik opgevoed word in ʼn gebalanseerde geskiedenis wat alle kante gelyk behandel. Die geskiedenis mag nie eensydig misbruik word om mense vir vandag se politiek te mobiliseer nie;
4. Beelde moet bygevoeg word om ʼn balans te bring en tevredenheid onder almal te verseker. Die wegneem van beelde gaan net wrywing veroorsaak; en
5. Hierdie sake moet met wedersydse empatie en met inagneming van mekaar se gevoelens bespreek word.

“Dit is duidelik dat die aandeel wat minderhede soos die Afrikaner gehad het in die opbou van die land, asook sy belasting goed genoeg is, maar dat sy erfenis en kultuur nie welkom is nie. Dit is nie aanvaarbaar nie,” het Mulder bygevoeg.

Mthethwa het gesê niemand kan ontken dat daar te veel van ons verlede in ons hede is nie. “Tydens die raadgewende gesprek is daar ooreengekom dat ons ʼn hede wil hê wat ons toekoms sal reflekteer,” het hy gesê.

Van die ander aanbevelings wat gemaak is, is om dringend ʼn taakspan op te stel wat die omstrede standbeelde sal identifiseer, en dit dan sal skuif.

Die minister het gesê die proses is ʼn omkeerpunt in hoe die land kwessies van die geskiedenis hanteer en dit behoort binne vyf jaar opgelos te wees.

Dosyne strukture is die afgelope drie weke landswyd geskend nadat die Ekonomiese Vryheidsvegters hul ondersteuners versoek het om die standbeelde af te breek wat die wit minderheidsregering verteenwoordig.

Lees alle vorige berigte oor standbeelde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ina Vogel ·

Ja, asseblief! Skuif asb. ons goed na geselekteerde historiese terreine toe wat afgesonder word vir monumente standbeelde ens. wat deel is van ons gskiedenis en kultuur. Ek wil graag he die vandale moet ons goed uitlos.

Peet Schabort ·

Ja, en maak dit dan vir ons sommer ‘n tuisland ook waar ons vir eie gewin kan voortboer.
Dit laat my dink aan die herdenking vd 2e vryheidsoorlog by die Voortrekkermonument waar ons mekaar kon vertrou en waardevolle goed oral rondgestaan het sonder vrees van steel. Ek het een videokamera op sy 3-poot gelos en met die ander een rondbeweeg. Want sien, ons wat daar was was dié deel van die gemeenskap wat nog wortels gehad het in ons verlede. Dieselfde by ander feestelikhede van ons volkie is jy gerus en loer nie die heel tyd oor jou skouer.

Emile ·

As die Afrikaner se geskiedenis weggeneem word, word ons uit die land se verlede gewis en het dan geen aanspraak meer op hede of toekoms nie. Hoe het ons dan hier beland sonder ‘n verlede? Ons sal dan net wit makweramakwera wees wat, die Vader behoede ons, moontlik aan xenophobie ‘n ander kleur verskaf.

Verwydering van ons geskiedenis en en monumente kom neer op volks-uitwissing.

Englene Ferreira ·

Ons is Afrikaners in Suid-Afrika. Ons het ‘n geskiedenis wat nie uitgewis kan word nie. Nog minder die standbeelde ter herinnering daaraan.

Piet ·

Namens wie praat die VF+? Namens die 166000 wat in die laaste verkiesing vir hom gestem het? Wat van die ander paar miljoen wat nie vir hulle gestem het nie?
Hou eers ‘n gesprek onder jou eie lede voordat jy sulke voorstelle op die tafel sit. Dit is eensydig.

david ras ·

En vir wie het die “ander paar miljoen” nogal gestem ? Hoeveel miljoen is daar nog ? Die wat nie vir die VF+ gestem het nie, het of vir die DA gestem, of gladnie gestem nie.
Wat is die DA se standpunt oor die beelde ? Die ander Afrikaner organisasies wat wel op die beraad teenwoordig was se standpunt is : “los die beelde/monumente net waar hulle is, dieselfde standpunt as die VF+ s’n.
Wat is jou standpunt ?
Jare gelede voor televisie, toe ons vermaak nog oor die radio gekom het, was daar ‘n humor program genaamd “die mielieblaar klub”. In die program was ‘n karakter ( ek meen dit was Oom Merten) wat die program beeindig het met die woorde “red nou ‘n volk met sulke mense “…….
Ja wragtie !!!!

Lynni ·

David, jy kan nie almal wat jy dink nie VF+ stem aanval nie. Piet het net ‘n vraag gevra. Nou moet jy ‘n televisieprogram van jaar toet voorhou as voorbeeld. Ek raak self kwaad oor mense wat ons te na kom, maar ek haal dit nie op my onskuldige mede landsburgers uit nie. (Sagte teikens). Gaan skel die uit wat die standbeelde vernietig.

Bosvark ·

Hulle koggel ons!! Maar dit gaan einde kry,en dit is om die draai.

Paul ·

“Tydens die raadgewende gesprek is daar ooreengekom dat ons ʼn hede wil hê wat ons toekoms sal reflekteer”

Ek wonder hoe wil die Mthethwa vent ‘n donker gat oprig as ‘n standbeeld, ek twyfel of hy en sy president en die res van die kabinet oor sulke innoverende denke beskik.

Nico ·

Ek wil net vir Piet vra wil hy hê. Hy kritiseer die VF se besluit, maar sê nou nie eitlik wat stel hy voor nie. Ek stem gedeeltelik met die besluit saam. ‘n Standbeeld soos die van Paul Kruger in Pretoria se middestad is deel van ‘n historiese plein en sal die geskiedkundige besienswaardigheid baie verskraal sou die monument geskuif word. Maar daar is monumente in dele van Johannesburg se middestad wat lankal beskadig is en geen Afrikaner gaan besoek hulle meer daar nie. Skuif hulle liewer na ‘n behoorlike besoekpunt.

Rooijan ·

Piet ten minste praat iemand namens die afrikaner. Sou jy verkies dat niemand niks se, en dat die minister en regering en die EFF en sy volgelinge alle tekens dat hier ooit n blanke volk genaamd die afrikaner verwyder uit die hede. Dan hoop ek vir jou part jy het jou geldjies al geskuif en jou tasse gepak en jou kaartjie in die hand meneer. Want dan is die toekoms sonder die blanke afrikaner hier in Suid Afrika. Dit gaan nie help om verder onsigbaar te probeer wees nie, jy is nie, en op die manier word jy net vir n lafaard aangesien wat alles sal weg gee.

Piet ·

My voorstel is juis dat alle belange groepe deel van hierdie gesprek moet wees. Dit sluit Steve en Sunette in. Die standbeelde behoort aan all Boere Afrikaners, nie net aan ‘n groepie van 166000 nie.

david ras ·

Van watter gesprek praat jy nou ? Die gesprek was met die minister op sy uitnodiging, Was jy self daar ? Indien wel, vertel ons watter ander groepe/partye was daar en wat was hulle voorstelle.
Dit Maroela Mediase redaksionele keuse wat en wie se mening hulle oor hierdie gesprek wil publiseer.
Jou probleem is met die VF+ nie met die feite van die saak nie. Jou politieke onderrok hang baie ver uit !

pop ·

En so gaan dit met elke berig en opinie. Baklei en se mekaar sleg en die dommes wil slim klink en die slimmes klink dom. Vergeet van saamstaan, witmense kan glad nie meer oor enigiets saamstaan en stem nie. Elke brommer wil op sy eie dr–l sit. Pleks dat julle n slag die positiewe raaksien.

Johannes ·

Ag nee sies Pop! Hoekom maak jy nie liewer ‘n positiewe voorstel nie? Ons het nie jou platvloerse kommentaar nodig nie. En buitendien, daar is niks verkeerd daarmee as mense op ‘n beskaafde wyse van mekaar verskil nie. Dit sal altyd deel wees van intellektuele gesprekvoering wat tot goeie oplossings en besluite lei. En die gesegde dat Afrikaners nie kan saamstaan nie raak nou afgesaag. Dit dra geensins by tot die Afrikaner se beeld nie en is op sigself ‘n baie negatiewe opmerking. Voordat ‘n mens sulke opmerkings maak , moet jy jouself eers afvra wat se bydrae maak my kommentaar tot die gesprek.

Christo ·

Ek wonder net as die minister n toekoms wil he sonder om die verlede te sien of hy die verlede se mense se geld ook nie meer wil he nie en wat van die land wat hulle gekry het wat opgebou was .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.