Boere moet help paaie regmaak – en opdok daarvoor

‘n Knewel van ‘n slaggat op die pad tussen Clarens en Fouriesburg. (Foto: Vrystaat Landbou)

Vrystaatse boere is gevra om die departement van polisie, paaie en vervoer te help om paaie in die provinsie te herstel – maar hulle is gewaarsku dat hulle nie vir hul uitgawes vergoed sal kan word nie.

Talle boere betaal reeds skraperoperateurs sodat gruispaaie geskraap kan word en gebruik hul eie arbeid en hulpbronne om dit te doen, sê Francois Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL).

“Dit beteken dat die regering nie aan sy diensleweringsverantwoordelikhede kan voldoen nie, terwyl burokrate in die topswaar Vrystaatse provinsiale paaiedepartement steeds hul salarisse sal ontvang,” sê Wilken.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het verlede week gesê paaie gaan vir die volgende tien jaar nie in stand gehou kan word nie en gaan toenemend versleg. Hy het die skuld hiervoor onder meer op die e-tolstelsel gepak en aangevoer geld wat bedoel is om paaie te onderhou, word gebruik om die mislukte stelsel se skuld te delg.

Die drukgroep Outa het in reaksie hierop gesê die verslegtende padnetwerk hou nie verband met nasionale en tolpaaie wat die Nasionale Padagentskap in stand hou nie, maar dat die probleem op provinsiale en plaaslikeregeringsvlak lê waar die tesourie se toewysings en die geld wat munisipaliteite invorder, nie behoorlik bestee of bestuur word nie.

Prof. Frikkie Maré, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, sê die probleem met paaie op die platteland wat al hoe meer versleg, is veel groter as wat die meeste mense besef. En dit strek veel verder as die Vrystaat.

“Die meeste van ons ry met hoofpaaie, maar as jy in die platteland van ʼn hoofroete afklim, is dit absolute chaos.”

Talle boere het lankal begin om self die slaggate in paaie in hul omgewing te begin opvul, bloot om dit begaanbaar te maak. “Dit is uit moedeloosheid gebore in ʼn poging om lewensverlies en brekasie te beperk,” sê Maré.

“Om produsente ʼn mandaat te gee om die paaie teen hul eie koste reg te maak, is belaglik. Grondbelasting word reeds buitensporig verhoog en deel van die rede waarom jy dit betaal, is sodat die regering gangbare roetes na jou plaas kan verskaf.”

Swaarvoertuie, soos vragmotors wat vee of gewasse aanry, kan nog stadig oor die slegte paaie sukkel en in een stuk anderkant uitkom. “Maar kinders moet by die skool kom, mense moet by die kerk kom en dan moet hulle daardie paaie in gewone bakkies en voertuie ry.

“Produsente moet ook hul produkte by die mark kry en die meeste daarvan word per pad vervoer,” sê Maré.

“Die nadraai hiervan is dat voedsel al duurder gaan word, want dit word al hoe moeiliker en duurder om produkte by die mark te kry. Dit kan ook veroorsaak dat die platteland onbevolk begin raak.”

‘n Verspoelde pad tussen Warden en Vrede in die Vrystaat. (Foto: Vrystaat Landbou)

Wilken sê die instandhouding van die nasionale padnetwerk is ’n grondwetlike verpligting van die departement waarvoor hy ʼn begroting van die nasionale tesourie ontvang – en wat deur belastingbetalers finansier word.

“In hierdie stadium is daar die werklike moontlikheid dat die Vrystaatse plaaslike en provinsiale padnetwerk binne die volgende paar jaar ineen kan stort. Dit sal miljoene mense van basiese en kritieke dienste afsny,” sê Wilken.

Maré stem saam dat die situasie beroerd is. “Jy betaal vir ʼn diens wat jy nou self moet lewer. Die regering moet begin om sy werk te doen. Dit lê nie by Jan Publiek om hierdie situasie om te keer nie. Die regering moet die geld reg aanwend en gebruik vir dit waarvoor dit bestem is.”

Wilken sê benewens dié paaie is daar nog die talle grondpaaie wat boere, plattelandse gesinne en maatskaplike ondersteuningsdienste daagliks moet gebruik en wat bitter selde geskraap word. Dreinering- en waterbane word nie oopgemaak nie en die padoppervlak van talle van die paaie is weggewas.

VL eis intussen antwoorde op talle vrae, onder meer wat die provinsie se instandhoudingsplanne en begroting behels.

“Al is ons lede nie padbouers nie, was VL nog altyd bereid om met die provinsiale regering saam te werk. Swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie-wetgewing en -vereistes is egter die groot struikelblok wat verhoed dat plaaslike boere, kontrakteurs of gemeenskappe betaal word om te help met die oplossing van die groeiende krisis,” sê Wilken.

Dié paaie wek veral kommer:

  • Die R30, ʼn hoofroete wat Welkom met Bothaville, Klerksdorp en Orkney verbind. Volgens VL het die departement nie genoeg aanwysingsborde gehad om ongelukke op ’n oorstroomde stuk te voorkom en om verkeer na ’n gruisverbypad wat behoorlik onderhou is, te herlei nie.
  • Die Clarens- (R711) en Ficksburg-pad (R26) is hoofroetes na groot toerisme- en landbou-toerismebestemmings en is belangrik vir internasionale handel met Lesotho. Die Ficksburg-Fouriesburg-pad (R26) word as die slegste pad in die provinsie bestempel. Die R34 tussen Memel en Bothaspas is nie ver agter nie en kontrakteurs het volgens VL opgehou werk omdat hulle nie betaal word nie.
  • Die R34, R59 en R505 (Wesselsbron-, Makwassie- en Hoopstadpad) is kritiek vir die lewering van stapelvoedsel aan silo’s en verwerkingsaanlegte. Die R709 tussen Hobhouse en Winburg is ook ʼn kritieke landbouroete en belangrike roete vanaf die Oos-Kaap en Lesotho vir mynwerkers na die Vrystaatse goudvelde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Renier johannes ·

Hulle moet munsiepaliteite afdank hulle doen nie hulle werk nie die boere moet hulle kos voorsien dan verwag hulle die boere moet hulle werk ook doen

Dries ·

So bly die anckanker kaders in ontkenning leef. Mag die anc n stille dood sterf,, so stil nes hulle ontkenning. N vis vrot van sy kop af onder toe. Julle anc se rak lewe is verby. Tyd dat julle dit besef. En sommer net verdwyn. Julle sal almal tot julleself daai guns doen. Sies man.

Chris dupreez ·

Hierdie munisipale bestuurders hoort in die tronk , saam met die res van die korupte regering. Die boere moet maar die geld bymekaar sit en die munisipaliteit in die hof ( tronk ) kry.

Perdeby ·

Dit is nie die stadrade se werk om die buit paaie reg te maak nie maar wel Dept Fikkie. Die stadrade is verantwoordelik vir die dorpe of stede se paaie.

Pieter ·

Wel, dan betaal ons nie meer belasting nie, finish en klaar . Julle stop julle sakke vol met die geld wat die paaie moet reg maak. Genoeg is nou genoeg, julle demand net,hoe kan ek jou betaal vir n diens en dan moet ek dit self doen op my eie kostes?

Samuel ·

Nee, Pieter. In ons land sal mense nooit saamstaan en belastings weerhou nie.

Smurf ·

Hulle wil nie die boere beskern nie maar hol gou na die boere toe vir hulp !……en verwag dat dit gratis gedoen word . Ek het nog baie meer te se , sal maar eerder nie…..

Chris dupreez ·

En vreet hulle self blinkbek aan dit wat die boere produseer

Nie Verbaas ·

Ek stem. Jammer dat n mens jouself nie ten volle kan uitspreek nie want ek het nog nooit sulke hopelose, …………

SomeOne ·

maar die gemors wat bo sit word geld beskikbaar gestel, vb, r450m vir salarisse en dit vir wat ?
suid afrikansers (wit) moet net eenvoudig nie meer geld aan die staat betaal nie !!!!

Swerwer ·

Die ANC kan nie aan dienslewerings verantwoordelikhede voldoen nie, maar ontvang vet salarisse terwyl die boere hard geslaan word met beslastings en dan word daar verwag die boere moet die paaie in stand hou sonder vergoeding. Hierdie is bietjie dik vir ‘n daler. Halveer die salarisse van die Staatsamptenare en wend dit aan om die paaie in stand te hou. Die ANC wil net ontvang maar is nie bereid om te gee nie.

Samuel ·

Ek voel jammer vir die Vrystaatse boere en mense in omliggende streke, maar wat anders kan mens van die ANC regering verwag? Rêrig?

Mariana ·

Alles goed en wel, boere en ander sal paaie regruk en dit waarskynlik beter doen as munisipaliteite, maar hoe verwaand kan die minister wees as hy verwag dat hulle wat dit regmaak nog steeds moet betaal vir dienste. Allerhande belastings word gehef maar niks word herstel. Die verskonings wat aangevoer word dra ook nie water nie. Dit is ‘n skreiende skande dat dit lyk soos dit lyk terwyl die mense wat betaal word om dit te doen net agteroor sit en niks doen nie. As boere self moet regmaak kan daardie luilakkd mos maar die trekpas kry. Geen trots in hul werk nie. Sies!!!!!

Sandra ·

Daar is Baie arbeiders…. In die tronk. Span hulle in sodat hulle hul board en lodging Kan verdien. Hulle lewe Beter as ek.

Di ·

Stem 100% saam – in die verlede moes hulle harde handearbeid verrig, nou is dit n lekker lewe in tronke. Dis nou nie meer ‘n straf in die tronke nie maar ‘n vakansie

Eclectus ·

Wanneer narre in kastele intrek word die narre nie konings nie, die kastele word sirkusse.

SjN ·

Waar val Frikkie uit, die etol het niks met instandhouding en onderhoud uit te waai nie, erken eerder julle klomp kadres is onbevoeg en trek net reuse salarisse.

Riaan ·

Munisipaliteite moet losgemaak word van alle vorme van politiek. Dit moet bedryf word soos ‘n Non Profit Organization.

SlinkseKoljander ·

Natuurlik, die ANC is bankrot en dring daarop aan dat ons hulle werk doen en self ook moet betaal vir dit. Dit is die Afrika mentaliteit, wit mense kan moes betaal vir alles.

Nie Verbaas ·

Dink net, ons het goeie paaie gehad onder die wit regering. Ons BEE vriende vat ons terug na grondpaaie en die oertyd. So verwoes hulle Suid Afrika. Dank die gemors af wat nie in munisipaliteite hoort nie.

Vossie ·

Trek dit van belasting af. Of hou totaal op om belasting te betaal. Die staat kom geen van sy tax betaalde dienslewering na nie. Sleep hulle hof toe! Dit is die plig van die staat om die diens te lewer.

Renier ·

Regering moet boere n belasting verlaging aanbied om paaie reg te maak.

Kwikkie ·

Hoe maklik is dit tog nie om e-tol die skuld te gee nie……op n positiewe noot is dit vir n slag nie Jan van Riebeek se skuld nie hahaha :p

WILLEM ·

Die kort en die lank van al die probleme met onderhoud en herstel van vele aspekte in ons land is dat die mense wat die werk moet doen/beplan nie daartoe instaat is nie. Hulle kry wel salarisse wat skrik vir niks. Om belasting te betaal is om fondse daar te stel vir die werk wat benodig word. Nou betaal ons belasting en moet nog die onderhoud van die paaie en strate in die stede ook doen. Dit is mos diefstal op groot skaal. Dis tyd vir aksie, om bekwame mense aan te stel wat die GROOT agterstand kan aanspreek. Ek dink nie Mandela en FW het ooit voorsien wat nou aan die gebeur is nie.

Erika ·

Their Motto is what you can do for Us…. – its not about providing decent service in exchange what you pay for
Hulle het die Udacity om die boere te vra vir support op die boere eie onkoste …sonder dat hulle ooit vergoed word Intussen word . Plaas Aanvalle nie deur Cyril Erken nie.. ..

Papsak ·

Hulle moor die boere goed uit maar nou is die boere weer goed om natoe te hardloop vir hulp ek stem genoeg is genoeg prop hulle sakke vol en flip die res hulle moet minder op grawe le en rus en ophou vreet dan sal paaie beter lyk want n mense ry of jy gedrink is so moet jy uit swaai vir gate in die pad

Junior ·

Daar is net een ding wat die regering kon reg doen en dis om alles in die grond in te bestuur

Genis ·

Mense ek glo nie ons beself die omvang van die onkeerbare skade wat die ANC aangerig het nie…

Sê maar net ·

Wat ‘n bleddie cheeck! Nou so kwaad, ek bly liewer stil :( :(

Frikkels ·

Die paaie is in ñ toestand en hulle weier om onderhoud te doen, nou wonder mens net waar kom die geld vandaan om derduisende hophuise te bou?

Chantel ·

Om nie eers te praat van die pad tussen Clocolan en Landy Brand nie. Dis in baie gevaarlik om daar te ry en die mense jaag steeds.

Suzette ·

Die vermetelheid van hierdie regering ken nie perke nie….

Margaret ·

Boere moet dan direk hierdie uitgawes kan aftrek vanaf belasting wat verskuldig is, bv BTW en inkomste belasting. Nie as n uitgawe nie maar direk van die Belasting af want dit is geld wat die regering moes uitgee, nie die boere nie. Hulle is nou weereens besig om mense uit te buit noudat hulle sien dat die boere dit self doen. Hulle gaan nou nooit weer n grondpad regmaak nie.

Debbie ·

Wat het etol tog te doen met die paaie? E tol is net in gauteng maar die paaie in al die provinsies is in haglike toestand. Wat van die levy op ons petrol prys, waarvoor is dit dan.

Johanna ·

Ek stem, dit is die STAAT se plig om.landelike Grondpaaie in stand te hou…..
Waarom word die Boere nou weer uitgesonder.
Wat van die RURAL areas se paaie, hulle moet dit dan ook self onderhou. Die Onderwysers van Skole lands die Grondpaaie moet dan ook ook bydra om paaie te onderhou. ACE Magazhule wat soveel finansiele skade in die Vrystaat goedgekeur het kan ook die Grondpaaie alleen gaan regmaak

Adriana ·

Dit is ñ skande, hul maak boere dood maar hul is maar weer goed genoeg om die land uit sy gemors te help. Ons ry baie langpad, net gister weer op die N1 deur die Karoo, Vrystaat terug in Gauteng dis ñ mooi pad maar ook op plekke al uitgery deur die groot trokke, daar was geweldig baie trokke op die pad, hier en daar ñ motor voertuig, mens sal moet na dese die alternatiewe paaie ry om van die N1 af te bly maar die paaie is sleg, het Phillippolis en Parys omgery, die trokke ry net te onverskillig en jy soek jou dood op daardie pad, die regering moet spoorvrag weer aan die gang kry om daardie trokke van die pad te kry

Martin ·

Gee die mense wat in beheer is almal lof en prestasie bonusse, ons nuwe regering se paaie lyk netjies en goed onderhou! Ons belasingbetalers sal dit betaal.

Nico ·

Hoekom betaal ons motor lisensies, waar gaan daardie geld heen. Daar is geen kundigheid meer nie daarom gaan alles agteruit net soos Eskom, Transnet, SAL ens. Bring die kundiges terug.

Staal ·

Julle praat te veel. Vat hulle hof toe . Art 152 van die Grondwet. Gee hul gas!!

Impact ·

Ons betaal op elke denkbare plek belastings, maar ons kry geen dienste van enige instansies nie. Ons betaal heffings op plase, maar daar word net gekollekteer en niks word terug geinfesteer in ons nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ai, ons kry nou die proe van hoe die lewe is op die ANC se Marxisties-kommunisiese Mzansi National Democratic Society Useless Animal Farm waar almal gelukkig is maar sommige gelukkiger is as andere. Die skape op die plaas sal hopelik begin dink vir wie om op die plaas te stem wanneer die veld op die plaas oorbewei is en daar te min of geen voer in die trog is. Intussen lag die Draak van Ekonomiese Wêreldkompeteerbaarheid oor die toestand in Mzansi. Tragies.

Windhond ·

Regtig? Die regering verwag die boere moet paaie regmaak vir mahala, maar weier om te sorg vir ordentlike beskerming of beveiliging van daai selfde boere, – “come to my parlour, says the spider to the fly”

Frank ·

Hierdie wildehond regering is wragtig so pateties. Klomp idiote.

Cobus ·

Wat het mense verwag gaan gebeur? Direkte resultaat van swak, bose, ideotiese besluit so 30 jaar terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.