‘Boere moet kinders opvoed oor optrede tydens plaasaanvalle’

Argieffoto (Foto: AfriForum)

Argieffoto (Foto: AfriForum)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê almal in landelike gebiede moet met hulle kinders gesels oor plaasaanvalle.

“Ons wil nie hê kinders moet bang gepraat word nie, maar hulle moet weet hoe hulle tydens ʼn aanval moet optree,” het Ian Cameron, die hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gesê.

ʼn Kind is vanoggend tydens ʼn plaasaanval in George’s Valley, Limpopo deur die aanvallers gebruik om hulle deur die huis te begelei, terwyl sy ouers aangehou is. Klik hier om meer te lees. Hierdie was die derde plaasaanval in 48 uur.

Die verdagtes het met die slagoffers se voertuig gevlug en is deur boere tot in Polokwane gejaag, waar die SAPD op die verdagtes losgebrand het. Die verdagtes het nietemin steeds te voet gevlug.

Volgens Cameron voel plaasaanvallers niks vir slagoffers nie, dus moet kinders presies weet wat om te doen om hulself én hulle gesinslede te beskerm, omdat hulle dikwels vir onderhandeling deur die aanvallers gebruik word óf om aanvallers – soos in dié geval – te begelei.

Drie plaasaanvalle het die afgelope 48 uur in die land plaasgevind. Dié van die gesin van George’s Valley, en die volgende twee:

Mally Thomson is Maandagoggend deur drie verdagtes met ʼn panga aangeval. Hy het ’n verdagte doodgeskiet. Die ander twee het gevlug. Richmond, KwaZulu-Natal.
Jacobus Kemp het Sondag met ’n haelgeweer op sy aanvallers losgebrand en een doodgeskiet. Letsitele, Limpopo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

Hoekom word die name van die boere so herhaaldelik aangehaal? Ek vra maar net. Almal het toegang tot hierdie media en wraak aanvalle is nie ongeken nie.

pieta ·

Nee jong, HULLE sal die boere se name noem, maar die ouens wat die dade pleeg se name word omtrent nooit genoem nie, dis ANC Polieste se manier van doen, ek is seker die bevel kom van die hoogste gestoeltes af.

Lynette ·

Jy is reg Pieta. Die misdadigers se name mag nie genoem word voor hulle in hof verskyn en gepleit het nie maar die boere, wat nou van moord aangekla word, se name word direk genoem!!!!

pop ·

Wat my so bekommer is die boere wat weerloos gelaat word na n skietery, want die Polisie vat hulle wapens. Nou kan die skelms wat weggekom het net mooi terugkom en hier sit die boer ongewapen. Dis jammer om dit aan kinders te moet doen, maar leer hulle net een ding. Skiet. Hulle moet vertroud gemaak word met wapens. Ek het as 5 jarige kind al geweet om te skiet. Nie oor ons in gevaar was nie, maar omdat n kind wat n wapen nie ken nie n gevaar vir homself is. Nou moet hulle hulself kan verdedig.

Letitia ·

Ek stem, kinders moet opgevoed word oor optrede tydens aanvalle. Is daar iewers ‘n blad of artikel wat ‘n bietjie meer inligting kan gee oor wat die beste optrede sal wees vir ons as ouers en die kinders?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.