Boere moet opdok vir watermeters

oring-koringare-landerye-son

Foto: Freestocks.org/Pexels.com

Besproeiingsboere word nou deur die regering verplig om hul eie watermeters teen duisende rande te installeer.

ʼn Kennisgewing wat op 17 Januarie 2020 in die Staatskoerant geplaas is, gee boere 30 dae tyd om die meters op eie onkoste te installeer. Alle waterverbruikers wat nie lede van ʼn besproeiingsraad of waterverbruikersvereniging is nie, moet die watermeters installeer. Die doel daarvan is, volgens die departement, om die volhoubaarheid van waterverbruik in Suid-Afrika te verseker, aangesien die vraag na water in die land die beskikbaarheid daarvan oorskry.

In reaksie hierop het die landbouorganisasie TLU SA Dinsdag in ʼn amptelike brief aan die minister van waterwese en sanitasie, Lindiwe Sisulu, kapsie gemaak teen dié kennisgewing.

“TLU SA stem saam dat waterverbruik in die land beter gemonitor moet word,” sê Steven Vermaak, die voorsitter van TLU SA se Waterkomitee. “Maar die gesloer met die vestiging van waterverbruikersverenigings is ʼn drukkender saak wat eers aandag moet kry en sal bydra om die verbruik van water meer doeltreffend te bestuur. Ons het in die skrywe versoek dat die installering van meters dus uitgestel moet word totdat hierdie verenigings gevestig kan word.”

Volgens die organisasie sal ʼn enkele 50 mm-watermeter wat voldoen aan die spesifikasies, soos deur die departement bepaal, sowat R18 000 beloop, maar hoe groter die in- en uitlaat, hoe duurder word die meter. “Die gehalte van die water waarmee besproei word, is ook van sodanige aard dat filters aangebring moet word, wat die koste nog verder sal opstoot. Sommige besproeiingsboere sal tien of meer meters moet aanbring.”

Daar word verder van boere verwag om maandeliks die lesings van die meters te neem en dit in ʼn voorgeskrewe formaat aan die departement te stuur.

“Die meting van waterverbruik is die verantwoordelikheid van die staat en nie van die waterverbruikers nie,” sê Vermaak. “Die owerhede kwyt hulle baie swak van die taak om waterverbruik te bestuur. Daar is bowenal nie eens genoeg watermeters in die land beskikbaar om aan hierdie opdrag te voldoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Termiet ·

Net nog ‘n manier om die boere te ontmoedig en hulle van hulle grond af te dwing.

Smurf ·

Dit is hoe dit gaan wees….Die regering gaan jou VERPLIG om teen jou eie onkoste hulle werk vir hulle te doen……

Simon ·

Dit is die regering/munisipaliteit se verantwoordelikheid om ‘n watertoevoernetwerk te intalleer en te onderhou. Die water wat deur so ‘n netwerk vloei is ‘n natuurlike hulpbron net soos die wind wat daar waai en behoort nie aan die regering/munisipaliteit nie. Die water behoort aan niemand nie en die regering/munisipaliteit kan nie ‘n tarief op water self plaas nie. Hulle kan slegs ‘n tarief hef op die gebruik van die waternetwerk sou hulle dit self op eie koste intalleer en onderhou. Gaan die regering/munisipaliteit water verskaf gedurende droogte? Hierdie is maar net my eie siening van die saak.

Carina ·

O so nou is die vermorsing van water skielik die boere se skuld!! Net nog ‘n manier om ons boere se kele af te sny en die land in sy kanon in te ry. Julle soek die probleem op die verkeerde plek!!!

Charlotte ·

Ek verstaan hulle wil verbruik monitor, maar……. Die boer boor sy eie boorgat, en betaal self daarvoor, en dan moet hy nog ‘n meter ook installeer om sy eie water op sy eie grond deur die staat te laat monitor. Gaan seker ook belas word daarop! Of sit ek die pot nou heeltemal mis?

Simon ·

Dit is die regering/munisipaliteit se verantwoordelikheid om ‘n watertoevoernetwerk te intalleer en te onderhou. Die water wat deur so ‘n netwerk vloei is ‘n natuurlike hulpbron net soos die wind wat daar waai en behoort nie aan die regering/munisipaliteit nie. Die water behoort aan niemand nie en die regering/munisipaliteit kan nie ‘n tarief op water self plaas nie. Hulle kan slegs ‘n tarief hef op die gebruik van die waternetwerk sou hulle dit self op eie koste intalleer en onderhou. Gaan die regering/munisipaliteit water verskaf gedurende droogte? Hierdie is maar net my eie siening van die saak.

charmaine ·

En “hulle” sal tog nou nie van plaas tot plaas ry vir meterlesings nie hulle sal moet oornag, moet eet, brandstof vir die duur motors wat spesiaal hiervoor aangekoop sal word moet kry, lekker toelaag. So dit sal nooit gebeur nie, hulle kan nie eers in woongebiede lesings kom neem nie, en hulle vat in elk geval n geskatte lesing wat jou rekening hemelhoog laat draai om net n maand later weer in krediet te wees agv hulle swak werk.

Oujongvrou ·

Nou het ek al als gehoor. Die boere moet maar net se hulle het nie die vondse nie. Hulle werk mos nie vir die staat om n ewigdurende onwettige cash flow te he nie. Kort voor lank gaan hulle moet betaal vir hulle eie water. Pleks die staat die damme skoonmaak , nou krap hulle waar dit nie jeuk nie

Anel ·

Dis maar net weer ‘n geldmaak storie. Nog iemand wat vinnig ryk wil word uot die boete. Byt die hand wat jou voed. Verder sê ek niks want MM sal dit nie plaas nie.

madels ·

Die boere moet net eenvoudig weier om deur die kommunistiese land so beheer te word. Hoe uiters belaglik is dit nou nie!!!???

Nicky ·

Die arme boere, my ouers ingesluit. Hulle is op hulle kniee met die lae produk pryse op die mark, (Ons betaal trippel in die winkels) die droogte, die onsekerheid of hulle nog volgende jaar op hulle stukkie grond gaan wees (NB. Self gekoop nie geerf) Insette is klaar gesny omdat hulle nie pryse kry vir hulle produk nie, (die mark agent bepaal die prys vir die produk, die boer moet vat wat hy kry) Nou moet my ouers op hulle 2 boorgate meters laat opsit, teen amper R40 000. Hulle moes 10 werkers afdank, omdat hulle landerye baie kleiner gemaak het. Waar moet die klein boer die geld vandaan kry? Besef die regering nie dat as hulle ons boere verder gaan druk, ons nie meer kos haan hê om te koop nie? Maar nogsteeds staan hulle op elke oggend 4 uur, hou hulle stiltetyd onder die ou Maroela boom, ry ‘n draai om die plasie, om seker te maak drade is nie geknip nie. groet sy groeppie werkers, met ‘n koffie vir elkeen, hou stiltetyd saam met hulle. Sê dankie vir die nuwe dag en boer voort….

Jacobus ·

Wonder wie is die verspreiders van die meters? En onthou plus 15%

Vrystater ·

My aanbeveling is bloot om dit te boikot.

Al rede waaraan ek kan dink dat die ANC nou skielik in waterlesings op plase sal belangstel, is dat hulle nie op ‘n plaas wil beslag lê en daarna droëbek sit nie. Daar moet darem ‘n goeie watertjie wees vir die nuwe eienaar om sy brandewyntjie mee af te sluk.

Eis liewer dat die regering hulle begrotings en aandag spandeer deur gesondheidsregulasies, instandhouding en effektiewe bestuur toe te pas op hospitale, watersuiweringswerke en rioolplase.

Eragrostis ·

Hoekom spreek die minister nie die ander twee, eintlik groter, oorsake vir die watertekort in Suid-Afrika aan nie, en dis die voortdurende bevolkingsaanwas en onwettige emigrante wat albei toenemende druk op die waterhulpbronne plaas? As daar minder mense is, word minder gewasse en vleis geproduseer. Eenvoudig. Oorbevolking is die oorsaak vir die meeste sosio-ekonomiese probleme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.