Boere moet pad Paasnaweek herstel

Trekkerlaaigrawe (TLB’s) is druk bedig om die pad tussen Reits en Warden te herstel. (Foto: Vrystaat Landbou)

Boere en plaaswerkers van Reitz-Oos het nie soos hul medelandgenote Paasnaweek gerus nie. Hulle moes inspring om die S1421-grondpad tussen Reitz en Warden reg te maak, want dié pad het so erg agteruitgegaan dat hulle nie meer met hul boerderybedrywighede kon voortgaan nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Vrystaatse boere wat self paaie herstel, gewaarsku is dat hulle nie daarvoor vergoed sal word nie.

Jan Briel, ’n boer van die omgewing, sê dié pad is in so ’n slegte toestand dat selfs ’n vierwielaangedrewe voertuig sukkel om daar te ry. “Die probleem is dat die ondergrondse wegvoerpype so verstop is weens nalatigheid van die paaiedepartement dat water oor die pad stoot en dit onbegaanbaar maak.”

Hy sê boere van die omgewing moet die pad twee keer per jaar deur ’n privaat kontrakteur laat skraap teen ’n koste van R5 000 per boer.

 

‘n Gedeelte van die S1421-grondpad. (Foto: Vrystaat Landbou)

Tydens dié vakansiedag het boere en plaaswerkers gesamentlik vanaf 07:00 tot 18:00 met behulp van drie trekkerlaaigrawe (TLB’s) en vyf trekkers met kantelwaens gewerk om dit weer in ’n waardige toestand te kry.

“Dit is ’n saaigebied dié en ons boere is afhanklik van die pad om ons produkte by die silo’s te kan lewer. Ons stroop tans sojabone en mielies en kan eenvoudig net nie agteroorsit en vir die departement wag nie. Intussen sukkel die plaaswerkers ook om met hul eie voertuie op die pad te beweeg en daarom het ons almal ingespring,” sê Briel.

Een van vyf trekkers met sy kantelwa. (Foto: Vrystaat Landbou)

Vrystaat-landbou (VL) se boodskap was: “As die paaiedepartement dit nie doen nie, doen ons dit self, want dié situasie beïnvloed lewering van voedsel vanaf plase.”

Francois Wilken, president van VL, sê dit is deesdae ’n algemene verskynsel om boere te sien wat paaie herstel. “Hoewel ons trots is op ons boere wat nie net agteroor sit en wag nie, is dit weereens ’n funksie van die regering wat verwaarloos word en nou net na lede van die publiek oorgeskuif word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Buks ·

Ons buurtwag herstel tans die pad tussen Warmbad en Nylstroom. Ons kan eenvoudig net nie meer vir die regering wag nie.

domheks ·

Nou skep hulle ‘n president – ons regering gaan dit nou altyd van hulle verwag! Maar ons geld is goed genoeg, maar nie die kleur nie.

Anel ·

Ek sou dan sê dat dié boete belastingbetaling staak. Aangesien hulle self die paaie herstel en nie die regering of munisipaliteit of wie ook al nie. Dit sal mos dan regverdig wees? Hoekom mense betall vir dienste wat nie gelewer word nie en dit dan self doen. Dis dubbeld betaal vir iets!!!

Jacobus ·

Al hierdie boere moet nou eenvoudig hulle uitgawes vir die herstel van die paaie aftrek van SARS vir persoonlike belasting.

Piet ·

Dis ‘n moelike een die. Die boere doen reg want erens moet die lyn getrek word. Hulle doen ook verkeerd want die gebaar verseker nou nog minder samewerking van die regering se kant af, want iemand anders sorteer dit nou uit, meer geld vir selfgewin.

Suzette ·

Ja, en die idiotiese regering wil geld blaas op ‘n vlag. Plaas dat die geld gebruik word om al hierdie ernstige probleme aan te spreek.

Karel Kobus Kruger ·

Dis baie maklik om R5000 minder belasting te betaal sonder om gevang te word. Die bedrag is te klein daarvoor. Verhaal julle koste só.

Watsenaam ·

Moenie bekommer nie Swagger, n boer maak n plan, en ek is seker die boere het n plan.

Jackie ·

Elke boer behoort al die uitgawes verbonde aan diesulke herstelwerk beslis as ‘n belasting aftrekbare uitgawe eis.

Sarel ·

Maar Mbalula wil die Taxibedryf subsidieer.
Dan sluit julle daardie pad en gebruik skegs vir Landbou Doeleindes tot dat Mbalula besluit om te betaal.

Annamarie ·

Vandag se guns, is more n MOET!!! Tipies van ons ANC Regering!!!

Hercules ·

die ANCircus bestaan uit narre en dink alles is ‘n grap!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.