Boere ‘moet self grondhervorming doen’

prof-johann-kirsten-us

Prof. Johann Kirsten. Foto: Universiteit Stellenbosch.

Deur Jan Bezuidenhout

Prof. Johann Kirsten van die Universiteit Stellenbosch (US) meen boere en landbougemeenskappe moet self inspring om grondhervorming op hulle eie manier te doen as teenvoeter vir radikales se oproepe om grondonteiening.

Kirsten, hoof van die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die US, was die hoofspreker op die Swartland Kleingraanontwikkelingsgroep (Skog) se inligtingsdag vroeër in Maart op die plaas Langgewens naby Malmesbury. Sy onderwerp van bespreking was: “Is onteiening sonder vergoeding regtig nodig vir vinnige en suksesvolle grondhervorming?”

Sy antwoord op dié vraag is: “Néé, dis glad nie nodig nie, mits ons die Grondwet reg toepas en die proses van grondhervorming reg ondersteun word.”

Kirsten argumenteer dat landbouers beheer moet neem van die proses van grondhervorming op streek- en boerevlak. As die proses op dié vlakke gehanteer word, kan die keuse van die begunstigdes self gedoen word en ʼn model daargestel word wat sinvol bestuur word sonder om enigsins op die staat se hulp of insette te wag.

Hy glo op dié manier sal boere se medewerkers en landgenote saam met hulle staan as die radikales sê hulle wil alle grond nasionaliseer.

“Baie mense wat aan die gronddebat deelneem, sê privaat eienaarskap van grond is nie nodig nie, want die staat moet alle grond besit. As jy weet hoe korrup die staat is, is dit eintlik problematies. Die staat is baie goed om grond in die hande te kry, maar vaar baie sleg om dit te herverdeel,” sê hy.

“Kyk net hoeveel grond besit die staat reeds, want hy kry nie die regte ou om dit voor te gee nie. Wie is die regte ou? Hy moet ʼn partykaart besit. As hy nie die partykaart het nie, of hy was nie deel van MK nie, gaan hy nie die grond kry nie. Jy kry dus nie die boer daar nie, jy kry ʼn politieke netwerk van mense wat bevoordeel word.”

Kirsten sê sy argument en voorstelle oor grondhervorming was nog altyd gebou op die filosofie van ʼn mark-ondersteunde en ʼn gedesentraliseerde proses, in plaas van ʼn staatsgedrewe proses.

Hoe kan ʼn mens die proses vorentoe neem? Kirsten sê wat nodig is, is ʼn grondhervormingsfonds, wat saamgestel is uit gewone Landbank-wissels wat teen 9% in kapitaalmark bekom word, staatsgeld en skenkersgeld, soos sakemagnate wat graag geld vir grondhervorming wil skenk.

“Hier is ook ʼn rol vir stedelinge, soos die rykes van Sandton en Higgovale en die wat lekker geld uit die landbou gemaak het. Hul toekoms en rykdom is óók afhanklik van hoe suksesvol grondhervorming is en hoe dit afgehandel word. Internasionale skenkers wil ook help om grondhervorming in Suid-Afrika te laat werk.”

So ʼn fonds sal geld teen lae rentekoerse beskikbaar kan stel vir diegene wat projekte wil aanpak, asook vir die begunstigdes.

“Baie sulke fondse is in die landbou beskikbaar. Hulle kry geld teen feitlik geen rente van The Jobs Fund, die staat en geld van die Landbank teen zero rente. Ons oupas het ook begin boer met 1% rente op geleende geld.

“Die ideaal is om ʼn eenstopplek te hê waarheen jy jou vir grondhervorming kan wend, aansoek doen en jou en jou begunstigdes se behoeftes uitstippel – en om binne ʼn week ʼn antwoord te kry. Dit is absoluut onnodig om ses maande of ’n jaar te wag vir antwoorde.”

Kirsten sê in ʼn ideale wêreld sal die staat vir iemand aansporings gee om grondhervorming te doen, soos ʼn BEE-punt of volledige BEE-status. Van die aansporings is byvoorbeeld ook goedkoop kapitaal om projekte te kan doen, soos in die 1950’s, of waterregte om die begunstigdes te kan bystaan. Dit kan ook kwytskelding van toekomstige grondhervorming behels.

“Ons moet egter ons administrasiestelsel van grond regstel. Dit is ʼn absolute gemors.”

Kirsten meen boere kan as ʼn gemeenskap bymekaarkom om grondhervorming te doen. “Staan as gemeenskap saam, bekom plase waarvan die eienaars nie verder wil boer nie, en doen projekte vir grondhervorming daarop. Julle kies jul eie, vooraf geïdentifiseerde begunstigdes en dra die grond oor. Maar julle vat die leisels.

“Ons het tegnies nie een sent hiervoor nodig nie. Dis wonderlik hoe mense aan die werk spring as aansporings reg ontwerp is,” beklemtoon hy.

“Die vraag is, hoe neem ek as boer of ek as organisasie aan grondhervorming deel? As jy dit nie self doen nie, gaan iemand dit vir jou doen – dan gaan onteiening gebeur.

“My pleidooi is: Doen grondhervorming, so vinnig as moontlik, op ʼn verantwoordelike manier, doen dit op jou manier. Moenie dat ander vir jou voorskryf nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Johan ·

Jy kan self grondonteiening doen totdat jy net ‘n lappie grond oor het, maar as jy dink die massa gaan tevrede wees, begaan jy ‘n báie, báie groot fout. Die doelpale sal net verskuif word

Askies ·

en jou eie plek gaan te GEVAARLIK raak om op te boer, want hoe keer jy dat 2000 mense op die stukkie wat jy aan jou werker gegee het intrek? Gaan jy die RIOLERING en KRAG verskaf?. Jy gaan alles moet doen vir die agtergeblewene, al wat gaan verander jy gaan jou WINSTE moet deel, maar alle uitgawes gaan JOUNE wees, trekkers, petrol, bemesting, besproeiing . lekker om uit ‘n well paid job te sit en kommentaar lewer …

HPV ·

Askies, jy is so reg! Hierdie mense is grootgemaak dat die wêreld hulle iets skuld, te eis en bakhand staan en dit sal nooit verander terwyl die anc en die eff hulle daagliks sterk in hul kwaad nie.

DA BO ·

Maklik om te preek as jy nie self grond waarvoor jy hard gewerk het(en nie present gekry het) het nie

Christo Volschenk ·

Ag, nee man…dis negatiwiteit wat niks tot die debat en probleemoplossing help nie. Hy preek nie en hy se ook nie boere wat verder wil boer, moet hul grond prysgee nie.

Buite Stander ·

In ‘n land met redelike mense kan dit werk. Maar hier?

TimJan ·

Hervorm bietjie 8% van jou salaris na my toe en ek hervorm 8% van my salaris (grond) soontoe dan neem JY ook deel aan hervorming?
Ons kan dit meer maak

Tino ·

Ek hou van die idee TimJan! Ek is ook gretig hiervoor maar ek dink nie die Prof Johann Kirsten gaan sy geld sit waar sy mond is nie.

marous ·

Baie slim plan . Kom ons begin sommer by die Kruger Wildtuin en dan het die mense kos en vuurmaak hout vir ‘n jaar . Die man leef in ‘n borrel .

J ·

So ons moet grond gee sodat hul nie kom nie BWHAHAHA hul moet kom, papa is reg vir hulle. Reeds groot stukke gesout en verbrand

Eish ·

Tussen die duiwel en die diepblou see…
Tog, die beste opsie sover.
Hou net die regering se hand hier uit en jul kan dalk net bietjie langer boer…

Gert van Wierdapark ·

Sy voorstel klink werkbaar/haalbaar en realisties onder die omstandighede. Deel eerder iets, as om dalk alles te verloor. So kan die wind dan ook uit die a en see, Bfl en Efl se seile gehaal word.

Stoffie van Pofadder ·

Regtig? Het jy ‘n PLAAS?? Soms het jy ‘n sekere GROOTTE plaas nodig om sekere PRODUKSIE te lewer . Nou gee jy ‘n persentasie daarvan af so jou uitset gaan onmiddellik krimp. Jy gaan die 8% ook moet bewerk, want jou werker het nie sy eie trekker nie, hy het ook nie geld vir petrol nie .. so jy gaan die implemente moet verskaf en in stand hou, die petrol in die trekker gooi, die besproeiing in stand hou, die saad aankoop . MAAR ten minste het jy dan jou winste met jou werker gedeel? Klink dit vir jou realisties en werkbaar??? Dis net sowel jy geen’ n gedeelte van jou INKOMSTE nou vir jou werker MAAR Jy doen steeds die werk . REALISTIES? REGVERDIG?

Denise ·

Gaan ons niks leer nie, hoe meer jy gee hoe meer wil hul hê. Nog nie gelees nie, ons “wittes” mag niks besit nie. Hulle gaan ons “lei aan die hand na die skepe om ons weg te vat van SA net hulle gedoen het bo in Afrika”, as ek reg onthou wat ek gelees het. Nee wat geskiedenis herhaal homself: ons gaan of trek soos ons voorvaders (hemel alleen weet waarheen want ons wat nog hier oor is het nie geld vir vlug nie) of ons gaan weer moet veg vir ons regte, ons voortbestaan. Al gee ons als, ons is nog hier, en dis die probleem, tot Malema se woorde is nie haatspraak nie, mag ons dalk net seermaak! Dit sê mos boekdele.

CW ·

Glo my daai more wat die ekepe of vliegtuie vertrek sal dit n groot geveg tusse lande afgee om die volgende vrag te mag kry. Wit suid afrikaners is in aanvraag

Thinus ·

Prof Kirsten, met alle respek dink ek julle geleerders moet maar eerder uit boerdry uitbly, want wat jy voorstel kan en sal nie werk nie. Die wat sodanige grond wil he kan dit koop soos enige normale persoon, maar nee kulle stel handouts voor. Die boere werk hulle voos om ‘n sukses van hul boerdery te maak en vat al die risiko. Nou verwag julle dat hy dit net so moet oorhandig na sy werkers na ‘n klomp wat nie eers boerdery kan spel nie, wat nog van boer. Swak voorstel, gaan dink weer. Die regering sal dit ook opneuk net soos die res van die land a.g.v. onbevoegdheid en korrupsie. Los die boere uit… klaar.

Andrew ·

Net soos die raadsaal kenners, werk ‘n slag met jou hande en raak benoud oor die droogte wat jou bestaan bedreig. Praat dan saam omdat jy verstaan.

Jack Russl ·

Verstaan nie so lekker nie. Aan die einde praat hy van “Ons het tegnies nie ‘n sent hiervoor nodig nie”, maar daar moet ‘n fonds wees wat geld teen lae rentekoerse beskikbaar stel. Het die “begunstigdes” dan nie geld nodig om die lening terug te betaal nie?

Probleem is hulle wil die grond he gratis en verniet, hulle wil nie die skuld saam met die grond he nie

fred ·

nou die “verligte” akademikus stel voor dat die boere nie alleen die grond gee maar ook die ganse transaksies ook nog doen…lekker…die korrupte ANC sal dit baie waardeer….waarom praat hy niet meer oor die grond wat die staat besit nie….waarom moet al die goeie wil van blankes kom?

Jaco ·

Hierdie is nou een van die belaglikste voorstelle wat ek al gehoor het. Wat gaan die boere dan gee as sekuriteit vir volgende jaar se produksie lenings en wat gaan dit aan hul sekuriteit by die banke doen? As hulle grond wil he dan moet die huidige eienaar vergoed word…

Gerhard Boer Seun ·

Dis Presies wat die ANC wil he ons boere moet gee en gee en gee en ook aan die einde van die dag niks besit nie. Dus stel ek voor oorbelas alle boerderye, wat gaan hulle maak as die bank sy geld wil he die dag as hulle die grond neem sonder vergoeding???

Gerhard Boer Seun ·

Dit gaan baie moeilik wees om die banke oornag te nasionaliseer want wat die impak daarvan sal he op die ekonomie sal so n groot slag vir die hele land wees en moenie dink oorsee se besighede/fabrieke in die land bv. VW, BMW asook MERCEDES sal stil sit nie

Ben ·

Al gee julle al die grond vir die Afrikane sal geen noemenswaardige landbou plaasvind nie, nie net as gevolg van hulle korrupsie nie maar ook omdat die allerhoogste slegs aan sekere mense groen vingers gegee het. Ek stem ook saam met “fred” hierbo dat die praktiese wêreld en die akademiese wêreld twee verskillende dinge is.

Spike ·

Ja Prof. Makliker gesê as gedaan. Julle het nie ñ idee wat op ñ geoliede plaas aangaan nie.

potkop ·

So gee jy nou die stukkie met die huis en toerusting of sonder? gee jy die stukkie met al die klippe of die stukkie wat reeds geploeg is?
Soos met alles anders wat reeds bewys is, soek hulle ALLES, nie net stukkie nie. En ook nie die harde werk nie maar die vinnige blink karretjie gedeelte. Jy sien, as jy kyk na hoe hulle huise bou, word daar duidelik nie gedink aan 100jaar van nou nie. geen nalatingskap nie, net quick cash in my pocket. Dis alles Blink en Gedress. Pretenders.

Dirk ·

Maklik om te praat ou slim kop, gee my jou pos en pay, want jy was ook bevoordeel voorheen of jou kar of jou huis soos hulle beweer. Alles kom op die selfde neer. As jy wyn gesuip het elke dag en nie gespaar het om n plaas te kan koop nie, dan se ek vir jou en julle wat dink dit gaan so maklik gebeur. Kom na die party toe dan kyk ons wie vat wat…… kan nie wag vir die dag nie. Sal jou naam nie vergeet nie.

Sann ·

Verstaan hierdie man dat ‘n boerdery ‘n besigheid is? Dit maak nie saak wie is “baas” nie, dieselfde uitsette moet gelewer kan word. In ons boerdery gaan dit baie goed, want ons elkeen verstaan en respekteer die rol van almal wat hier werk. “Die hele liggaam kan nie oog wees nie”. Die een wat die swaarste kry is die boer wat vir alles ‘n plan moet hê, vir alles geld moet hê, en wat sy knieë deurbid dat daar vir elke dag Genade sal wees. Ons het nie nog slim planne nodig nie. Ons het iemand nodig wat bereid is om hulle moue op te rol en te sweet.

Christo Volschenk ·

Die werklikheid is die regering gaan plase neem sonder vergoeding, tensy die boere met n beter oplossing kom. Dis die werklikheid. Nou spring van jou hoe perd af en help dink aan n manier om die probleem op te los. Of wag jy eerder tot n nuwe “Boere-oorlog” uitbreek…hierdie keer teen die swart bevolking.

Droomland ·

@Christo Volschenk
Die werklikheid is die regering gaan plase neem sonder vergoeding ONGEAG of boere met ‘n beter oplossing kom of nie. Dis die werklikheid. So spring jy van jou hoe perd af. Die regering stel NIE belang in oplossings of sogenaamde ander “maniere” om die kastige probleem op te los nie. Onteiening gaan kom maak nie saak wat die boere ook al doen nie of hoe terwille hulle die “regering” nog wil wees nie of watter “slim” planne akademici nog te vore wil bring nie. Grondonteiening is die laaste fase wat alle bevrydings of terroriste organisasies uitvoer om mag te behou nadat alles geplunder is. Daarvoor, hoef ons net noord te kyk. En as jy dink dit gaan enigsins anders wees as Zimbabwe en kie, leef jy in ‘n droomland. So, dis nie ‘n “gewag” vir ‘n sogenaamde “Boere-oorlog” soos jy dit noem nie, maar ‘n eerder wanneer.

Gaitsigubib ·

Dankie Droomland, as ou Christo nie in droomland was nie sou hy oplet dat die ANC nie juis na die boere luister nie. Waarom moet ons boere die antwoorde gee, die ja stemmer, hensoppers kan self antwoorde gee……. en terloops die ANC kom vir julle ook so bly maar in droomland tot jou eiendom aan die beurt is.

Vryheid ·

@ Droomland, kan hoor jy droom beslis nie.
Christo leef dalk in droomland

Lusu ·

Grond en boerdery besigheid is soos die boer se aftree spaar hoekom moet net 30000 boere nou instaan vir verlede as die prof en ander hulle aftree geldjies ook uitdeel soos voorgestel gaan dit Kos maklik wees. Dit is mos nie net boere wat kwansuis voordeel uit apartheid getrek het nie so kom ons almal betaal, of is n boer se aftree geld minder belangrik as ander voordeeltrekkers.

Arak ·

Ek is van mening dat ons bietjie 92% van US weggee aan die Afrikane. Begin sommer by die prof se departement. Altyd lekker om oor ander se goed te besluit. Hoe die sosialis altyd vir jou wil besluit wat jy met jou goed moet doen.

Verstaan ·

Hulle soek nie net ‘n deel van die plaas nie maar ook van die vee en die implimente maar dan sal jy hulle nog moet leer en oplei om eendag die res van jou ook te vat. As jy eers begin gee sal jy moet gee tot jy niks het nie.

Alida ·

Ek wonder of hierdie ou al gedink het die mens vir wie die boer die stuk grond gegee het gaan dit self opbou. Vergeet dit. Die arme boer sal vir hom ‘n huis daar moet bou en ‘n boerdery aan die gang sit sonder dat hierdie ontvanger ‘n sent of ‘n druppel sweet gee. Die prof leef in sy eie droomwereld. Sommige van hulle ken nie dankbaarheid nie net ontvang dis al.

Alida ·

Ek wonder of hierdie ou al gedink het die mens vir wie die boer die stuk grond gegee het gaan dit self opbou. Vergeet dit. Die arme boer sal vir hom ‘n huis daar moet bou en ‘n boerdery aan die gang sit sonder dat hierdie ontvanger ‘n sent of ‘n druppel sweet gee. Die prof leef in sy eie droomwereld. Sommige van hulle ken nie dankbaarheid nie net ontvang dis al.

Christo Volschenk ·

Die werklikheid is die regering gaan plase neem sonder vergoeding, tensy die boere met n beter oplossing kom. Dis die werklikheid. Nou spring van jou hoe perd af en help dink aan n manier om die probleem op te los. Of wag jy eerder tot n nuwe “Boere-oorlog” uitbreek…hierdie keer teen die swart bevolking.

Hoe sê ·

Hulle soek nie ‘n stukkie van jou plaas nie hulle soek jou plaas en as julle dit nog nie agter gekom het nie is jy blind of net onnosel

Alida ·

Die prof verstaan nie. Hierdie sogenaamde agtergeblewenes WIL NIE WERK NIE. Hulle wil alles verniet hê omdat hulle kwansuis benadeel is.

Jerry ·

Prof daar sal wel boere wees wat jou raad volg, inteendeel daar is reeds talle sulke gevalle van boere wat van hulle werkers omskep het in opkomende boere. Die wat nie jou raad sal volg nie is die boere by wie daar reeds te veel wantroue gekweek is teenoor die ANC staat en radikales, hetsy uit ondervinding, kennis en ervaring of deur ideologiese godsdienstige opsweping. Hoe dit ookal sy, n mens help die wat gehelp wil word en die wie anders besluit kan niemand daarvoor verkwalik nie. Net die tyd sal ons leer wat die uiteinde gaan wees vir al ons verskillende planne vs die staat/radikales se planne. Wat ons in gedagte moet hou met ons planne is dat die staat en die radikales aan dieselfde kant van die draad staan en nie wil deel nie, maar wil he ons moet deel sodat hulle alles beheer en as hulle nie nou alles vat nie, beplan hulle om dit wel later van tyd te doen. Prof, jou plan, my plan, Dirk se plan en Dup se planne se lewensvatbaarheid is in totaliteit afhanklik van n wonderwerk omrede en gegewe die benarde situasie agv staatsmisleiding kan niemand werklik onderskei tussen watter planne gaan reg uitwerk en watter planne gaan verkeerd uitwerk nie en is dit seker maar die verstandigste om te beplan vir n “worst case” scenario!

gatiep ·

Ek weet een iets die mense sal nie eens tevrede wees met 90% van die grond nie.
Hulle wil alles he en hulle se dit ook.
Loop geleerde mense met oogklappe op hulle oe.

ZAR ·

Ag mense help gou hierdie ou man om reg te verstaan asb. Soos ek verstaan stel die prof voor ek moet ‘n gedeelte van my plaas vir iemand vn kleur gee, of nog grond koop en dit vir iemand van my keuse (solank hy swart is) gee, dit op die persoon se naam sit. Dan moet ek dit bewerk en onderhou om wins uit te slaan, maar die wins deel ek met die eienaar.
Hoe is dit ‘n wen-wen situasie?
Gaan ek ook met die eienaar die verliese deel?
Ek krap nou kop.
Waar is dit ‘n goeie idee?

PJC ·

Hierdie is maar alles deel van die ANC se taktiek om uiteindelik alles wat wittes besit van hul weg te neem, grond, maatskappye ens. Nou wonder ek soms of mense wat met sulke slimpraatjies kom werklik die ANC glo en vertrou en of hulle ń ander agenda het waarvan ons nie weet nie want dit is bitter moeilik om te glo dat mense so dom kan wees.

Se maar net ·

Ek wonder meer of hy ooit van Piet Retief met goeie bedoelings en dingaan met ander idees gehoor het

leser ·

Waar val die ou nou uit met sy voorstel?
Hoop nie hy se dit vir die studente nie – arme studente….. gee my krag.

waarheid ·

Seker ‘n groot vriend van Wim De Villiers – want lyk my hulle dink dieselfde oor die Boere en Afrikaans.

Gys ·

Dosente moet ook sommer self dosent hervorming doen. Raak ontslae van 8% van alle wit dosente en vervang hulle met swart dosente.

Jan Bezuidenhout ·

Prof. Kirsten is een van die eerste landbou-ekonome wat vroeg in die 1990’s oor grondhervorming begin skryf en aangedui het waar die slaggate met GH in die nuwe SA kan lê. Die vermanings is almal vervat in ’n boek wat hy saam met Johan van Zyl en H.P. Binswanger in 1996 daaroor gepubliseer het: Agricultural land reform in South Africa: Policies, markets and mechanisms.
Volgens Kirsten is dit duidelik dat ál die waarskuwings oor wat fout kan gaan met grondhervorming, geïgnoreer is. “Dit is eintlik skrikwekkend om nou, ná meer as 20 jaar, te sien hoe sake verkeerd geloop het.”
In sy intreerede einde 2017 het hy gesê die staat het ongelukkig die meeste van die instellings en beleidsinstrumente vernietig wat nodig was om ondersteuningsdienste aan die begunstigdes van grondhervorming te verskaf.
Laastens: Op die Skog-inligtingsdag, wat deur nagenoeg 100 mense bygewoon is, het die boere-aanwesiges met aandag geluister na sy rede en sy menings oor grondhervorming.

CW ·

Sien kommentaar van se maar net, dis kinders wat huil oor grond al lyk hulle soos volwassenes, jy ,oet daal tot op hulle vlak om verstaan te word

Buite Stander ·

Synde ons nou na ‘n sosialistiese bestel beweeg moet ons dalk staatsgrond in staatsplase omskep waar werkloses kan werk om voedsel aan staatswinkels te verskaf sodat arm mense kos teen lae pryse kan koop. Min verskeidenheid en geen luukses, maar pense is vol. Die kommersiële boere gaan aan soos gewoonlik in ‘n markekonomie. Wen-wen situasie want plase word nie gevat nie. Dit gaan tog om voedsel op die tafel te plaas vir almal.

Jan pierewiet ·

Ja Jan 100 het bygewoon. Dis ‘n korum vir 30 000 boere.
Mooi man!

Se maar net ·

Idee mag goed wees maar gaan nie vir 12 jarige kinders werk nie, die prof moet iets kry wat op daardie vlak sal aanvaar word

Zachrys ·

Ek kon net tot by die tweede paragraaf lees toe word ek lus om eerder toilet toe te gaan. Hoeveel verligte twak gaan die US nog oplewer?

Richter ·

Werkbaar of nie, is hierdie idee ‘n erkenning van die belaglike siening dat wit boere enigiets verskuldig is aan enigiemand anders. En dit nog op grond van velkleur! Dit is moreel verkeerd om dit te aanvaar. Gee jy vandag 8%, hoekom sal hulle nie more op nog aandring nie? Jy het mos nou erken dat jy ‘n gronddief is.

Schalk ·

Snaaks dat die proffie nie sy eie besigheid hetnie.Jong stel die voorbeeld.Gee jy 50 persent van jou salaris,jou vrou se kar,50 persent van jou eiendom,helfte van jou beleggings en pensioen,nou wat is nou jou probleem prof.Ek kan ook twak kwytraak.Voordat jy weer praat sit op jou bas en dink of jou opini kan water dra en dit papier werd is.

Sarel ·

Grond is maar net een deel, vir die people is dit alles of niks. Eintlik is ons witvel die probleem en sal ons uitwissing die eerste prys wees. Se maar ek is mal, ek gee nie om nie, die toekoms sal wel leer.

waco ·

Die mense wat die minste weet van boerdery raak die grootste onsin kwyt. Hierdie man het nie die vaagste benul van wat op n plaas aangaan nie.

Elmarie ·

Ja asb. laat die Prof net eers by homself begin en as hy 2 karre het, moet een asb gaan. ….van sy goed weggee.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.