‘Boere moet weier om grond af te staan’

Argieffoto: Reint Dykema

“Boere wie se grond geteiken word vir onteiening, hetsy sonder vergoeding óf teen ʼn simboliese vergoeding wat laer as markwaarde is, moet weier om hul grond af te staan, want dit is niks anders as diefstal nie.”

Dít was die oproep vandeesweek by TLU SA se Noordstreek se algemene raadsvergadering.

Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA Noord, het in ʼn verklaring gesê boere was tydens die vergadering eenparig in hul besluit om enige moontlike onteiening met alle moontlike mag teen te staan, omdat nie hulle óf hul voorouers enige grond gesteel of andersins onregmatig bekom het nie.

De Graaf sê dié sterk standpunt is ingeneem nog voor AfriForum vroeër vandag bekendgemaak het dat hy ʼn lys bekom het wat na bewering ʼn interne dokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming is waarop plase, kleinhoewes en erwe gelys word wat glo geoormerk is om sonder vergoeding onteien te word.

“Boere sien dit as kwaadwillig en ʼn oorlogsverklaring, en die regering moet besef dat hy met vuur speel en afstuur op ʼn uiters plofbare situasie wat tot niemand se voordeel gaan wees nie,” sê De Graaf.

“Die situasie vereis groter samehorigheid oor die beginsel teen onteiening. Al sou net een plaas onteien word en die landbougemeenskap laat dit toe, sal dit slegs die eerste domino wees wat ʼn proses tot gevolg gaan hê. Daarom moet gemeenskappe hulself organiseer en by georganiseerde landboustrukture inskakel sodat ʼn deeglike plan van optrede uitgewerk kan word vir ingeval so iets sou voorkom.”

De Graaf het daarop gewys dat plaasbesettings, wat reeds voorkom, onmiddellike optrede vereis. “Waar daar egter onteiening plaasvind, sal dit deur ʼn sogenaamde wettige proses geskied waar amptelike onteieningsdokumente op die eienaar bedien sal word. Ons erken geen diefstal van enige aard nie, hetsy dit met óf sonder papiere sou geskied, en ons oorweeg alle opsies. Intussen is dit belangrik dat boere sterk standpunt moet inneem en daarby staan,” sê hy.

“TLU SA Noord gaan begin om ʼn dispuut met die regering te verklaar oor die onteiening van enige grond in die Limpopo-provinsie, asook om ʼn dispuut te verklaar oor die wettigheid van ʼn wysiging van die Grondwet om diefstal te regverdig. Ons vra dat alle grondeienaars die dispuut ondersteun by wyse van die ondertekening daarvan.”

Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om TLU SA by te staan met bydraes en donasies om die organisasie se regsfonds te versterk vir moontlike regsgedinge in die toekoms. “Ons doen ook ʼn beroep op goedgesinde regslui, wat dalk self grond besit, om na vore te kom en hulp aan te bied met regshulp op ʼn meer bekostigbare basis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

124 Kommentare

Solopsisiphus ·

Sal Maroela Media asb die TLU SA regsfonds se bankbesonderhede publiseer sodat ons kan donasies maak?

Sandra ·

Gaan kyk gerus op TLU SA se webtuiste. Hul regshulpfonds se besonderhede is daarop.

What a joke.! ·

Stem! Die blanke boere en gemeesnkappe moet nou praat en hul stemme laat hoor of in stilte verdwyn..Daar is nie n manier dat dit alleen gedoen kan word nie! Tyd vir saamstaan en mekaar ondersteun is nou of nooit!

Johann M van Heerden ·

Die voorgestelde grond onteiening is ‘n oorlogverklaring. As die eerste privaat grond ontein word moet almal saamstaan en weier om dit toe te laat. Ons moet eenvoudig weier om verder belasting op eiendom, ens te betaal. Ons moet ook op groot skaal weier om verbande te diens. Ons moet saam die fondse in rekening betaal wat vir alternatiewe belasting aan ‘n alternatiewe of virtuele regeringkan dien. Ons moet radikaal begin dink en saamstaan. As enkellinge is ons gedoem. Dit is natuurlik ons grootste probleem. Naamlik dat ons nie kan saamstaan nie.

TJ Coetzee ·

100% reg! Die nie betaling van belasting en die daarstel van alternatiewe betaal proses is al wat sal werk

Vryheid ·

Ja stem geheel en al saam. Daar sal leiding nodig wees… want ons mense sukkel met saam staan

Virtuele geldeenheid ·

Sal criptocurrency of gedeeltelike eie geldeenheid vir privaatsektor kan werk?

Pieter ·

Roep Donald Trump en die V.N. in op die storie en dra jou wapen by jou , dag en nag .

CHRIS ·

Net nie die VN roep nie, hulle is pateties. Self Donald Trump weet dit. Vra maar net vir Trump vir hulp.

Kobie ·

Daar is meer afrikaners Wat geen grond besit as afrikaners Wat wel grond besit, so dit beteken meer as die helfde afrikaners sal glad nie help verdeedig nie.
Ek meen, dit maak nie sin om jou lewe te waag vir iemand se grond as jy self nie eens n stukkie grond kan bekosting nie.
Enige voorstelle.
Groete

Grondruilings ·

@kobie, ek in geskiedenisboeke dat as grondeienaars vir grondlose mense erwe aanbied vir beskerming dan kan eie dorpe gestig word, selfbeskikkingstyl.

bittereinde ·

Kobie dit gaan nie net oor grond nie.. More oormore vat hulle jou kar etc. Dit gaan oor om die blanke volk te beskerm. Word wakker.

Apie ·

Druk asb op my nommer waar geveg gaan word. Ek het nie grond, maar sal ons boere help teen hierdie diewe!!

Abe ·

Wat word voorgestel moet gedoen word indien kennis op n boer bestel word dat sy eiendom onteien gaan word

Realis ·

As hulle Zim se voorbeeld gaan volg gaan die boer weet sy grond is gevat 30 minute voor hy van die plaas moet af wees. Al wat hy gaan kan saamneem is dit wat hy op sy bakkie kan laai in 30 minute. Om hom te oorreed word sy diere voor hom geskiet en in sommige gevalle word die familie aangerand. As jy iets wil doen moet jy dit nou doen. Jy gaan nie tyd kry as hulle daar opdaag nie.

Kameras ·

Me se ons gaan hulp benodig van drones en kameras wat real time of in argiewe sulke beeldmateriaal opneem en aan die wereld versprei. Menseregte kon nog so geskend gewees het in zim maar tegnologie is nou so bekostigbaar en gebruikersvriendelik dat ons als kan opneem en versprei.

Rinkhals ·

Apie ons ook reg v help.( Ons ook nie grond- Maar my wese smag daarna)

Emma ·

Sal mense weer aanhits en jou onmoontlik maak om aan te gaan met jou boerdery. Ons staan by die boere

Willem ·

Gee die grond met ‘n vrye hart weg en dan sien ons waar landbou en SA oor 5 jaar is. Die wat so om grond veg het dit mos in hul gene om te boer.

Paul ·

Ek stem, waarom teen die prikkels skop en dit wat onafwendbaar is beveg, dit gaan tog gebeur, of jy daarmee saamstem of nie, gee Ramaphosa en die ANC regering die geleëntheid om te bewys hulle was al die tyd reg.

En as hulle nie was nie? Wel dan het hulle probeer.

Paul ·

mampoza, presies, en dan stort ons en Ramaphosa met sy kaders saam die afgrond in, te laat om te keer, maar so is die ANC, doen ‘n ding verkeerd en dan wil hulle daaruit leer.

Nee ·

Nee ek gaan nie my bestaan net weggee nie, as hulle wil ondergaan kan hulle gaan maar hulle moet nie ons saam aftrek nie, daarom moet ons nou losbreek en ons eie grondgebied kry.

Anoniem ·

Ramaphosa hierdie was een van Jou swakste beplande planne in jou lewe en die gevolge gaan boemerang en baie pyn en hartseer tot gevolg hê !!!!!!!!! ‘n Oorlogsverklaring is swak beplanning en ‘OUR PEOPLE’ GAAN die swaarste getref word GOD SAL JOU STOP !

Staak ·

Die boere in Zim het ook van die een hofsaal na die ander gehol en self hulle regskostes gedra, hoeveel van hulle is uiteindelik van hulle plase af weg gejaag.
Daar sal niks van hierdie hofsake kom nie, die ANC is nie bang vir regters nie want hulle stel die regters aan. Dreigemente werk ook nie, net verset werk.
Die artiekel se dit reg, die boere sien dit as oorlog verklaar, skiet gaan daar geskiet word en dit is n feit.

niwe meer n boer ·

deur wie staak? ons boere het pap in die kniee geword. mannemoed het saam met die np verdwyn.

Hannes ·

Ek stem. Ons sal eerder op ons voete doodgaan as lewe op ons kniee. Afrikaners moet ophou dink enige onderhandeling met die VN, VSA of Afriforum gaan dit stop. Die massas begin al klaar onwettig grond beset en plak omdat die regering beloftes gemaak het en idirek die groenlig gegee het daarvoor. Geen hofbevel in die wereld gaan dit stop nie.

Desparates lê nie ·

Die saamstaan gaan gebeur wanneer ons ons inkomste verloor en desparaat word wat gaan gebeur wanneer eiendomsreg en kosproduksie val, dan gaan dinge groot gebeur.

Jannie ·

Een-of-ander tyd gaan die gedulds-muur breek!!! Enige mens kan net tot sovêr gedruk word, voordat hy al sy magte en kragte inspan om te ontkom!! Die Witman is nou tot oor die drumpel gedruk, maar steeds duur die uittarting voort!!! Veg vir oorlewing, of sterf, is al wat oorbly…en wanneer daar niks meer is om te verloor nie, dan is veg die enigste opsie!!! PASOP as die leeu in die Boer losgelaat word…….DIT KOM!!!!!

Jean ·

Jannie die ou LEEU is lankal al dood..

Niemand is meer bang vir n boer of afrikaner nie.. glo my…

Jan Brand ·

Brand af en vernietig alles sodat daar niks is om in te palm nie.

Ek weier klaar ·

Ek WEIER, hier kom lelike dinge want ek gaan als opneem wat hier gebeur.

Fodsinsameling in buiteland ·

Kan iemand die boereook help deur om ‘n fondsinsamelingsorganisasie in die buiteland te stig?

Danie ·

Plaas die boere selfbeskikking doen. Hulle grond sal veilig in hulle eie land wees en baie van ons wat moeg teen gediskrimineer is sal daarheen trekmet al ons vaardighede en inkomstegenerasievermoe.

Jean ·

Rerig.. ” selfbeskikking”… rerig… jy moet baie spesiaal wees om te dink dit is n werklikheid… elke 7 sekondes hoor jy ” selfbeskikking”..
Hou op om in n droom wereld te leef!! Ek hoor dit nou nou al van 95 af… en NIKS het… en NIKS gaan verander nie. .. .. as julle dink die ANC sal so iets toestaan.. is julle dommer as grond

Leander ·

Jean, ons tuisland sal nie voor gesoebat of mooigevra word nie want as hulle ons eiendom gaan vat gaan ons dit verdedig.

Ek gaan hard baklei ·

Ek gaan bitterhard baklei maar die kommuniste se vleeke moet nou geknip word, hulle het geen reg om in my lewe in te dring nie, hulle besit my nie.

Anoniem ·

‘n Oorlogsverklaring is ‘n lelike DING ! Apie waar kan ons Jou kry ?

Nutraal ·

Daar is baie baie dorpsmense wat boere sal help. Roep ons net na waar dit nodig is.

Sprinkaanplaag ·

Miskien kom hier n sprinkaanplaag wat alles kan vernietig en dan begin ons boere van vooraf. Dan sal hulle miskien die waarde van die Boer waardeer.
Dalk kan ander Bybelse plae ook help?
En o ja moenie die bank betaal nie.
Dit sal n groot penarie vir ramapadapot veroorsaak.

Ellisras ·

Ek hoop regtig nie julle veg saans julle spel nie. Dit sal ‘n ramp van epidermiese proporsies wees.

marous ·

Hofgedinge sal met minagting bejeen word . Weerhou alle belasting en laat hulle saam ondergaan.

Veritas ·

Diegene wat so roep om die wapen op te neem, het seker nooit grensdiens gedoen nie. Oorlog, in enige vorm, is nie lekker nie. Ons is tog nie dommer as die vyand nie en behoort hulle te kan uitoorlê. Laat ons koelkop hieroor dink en die regte strategie volg. Dinkskrums en behoorlike beplanning behoort makliker oplossings te bied as om in ‘n burgeroorlog betrokke te raak.

Nutraal ·

Ek besef oorlog is nie lekker of mooi nie. Ek glo dit sal die laaste keuse wees.
Wat doen jy as die besetters voor jou deur staan en jou eiendom uitdra jou sou rondruk ens. Gaan jy hulle nog met n koekie onthaal want lyk my dis wat verwag word. Hierdie besetters dink nie aan redelikheid nie. Hulle kom met uiterste geweld. Dit het ons mos gesien. Of wil ons dit nie sien of erken nie.Hulle speel beslis nie. Hulle DOEN.

Inelkgeval uitgemoor ·

ons word inelkgeval uitgemoor. Dan gaan jy ten minste die reg he om jouself te verdedig.

Erick ·

@Veritas-Dit is bietjie laat vir dinkskrums en praat -praat aande. Ons hoef nie onheil te gaan opjaag en soek nie,dit gaan ons soek. Die vraag is, gaan jy gereed wees!

Moelikheid! ·

Kry ruggraat Veritas dir lot vier al jare teen die blanked gorilla oorlogvoering waar die blankes stelselmatig afgemaai word! Niemand soek oorlog nie maar die lot druk tot daar nie meer gevat kan word nie …as hul soos in Zimbabwe by jou voordeur opdaag en jou uitboender en aanrand en ontneem van waarvoor jy jou hele dekselse lewe hard voor gewerk het as dit net n kwessie van tyd voor die kruit vlam vat..

Callie ·

Die rugraatloses soos Paul en Staak. Gee julle wragtig net so boedel oor. Waarvan is julle gemaak. Julle is nie van die Afrikaner volk wat voortrekkers was nie. Ek waarsku altyd teen oorlog, want die van ons wat daar was weet dis nie n romantiese verhaal nie. Dis nie lekker nie. Het nog nooit gedink dis haalbaar om met n 30.06 oorlog toe te gaan nie. Mense, hierdie is die skeipunt. Ons gaan met amper niks oorlog toe nie maar ons kan nie terugstaan nie. Ramaphosa, behoede die dag wat die witman nou n vryheidsvegter moet word, die terroris in jul oe. Hoekom wil julle dit sover druk,

Anoniem ·

President Ramaphosa, Jou spoghuis in Seepunt is ook oorgemerk vir ‘OUR PEOPLE’ Wys ons Jou GUTS en onteien heel eerste daardie eiendom sonder vergoeding en die 4 plase en gee dit ook vir OUR PEOPLE Asb ! Onthou dit is in elk geval GOD se eiendom !

Anoniem ·

Die boere maak vir ons kos. Stuur hulle bed toe sonder kos.

Boer ·

Ek verafsku die klomp van julle wat ons as boere as ruggraat loos bestempel. Jy weet nie waarvan jy praat nie. Jy het nie n idee onder watter druk Ons elke dag moet funksioneer nie. Ons is reeds in die voorste linnie. En nie omdat ons dit gekies het nie. Hou op kla en vinger wys en raak liewer iewers betrokke.

Ella ·

Dis mense wat nie boere ken nie. Waar wat jy sê, ons is aan die voorpunt van misdaad en regeringsverdrukking om nie eers van droogtes te praat nie tog maak ons steeds baie groot sukses van n baie moeilike industrie, soveel dat ons wyd erken word as van die wereld se beste boere.

Ella ·

@Maroela:Ella se kommentaar is nie myne nie. Ek het nog nie kommentaar op die berig gelewer.
Wie is dié Ella?

Francois le Cochon ·

Indien ‘n boer se plaas afgevat word, beteken dit hy verloor sy werk. Baie mense verloor hul werk. Met die instelling van die Wapenwet het 95% van mense in die wapenbedryf hul werk verloor. Niemand het oor hulle ge-worry nie. Boere wie se plase afgevat word moet maar net soos alle ander mense ‘n ander werk gaan soek. Voedselsekuriteit is ook nie ‘n kwesie nie. Kos kan koedkoper ingevoer word. Ek is al lankal moeg daarvan om vrugte te koop wat van die bome afgeval het. Hoekom moet ek Europa toe gaan om SA se lekker vrugte te gaan koop? Hoekom moet ek R119.00/kg betaal vir SA varkribbetjies, as ek ingevoerde varkribbetjies van hoogste gehalte vanuit Spanje kan koop vir R45.00.

Michelle ·

Soms beny ek naiewe insig, dit sou die lewe makliker gemaak het.
Daar is ‘n taamlike groot verskil tussen ‘n plaas bedryf en werk hê. En daarmee bedoel ek nie dis lekker/maklik om jou werk te verloor, al is dit wat. En ja ek was al op daai paadjie af. Alles simptome van ‘n regering wat nie in staat is om te bestuur. Die plase is hulle amper laaste muur, en as dit geknak is kan hulle enigiets anders doen.
Behalwe vir die ekonomiese impak: dis die reuk van nat grond, die gevoel van kluite onder jou voete, vuurvliegies, sonneblom, koringlande, karoovlaktes, skape, sterre kan sien, hond wat daar ver blaf, trekker vroegoggend, bale, stroop, koffie in die lande, turksvye, miershope, windpompe, plaasdam swem saam visse, kinderlaggies waar AL die plaas se kinders gronddam speel, plaasskool, dou op die gras, treinspoor loop. Daarvoor en vir al die ander goed, sal ek baklei.

Oo Ekonoom ·

Francois, verbeel jou jy verloor jou werk en al jou kapitaal, besigheid, voorraad, jou huis en jou vaardigheid of verdere inkomstegenereringspotensiaal want onthou, kleinboere gaan nie goed gekwalifiseerde plaasbestuurders aanstel nie.

Albe ·

Francois, gaan lê asb totdat jou brein kan opvang met jou mond. “ander werk gaan soek” is jy kêns?

Gerhard ·

Francoise ek stem ten volle saam met jou. Mens sou sweer hulle is die enigste met probleme. Australiese boere produseer goedkoper produkte met baie duurder arbeid. Verder maak landbou slegs 1% van SA ekonomie uit. Die geraas oor oorlog maak sal tot n einde kom sodra die eerste boer dood geskiet word. Miskien is dit tyd dat julle boere begin saamstaan met julle mede Afrikaner.

Werner ·

Veritas ek wonder of jy ooit grensdiens gedoen het dis daai hoofseun mentaliteid wat ons het waar ons is ongelukkig sal ons nou maar moet veg of waai daar is nie meer n ander keuse nie ou Piet Retief en Pienk Frikkie het ook gedink hulle is slimmer en ons weet hoe dit gegaan het

Michelle ·

Boer: Ek is ‘n boer in bloed en wese, al bly ek in die stad. Weet dat julle nie alleen staan. My hart bloei vir die deur wat nou oopgemaak moet word, dit gaan nie mooi wees maar moet gedoen word. Staan sterk, kom ons doen wat gedoen moet word.

John ·

Wat van die wysiging van die wet op grondbesit? Sodra die wet verander, dien geen hofsaak oor eienaarskap enige doel nie. Ons gaan haal die sg 88straf vir Afrikaners as nasate van kolonialiste te na aan die hede. Die kwessie rondom grond opeis as straf vir glo sondes, was 2 000 vC reeds mode en le buite Joodse/Christelike waardes. Afrika was nooit modern nie en antieke wette uit die voortyd wat bygelowe omarm, geld. Die ANC glo hy het die oorlog teen die witman gewen… die’ het weggehol; hul wapens neegegooi en nou kan ons buit neem as straf. Die Nazi’s en Pharao’s toon ooreenkomste deur die mindere maar vooruitstrewende groepie te verdruk. Dit is wat ons te wagte kan wees. Destyds was daar uitskieters wat die vleispotte van Egipte verkies… hier sal sulkes wees.

Dis so ·

Ek weet dit kan nie so gedoen word nie maar dit sal nogal n redelike impak gemaak het as al die boere net besluit het ons plant nie tot hierdie kwessie op gelos is nie. Dit gaan ons almal beinvloed maar dit gaan n punt bewys waar kom die kos vandaan. Maar ja net n gedagte.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag asseblief…….Dis so, kom oom Sopbeen teken vir jou prentjies dan kan jy ook maar ophou met die holrug geryde “die boere moenie plant nie”. Die oomblik wat ‘n boer nie plant en produseer nie……maak hy van homself ‘n teiken, en gaan die ANC net eenvoudig sê “Sien? Julle boere is onpatrioties en ondermyn die nuwe Suid Afrika.” Dan vat hulle jou plaas onder die dekmantel om dit vir iemand te gee wat WIL boer………….en waar los dit jou? Om OP te hou boer omdat die ANC jou dreig….is die swakste strategie wat daar is. As AL die boere ophou boer, word AL die plase gelyk gevat….en die hordes sal daar begin plant (hoe swak ookal)….maar hulle sal want hulle moet eet!! En in die hordes se koppe bestaan die gedagte…..as ek ‘n plot het, kan ek 3 mielies plant, ‘n koeie en 10 hoenders aanhou….en dan hoef ek nie kos te koop nie. Verstaan jy nou, Dis so?

Inkomste ·

Wie sal dan die boere se inkomste voorsien as hulle nie plant nie? Sal jy bedank by jou werk in die stad vir n jaar of wat, hoe dan gemaak met die lewensuitgawes?

juanita ·

War has devastating effects, mostly on the kids. Farmers could give their workers a piece of land, a non-violent start, and workers would at least know that hard work yields results. Life is after all a great teacher. Makes no sense to give unemployed people a farm, can’t get a loan if u don’t have an income.

Albe ·

Juanita, dis van gee gee gee laat ons nou is waar ons is. Gee JY eerste en dan kom praat jy weer. Niemand hier WIL oorlog hê nie, dit word op ons forseer. Dit begin met grond, maar eintlik soek hulle als. Jou huis, jou kar, jou bankrekening en dan jou lewe.

Edd ·

Daar is verskeie wette wat herverdeeling van landbougrond verbied. Die wette is geskryf na aanleiding van boere wat vir elke seun ‘n stukkie grond wou gee.

Johan ·

Die enigste ding erger as n oorlog is om dit te verloor…..

Ek dink ons is tans so naby aan een en nogsteeds is hier mense wat se dit sal nie in SA gebeur nie.

SA is die eenigste land wat nog nie deur die kaders in n oorlog gedompel is nie, in al die lande om ons is hulle het dit reeds gebeur.

Lynne ·

@Gemaskerde Sopbeen – Jy is 100% in die kol. ‘n Lappie grond met 3 mielies, ‘n koei & hoenders. Die baas van die plaas sit in die son en slaap en sy vrou vee om die huis. En hulle is so gelukkig soos ‘n vark in Palestina.

Johan ·

Boere plant minder. Dan sal regering vinnig die gemors stop.

CJ ·

Die mensdom is klein en onverstandig en dink hy is in beheer oor Hemel en Aarde….yeah right!
My liewe Vader kom neem asseblief beheer oor hierdie saak in U naam amen!

Gemaskerde Sopbeen ·

Oh my word….CJ….jy’s in vir ‘n merske surprise.

Wessel ·

Wel, eintlik is die verrassing dat as jy werklik glo in God dan neem jy ook aan dat jy eerstens ‘n mede burger van sy Koninkryk is – ‘n koninkryk waaraan die ANC nie kan raak nie. Die vraag is dan maar net wat word van jou liggaam en as jy kan vrede maak met die prosesse waardeur jy moet gaan sodat jy binnekort vir ewige in elk geval daarvan gaan vergeet dan is jy reeds in God se vrede. Basies al die kommentaar hier is gemotiveer deur vrees, want waar vind jy jou vrede en vreugde in sulke omstandighede? – net by on Vader. Vrees is die vrug van ongeloof en geloof bekom jy deur die Woord van God te lees en jou gedagtes en lewe daarvolgens in te rig. Wys my 1 ANC of grond besetter wat ‘n stukkie van God se koninkryk kan aanraak? David het eers vir God gevra of Hy die vyand in sy hand sal gee of nie en hy het dan na God geluister of verloor. Besluit ons self of vrae ons vir God? Het God ons dan vergeet of het ons Hom uitgesluit uit ons ambisies en lewens planne? Dis die vraag vat in die tuin van Eden aan die mens gevra is en nou aan ons as mense steeds gevra word – regeer God of volg jy jou eie kop Job?

Tokkolos ·

Raak betrokke by ASTLAS 7 op Facebook mense daai man try en as jul almal jul bydrae maak kan daar vinniger iets gebeur gebeur as wat afriforum Grace Mugabe kan sê Hoor wat ek sê net dalk is dit waar iet kan gebeur Maar nee kom ons moan maar net dit gaan ons mos ver brind

Tokkolos ·

Raak betrokke by ASTLAS 7 op Facebook mense daai man try en as jul almal jul bydrae maak kan daar vinniger iets gebeur gebeur as wat afriforum Grace Mugabe kan sê Hoor wat ek sê net dalk is dit waar iet kan gebeur Maar nee kom ons moan maar net dit gaan ons mos ver bring

Blue Butterfly ·

@Tokkolos is dit ASTLAS 7 of ATLAS 7? Ek kry nie enige iets onder beide name nie.

Francois Laubscher ·

Baie boere skuld die bank groot geld… As hulle nou die grond van hulle gaan af vat…wie gaan betaal?

Opinie ·

Ja dit is jou opinie maar jy is nie die een wat oor die heining spring om grond te vat nie. Ek sien ook nie dat die bank bestuurder hom gaan keer nie.

Peanut ·

Oorlog is n vloek, veral oor die nageslag wat weer moet opstaan en aangaan, as hulle nie gedood is nie.
Ek luister en lees almal se opinies vanuit jul buurland, maar nie een enkele man sê; ” Here, hier is ek, gee my die krag en die wysheid om die Afrikaner volk binne U Wil te lei.”
Niemand is bereid om op te offer, maar elkeen het n opinie van die kantlyn af.
Sou n burgeroorlog wel uitbreek, weet net daar is BAIE nie-Afrikaners en nie- blankes wat net soos die Afrikaner voel. Dink mooi voor oorlog – word n man outomaties die vyand oor hy swart is, of Engels?
Die Bybel waarsku die dag gaan kom wat broer teen broer sal veg, pasop. Dink tweemaal.
BID op n gegewe dag en tyd saam, landswyd, almal, vir n leier wat deur die Vader gestuur word om die Afrikaners te lei, om die mense saam te snoer, te bemoedig en met wysheid die toekoms tegemoet te gaan.
Sterkte

Griet ·

Die oorlogmakers….. seker gaan jle ook met jle ou Mercedez Benze soos di AWB destyds in toeka se Mafeking.

Sterkkoffie ·

Yep! net so ons sal moet saamstaan,

Verbeel jou wat gaan gebeur sodra die regering sy belasting inkomste verloor weens verset oor die EWC gemors bwv n “Tax Revolt”

Wat gaan gebeur as al die werkgewers van huishulp werkers hulle werkers ook kennis gee, hoeveel miljoene nie-blankes (Moontlike ANC lede) kan dan oornag hulle werk verloor, geen unie kan dit stop nie.

Nou verbeel jou ons begin van die “fin wapens” gebruik teen die GOV grapjasse! sodra hulle die EWC roete gaan en voedsel veiligheid in gedrang kom, dan gaan die poppe dans, dit het ons al gereeld gesien gebeur in Afrika.

Sodra die kaartehuis tuimel gaan dit die groepering wees wat op hulle voete kan dink en beplan wat sal oorleef, soos die ou TV reeks “Ter Wille van Oorlewing”.

Ons het opsies, moet net nie moedeloos raak nie, hou koers.

“Suid Afrika is te groot om om die keel te vat Dr. Van Zyl Slabbert”

Pieter h ·

Ek is ook n boer ek het my grond met swaar verdiende geld gekoop en afbetaal. Behalwe die roerende bates het ek nie ander noemenswaardige beleggings om op terug te val nie. En ja my plaas is n gedeelte is van een van die titel aktes (n baie groot onderverdeelde stuk grond met baie plase) wat op die lys is. Ek sal indien nodige deur die regsproses gaan en indien dit faal sal ek geen keuse he as om my eiendom en besittings te probeer verdedig met all kragte tot my beskikking. Ek bid vir leiding van my Hemelse Vader wat oor als beskik.

1+1 ·

Die mense is kwaad en emosioneel en verkeerde besluite word normaalweg onder hierdie omstandighede geneem. Die inligting oor wat werklik gaan plaasvind is nog te min en onvolledig.

Loffie ·

Wonderlik hoeveel planne onse Christenvolkie maak sonder om die Heer te raadpleeg. Wonder juis hoekom ons van leeus omring is…..

Anita ·

Waar gaan ons kos kry? Seker by Zim.
Waarom stel Ramphosa nie vb. en gee al sy plase en wild weg die sg
grondhonger plakkers nie? Malema kan sommer ook sy eiendom weggee en sy Westerse ontwepersklere, skoene , horlosies, en voertuie skenk. Snaaks hoe Afrika kommunisme werk!

Francois le Cochon ·

Kleinhandelaars gaan kos invoer vir baie goedkoper as wat ons boere dit voor produseer. So, minder kommersiele boere in SA beteken goedkoper kos vir ons burgers. Ek moet erken, dit sal slegs gebeur as invoerbelasing afgestel word. Tans is die invoerbelasting op kos hemels hoog om SA boere te beskerm teen invoere en hulle toe te laat om duur kos te lewer. Sonder hierdie beskerming is boerdery in SA nie meer lonend nie.

Tokkie ·

Waarom moet ons belasting betaal aan n regering wat sy mag gebruik om ons grond te vat

Skipskop ·

Al wat ek vra is dat ons een, noem dit wat jy will, n party of vereeniging moet stig en van daar af werk. Ons sal moet van n sentrale punt ons self begin organiseer, Daar is nou al n hele paar sulke bewegings maar ek weet nie agter wie om te staan nie. Al wat ek weet is dat ons geen kans het op oorlewing as ons een een begin skiet van ons plaase af nie. Dit kan nie werk nie. Die enigste ander opsie is om te vat wat die regering jou aanbied voor dit op n geveg (skietery) uitloop, want dan gan net die regering wen en jy gan voor jou tyd sterf, tensy natuurlik ons onself georganiseer kry en n behoorlike mag op bou.
So ek vra weer, wie van al die, noem dit nou mar die skiet piete, moet ek by aansluit, want ek sal myself tot die bitter einde veg. Maar dit moet vir die regte doel wees, soos vir self beskiking met ons eie staat, maar met die regte leiers, nie sommer soos wat gebeur het destyds met awb nie. Ek wil nie negatief wees nie, maar ek sien dit nie gebeur nie tensy ons die regte persoon kry.

jaco ·

Afriforum het glo 650 000 lede. Dis ‘n organisasie wat 99% soos die VF-Plus dink, maar met ‘n verkiesing kry die VF-Plus skaars 170 000 stemme. Iewers is dus ‘n klomp mense wat wel iewers met iets betrokke is, maar as dit kom by “stem vir iemand wat namens ons in die parlement kan praat”, dan is daar skielik stilte, gebrek aan belangstelling, flou verskonings ens ens. Ons eie mense se gebrek aan deelname en belangstelling help dus eintlik aktief ons eie ondergang aan.

Anoniem ·

Wat raak ons so bekommerd oor ons wapens wat nou niks is. Mense onthou ons voorvaders het met voorlaaiers geveg. Met n jag geweer kan jy baie skade aanrig. Die tyd is reg om nou te mobiliseer en saam as nasie te staan en te se genoeg is genoeg. As niemand ons wil help so be it ons sal lewe en ons sal sterwe ons vir jou Suid Afrika. Onthou ons volkslied en onthou ons God. As God met trompet geknal n hele stad se mure laat val hoeveel te meer sal God vir ons doen. Geweer in die een hand en jou Hemelse Vader se woord in die ander handel. Al is my bybel bloed bevlek Here sal ek in U glo en my vrou en my kinders beskerm teen die vyand wat my wil vernietig deur die krag wat U my gee. AMEN.

Francois le Cochon ·

@Danien. Waar moet ons bymekaar kom. Gee net plek datum en tyd. Ek het 6 jaggewere. Sal 5 uitleen. Noem my maar ingat, maar ek hou egter my Springfield 30-06 met Swarovski teleskoop vir myself.

anita ·

Afgesien van al die planne wat voorgestel word, moet daar onthou word hoe dit in die res van die wêreld gegaan het. Veral daar waar die kommuniste verwoesting gesaai het met daardie Jood, Karl Marx, se boek in die hand. In die praktyk was daar Stalin en Lenin. Hulle was uitblinkers in uitmoording en verwoesting. Plaaslik het eg. nog net op ‘n lae profiel plaasgevind, maar die verwoesting vorder fluks. En sodra daar nie meer kos is nie, gaan dit nog vinniger gaan.
Binnekort gaan partylidmaatskapkaarte nodig wees vir alles. En al sou daar lang toue wees vir alles, gaan dit hier niks baat nie – daar gaan nie kos wees nie.
Die elite sal hulle kos laat invoer. Dit het mos maar so in die res van Afrika en elders gegaan. Die plebs krepeer en die elite floreer. Uiteindelik is daar nog ‘n klas “mafia” wat ook leef van die plundery en chaos. Ons ken hulle ookal: hulle kom uit Oosterse lande en dan glip hulle weer uit die land sodra sake te warm vir hulle word.
Oorlog? Howe? Saamstaan? Laasgenoemde is ons swakpunt wat gesorg het dat hierdie chaos heers.

RJS ·

Dit is altyd of bid vir hulp of maak oorlog! Het die boere by bloedrivier net gebid en niks verder gedoen nie??? NEE! Het die boere by bloedrivier net geskiet en nie gebid nie? OOK NEE! Mense, jy staan met jou bybel in die een hand en jou roer in die ander. Dis so maklik soos dit. Ek is ook nie op `n plaas nie, maar wanneer die eerste roep om hulp kom sal ek nader staan. Wie voel soos ek?

Francois le Cochon ·

Swart Christene staan ook met die Bybel in hul een hand terwyl hul vra dat hul grond teruggegee word.

Ontginningsregte ·

Dit gaan hier oor minerale want die plase wat geneem word het ontginningsvoordele.
Daarom is daar so min plase in die Wes Kaap. Daar is nie veel om te ontgin in die Wes Kaap nie.
So die regering van die dag wil hierdie vir hulleself he en ook stroop en voel ‘n veer vir die armes en vir die plase vir boerdery.
Terselftertyd vertel hulle hierdie leuen vir die armes om stemme te werf en wat hulle natuurlik vir soetkoek opeet.
Die Sjinese kan ek jou wed, gaan ook van hierdie lekker vet ‘pie’ by die regering kry.
Dink of dit sin maak?

Callie ·

Dis waar kan net wen as ons in een mag saamstaan. Bere die verskille en laat die leiers van die faksies soos die Boerelegioen en ander bymekasr kom
Asb, dis al uitweg

Oorlog ·

Dit is interessant hoe van die openlike en in ‘n mindere mate subtiele kommintaar verwys na oorlogpraatjies. Amper woord vir word en presies soos die naweek by ‘n Braai. Die “Oorlogsmanne” -almal oud SAW manne was:

– Nommer een: Loop permanent met ‘n suurstofbottel en pypies in die neus na jarelange se plain Texan sigarette rook.
– Nommer twee: Het na ‘n halwe bottel Brandewyn en Coke gaan slaap lank voordat die braaivleis klaar was.
– Nommer drie: Het almal vermaak met ou SAW verhale waarin hy die dapper Grensvegter en held was. Ook alreeds erg hygend na asem.
– Nommer vier het almal aan sy lippe gehad met raad om na die beloofde land – Orania- toe-te- trek en hoe om ‘n winsgewende vetkoekpaleis daar te gaan oopmaak.

Nikita ·

Ons boere-meisies is nie net mooi en inteligent nie, maar as die vyand ons volk bedreig, kan en sal ons saam met ons boereseuns veg om ons volk te beskerm!! …..”Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra, ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid- Afrika.”

Francois le Cochon ·

@Nikita. Inteligent? Om jou plaas, of die helfde daarvan, weg te gee, is tog seer seker beter as om te “sterwe”. As jy ‘n wit Christen is, wie is hierdie vyande waarvan jy praat? Mede swart Christene? Die Vrystaatse boer wat onlangs 10 trekkers gekoop het vir R60 miljoen het duidelik meer grond as wat werklik nodig is om ‘n goeie lewe te lei.

RJS ·

Francois Le Cochon – Duidelik is jy nie `n boer, afrikaner of christen nie.

jennefer ·

Ons plaas is sommer n halfmiljoen Rand minder gewaardeer die jaar, is dit n manier om grond goedkoper aan te koop indien hul nie onteien???

Francois le Cochon ·

@ Jennefer. Ondanks die halfmiljoen rand verlaging, beskou jouself as ongelooflik bevoorreg. Daar is baie wittes wat geen eiendom kan bekostig nie, en ten duurste ‘n blyplek moet huur van ‘n wit eienaar wat ook nie eers sy eiendom ordentlik wil onderhou nie.

jennefer ·

Francois, dis sleg as daai halfmiljoen n derde van die waarde wegvat. Terloops ek huur by my ma , het ook geen eiendom. Dan is daar 3 ander huurders. Die mense wil nie duur betaal vir huur op plase, dit beteken my ma skryf die helfte van die huur af vir herstelwerk, as jy n geyser moet vervang kos dit dieselfde as vir n R5000 pm eiendom. vir sekuriteit het ek die laaste maand R10 000 moes betaal. en ons kan nie die huur verhoog nie.

Piet ·

Susan ek wens mens kon Ik meet aan eerlikheid, heldhaftigheid, barmhartigheid, integriteit, ywer en toewyding en dat die maatstaf vir ‘n man sy woord kon wees. Ek wonder nogal waar die meeste mense die skaal sou trek. Sou jy kon trek of sou jy te bang wees vir die lesing?

Anita ·

Die uitsondering wat pro-eiendomsonteiening is, moet tog verklaar hoe betalend dit gaan wees om vir ingevoerde kos te betaal met ‘n geldeenheid wat byna nikswerd is nie. Buitendien is dit meestal lande waarvan die geld iets werd is wat genoeg produseer om uit te voer. En AlLLES gaan gegryp word – nie net plase en hoewes of erwe nie!

Piet ·

Francois, dit lyk my steeds jy is baie ani- boer wat maar seker is omdat jou ouers jou nie geleer het om “dankie” te se vir die kos wat jy saans op die tafel het nie. Moet jou nie bekommer nie, want daar is baie mense wat soos jy voel. Jy sien, alles wat ons het is net genade, maar wanneer ons dit nie waardeer nie sal dit weggeneem word. Wanneer jy se dat ons kos maar kan invoer, meen jy dat jy maar in die tou sal staan vir voedsel hulp wanneer die UN se vliegtuie hier kom draai, of weet jy waar Paul Kruger se munte begrawe le? Jy sal dit sowaar as wat ek lewe nie met rande kan koop nie.

Francois Le Cochon ·

@Piet. By Checkers koop ek goedkoper ingevoerde kaas uit Ierland, goedkoper ingevoerde gevriesde groente uit Frankryk, goedkoper ingevoorde spare ribs uit Spanje, goedkoper ingevoorde sjokolade uit Pooland en Duitsland, goedkoper wyn uit Portugal, goedkoper gevriesde vis uit Thailand, goedkoper gedroogde vrugte uit Turkye, goedkoper pastasous uit Italie….so kan ek voortgaan. Ek staan geensins in ‘n ry hiervoor nie. Net by die tille as ek gaan betaal. Ongelukkig mag invoerders net ‘n sekere hoeveelheid voedsel invoer, om die plaaslike boere te beskerm. Was dit nie hiervoor nie sou ons almal se kosrekeninge aansienlik minder gewees het.

Piet ·

…. en hoeveel van die kos kom uit lande Suid van die Sahara, Somalie of Ethiopie? O ja, nou sien ek alles kom uit westerse lande waar mense kan boer. Boonop beskerm hierdie lande hul boere d.m.v subsidies, rabatte, voordelige wetgewing, ens. Hulle word ook nie daagliks vermoor nie, geen wonder hulle produseer so lekker kos!

DieWaarheid ·

Wat meeste mense hier nie besef nie is dat dit al klaar verby is. Maak nie saak wat gebeur nie, die banke sal sorg dat volgende jaar daar hongersnood hier sal wees. Die banke wil klaar nie vir die boere geld leen om te kan plant nie. Dus gaan hulle nie oes nie, dus gaan daar volgende jaar geen kos wees nie anyway.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.