Boere onderwerp aan ‘lafhartige, barbaarse’ aanvalle

(Foto: Yolandi Kruger)

Vrystaat Landbou (VL) het sy ernstige kommer oor die toename in plaasaanvalle in die provinsie te kenne gegee en sê veral ouer boere word geteiken. Die organisasie sê daar was die afgelope ruk minstens drie plaasaanvalle by Kommissiepoort, Petrusburg en Zastron.

By Kommissiepoort is twee plaasaanvallers doodgeskiet toe hulle verlede naweek op die plaas toegeslaan en die boer, John Parr, sy vrou, skoonseun en kinders aangeval het.

By Petrusburg is Janetta du Toit (82) en haar seun, Wimpie (54), erg aangerand toe daar op ʼn plaas by Lovedale toegeslaan is. Kempen Nel, streeksveiligheidsverteenwoordiger van VL in die Xhariep-distrik, het gesê boere en die polisie het ná die Petrusburg-aanval blitsig gereageer.

Hy sê egter video’s van die slagoffers wat tussen mense rondgestuur word, is ʼn groot bron van kommer. “Dit is ʼn teken van onsensitiwiteit en die verspreiding van sodanige materiaal, moontlik sonder toestemming van die slagoffers, kan nie goedgekeur word nie.”

By Zastron het Gert van der Walt Saterdag tydens ʼn aanval in ʼn stoeiery met die rowers sy vuurwapen in die hande gekry. Een van die aanvallers is in die struweling doodgeskiet.

Vrystaat Landbou sê die aanvalle is deur tussen twee en vyf aanvallers gepleeg en die slagoffers is dikwels ernstig aangerand.

Die organisasie het ʼn ernstige beroep gedoen op landbouers wat vuurwapens vir selfverdediging het om hul gereedheidsvlakke te verhoog sodat hulle hulself en hul gesinne kan beskerm.

Tommie Esterhuise, visepresident van VL, sê dit is onaanvaarbaar dat landbouers en hul werkers wat gedurende die Covid-19-afsonderingstyd en elke ander dag kos aan die land voorsien, onderwerp word aan “lafhartige en barbaarse optrede”.

“Landbouers is toenemend besig om binne die reg hulself te beskerm, soos wat die afgelope week in meer as een geval gebeur het. Hierdie optrede word genoodsaak deur die regering se versuim om sy burgers te beskerm teen misdadige elemente wat ook dikwels vanaf buurlande afkomstig is.”

Die organisasie sê boere moet hul paraatheid opskerp, wapens vir selfverdediging dra en gereeld skietoefeninge doen. VL sê die vermoë van boere om vinnig te reageer, hulself te beskerm en hulp te ontbied dra duidelik daartoe by dat aanvallers op die vlug slaan.

Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, het ook ʼn beroep op boere gedoen om by ʼn landelike beveiligingsplan in hul omgewing in te skakel. Hy sê diegene wat betrokke is, moet ook opleiding ontvang oor hoe om misdaadtonele te benader en te bewaar, asook hoe om slagoffers te help.

Die organisasie het intussen die polisie gevra om meer patrollies te doen, asook dat landelike beveiligingskoördineerders van die polisie plaasbesoeke aan veral ouer en meer weerlose boere, hul gesinne en werkers doen.

VL sê boere moet seker maak dat hul kommunikasie- en ondersteuningsnetwerke in werking is en dat elkeen ʼn gebeurlikheidsplan het oor hoe om op te tree as ʼn aanval plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Die berig se opskrif stel dit mooi. Die uiteindelike van lafhartigheid.

Manda

Kempen Nel Jy sê dis ‘onsensitief en basies ongevraagd’ dat beeldmateriaal rondgestuur word, sonder die slagoffers se toestemming. Ek het die video-opname gesien, en ek dink regtig meer daarvan moet vrygestel word, aangesien dit die boodskap soveel meer krag gee. Mense is moeg om te hoor dat plaasaanvalle ‘ten sterkste veroordeel’ word en dat ‘skok en afgryse uitgespreek word’. Wat beteken dit – niks. Maar kyk hoe is die tannie se oë potblou, pof-toegeslaan, kyk hoe die oom opgekrul vol bloed lê, hoe die seun nog vol skok ambulaans toe gevat word – dit kan buiteland toe gestuur word. Maar… Lees meer »

Genis

Dis nou tyd om elek oomblik as n aanvals oomblik te sien, wees parraat, sluit aan by gemeenskaps initiatiewe… hierdie is n direkte aanval op die wittes… en die ministers regverdig dit, deur te se dat swart werekers mishandel word… so maw hulle keur dit goed?

Werner

Kempen is julle bang die mense sien die naakte waarheid raak dit is dalk hoog tyd sodat die res wakker kan word

Estelle

Ek stem saam, wys die fotos vir die wereld. Dalk sal mense se oe dan oopgaan!!! Dan kan CR dit nie meer ontken nie!!