Boere red seun (9) tydens kapingsdrama

Boere kon daarin slaag om die kapers se voertuig van die pad te druk. Foto: Facebook

Boere kon daarin slaag om die kapers se voertuig van die pad te druk. Foto: Facebook

ʼn Gesin van vier het wonderbaarlik ongedeerd van ʼn ure lange kapingsdrama afgekom danksy boere wat saamgewerk het om die kapers aan te keer.

Mark Pitout, eienaar van die teenmisdaadgroep Secure SA, het aan Maroela Media gesê die gesin is Woensdag omstreeks 12:00 op ʼn pad naby Giants Castle in KwaZulu-Natal gekaap. Een van die kapers het ʼn vuurwapen by hom gehad en die ander ʼn mes. Hulle het die egpaar en hul ouer seun in die kattebak van die voertuig gedruk, terwyl die negejarige seun saam met die kapers in die voertuig moes bly.

Volgens Pitout het inligting oor die kaping op een van die gemeenskap-WhatsApp-groepe deurgekom. Dit was egter in daardie stadium nog ver van Ladysmith en die omliggende gebiede wat Pitout monitor.

“Omstreeks 16:30 het een van ons lede [in die Ladysmith-gebied] sy paniekstelsel geaktiveer. Hy is die eienaar van ʼn vulstasie naby Ladysmith en het gesien hoe die bestuurder van die gekaapte voertuig daar stilhou vir brandstof,” het Pitout gesê. “Dit lyk asof die kapers baie verlore was en nie juis ʼn plan gehad het van wat hulle wou doen nie.”

Onderwyl die petrol ingetap is, kon die ouers daarin slaag om uit die kattebak tot binne-in die voertuig te kom en by een van die agterdeure te ontsnap. Voordat hulle egter die jong seun ook uit die voertuig kon trek, het die kapers met hom binne die voertuig weggejaag.

“Ons het onmiddellik inligting aan al die boere gestuur dat die kapers in ʼn suidelike rigting vanaf Ladysmith op pad was en dat daar uitgekyk moet word vir die voertuig. ʼn Ruk later het een van die boere laat weet dat die voertuig tussen Colenso en Estcourt opgemerk is en die boere in hierdie omgewing is in kennis gestel,” het Pitout gesê.

Die negejarige seun in die ambulans nadat hy gered is. Foto: Facebook via eblockwatch

Die negejarige seun in die ambulans nadat hy gered is. Foto: Facebook via eblockwatch

Kort daarna kon boere daarin slaag om die kapers se voertuig naby die Loskop-afdraai van die pad te druk. Die seun is gered en twee kapers is in hegtenis geneem. “Die seun is teruggeneem na sy ouers toe en dit was ongelooflik om te sien hoe hy met hulle herenig word,” het Pitout gesê.

“Die seun is ongedeerd, maar natuurlik erg getraumatiseerd. Die ma het ʼn steekwond aan haar linkerarm opgedoen, maar dit was gelukkig nie ernstig nie.” Pitout het gesê dit het later aan die lig gekom dat die “vuurwapen” wat een van die kapers by hom gehad het, slegs ʼn speelgoedvuurwapen was.

“Die pa het later gesê hy het vermoed dit kan dalk ʼn speelgoedvuurwapen wees, maar omdat die speelding so eg lyk, was hy nie seker nie en wou liewer nie die kans waag om die kaper te probeer oorrompel nie.”

Pitout het gesê dit is nie tans duidelik hoe die kaping plaasgevind het nie, maar hy verneem hulle het klippe oor die pad gepak om die gesin te dwing om stil te hou.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. Die twee verdagtes, onderskeidelik 19 en 23 jaar oud, sal Maandag in die Mooirivier-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jean ·

Mooi so .. dankbaar almal is veilig en dat die kind ongedeerd daarvan afgekom het. BAIE dankie vir almal wat gehelp het, die ENIGSTE oplossing in SA is om SAAM te werk en te HELP waar jy kan. Wees paraat, wees oplettend en tree op wanneer jy sien daar nood is.

al ·

Mooi so boere vir jul heldhaftige optrede! Dankbaar dat alles goed afgeloop het sonder n tragedie.

Danie Koch ·

Mense moet in vandag se lewe meer parraat wees oplet wat om hulle gebeur nie alles as vanselfsprekend aanvaar nie. Well done aan die boere vir hul optrede

Piet ·

Baie dankie vir die boere en almal se hulp ironies dat die plaasboere die skobbejakke gevang het hulle wat ons van voedsel voorsien en dan nog met die gewete saam leef waar word die volgende plaasmoorde gehou waar was die polisie wat ons moet beskerm sies wat n skande weereens baie dankie boere dat julle ons van voedsel en produkte voosien en dan nog die lamlendige polisie se werk ook moet doen die Here seen julle

Anton B ·

Hierdie boere sal seker nou aangekla word vir poging tot moord of kwaadwillige saakbeskadiging…..in ‘n ander land was hul helde en het erkenning ontvang vir hul onbaatsugtige optrede.

Sarie ·

Wàt ‘n nagmêrrie! Vir mý lyk dit asof die “kapers” opportuniste was… Hulle het ‘n groter hap afgebyt as wat hulle kon kou, maar vir die slagoffers was dit ‘n bàie traumatiese ervaring. Dink net hoè die ouers moes gevoel het toe die kapers met hul seun wegjaag!!! Dankie Vader dat dinge sò goed vir diè gesin uitgewerk het. Dis bemoedigend om te sien wàt ‘n verskil dit kan maak as mense saamstaan. Ek is trots op ons boere…

foxi ·

UITEINDELIK begin ons mense saamstaan…….ek glo dit is maar net die begin!
Oorlewing is al wat nou tel….ons is nie net geskape om vermoor te word nie!
Daar is n lewe vir almal daar buite…..

Piet ·

Foxi jy is doodreg as ons as wittes nou gaan saamstaan gaan hulle soos afkop hoeders rondhardloop ons moet ook met elke witmens wat weer vermoor word of te na gekom word ook ons stemme en ongelukkig heid by die howe te gaan toyi toyi ons moet ook in groot menigtes daar op dag genoeg is nou genoeg ons moet ook ons stemme laat geld onthou eendrag maak mag

Jan maak n Plan ·

Piet ek stem 100% saam met jou. Dit is net jammer dat die witmense nie kan saam staan nie. Baie dankie aan die boere daar onder in Natal, ons het tot die whats app 600km ver daarvandaan gekry. Puik gedoen.

Anoniem ·

Wonderlike afloop van ‘n traumatiese gebeurtenis. Saluut vir al die betrokke partye! Die ironie… vroeër jare was die polisie mos “die boere” genoem, en nou help die boere die polisie om die boewens te vang!

Moira ·

Mooi so aan die garage eienaar en die boere en al die betrokkenes. Trots op julle.

Niel ·

Handig die twee oor aan die boere sodat hulle die saak verder kan vat. Vergeet van Mooirivier-landdroshof. Dit sal die belasingbetaler nie ‘n sent kos nie!

Theresa ·

Fantastiese en dapper! Boere: jul is helde!! Bly die jong kind is veilig by die res van die gesin. Is hul al vir berading geneem?? Hoop die sluwe misdadigers word spoedig gevonnis.

Bob ·

Kom ons kyk nou of hierdie positiewe gebeurtenis waarby boere betrokke is dieselfde mediadekking gaan geniet as in die geval met die boere wat n man in n kus laat klim het….ek gaan nie my asem ophou nie!

Speedguard ·

Bob, ‘n mens kuier of bly by die kus, mooi so manne baie trots om Afrikaans en ‘n ” boer” te kan wees! Ek word so toegesnou maar is dit vir my lekker as ek uigekryt word as ‘n Boer!!

joe1975 ·

Ek sal graag wil sien of die ANC ook by die hof gaan op en af spring. kan nie glo nie. Ek kan julle belowe daar was baie meer diskriminasie gewees tydens die kaping as met die Middelburg kis saak maar dit geld mos nie as mens ligter gepigmenteerd is nie.

Piet Pompies ·

Hier is ‘n bewys dat die boere beter opgelei is en beter saam kan werk om ‘n redding te loods en uit te voer as die SAPS.
Puik werk deur die boere!

Johan ·

Kan ons nie ALMAL so gou moontlik Whtsup groepe vir ons eie gebiede tussen vriende en familie opstel sodat enige “geval” se nuus so gou moontlik versprei word? Hierdie is ‘n baie goeie voorbeeld van hoe misdadigers aan die pen kan ry en lewens gespaar kan word. Voorspoedige toekoms vir al Maroela lesers.

Chris Ws ·

Johan,WhatsApp gaan vir meeste mense ophou werk op 31 Desember 2016.M.a.w .oor 16 dae!Glo jy my nie?Maak WhatsApp se web blad oop en gaan lees self wat staan daar.Meeste sel fone sal nie meer kan watsapp nie.Net die heel nuutste slim fone.Radios is die oplossing want hulle is nie afhanklik van selfoon netwerke nie.Ek bly op ‘n plaas en baie dae het ond geen opvangs van Vodacom EN MTN nie.Dis ‘n hopelose spul,maar die marnet radio werk dag in en dag uit!

Mariette Hammann ·

Maak die boere almal Bokke!!! Baie trots op julle. Julle verdien almal medaljes, want julle is die land se helde.

Manie ·

Voor kersfees is die twee uit op borg. Hulle was slim genoeg om nie hulle slagoffers in n kis te sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.