Boere se monde gesnoer by droogtehulpvergadering

Foto ter illustrasie (Foto: Maroela Media)

Net minder as 50% van boere in die Noord-Kaap gaan steeds gebuk onder ernstige droogtes wat al ʼn geruime tyd as ʼn ramptoestand geag word. Dit is die sombere statistieke wat Agri Noord-Kaap vandeesweek in ʼn verslag bekendgemaak het.

Om die las te help verlig, het min. Lindiwe Sisulu verlede jaar R83 miljoen bewillig om boorgate vir boere en gemeenskappe oor die hele Noord-Kaap te sink. Die geld is aan die Sedibeng-waterbeheerraad oorhandig wat die projek sou bestuur. Dié organisasie is in Noordwes en die Noord-Kaap werksaam.

Die projek sou in drie fases opgedeel word, met 150 boorgate wat eerste vir die mees geteisterde boere gesink sou word.

Volgens inligting wat Agri Noord-Kaap aan Maroela Media bekend gemaak het, het Sisulu Maandag ʼn vergadering met Sedibeng in Kimberley belê om te hoor hoe die projek vorder. Dit het uitgekom dat Sedibeng bitter min resultate kon toon.

Kontrakteurs uit KwaZulu-Natal is gebruik wat nie vertroud met die Noord-Kaap se omstandighede is nie. Voertuie het in die Kalahari vasgeval en in een geval het ʼn boer opdrag gegee dat hulle nie dieper as 90 m moes boor nie, anders sou hulle brak water tref. Die kontrakteurs het egter net aangehou boor, vermoedelik omdat hulle per meter betaal is. Ongeveer R300 000 is per boorgat gevra.

Volgens Agri Noord-Kaap het ʼn plaaslike kontrakteur onlangs in Williston boorgate van 80 m tot 90 m diep vir R40 000 gesink, met al die voeringpype en toebehore ingesluit.

Sedibeng het twee boere gekry om tydens die vergadering oor die “suksesse” van die projek te kom getuig, maar nadat hulle begin het om verskeie klagtes te opper, is hulle verbied om verder in die vergadering te praat.

Agri Noord-Kaap het aangedui dat hulle deurlopend by die projek betrokke was en hard probeer het om dit vaartbelyn te hou, maar omdat hulle net ʼn belanghebbende is, met geen uitvoerende gesag in die projek nie, kon hulle nie veel uitrig nie.

Sedibeng ondervind vermoedelik finansiële probleme en het in die vergadering nog geld aangevra om voort te gaan met fase een.

Agri Noord-Kaap se suksesse

 In Agri Noord-Kaap se verslag kon hulle hul noodledigingswerk wat reeds gedoen is, uiteensit. Hulle het voer van altesaam R400 000 en ander hulp na verskeie landbou-unies in die Noord-Kaap gestuur. Hierdie hulp was moontlik danksy die finansiële ondersteuning van Agri SA deur skenkings van verskeie instansies en mense wat vir die doel ontvang is.

Die infogram bied ’n oorsig van hulpverlening wat deur Agri Noord-Kaap gekoördineer is.

“Die droogtetoestande in die provinsie het vanaf November 2020 tot einde Januarie 2021 sienbaar verbeter van ’n tyd waar meer as 75% van die provinsie droog was. Teen Februarie 2021 was net onder 50% van die provinsie egter steeds rampdroog,” sê Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap.

“Daar het egter sedert Februarie vanjaar geen opvolgreën geval in die gebiede wat verligting ervaar het nie. Agri Noord-Kaap is egter hoopvol dat daar voor die winter nog reën sal val.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Chris dupreez ·

Hoe kan hulle nog kosbare geld aan die skelms toevertrou,. Dink die mense pick n pay se rakke sal vol bly as daar nie meer boere is nie. Hoe geld vraatsug en onnosel kan n mens wees

Dries ·

Kaderontplooing selfs vir lewens benodighede soos water. Here help ons

Wakkerslaper ·

….ek is regtig, regtig VERBY SIEK en SAT vir Afrika onvermoë, korrupsie, plundery en sommer net plain common slegheid!

Mieke ·

Ek verstaan jou moedeloosheid. Die mees frustrerende aspek daarvan is DAT NIKS DAARAAN GEDOEN word deur die korrupte en kriminele persone wat vanuit die regering werk. Geen rekenskap of verantwoordelikheid word van hulle verwag nie.

koos10 ·

Volg net die geld. Jy sal vind dat dit heel moontlik by die ANC op eindig, met kommissie betaal aan al die hande wat dit moes dra.

Nie Verbaas ·

Wat kan n mens nog se? Die onbeholpe korrupte en idiotiese ANC.

Blikkies ·

Sulke goed maak my blind van kwaad. Het niemand in die regering ‘n gesonde brein nie!! As hulle vir my gewerk het het hulle nou …. , julle geweet wat….

Louis ·

Liewe magtag wat de h…. gaan aan hierdie land? Geld wat baie meer verligting kon meebring vir mense in nood, word gewetenloos uitgebuit. Wat gaan van ons word, dit kan mos nie so aangaan!!

Pieter ·

As ek die woord ANC hoor wil ek op gooi. Julle is n las vir die land dit is al wat julle is.

Andries ·

I am not sure who from your office attended the briefing but what we experienced is completely different to what you reporting.

Flip ·

Daardie boere wou nou weer n goeie storie met die waarheid befoeter, hoe kan julle dit doen. Die waarheid maak seer so !!!!!!

Johnny ·

Die grootste gevaar hier lê in die feit dat diegene wat nie “goeie stories” vertel nie, stilgemaak word. Dit dui daarop dat die regime (ek weier om dit ‘n regering te noem) bewus is van hulle onbeholpenheid en die korrupsie, maar dit eerder sal toesmeer as om dit reg te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.