Boere trek 3 vas ná aanval op plaas

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Verskeie boere het Maandagmiddag gehelp om drie verdagtes aan te keer wat kort vantevore na bewering ʼn 75-jarige vrou in haar huis op ʼn plaas aangeval het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Maandag omstreeks 12:00 naby Swartruggens in Noordwes plaasgevind.

Die vrou was volgens Funani alleen in die kombuis toe drie mans, met messe gewapen, haar oorval het.

“Hulle het geld geëis. Die verdagtes het van die toneel gevlug met kontant, selfone en ander huishoudelike items. Die vrou kon daarin slaag om een selfoon by haar te hou,” het Funani gesê.

Die vrou het toe volgens Funani haar man gebel en hy en ander boere in die omgewing het vinnig gereageer en kon daarin slaag om drie verdagtes aan te keer.

Die verdagtes, tussen 28 en 40 jaar oud, is aan die polisie oorhandig. Volgens Funani is niemand tydens die aanval beseer nie.

Die verdagtes sal Woensdag in die Swartruggens-landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

VM ·

So ironies dat daar pertinent genoem word dat niemand in die ‘voorval’ beseer is nie.

TLC ·

Wow stunning nuus Dit klink soos die boere van ouds baie dankie aan almal betrokke Klink na n idee om ekstra foon op sag en aktief erens weg te steek in n geval van nood. Nie eers jou werker mag daarvan weet nie

Wolf ·

Ek hoop hulle het die arme “onskuldige” maatjies in watte toegedraai voordat hulle die outjies saggies aan die owerhede oorhandig het. Anders is hulle in die moeilikheid. Same die arme boetjies. Wat se Sisulu nou hiervan?

Gerrit ·

Wel gedaan , ons moet onself help die polisie kan en wil nie

martins ·

Dis goeie nuus goeie werk boere net jammer die beskuldigdes word soos royalty in die tronk behandel en nie baie lank nie dan is hulle weer uit die tronke en op soek na die volgende plaas om aan te val.

boerseun ·

Welgedaan. Dubbele standaarde . Hul was in haar huis met messe. Vryf jy net aan een van hul se ore is dit ten minste 15 jaar. Haal my hoed af vir die boere dat hul hulself kon inhou. Dit kon nie maklik wees nie. Geluk.

Elzabe van der Westhuizen ·

Fantastiese werk wat die boere gedoen het om van die verdagtes aan te keer. Dankie Maroela Media dat jul nie bang is om oor plaasaanvalle te berig nie !!! KYKNET NUUS IS BAIE BANG !!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.