Boere trek ‘diewe’ vas

Foto: SAPD

Die polisie het twee boere van die Vrystaat geloof vir hul vinnige optrede wat daartoe gelei het dat twee vermeende diewe Maandag op ʼn plaas naby Bethlehem in hegtenis geneem is.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn boer in die gebied het gesien hoe sy buurman se voertuig teen ʼn ongewone spoed by hom verby ry en hy het sy buurman in kennis gestel. Die twee boere het die voertuig agternagesit en kon daarin slaag om dit tot stilstand te dwing.

“Altesaam veertien 50kg-sakke vol mieliepitte, ter waarde van R40 000, is in die voertuig gevind. Twee verdagtes, waarvan een ʼn werker op die plaas is, is vasgetrek en aan die polisie oorhandig,” het Mohobeleli gesê.

Genl.maj. Jan Tsotetsi, die polisiebevelvoerder in Bethlehem, het die boere geloof vir hul verantwoordelike optrede. “Burgerlike inhegtenisnemings word waardeer wanneer dit op verantwoordelike wyse, sonder die barbaarse optrede van bendegeregtigheid, gedoen word,” het Tsotetsi gesê. “Ons doen ʼn beroep op boere om aan te sluit by formele landelike veiligheidstrukture.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Tattie ·

Hoekom word dit altyd “diewe” in aanhalingstekens? As hulle met die goed in hulle besit gevang is, ís hulle mos diewe.

Sune van Heerden ·

Dagsê Tattie

In gevalle waar daar nog nie enige bewyse voorgehou is ‘n hof nie, mag die media nie aannames maak oor enige voorval nie. Deur die woord in aanhalingstekens te sit, verwys bloot daarna dat die persone nog as vermeende misdadigers beskou word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

MvN ·

Wou dieselfde se, jy mag nie se iemand is skuldig as dit nognie bewys is in die hof nie al is al die bewyse daar.

Johann ·

Mense mense. N dief is iemand wat iets steel. In die geval gaan dit oor terug vat wat die previjeesli disatvantidgets toekom. Dis tog mielies wat op hulle gesteelde land gegroei is? So dis hulle mielies? So maklik soos dit. En die boere wat dit geplant het en tyd en effort en kostes gehad het om.dit te lewer…doen dit as deel van sy vereffening teenoor KOLON isasieseringerings skuld.

jennefer ·

Teen daardie prys was dit saadmielies, hul moes dit seker plant, mens moet deedae oe voor en agter in jou kop he.

Christa ·

Ek wil net weet hoekom die boere nie die lande vol mielies gekry het toe hulle hier aangeland het nie!!!

CG ·

Maroela 14 x 50kg = 1200kg (1.2 ton)sakke kan nie n waarde van R40 000 wees nie. n Ton mielies se waarde is erns naby R4500.

Sune van Heerden ·

Dagsê CG

Ons kan bevestig die inligting is korrek volgens die polisie se inligting.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

wat van ·

Kry eerder wit werkers. Studente wat in vakansie daar kan werk en in die ander tye wit mense wat sonder werk sit. Lei hulle dan ook sommer op om die plase te beveilig met patrollie ry ens.

TDW ·

Ek is bly hulle het nie hul humeure verloor nie (ek sou, en dan sou ek ook in die tronk gesit het… saam hulle)
Knap gedaan Manne!

snoefie ·

tdw, dan was jy in die tronk en die arme, misverstaande slagoffers op is hands gedra soos die doodskis betreder van Middelburg.

Jan Karsten ·

Dit is verskrikle duur mielies daardie, het hulle goud beslag. R40,000 vir 14 sakke, is amper R2860 ‘n sak.Ek het nou die dag 50kg sak gekoop vir R206.00. Volgens dit moet 14 sakke R2884, kos. ?? Volgens die berig kos 1 sak R2857.00. Is die beriggewing korrek? Vra maar net.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jan

Ons kan bevestig die inligting is korrek volgens die polisie se inligting.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

AL ·

Mooi so boere! Dis deur observasie en paraatheid wat diewe en plaasaanvallers hul moses teëkom!

wdp ·

‘n Generaal Majoor om polisie bevelvoerder te wees in ‘n dorp!

Chris Ws ·

Hulle wil he die boere moet hulle werk vir hulle doen teen zero vergoeding.Ook geen instandhouding van voertuie nie en geen brandstof kostes nie.Die boere moet ALS dra omdat die SAPD geheel en al onbeholpe is!

Cherokee ·

R800 vir R50 kg mielies! Sit julle hengelaars in die binneland nog ‘n mieliepit aan die hoek? Gebruik kunsaas!

Gerhardus de Wet ·

R57 142.86 per ton mielies sjoe was dit saad mielies gewees???

Charmaine Coetzee ·

Welgedaan so troets julle julle hey die afrikaner se naam hoog gehpu mey julle optrede hou so aan !!!!!!

Scalla ·

Volgens MM het die polisie die inligting bevestig, dit is werklik nie so n moelike som nie, ek dink iemand met st 3 behoort dit te kan uitreken en ek vermoed as die pitte geplant word kom daar goud op, waar is die kultivar beskikbaar, en is dit dalk die Vrystaat se vrugbare grond wat dit produseer. Ek is in die verkeerde beroep.

Wouter ·

Dis was inderdaad saadmielies. Maw mielies wat nog geplant moes word. Dit is ook met chemikalieë behandel dat dit nie deur insekte ens geëet kan word nie. Dit is hoekom dit so duur is.

Rudi ·

Mense Mense Mense ,dis nie die millie pit wat jy in jou bord kos kry of visvang mee nie ,dit is mielie saad ,wat jy plant in die grond ,wat dan n mielie pit vorm om te eet ,saad is baie duur .en as jy praat per ton van R4500 dan praat jy van geoesde mielies ,nie die saad nie .

Scalla ·

Rudi,Rudi,Rudi, waar kom die mielie saad vandaan, dit word ook geplant en geoes vir saad, dit word nie in n fabriek vervaardig nie.

Cherokee ·

Rudi, Rudi, Rudi, verduidelik vir ons wat is mieliesaad. Wat die versil is tussen mielies in jou bord, mielies op die vise se spyskaart en mieliesaad. Mielies is mielies Rudi, en die mielies aan ‘n stronk wat groei aan die mielieplant is saad. Daar is nie iets soos saadmielies en eetmielies nie.

Abel ·

Kom nogal agter julle weet nie veel van insetkostes: Saad mielies kos ongeveer R3000 vir 80.000 pitte, ja dit word per pit verkoop . 80.000 pitte weeg ± 17 kg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.