Boere trek ‘skaapdiewe’ vas ná jaagtog

Argieffoto: Maroela Media

Vier verdagtes het Donderdag vlugtig in die Ventersdorp-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hulle vroeër vandeesweek op heterdaad betrap is toe hulle tien skape van ʼn plaaslike boer op sy plaas buite die dorp wou steel.

Simphiwe Sehumelo (20), Anthony Moosa Kock (31), Stone Daniël Matabela (30) en Itumeleng Modisane (19) bly in aanhouding en moet op 5 Augustus weer in die hof verskyn.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer het Maandag omstreeks 06:30 op die diewe afgekom waar hulle besig was om van sy skape in hul Toyota Corolla te laai.

Die verdagtes het in hul motor gespring, weggejaag en nege vasgebinde skape, wat in die stadium in die lang gras weggesteek was, net so agtergelaat. Die boer het die verdagtes agternagesit terwyl nog plaaslike boere se hulp ontbied is.

Die boere het paaie in die omgewing versper en so die verdagtes se motor eindelik voorgekeer. Die verdagtes het egter die hoofpad verlaat en op ʼn dienspad begin ry wat al langs die spoorlyn naby die Ratsegai-treinstasie loop.

Die verdagtes se motor se onderstel het tydens die jaagtog vasgesteek en die motor kon nie verder beweeg nie. Die motor se bande het steeds gedraai en as gevolg van die wrywing wat dit veroorsaak het, het die motor aan die brand geslaan.

Volgens Myburgh het die verdagtes in die stadium geen ander keuse gehad as om die voertuig agter te laat en te voet te laat spaander nie. Een van die verdagtes is voorgekeer en aan die polisie oorhandig wat intussen na die toneel ontbied is.

Die skaap waarmee die verdagtes aanvanklik weggejaag het, kon ook betyds uit die brandende voertuig gered word, het Myburgh gesê. Die nege ander skape in die veld is ook sedertdien aan die boer terugbesorg.

Die drie ander verdagtes is Dinsdag in die Tshing- informele nedersetting in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ek hoop daardie skaap se naam sal van nou af “Lucky” wees. En hy moet tog maar asb van ouderdom doodgaan!

Zelda ·

Wys jou ons boere kan wel saam staan. Sal uitvind vir julle! !!!!

Kwagga29 ·

Die kwagga is ‘n uitgestorwe subspesie van die vlaktesebra in die sebrafamilie,[2] wat eenmaal in groot getalle in Suid-Afrika se gewese Kaapprovinsie en die suidelike dele van die Oranje-Vrystaat voorgekom het. Dit kon onderskei word van ander sebras deur die kenmerkende swart en wit strepe slegs aan die voorkant van die lyf. By die middellyf verdof die strepe met die donkerder, tussenstreepspasies wat wyer word, en dan volg die agterkant wat eenvoudig bruin vertoon. Die naam is afgelei uit die Khoikhoi-woord vir sebra, wat die klank van die kwagga se roep naboots. Die enigste lewende kwagga wat ooit gefotografeer is, was ‘n merrie by die Dierkundige Genootskap van die Londense Dieretuin in 1870.

Kwagga30 ·

Die kwagga is ‘n uitgestorwe subspesie van die vlaktesebra in die sebrafamilie,[2] wat eenmaal in groot getalle in Suid-Afrika se gewese Kaapprovinsie en die suidelike dele van die Oranje-Vrystaat voorgekom het. Dit kon onderskei word van ander sebras deur die kenmerkende swart en wit strepe slegs aan die voorkant van die lyf. By die middellyf verdof die strepe met die donkerder, tussenstreepspasies wat wyer word, en dan volg die agterkant wat eenvoudig bruin vertoon. Die naam is afgelei uit die Khoikhoi-woord vir sebra, wat die klank van die kwagga se roep naboots. Die enigste lewende kwagga wat ooit gefotografeer is, was ‘n merrie by die Dierkundige Genootskap van die Londense Dieretuin in 1870.

Lana ·

Maroela wat is die doel van Kwagga se kommentaar? Ek neem aan julle weet – anders sou dit verwyder word.

Uilspieel ·

Hoe nou? Verstaan ek verkeerd? Dink hierdie hele kwagga trop dat die boere mal en dom is? Weet julle wat kos skape? Betaal julle ni ook al amper R60 vir twee choppies nie? Hel ons sal ook jaag en veg tot ons, ons diere trug kry.

& ·

Hoekom is al die kommentaar so negatief? Moes die boere die skape vir hulle persent gegee het? Die mans is nie aangerand nie; hul motor het vanself aan die brand geslaan. Die polisie is ontbied. Waarom is die boere dan nou mal – het ons so lamsakkig geraak dat ons alles maar net moet weggee omdat iemand (wat skelm) is dit vir hulleself kom toeëien? Wat wou julle hê moes die boere doen – die 9 ander skape ook in die kar laai en vir die skurke met ´n klop op die dak van die voertuig sê ´bon voyage en bon appetit’?

nuwekwagga ·

bly die skape is darem teruggekry en die boer is veilig.

Lou ·

Welgedaan boere dat julle so saamstaan en die dief sommer self aankeer.
Hoop daai skape word mooi groot en behaal goeie pryse

Skapies ·

Kan jy jou indink watse stres daai arme skape moes deurmaak. Dit is baie hartseer. Die wreedheid van die spul het geen perke.

Anoniem ·

Ek is net bly daai ouens het nie in die kar dood gebrand nie. Imagine die onluste wat daarmee gepaart sou gegaan het… hoofopskrif sou wees rasistiese moorde op Ventersdorp…. dan sou almal vergeet het van die diefstal en die boere sou aan die pen gery het, sou soos Johannesburg gelyk het…. bo en behalwe my verlugting daaroor is die skaap darem okay.

Joe ·

Mooi, ek hou daarvan, omtrent tyd dat ons mense begin opstaan vir hulself

John ·

Video-kameras en selfone is van die nuttigste apparate vir boere… nuwerwetse woer-woers ook om misdadigers op film te kry. Fotografeer ook alle eiendom en werktuie op die plaas verkiesilik met ‘n kenteken van die eienaar saam op die foto vir latere uitkenning wanneer grondgrype voorkom en/of eiendom onwettig verwyder is, om as hofstukke te dien. Skelms sal boere opstry. Pic alles van windpompe tot varktròe tot brandhout… Vreemde besoekers by die hek of opstal… ditto… in die geheim as dit kan. Kleinboet is baie vindingryk… om onsigbaar te wees. Boerdery was nog altyd ‘n klinker.

toy ·

Dankie boere dat julle mekaar bystaan en help. Ons mense moet mekaar help want niemand anders gaan nie.

hercu ·

was die skape so gestress dat hulle in Zebras verander het, vra maar net!!

wel gedaan boere!!

Talie ·

Wonder of die boere nie nou aangekla gaan word vir saakbeskadiging omdat die motor uitgebrand het nie……. Dis moontlik. So n storie word mos van die agterkant af gelees.

SjN ·

Knap gedaan, Tienie hul is geldhonger, maak n voorbeeld van die skelms

Sarel ·

Bekom n slag die misdaad statistiek en u sal n som kan maak dat weens verlies n paar plaaseenhede per maand toe maak agv die onheil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.